Uit die mangrot: Anale seks
deur Plugandplay
Na my vorige artikel oor blowjobs wat al klaar ‘n stekerige onderwerp vir baie is, en waaroor min vroue rerig sal of wil gesels, het ek besluit om sommer in te spring met my volgende onderwerp wat die minste bespreek word en sekerlik die oë die grootste gaan laat rek: anale seks.
Ek hoor al klaar hoe julle gif spoeg. “Sies dis vuil, dis yukkie, dis seer,” hoor ek? Dit is die eerste gedagtes wat opkom oor anale seks. Meeste Afrikaanse vroue sal so sê en ek weet heelwat mans ook en dit is snaaks, want ek weet meeste van hulle weet maar eintlik baie min daaroor. Die grootste oorsaak hiervan is omdat dit gekoppel word aan gayseks en in die grootste deel van die Afrikaanse gemeenskap en denke is gay seks mos vuil en nie reg nie. Mans dink ook dat as hulle anale seks geniet, is dit omdat hulle effens gay is. Snaaks, nê?
Maar, uit meer as genoeg ondervinding, kan ek julle dames vertel dat anale seks nie so erg is as wat julle dink nie. Inteendeel, dit is iets wat fantasties kan wees. Die grootste hindernis is om oor die “taboo” faktor daarvan te kom. En dan is daar ook die vrees van “ek weet nie wat gaan gebeur nie.” En die vrese gaan rerig meer oor twee spesifieke goed. Ek weet wat is die eerste twee gedagtes wat deur julle koppe gaan: “dit gaan seer wees” en “dit gaan vuil wees.”
Seer? Ja, dit kan seer wees, maar as dit seer is dan doen iemand iets nie reg nie. Die anus het baie sterk spiere en hulle is met die eerste probeerslag nie gewoond daaraan om te ontspan nie. Hulle is mos daar om dinge in plek te hou. So daardie spiere is omtrent altyd in “spanning.” Maar, spiere kan rek en strek en hulle kan ontspan. Alle spiere. Dit is seker die hoofrede hoekom paartjies met die eerste probeerslag opgee, want hulle probeer en die penis wil nie daar in nie. (Verskoon die blatante verwysing.)
Voorbereiding is een van die sleutelwoorde vir anale seks. Moenie bekommerd wees nie … dit is nie ‘n ure lange vooraf operasie nie. Maar voorbereiding is nodig, want albei van julle wil darem ekstase hê, nie ‘n gooi-die-rugbybal-deur-‘n-trouring-kompetisie nie. Die voorberieding is altwee se taak, maar die man moet veral die een wees wat versigtig is.
Een van die maklikste maniere om dit te doen is tydens voorspel. Terwyl jou man tussen jou bene is en jou orale seks gee, kan hy (of jy) al begin speel daar. En hier kom die tweede stukkie advies: smeermiddel (lube.) Baie smeermiddel. Soveel as wat jy wil of kan. Moenie Vaseline gebruik nie. Dit werk nie en kan eintlik probleme veroorsaak omdat dit nie wateroplosbaar is nie. Jy gaan sukkel om ontlsae te raak daarvan. Gewone seks-smeermiddel is die beste.
Begin deur die area rondom en binne jou anus te smeer. Selfs dit kan al lekker wees. Begin deur een vinger, miskien jou wysvinger, daar in te sit. Jy kan dit self probeer as jy masturbeer. Moenie skaam wees vir jouself nie, want niemand gaan weet nie.
As jou man dit vir jou gaan doen, wat beter is, is kommunikasie belangrik. Hy moet weet wat voel reg en wat nie. Stadig maar seker kan twee vingers gebruik word, dan drie ensovoorts. Baie balengrik is dat jy as vrou moet ontspan. Dit gaan nie aan die begin maklik wees nie. En dit gaan miskien snaaks voel aan die begin, maar hou vol, want die uiteinde van anale seks kan die beste orgamse veroorsaak wat jy in ‘n lang tyd gehad het. Vat julle tyd hiermee.
