Die tesis

deur Uther Pendragon

“Jy het goed onderskeid getref tussen woorde wat as heiligskennis beskou word en algemene woorde wat vir liggaamsdele- en funksies gebruik word. Ek dink egter dat jy meer klem op die etomologie van die woorde moet lê”. Die professor kyk fronsend na sy rekenaarskerm. Hy blaai verder af om na sy kantnotas te kyk. “Ja, en dis belangrik om die historiese ontwikkeling van elke woord na te speur.”

Sy PhD student skuif ongemaklik in die stoel voor hom.

“Goed professor, ek verstaan. Ek wou dit doen, maar daar is nie baie bronne beskikbaar om die leemtes in te vul nie.” Bemoedig deur sy instemmende kopkink gaan sy voort: ‘hierdie verandering van woorde het plaasgevind voordat Afrikaans as skryftaal gevestig is en die enigste bronne van daardie tyd is in Nederlands of Engels.”

“Inderdaad” stem die professor saam, en kyk oor sy bril na die aantreklike donkerkop dame voor hom “en soos jy wel terdeë agtergekom het is daar ‘n groot verskil in skryf- en spreektaal – veral ten opsigte van jou studieonderwerp. Mense het eenvoudig nooit kru woorde op skrif gestel nie. Net om aan ‘n paar voorbeelde te dink: weinig mense weet dat poephol met ‘n h geskryf word en wat van die woord skyt – dit kom van die Nederlandse schijt maar sekerlik eers van die Germaanse scheiss. Moet dit dan nie met ‘n ei eerder as ‘n y gespel word nie? Maar dink daaraan – wie besluit oor die spelreëls vir vloekwoorde? Dink jy vir een oomblik dat dit deel van die besprekingsvan die GRA was toe Afrikaans as skryftaal gevestig is?”

Die student lag saggies vir haar professor se ironiese opmerking en vra: “Professor, ek het gewonder – hoekom het het so baie Engelse vloekwoorde net vier letters en ons s’n dikwels drie?”

Die professor kry ‘n glim in die oog en antwoord: “Dit is ‘n baie belangrike punt wat jy ontdek het. Jy sal merk dat die oerwoord van amper enigiets meestal net een lettergreep het – en dit is waar die antwoord op jou vraag se wortels lê. Meer lettergrepe dui op ‘n sofistikasie in die taal waar voor- en agtervoegsels en ander verbuigings bygevoeg is of uit twee woorde saamgestel is. Hierdie sofistikasie dui op taalevolusie en dit sal dus noodgedwonge verder en verder van die stamwoord af wegbeweeg hoe langer ‘n taalfamilie bestaan. Maar terug by die verskil tussen Engelse en Afrikaanse woorde. Die Engelse gebruik dikwels ‘n dubbel letter aan die einde van ‘n woord – dus bal word ball en pis word piss. Hulle gebruik ook ‘n c om ‘n k sterker te laat klink – dus is dit nie meer fok nie maar fuck. Die oerwoord het waarskynlik net drie letters gehad. Maar dis belangriker om te let daarop dat die mees basiese woorde soos piel, kont, poes, pis, kak, drol, poep, hol, lul, kut, naai, fok, tiet, pram ensovoorts uit slegs een lettergreep bestaan terwyl sogenaamde betaamlike woorde soos voortplanting, kopulering, skede, geslagsdeel, ontlasting en natuurlik die Latynse leenwoorde soos penis, vagina, ekskresie, urine, coitus, anus, feses almal twee tot vier lettergrepe het en dus as bewys kan dien van hoeveel dit van die oorspronklike oerwoord verander het. Die vermoede bestaan dat die heel eerste woorde wat oermense geuiter het bloot klanknabootsels of te wel onomatopieë was. Dit verklaar die oorsprong van die woorde pis en poep soos wat soos nies en hoes klanknabootsels is.”

