Liewe Kombiekiehierleser,
Dit is vandag kombiekiehier se sesde verjaardag. Dit was ses wonderlike jare waarin ons saam lus geword het, mekaar gecharf het, probleme uitgesorteer het, romanses begin het, vriendskappe gesluit het, van nuwe seksuele dinge geleer het, seks gehad het en deur video’s en foto’s vogtig gemaak is.
Baie dankie dat julle saamgespeel het. Ek hoop julle sal aanhou terugkom al moet dinge nou ongelukkig verander.
Ekself het vergeet dat die enigste ding waarvan ons seker kan wees is dat alles verander en dis ook waar vir kombiekiehier. Na 2019, ‘n waterskeidingsjaar vir my persoonlik sowel as vir die webwerf, moet daar veranderinge kom wat ek nooit wil instel nie en wat ek selfs belowe het nooit sal gebeur nie.
Ek wil verskoning vra dat ek my belofte moet verbreek, maar ek was naief. Ek kan nie aanhou om hierdie webwerf net uit die liefde vir die saak aan die gang te hou nie. Dit hou my elke dag net soveel soos ‘n “regte” werk besig, maar met nie genoeg inkomste om as ‘n regte werk te tel nie en in hierdie ekonomie het ek nie meer die luuksheid om nie te werk nie. Op ‘n persoonlike vlak het dit ook na ses jaar demoraliserend geword om niks (of baie min) vir my daaglikse werk te ontvang nie.
So kombiekiehier sal van nou af ‘n bietjie inskrywingsgeld vra.
Omdat ek skuldig voel daaroor loop ek al die hele Desember en redeneer met myself oor die bedrag. Dis minder as ‘n take-away ete vir een, minder as inskrywings vir enige koerant, minder as inskrywings vir musiek, minder as wat ‘n luisterboek kos. Dis eintlik min en dis om deel te wees van die eerste en enigste en grootste en beste Afrikaanse erotiese webwerf op aarde. Niemand anders sal kombiekiehier kan herhaal nie omdat dit die enigste omvattende webwerf in Afrikaans is wat al die aspekte van seksualiteit aanraak – visueel, kreatief, stories, meningsartikels, inligting, filosofies. Selfs vir ‘n pensioenaris is die bedrag regtig nie baie nie. Selfs in hierdie moeilike tye. So okay, dis nou my skuldigvoel paragrafie, maar ongelukkig is dit hoe dit is – ek moes kies tussen inskrywingsgeld vra of die hele kombiekiehier-projek los en toe kies ek maar eersgenoemde. As julle my verlaat kan ek niks daaraan doen nie. 🙁
Kostes
Inskrywingsgeld vir kombiekiehier kos kos maandeliks R69. (Wat anders? 😉 )
Die kombiekiehier-heelal bestaan uit drie dele. Daar is die hoof webwerf wat al ses jaar oud is – kombiekiehier. Kombiekiehier is sagte sensualiteit – op die meeste sien jy borste en boude en die stories is nie te kru of waaghalsig nie. Dan is daar Kombiekiehier Vreesloos wat die haardebaard (hardebos? 😉 ) deel is. Hier is foto’s minder subtiel, stories se tema’s meer waaghalsig en woordeskat meer kru en vulgêr. Gemeenskap is die kombiekiehier-heelal se sosiale netwerk waar deelnemers foto’s kan deel, met mekaar kan chat in ‘n chat-room, “openbare” seks kan hê in ‘n “sekschat-kamer,” profiele het en private boodskappe kan stuur. Daar is ook ‘n forum waar ons oor alles seksueel onder die son gesels.
Op hierdie stadium kry vroue gratis toegang tot Gemeenskap as hulle my by kombiekiehier@gmail.com laat weet hulle stel belang.
As jy vir enige twee van die drie dele van die Kombiekiehier-heelal wil inskryf sal dit R100 kos.
As jy vir al drie die dele, kombiekiehier, kombiekiehier Vreesloos en Gemeenskap wil inskryf gaan dit jou R150 kos. Dit beteken dat lesers wat ingeskryf was vir Gemeenskap en Kombiekiehier Vreesloos nie meer sal betaal as wat hulle betaal het nie. Baie dankie vir julle finansiële ondersteuning deur die laaste twee jaar. Dit het my baie gehelp met die webwerf se uitgawes.
As jy ‘n skrywer is wat vir Kombiekiehier of Kombiekiehier Vreesloos stories lewer hoef jy nie inskrywingsgeld te betaal nie, maar dan moet jy darem so ongeveer 2 000 woorde (maw een of twee stories) per maand instuur. 🙂
Privaatheid
Baie mense wil nie inskrywingsgeld betaal vir ‘n erotiese webwerf nie omdat hulle bang is hulle word uitgevang. (Daar is regtig nie iemand in Suid-Afrika wat iemand wat ‘n webwerf met erotiese stories op lees sal wil “expose” nie, maar tog is mense bekommerd.) Daar is verskeie redes waarom jy nie daaroor bekommerd hoef te wees nie. Eerstens kan jy heeltemal onder ‘n skuilnaam asook vals epos-adres inskryf. Ekself ken nie die ware identiteite van die meeste mense wat vir my skryf en wat op die webwerf geregistreer is nie en ek het geen behoefte om uit te vind nie. (Noudat ek daaraan dink, nie eens my mees prolific deelnemers “vertrou” my met hulle regte name nie – ek ken net twee en dis omdat hulle regtelewe vriende is.) As dit nodig is om persoonlike inligting te verskaf om met ‘n kaart te betaal is die stelsel so gestel dit na ‘n dag uitgevee word. Jy gaan met jou skuilnaam (username) inlog en jou eie wagwoord kies. As jy eerder vir my ‘n direkte inbetaling wil doen kan jy skryf vir kombiekiehier@gmail.com waar ek jou direk kan help. Onthou om jou bewys van betaling vir my te stuur as jy ‘n direkte EFT verkies sodat ek die webwerf vir jou oop kan maak. Ek sal en het nog nooit iemand se ware identiteit bekendgemaak nie, selfs in gevalle waar ek skade opgedoen het deur dit nie te gee nie. Integriteit en anonomiteit is deel van die basiese beginsels van hierdie webwerf.
Ek kan egter nie jou beskerm as jy foute van jou kant af maak nie.
Tandekry
Ek verwag dat daar die eerste week of so tandekryprobleme met die betaalsisteem sal wees. Ek sal dit so gou moontlik oplos. Kontak my gerus oor enigiets by kombiekiehier@gmail.com
Belangrik!
As jy die opsie kies om vir meer as een webwerf in te skryf sal dit so rukkie vat voor jy op die ander twee webwerwe geregistreer word. Ek moet dit dan eers fisies gaan doen. Jy kan die maklikste deur kombiekiehier en Gemeenskap inskryf en betaal – Kombiekiehier Vreesloos het nog nie al die opsies nie.
Ek dink egter dis beter om te begin en die goed stelselmatig reg te maak as net aan te hou uitstel.
Ek sal deur die volgende dag of twee almal wat reeds betaal en al die skrywers op kombiekiehier registreer. Laat weet my gerus as jy dink ek het jou vergeet.
Baie dankie aan almal wat vir my en kombiekiehier in die vorige paar jaar ondersteun het. Dit was ‘n lekker reis. Ek hoop ek sien julle aan die anderkant.
Met lus en liefde, altyd.
Annelise
[pmpro_levels]