Front Page › Forums › Gemeenskap – waar ons oor enigiets kan gesels › Manlike en vroulike skrywers › Reply To: Manlike en vroulike skrywers
Daar is ‘n reuse verskil in die manier hoe vrouens en mans oor seks skryf. Mans se seksverhale is baie op die meganiese aspek van seks – die posisie, die fisiese aspekte van die vrou en die seksdaad self gefokus.
Iets anders wat ek van meeste skrywers opgelet het, is dat hulle met die held of heldin van die storie identifiseer, en iets wat amper almal doen, veral mans, is om hierdie held in gloeiende terme te beskryf en nooit as ‘n pateet, sukkelaar, arrogante, vetsugtige, swakkeling, kleinsielige wese uit te beeld nie. En hy ry nooit ‘n ou fiets of ‘n skedonk nie. En amper nooit is die vrou vet, lelik, maer of les bes – plein gewoon of middeljarig of oud nie. En dadelik word die storie ‘n onwaarskynlike fantasie waarin ek meer van die skrywer se gefrustreerde seksuele drange raaklees en sy persoonlike versugtinge raaklees, as iets anders.
Vroue skryf weer meer dikwels oor die emosionele aspekte van seksuele verhoudings, oor haar gevoel en emosies eerder as die meganiese aspekte van die daad. Daar is ook meestal nie baie kink in vrouens se stories nie en les bes, is daar dikwels ‘n dik poel romanse – soos oogkykery, streling van lippies, ruggies en hare wat glans, bons ens. En harte wat klop. Om nie van sappies en vogtigheid te praat nie. En die vrouens is mooi en die mans aantreklik – nikse vet, dik, bles, oud, goor, kort ens. nie. En dadelik word die storie ‘n waas van seksuele versugting en ‘n behoefte aan romanse, aanvaarding en liefde, wat my meer van die skrywer se emosionele behoeftes vertel as iets anders.
Ten spyte van hierdie tekortkominge lees ek veel eerder vrou-geskrewe erotika of beter nog, wanneer ek dit in die hande kan kry, bekentenisse – omdat dit vir my iets van vrouens se drange vertel wat my werklik aandraai. Nancy Friday se My Secret Garden is so ‘n boek. Ek is mal daaroor om in vrouens se koppe te kom op elke liewe manier want hulle fassineer my, waargeenoor ek letterlik ‘n tos omgee vir wat ‘n man dink en om te hoor wat hy dink is soos om die graffiti teen die muur in ‘n mansbadkamer te lees – verbeeldingloos, platvloers en voorspelbaar.