“Ek vind dit ook geweldig moeilik om dokumentasie oor die spreektaal van die stamlande te kry professor,” sê sy en druk haar bril hoër teen haar neusbrug op. “Daar is wel ou Dietse geskrifte maar daar is min opgeskryf oor algemene woorde wat te doen het met geslagsdele en liggaamsfunksies wat ons vandag as kru woorde sou beskou. Ek het wel ‘n interessante waarneming gemaak naamlik dat daar woorde uit Latyn hulle weg in die Germaanse woordeskat gevind het – soos die woord kak. Mense gebruik geredelik die woord kakofonie sonder om te weet waar die woord vandaan kom. Kakofonie bedoel letterlik slegte of bose klank of te wel kak-klank. Die Latynse woord “kakos” vir vrot, sleg of boos het deur Europa versprei en mens vind vanaf die Dietse lande as kak en tot in Skotland waar dit as die woord “kack” bekend staan. Maar die snaakste is dat alhoewel die gemiddelde Engelssprekende nie die woord “kack” gebruik nie hulle tog dit in verwerkte vorm gebruik soos in “kack-handed” wat lomp, onhandig of links-handig beteken en die woord “poppycock” vir twakpraat wat uit die Hollandse woord “pappekak” ontstaan het. Weereens – die woord kak was met die woord twak in Afrikaans vervang om dit meer aanvaarbaar vir ons vromes te maak net soos die woord allamapstieks in plaas van almagtig wat na die Almagtige verwys en dus as godslastering beskou kon word en jissou en jissis in plaas van Jesus en so aan.”

Die professor grinnik en sê: “Dit is vir my altyd vreemd hoe mense dink dat dit gesofistikeerd of goed-gemanierd is om eerder Latynse as die Germaanse woorde te gebruik. Soos eerder die woorde penis, vagina, feses, urine eerder as piel, poes, kak en pis. Die snaakste van als is die woord vagina wat skede in Latyn beteken – met ander woorde elke Romeinse soldaat het ‘n vagina vir sy swaard gehad. Vreemd dat hulle nie swaarde dan penisse genoem het nie. Maar interessant is dat die spies in Latyn as ‘n pilum bekend staan en dat dit dalk die oorsprong van die woord piel was.Uit ervaring week ek dat hierdie aangeplakte taalgeveinstheid meeste onder sogenaamde geleerde of beskaafde mense voorkom, maar ook dat hulle in privaat laat waai in hul oer-Germaans afhangende van hoe kwaad hulle is. Dis maar dieselfde ou storie waar mense tot redelik onlangs Afrikaans gepraat het maar Nederlands geskryf het – daar is dikwels ‘n verskil in ons skryftaal en spraaktaal.”

“Ja professor, ek vind dit redelik moeilik om hierdie tweeslagtigheid, of laag van geveinstheid wat oor ons taal gegroei het af te skil. Dit is asof diegene wat wel boeke geskryf het uit ‘n meer gegoede en dan gesofistikeerde klas gekom het en glad nie verteenwoordegind van die massas Afrikaanssprekendes is nie. Maar die verskynsel wat my die meeste opval is dat die Afrikaanse taal meer vloekwoorde as enige ander taal in die wêreld het! Omtrent elke woord kan as ‘n vloekwoord geïnterpreteer word. Ek het ‘n snaakse maar kru fliekie opgespoor getiteld: “Spoofie” waar ritse sinonieme vir die woord penis en vagina gebruik word. Ek het so gelag daarvoor. Maar hoekom dink u dat Afrikaans soveel vloekwoorde het as ons dan so konserwatief is? Ons het tog sekerlik self die vloekwoorde wat ons nie van Nederlands geërf het nie self geskep?”

