Liewe Kombiekiehierleser,
Welkom.
(LET WEL: AS JY NIE ‘N INGESKREWE LID IS NIE SAL JY NET ‘N PAAR STORIES ONDER “NUWE INHOUD” OF “LUSMAKERS VIR NIE-LEDE” SIEN! DAAR WORD AL SEWE JAAR LANK ELKE WEEK DRIE OF MEER INSKRYWINGS GEMAAK SO DAAR IS BAIE, BAIE STORIES EN ARTIKELS OP HIERDIE BLAD OM TE ONTDEK.)
As jy nog nie ‘n lid is nie, moet jy ongelukkig aansluit. Pakette is onder aan hierdie bladsy.
Dit is vandag kombiekiehier se sesde verjaardag. Dit was ses wonderlike jare waarin ons saam lus geword het, mekaar gecharf het, probleme uitgesorteer het, romanses begin het, vriendskappe gesluit het, van nuwe seksuele dinge geleer het, seks gehad het en deur video’s en foto’s vogtig gemaak is.
Baie dankie dat julle saamgespeel het. Ek hoop julle sal aanhou terugkom al moet dinge nou ongelukkig verander.
Ekself het vergeet dat die enigste ding waarvan ons seker kan wees is dat alles verander en dis ook waar vir kombiekiehier. Na 2019, ‘n waterskeidingsjaar vir my persoonlik sowel as vir die webwerf, moet daar veranderinge kom wat ek nooit wil instel nie en wat ek selfs belowe het nooit sal gebeur nie.
Ek wil verskoning vra dat ek my belofte moet verbreek, maar ek was naief. Ek kan nie aanhou om hierdie webwerf net uit die liefde vir die saak aan die gang te hou nie. Dit hou my elke dag net soveel soos ‘n “regte” werk besig, maar met nie genoeg inkomste om as ‘n regte werk te tel nie en in hierdie ekonomie het ek nie meer die luuksheid om nie te werk nie. Op ‘n persoonlike vlak het dit ook na ses jaar demoraliserend geword om niks (of baie min) vir my daaglikse werk te ontvang nie. (Gedurende die virus-tyd het ek dit weer probeer oopmaak en verniet maak – gehoop mense sal by Vreesloos inskryf of donasies gee – maar bogenoemde redes het my weer gedwing om terug te keer na my besluit van die begin van die jaar.)
So kombiekiehier sal van nou af ‘n bietjie inskrywingsgeld vra.
Omdat ek skuldig voel daaroor loop ek al die hele Desember en redeneer met myself oor die bedrag. Dis minder as ‘n take-away ete vir een, minder as inskrywings vir enige koerant, minder as inskrywings vir musiek, minder as wat ‘n luisterboek kos. Dis eintlik min en dis om deel te wees van die eerste en enigste en grootste en beste Afrikaanse erotiese webwerf op aarde. Niemand anders sal kombiekiehier kan herhaal nie omdat dit die enigste omvattende webwerf in Afrikaans is wat al die aspekte van seksualiteit aanraak – visueel, kreatief, stories, meningsartikels, inligting, filosofies. Selfs vir ‘n pensioenaris is die bedrag regtig nie baie nie. Selfs in hierdie moeilike tye. So okay, dis nou my skuldigvoel paragrafie, maar ongelukkig is dit hoe dit is – ek moes kies tussen inskrywingsgeld vra of die hele kombiekiehier-projek los en toe kies ek maar eersgenoemde. As julle my verlaat kan ek niks daaraan doen nie. 🙁
Kostes
Inskrywingsgeld vir kombiekiehier kos maandeliks R100.
Die kombiekiehier-heelal bestaan uit twee dele. Daar is die hoof webwerf wat al ses jaar oud is – kombiekiehier. Kombiekiehier is sagte sensualiteit – op die meeste sien jy borste en boude en die stories is nie te kru of waaghalsig nie. Dan is daar Kombiekiehier Vreesloos wat die haardebaard (hardebos? 😉 ) deel is. Hier is foto’s minder subtiel, stories se tema’s meer waaghalsig en woordeskat meer kru en vulgêr.
As jy vir albei dele van die Kombiekiehier-heelal wil inskryf sal dit R150 kos.
Privaatheid
Baie mense wil nie inskrywingsgeld betaal vir ‘n erotiese webwerf nie omdat hulle bang is hulle word uitgevang. (Daar is regtig niemand in Suid-Afrika wat iemand wat ‘n webwerf met erotiese stories op lees sal wil “expose” nie, maar tog is mense bekommerd.) Daar is verskeie redes waarom jy nie daaroor bekommerd hoef te wees nie. Eerstens kan jy heeltemal onder ‘n skuilnaam asook vals epos-adres inskryf. Ekself ken nie die ware identiteite van die meeste mense wat vir my skryf en wat op die webwerf geregistreer is nie en ek het geen behoefte om uit te vind nie. (Noudat ek daaraan dink, nie eens my mees prolific deelnemers “vertrou” my met hulle regte name nie – ek ken net twee en dis omdat hulle regtelewe vriende is.) As dit nodig is om persoonlike inligting te verskaf om met ‘n kaart te betaal is die stelsel so gestel dit na ‘n dag uitgevee word. Jy gaan met jou skuilnaam (username) inlog en jou eie wagwoord kies. As jy eerder vir my ‘n direkte inbetaling wil doen kan jy skryf vir kombiekiehier@gmail.com waar ek jou direk kan help. Onthou om jou bewys van betaling vir my te stuur as jy ‘n direkte EFT verkies sodat ek die webwerf vir jou oop kan maak. Ek sal en het nog nooit iemand se ware identiteit bekendgemaak nie, selfs in gevalle waar ek skade opgedoen het deur dit nie te gee nie. Integriteit en anonomiteit is deel van die basiese beginsels van hierdie webwerf.
Ek kan egter nie jou beskerm as jy foute van jou kant af maak nie.
Tandekry
Ek verwag dat daar die eerste week of so tandekryprobleme met die betaalsisteem sal wees. Ek sal dit so gou moontlik oplos. Kontak my gerus oor enigiets by kombiekiehier@gmail.com
Belangrik!
As jy die opsie kies om vir meer as een webwerf in te skryf sal dit so rukkie vat voor jy op die ander webwerf geregistreer word. Ek moet dit dan eers fisies gaan doen. Ek dink egter dis beter om te begin en die goed stelselmatig reg te maak as net aan te hou uitstel.
Ek sal deur die volgende dag of twee almal wat reeds betaal registreer. Laat weet my gerus as jy dink ek het jou vergeet.
Baie dankie aan almal wat vir my en kombiekiehier in die vorige paar jaar ondersteun het. Dit was ‘n lekker reis. Ek hoop ek sien julle aan die anderkant.
Met lus en liefde, altyd.
Annelise