Wanneer ons by die eintlike aksie van anale seks kom, is kommunikasie nog belangriker. Hier is waar die meeste paartjies kop uitrek. Die anus is nie’n vagina nie. Jy druk nie sommer net iets vinnig in nie. Al het jy voorberei soos genoem is, gaan die anus nog steeds effens styf wees. Hier is tydsaamheid en stadige aksie baie belangrik. Die kop van die penis moet verby ‘n spier gaan wat nou is en hom wil uitdruk. Om die penis daar in te kry kan enigiets van 30 sekondes tot 5 minute neem. Vat julle tyd. Moenie jaag nie. Babatreëtjies …
Wanneer die penis finaal in jou anus is en julle doen dit vir die eerste keer, behoort jy as vrou in beheer te wees vir die eerste paar probeerslae. Jy is die een wat spoed, diepte en intensiteit beheer. Die gevoel wat ‘n man gaan kry is so lekker, dat hy heel moontlik net sal wil ratte verwissel en die pedaal plat sal wil trap. Moenie dat hy dit doen nie. Jy gaan dit nie geniet nie, tensy jy dink jy sal.
Stadige aksie en kommunikasie is belangrik hier vir die eerste keer. Gee dit tyd. Hou vas. Jou anus sal begin ontspan en jy sal nie meer so baie pyn voel nie. Miskien glad nie. Maar, die aksie en die idee dat jy anale seks beoefen gaan jou oor die rant dryf. Jy sal tsunami’s van intense orgasms begin voel wat oor jou spoel. Dit is die een ding wat amper elke vrou my al gesê het. Dit begin binne in jou middelyf en gloei deur jou soos ‘n warm vuur. Dit trek deur jou lyf met impulse wat sterker en vinniger word die heeltyd.
Natuurlik moet jou man help daarmee. Jy gaan nie ‘n anale orgasme kry van ‘n penis wat net in en uit jou anus gaan nie. Jy het stimulasie nodig. Dit is waar jy of jou man dan met jou klitoris kan speel.
Die beste posisies vir anale seks is die tradisionele doggy-styl en die tweede beste is die “missionary” styl. Almal weet hoe doggy-styl werk, dis nie rocket science nie. Maak seker dat jy gemaklik is, want die voordeel van die posisie is dat jy jouself kan rondbweeeg om meer gemaklik te wees. Missionary-styl werk ook goed, en hier moet jy jou bene so hoog oplig as wat jy kan. Dit is nogal ‘n baie seksie posisie vir anale seks.
My ondervinding van anale seks wat reg gedoen word, is dat die vrou en man se orgames eksponensieël meer intens is, veral die vrou s’n. Ek het al vrouens gehad wat gelyk het of hulle gaan flou word van van die intensiteit en duur. Oë rol terug in die kop en hulle het amper geen beheer oor hul ledemate nie. Die taboo wat daaraan gekoppel is, die intensiteit en die baie stywer gevoel lei alles tot orgasmes wat, soos die Engelse sê, mindblowing is. Earth shattering. Glo my, die aarde sal beweeg. Pain and pleasure word gemeng en die kombinasie is intens.
Daar is selfs vroue wat anale orgamses kan kry sonder klitorale stimulasie, as gevolg van al die senuwees in die anus. Die vrou se G-kol is ‘n werkilkheid (later mee daaroor) en is oral gekoppel aan haar seksdele, self in die anus. Daar is ‘n spesifieke plek op die G-kol waarteen die penis tydens anale seks druk. Dit is ‘n area wat meeste vroue nie ervaar nie omdat hulle te bang is vir anale seks.
Sover het ek nog net een vrou teëgekom wat nie daarvan gehou het nie, en die rede was dat sy te bang was vir die “yukkie” deel daarvan. Maar as antwoord op daardie vrees, kan ek sê dat “vuilspel” baie min gebeur. Dit kan ‘n baie vernederende ondervinding wees as sulke dinge jou ontstel, maar kom ons wees eerlik met mekaar: dit is net vernederend as iemand dit vernederend maak. Met ander woorde jou maat of jy is die een wat dit vernederend gaan maak deur iets daaroor te sê, of ‘n issue daarvan te maak. My raad is die volgende: moenie klem daarop lê nie. Let it slide. Go with the flow. Staan vinnig op, gaan toilet toe, maak skoon en spring dan weer in die bed. En onthou wat ek gesê het: dit gebeur baie min. Rerig. En as julle altwee bang is daarvoor, gebruik ‘n kondoom en sit ‘n ou kombers of handoek onder julle.