Die professor glimlag en sê: “Dis juis hoekom ek vir jou hierdie studietema gegee het – dit is ‘n baie interessante verskynsel. In Holland gebruik mense die woorde pis, kak, fok in die algemene spreektaal. Fok byvoorbeeld beteken letterlik teel. Dus kry mens ‘n hondenfokker in Holland wat ‘n hondeteler is en glad nie wat ons bekrompe perverse breintjies dink nie. Maar aan enige woord kan ‘n stigma oor tyd begin kleef – nie omdat die woord self euwel is nie – dit word geskep deur die taboewaarde wat aan die voorwerp of daad toegedig word. Maar terselfdertyd kan ‘n woord so dikwels as metafoor vir iets anders minder taboe gebruik word totdat dit sy oorspronklike betekenis verloor – byvoorbeeld jy moenie vir iemand van Hollandse oorsprong sê jy sal hom opneuk nie, want neuk in hulle taal bedoel fok in Afrikaans – jy sê dus vir die Hollander dat jy hom gaan opfok. In neuk was inderdaad oorspronklik in daardie konteks gebruik. Weens ons isolasie in Suid-Afrika het die uitdrukking sy oorspronklike betekenis verloor en net die metafoor het oorgebly terwyl die oorspronklike betekenis nog in Holland voortbestaan. As mens die woord fok genoeg in die konteks van opfok gebruik eerder as om na die paringsdaad te verwys sal dit op dieselfde manier sy oorspronklike betekenis verloor. Die woorde wat ons as kru beskou het slegs emosionele waarde gekry weens die taboewaarde wat ons daaraan gekoppel het. Meestal is die woorde eintlik heeltemal onskuldig en allerdaags – wie pie byvoorbeeld nie? Hoekom moet so iets wat so allerdaags en eintlik onskuldig is so stief behandel word dat mens nie die woord in ordentlike geselskap mag gebruik nie. Net om vir jou’n ander voorbeeld te gee – as ek in Engels sê “You thunder, I will lightning you” beteken dit niks – maar as jy in Afrikaans sê “jou donder ek gaan jou bliksem” beteken dit heeltemal iets anders. Die woorde opsigself is niksseggend buiten as jy ‘n ‘n taboewaarde daaraan toedig – en daardie taboe-toedigtingsdrang is een honderd persent gekoppel aan die vlak van jou bekrompenheid.”

“Professor, ek het ook gemerk dat algemene woorde soos poes, parra, doos, vy en mossel as woorde gebuik word om vroulike geslagdele te beskryf. Dit maak dit nog moeiliker om uit die literatuur te bepaal of dit ‘n vloekwoord of gewone woord is. Dus kan die sin “Mag ik met mevrouw de poes spelen?” kan twee verskillende goed in Hollands beteken en dieselfde in Engels “That man has a big cock.” Dit is duidelik dat die woorde cock en poes net metafore was wat mense oorspronklik gebruik het in ‘n poging om meer ordentlik voor te kom. Die uitdrukking – “om die kat in die donker te knyp” maak slegs sin as mens onthou dat die Hollandse kinderwoord vir kat poes is en dat hulle later die woord poes as metafoor vir kut gebruik het. Dit illustreer u punt dat slegs in die ultra-konservatiewe Afrikaanse denkwyse hierdie woord wat eens as onskuldige kinderwoordjie in Hollands die vieslikste moontlike uitdrukkig moontlik vir vagina in Afrikaans geword het. Die woord doos is soortgelyk deur Hollanders as onskuldige woord as sinoniem vir kut gebruik maar wasin Afrikaans oor slegs die laaste twee geslagte geperverteer tot ‘n woord wat vir slegs die vroulike geslagsdeel gebruik word en word nou glad nie meer vir ‘n regte doos gebruik nie. Ek merk dat die woord doos slegs in die korrekte konteks nog in boeke, wat voor die 1970’s geskryf is, voorkom. Dit is net nog ‘n voorbeeld van hoe bekrompe mense van alles vloekwoorde kan maak en in hierdie geval selfs onskuldige woordesoos poes en doos tot so ‘n mate kan skaak dat dit heeltemal sy oorspronklike betekenis verloor het.”

Met ‘n frons sê die professor: ”Jy sal ook merk dat daar in Hollands een algemene woord vir penis is naamlik lul, terwyl daar baie meer sinonieme vir vroulike geslagsdele is as vir manlike geslagsdele – wat ook op die bron van hierdie benepenheid dui. In die Westerse en Midde-Oosterse wêreldbeeld is dit ‘n groot taboe as vrouens in seks belangstel en hulself seksueel uitdruk en van seks hou. Die Victoriaanse era het die Westerse mentaliteit ten opsigte van seksualiteit geweldig skade aangedoen en mens kan dit in die omslagtige, versigtige en metaforiese taalgebruik sien wat met seks te doen het. ‘n Mens kan hierdie verskynsel in beide Engels en Afrikaans sien – onthou ons was vir twee eeue deur Engeland oorheers en was in die Victoriaanse era geweldig daardeur beïnvloed terwyl ons stamlande soos Nederland en Frankryk en Duitsland hierdie invloed natuurlik vrygespring het.

