Front Page › Forums › Gemeenskap – waar ons oor enigiets kan gesels › Manlike en vroulike skrywers
- This topic has 6 replies, 5 voices, and was last updated 7 months, 4 weeks ago by annelise.
-
AuthorPosts
-
November 25, 2022 at 9:42 am #10542anneliseKeymaster
Hoe dink jy verskil ‘n erotiese storie wat deur ‘n man geskryf word van een wat deur ‘n vrou geskryf word? Is daar vir jou verskille? Wanneer ek ‘n storie kry wat deur ‘n man geskryf is wat hom probeer voorgee as ‘n vrou kan ek dit meestal dadelik optel – mans skryf vroue verkeerd. Kan jy dit agterkom?
November 25, 2022 at 10:36 am #10543OuBulParticipantGeen probleem tussen manlik of vroulike skrywers nie. Dis absoluut net hoe die skrywer die storie oordra en hoe ekspelsiet die storie oorgedra word.
November 27, 2022 at 10:48 pm #10544Uther PendragonParticipantDaar is ‘n reuse verskil in die manier hoe vrouens en mans oor seks skryf. Mans se seksverhale is baie op die meganiese aspek van seks – die posisie, die fisiese aspekte van die vrou en die seksdaad self gefokus.
Iets anders wat ek van meeste skrywers opgelet het, is dat hulle met die held of heldin van die storie identifiseer, en iets wat amper almal doen, veral mans, is om hierdie held in gloeiende terme te beskryf en nooit as ‘n pateet, sukkelaar, arrogante, vetsugtige, swakkeling, kleinsielige wese uit te beeld nie. En hy ry nooit ‘n ou fiets of ‘n skedonk nie. En amper nooit is die vrou vet, lelik, maer of les bes – plein gewoon of middeljarig of oud nie. En dadelik word die storie ‘n onwaarskynlike fantasie waarin ek meer van die skrywer se gefrustreerde seksuele drange raaklees en sy persoonlike versugtinge raaklees, as iets anders.
Vroue skryf weer meer dikwels oor die emosionele aspekte van seksuele verhoudings, oor haar gevoel en emosies eerder as die meganiese aspekte van die daad. Daar is ook meestal nie baie kink in vrouens se stories nie en les bes, is daar dikwels ‘n dik poel romanse – soos oogkykery, streling van lippies, ruggies en hare wat glans, bons ens. En harte wat klop. Om nie van sappies en vogtigheid te praat nie. En die vrouens is mooi en die mans aantreklik – nikse vet, dik, bles, oud, goor, kort ens. nie. En dadelik word die storie ‘n waas van seksuele versugting en ‘n behoefte aan romanse, aanvaarding en liefde, wat my meer van die skrywer se emosionele behoeftes vertel as iets anders.
Ten spyte van hierdie tekortkominge lees ek veel eerder vrou-geskrewe erotika of beter nog, wanneer ek dit in die hande kan kry, bekentenisse – omdat dit vir my iets van vrouens se drange vertel wat my werklik aandraai. Nancy Friday se My Secret Garden is so ‘n boek. Ek is mal daaroor om in vrouens se koppe te kom op elke liewe manier want hulle fassineer my, waargeenoor ek letterlik ‘n tos omgee vir wat ‘n man dink en om te hoor wat hy dink is soos om die graffiti teen die muur in ‘n mansbadkamer te lees – verbeeldingloos, platvloers en voorspelbaar.
December 14, 2022 at 2:47 pm #10582anneliseKeymasterDankie vir jou lekker antwoord, Uther.
Ek vind ook dat ek kan agterkom as dit ‘n man is wat probeer skryf as ‘n vrou in sy taalgebruik. Alhoewel daar vroue is wat aangedraai word deur kru taal en dit ook gebruik is dit nie ‘n reel nie. Of word die meer in ‘n spesifieke situasie geskryf of wanneer die karakter of die vroulike skrywer opgewerk raak. Maar in die “vooraf” gedeelte praat vroue nie soos mans nie – hulle praat nie van pramme of konte nie. Oor die algemeen (want daar is altyd uitsonderings) skkryf vroue minder kru (tot dit dan nodig word).
December 20, 2022 at 12:51 pm #10585kaapseboertjieParticipantEk vind ook dit is redelik maklik om te onderskei tussen n man of vrou wat n storie skryf. Die maklikste is gewoonlik die taal gebruik soos jy se.
Maar ook so genoem, die manier hoe iets beskryf word verskil ook tussen n man en vrou.En dan tel mens later ook op net op die manier hoe n sin gestel is, of beskryf word, of dit deur n man of n vrou geskryf is
July 12, 2023 at 1:45 pm #10853AltydvreesliklusvirseksParticipantEk skryf graag stories en my trant is altyd hoe Ek rerig wil genaai word – Ek beeld uit wat Ek Sal doen en wat Ek verwag Hy moet doen. Wragties, glo my soos Ek skryf word Ek erg jags ook en as dit met my gebeur dan weet Ek die storie lees lekker!
January 17, 2024 at 10:31 am #11038anneliseKeymasterWanneer skryf jy weer vir ons? 🙂 Die lesers love jou stories. En die feit dat jy ‘n vrou is wat dit skryf maak dit nog meer sexy, want vroue wat dit doen is skaars.
-
AuthorPosts
- You must be logged in to reply to this topic.