Front Page › Forums › Gemeenskap – waar ons oor enigiets kan gesels › Moet fantasieë waar word? › Reply To: Moet fantasieë waar word?
Maar hier is twee vrae wat uit bogenoemde lei:
Eerstens, (op Jimpels se kommentaar) ons het net een lewe – of dis wat ek glo. So jy het nou hierdie fantasy. Is dit reg dat die persoon wat nie fantasies het of dit nie wil uitleef nie, die ander ene s’n mag keer? Of is dit, omdat jy net eenkeer lewe, jou voorreg om als van hierdie lewe te smaak wat jy wil? Het jy net ‘n verantwoordelikheid teenoor jou man/vrou/partner of het jy eintlik een teenoor jouself ook?
En die twee deel waaroor ek gewonder het in my oorspronklike vraag: is daar enige fantasieë wat jy net glad nie eens moet probeer nie, al maak dit jou rasend? (In ag genome dat die eerste reël van seks is dat almal betrokke moet instem en dat geen wet oortreë word nie.)