So kan mens sien dat daar baie meer sinonieme vir penis in Engels is as in ander Europese tale – dus kry mens die volgende woorde wat in die algemene gebruikstaal gebruik word: cock, prick, dick, willy, John Thomas, manhood, member, organ, pecker, phallus, tool, winkie. Daar is ook ‘n duidelike verkinderliking van verskeie van hierdie woorde. In Afrkaans volg ons ook tot ‘n mate hierdie Victoriaanse tradisie en alhoewel die woord piel die mees gebruikte sinoniem vir penis is, is daar veral onder blanke Afrikaanssprekendes die argaïese woord peester wat deesdae maar min gebruik word en dan ook mielie, horing, voël, slang, pieperman en tottie – laasgenoemdes is duidelik kinderwoordjies. En dus word die oorspronklike Dietse woord pis, wat nog algemeen in die stamlande gebruik word, na pie in Suid-Afrika afgekort, wat na piepie of pieps of nommer 1 in ‘n poging om dit meer en meer aanvaarbaar te maak en te verfraai te word. Dit is hierdie konservatisme van ons wat daartoe gelei het dat amper elke tweede woord as ‘n vloekwoord beskou word.

“Dieselfde geld vir die woorde te doen met seksuele omgang – saag, spyker, pomp, naai, koppel en so aan. Hoe meer woorde, hoe dieper die bekrompenheid van die sprekers wat dan deur hulle konserwatisme genoop word om meer en meer woorde te gebruik om organe en ‘n basiese lewensfunksie te beskryf – wat terloops net so belangrik is as om te eet of asem te haal. Aangesien ons ‘n taboe waarde aan hierdiespesifieke liggaamsdele en funksie toedig, bereik dit die onuitspreeklike status en ons word genoop om net met ons malle woordstropery voort te gaan en om nuwe woorde te kry wat nog nie taboewaarde bereik het nie in plaas daarvan om een woord soos fok – te standardiseer en daarby te bly. Al die ander woorde wat daarna as metafore geleen was, was mettertyd deur assossiasie gekontamineer en het vloekwoordstatus bereik.Daarenteen is daar maar net een woord in die algemene omgangstaal vir organe soos die oog, neus, mond, oor, vinger, voet, been, bors ensovoorts, buiten as mens laf wil wees en woorde soos snotkoker en kykers wil gebruik.

“Hierdie verengingsproses kan mens ook in godsdiens sien. Kyk na die woord YAHWEH wat ‘n akroniem is vir ‘n sin wat beteken “Die onuitspreekbare naam” wat so taboe is dat dit nooit opgeteken is nie en dus moes die sin daarvoor instaan. In ‘n poging om nog meer peïtisties te wees, was dit sin afgekort na YAHWEH, en dan is daar ‘n derde vlak van geveinste peïtisme waar baie diep gelowige Jode nie eens die woord YAHWEH wil of mag uiter nie. Laat dit jou nie ‘n bietjie dink aan Woldemort van Harry Potter nie? Hy-wat-nie-genoem-mag-word-nie? Het jy geweet dat ons nie weet wat die oorspronklike Indo-Germaanse woord vir beer is nie? Die woord wat ons gebruik is oer-Germaans vir bruin, terwyl die Russe bere “medved” noem wat beteken – hy wat weet waar om heuning te kry. Die Litouers gebruik weer die woord “dakis” wat harig beteken. Ons vermoed dat al hierdie taalfamilies hulle eie metafore geskep het om na bere te verwys, want die woord was ‘n waarskynlik vir religieuse redes ‘n taboe woord wat slegs tydens religieuse seremonies of deur shamaans uitgespreek mog word. Daar was ook dalk geglo dat as jy die onuitspreekbare naam noem, jy een sal oproep – soos om die naam van die Here ydelik te gebruik.”

“Dit is vanselfsprekend dat hierdie konserwatisme ook in die taboe-waarde in die woordeskat rondom vroulikheid in baie kulture – maar veral die Joods-Christen-Moslem kulture gesien sal word. Hoekom is daar verskeie algemene uitdrukkings vir manlike masturbasie – soos riemruk en draadtrek en nie een vir vroulike masturbasie nie? Dit is opvallend dat daar ook geen algemene woord vir ‘n klitoris is nie – slegs die Latynse woord. Hoe is dit moontlik?! Kan niemand die sosiale onreg daarvan insien nie – dat daar nog geen algemene woord vir een van die belangrikste organe in die menslike belewenis geskep is nie? Dit alleen dui op die onreg teenoor vrouens en onderdrukkig van vroulike seksualiteit. In ons Europese kultuur is die klitoris en die funksie daarvan eenvoudig net geïgnoreer, in ander kulture word dit selfs verwyder. Het jy geweet dat daar meer algemene woorde vir die verwydering van die klitoris is as vir die klitoris self?