Voor ek verder gaan, net iets belangrik: Die anus is maar ‘n plek waar baie bakterië voorkom. Dit is nie ‘n goeie idee om vaginale en anale seks te meng nie. Daar is wel mense wat dit doen en oor die algemeen veroorsaak dit nie probleme nie. Maar wees eerder versigtig. Jy sit al klaar met iets wat hoogs taboo is, en wil dit nou nie erger maak nie.
Hoe meer anale seks beoefen word, hoe maliker en lekkerder sal dit word. Dit word later deel van julle seksspel. Die intensiteit sal nooit weggaan nie al word dit makliker. Dit is omdat net soos die vagina, keer die anus terug na sy normale posisie. Jy sal nie die Kimberley se gat na die tyd hê nie, maak nie saak hoe baie jy dit doen nie. Wees net versigtig. Moet nooit dat jy daarin geforseer word nie. Jy kan ook nie ‘n penis so vinnig in ‘n anus druk soos ‘n vagina nie. Dit vat tyd en voorbereiding.
Die belangrikste ding is dat anale seks nie die taboo is wat mense dink nie. Daardie mite kom van disinformasie en outydse denke. Net ‘n eeu of twee gelede was masturbasie ook as taboo gesien en sekere kulture en gelowe sien dit nog steeds so. Oor tyd het mense agtergekom dat masturbasie nie sonde of lelik of taboo is nie. Dis dieselfde met anale seks.
Nou die groot vraag: wat doen dit aan ‘n man? Wat is die aantrekkingskrag van anale seks vir ‘n man? Daar is ‘n baie redes. Daar is die fisiese en die psigiese redes.
Fisies is dit ‘n ongelooflike gevoel vir ‘n man. Dit is baie stywer en meer intens as die vagina, mits dit goed ge-lube is. Dit is ook ‘n heeltemal ander gevoel as vaginale penetrasie, wat NIE beteken dit is beter nie. Dit is net heeltemal anders. Dit kan vergelyk word met ‘n stywe en uitstekende lubed-up handjob. Onbeskryflik lekker. In doggy-styl is dit al die bewegings rukkings en bewerasies wat jy maak – en ons sien dit. So iets dryf my oor die afgrond. Met die oomblik van jou orgasme, trek ‘n vrou se hele lyf styf, amper op ‘n knop. Daardie oomblik word die penis styf vas gedruk en dit is wanneer ‘n man ‘n onbeskryflike gevoel van satisfaksie kry.
Dan is daar die psigiese redes. Die idee dat jy iets doen wat taboo is. Jy breek die reëls. Dis iets wat jy nie maklik met ander sal bespreek nie en dis sy/julle geheim. Dan is daar die dominansie aspek. As daar een ding is wat my seks die meeste laat geniet, is dit die idee dat ek jou domineer. Dat jy in my mag is. Dit beteken nie dis ‘n verkragtingsfantasie nie, maar meer die idee dat ons die magic knoppie gevind het. Aan, af, aan, af. Dit is amper asof ons in beheer is van iets wat nie eintlik beheer het nie. Ons gee jou ekstase wat jy nog nie gevoel het nie en dit is ‘n ongelooflike powertrip. Mans sal dit nie maklik erken nie, maar hulle wil graag gee as dit by seks kom. “Sien? Jy weet maar net nie wat ek aan jou kan doen nie. Jy ken my nog nie goed genoeg nie.”
Mans sal ook nie maklik erken dat hulle, net soos vroue, fantaseer tydens seks nie. Ons fantaseer oor baie dinge, ons hou dit net die meeste van die tyd stil. En hierdie “magsposisie” fantasie is een van hulle. Anale seks voer daardie fantasie.