Dit is maklik om die bron van die goue vloeistof wat so vrylik vloei te vind – skerwe van gebreekte kruike en bekers en plasse drank en slingerende mense sluit almal by die keiser se wynkelders by mekaar aan. Die godkoning eis dat almal saam met hom sy oorwinning oor die Grieke sal vier. Hy het ‘n amptelike ses maande lange fees afgekondig en voorsien die drank gratis aan die bevolking. Besoekers van heinde en ver sak op die stad toe om in die fees deel te neem.‘n Feestelike, baldadige, histeriese luim heers in die stad. Dit was nou al reeds vir weke lank so. Wilde gelag en wellustige gille en dronk sang klink oral op. ‘n Halfgeklede giggelende jong vrou bars by ‘n deur uit met ‘n man kort op haar hakke. Haar vlug was meer ‘n vertoon as ernstig, want sy lig laggend haar boude na hom toe toe hy haar daar in die straat plattrek terwyl sy met afwagting omkyk. Die ander mense in die straat steur hulle nie aan die paartjie nie – meeste strompel rond en ander lê bewusteloos in die markplein en rondom die huise rond. Hier en daar poog iemand om weer by die geroesemoes in die huise uit te kom terwyl talle ander in die openbaar kopuleer. Read more “Lusweer: Die dans”→
error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)