Front Page › Forums › Gemeenskap – waar ons oor enigiets kan gesels › Porn v Erotiek › Reply To: Porn v Erotiek
Ek het iewers eendag gelees dat erotiek iets nuuts probeer doen. Maw ‘n nuwe insig probeer gee of iets oorverbeel. Iets soos dat erotiek “dieper” is omdat dit betekenis het. Porn is vir my as iemand by die eerste prentjie of “blik” vashaak. Dit gaan net oor dit wat ooglopend voor jou is en prikkel net op een vlak, meestal visueel. Maar erotiek bring vir my al die sintuie in die prentjie in. Jy kyk na die “eerste/ooglopende” maar dan kyk jy dieper. Dan ruik en voel jy ook. Dalk selfs emosie. Porn is maklik. Erotiek is moeilik. Porn is vir almal toeganklik, erotiek is intelligent. Ek dink mens kan erotiek op ‘n “pornvlak” lees en nog lus word, maw net na die ooglopende prentjie kyk en steeds wil naai. Maar net sommige lesers kan dieper as dit lees en net sommige skrywers kan dieper as dit skryf. Dis sommer nou my eie idees oor die ding, maar dis wat ek dink. 🙂