“Maar professor, waar kom hierdie konserwatisme vandaan – was alle volke nie maar konserwatief op ‘n stadium nie?”

“Ja en nee – dit hang af waarvan jy praat. Konserwatief in lewenswyse miskien, maar konserwatiewe mense is nie noodwendig aanstellerig nie. Dink maar aan ‘n platvloerse, onopgevoede, ongeletterde groepie bokwagters in Buite-Mongolië. Hulle leef soos hulle voorouers vir duisende jare geleef het – dit is konserwatief. Maar hulle hele lewe is omgewe met parende, barende bokke – dink jy hulle sal enige illusies oor seks hê? Of enige simpel metafore daarvoor uitdink? Drie goed het met die Afrikaner gebeur wat tot hierdie konserwatisme gelei het: Eerstens die volksplanters was Calviniste en hierdie religieuse bekrompe weergawe van die Christendom beskou liggaamlike vryheid en uitdrukkig as ‘n groot sonde. Tweedens was ons vir amper twee eeue onder Britse heerskappy wat uiteindelik vir ons Victorianisme met sy sosiale bekrompenheid as nagelatenskap geskenk het. En laastens was ons geïsoleerd van sosiale evolusie wat in Europa plaasgevind het. Ons het basies sosiale rewolusies, die wêreldoorloë en die hippie-era vrygespring. Manne met snorre en safaripakke het dinge vir ons bepaal in ‘n tyd wat vrye liefde, menseregte en kernontwapening die groot sosiale dryfvere in Europa was. Hierdie sosiale stagnasie het ons tot in ons wese bekrompe gemaak en is dus ook die rede hoekom alle seksuele uitdrukkings, inlsuitende ons woordeskat rondom liggaamsfunksies so ‘n groot taboe in Afrikanergeledere is. Of sal ek dit eerder so stel – onder die blanke Afrikaanssprekendes wat glo dat hulle die fakkeldraers van die taal is.”

Vurig voeg die professor by terwyl hy oor sy lessenaar leun: “Dit is soos mense wat evolusie ontken, en tog gebruik hulle al hulle aap-einskappe om te kan oorleef en hul bestaan te maak en evolusie te beveg – vanaf die groot brein, binokulêre visie en teenoorstaande duime. Hul ontkenning van die waarheid maak ons nie minder ape nie. Dieselfde beginsel geld vir vloekwoorde. My magtag – as dit nie moes bestaan het nie – hoekom is dit dan daar? Wie het dit gemaak? Hoe het dit enigsins ontstaan? Hoe moes gewone mense hulself uitdruk voordat hulle ‘n klap Latyn deur middel van die Engelse gekry het? Ek glo dat ons onsself eers van hierdie Victoriaanse Calvinistiese taal-onderdrukking, wat ons denke en dade so aan bande lê, kan bevry as ons weer leer om onsself vrylik kan uitdruk. Ons sal slegs ons volle menswees kan bereik as ons kan openlik en in ongebreidelde taal kan sê wat ons voel en wat ons dink en wat ons doen.

“Ek het ook ‘n broertjie dood aan die gebruik van kindertaal om na geslagsorgane te verwys – ‘n woord soos poesie byvoorbeeld. Die woord poes is alreeds ‘n kinderterm vir kat, maar nou moet dit nog verder verfyn en verkinderlik word – net soos die woorde tamatie en mandjie wat reeds verkleinwoorde van mand en tamaat is – dan eindig mens met die verspotte tamatietjie en mandjietjie. Geen wonder die Hollanders vind Afrikaans “een erg leuke kindertaaltje.” Jy kan jouself net indink wat mense in ons stamlande sal dink as mevrou vir meneer sê: “Ag, hartjie net ‘n bietjie opper nou-nou druk jy jou dingetjie in die ander plekkie in pleks van my kwakkie. Dieselfde nonsens kan mens sien in uitdrukkings soos: oor die tou trap, in die ander tyd, die tannie met die rooi karretjie het kom kuier ensovoorts, ensovoorts – dit is ‘n wonder hoe ons ooit reggekry het om nog voort te plant met al hierdie taalhindernisse en taboes wat ons rondom selfs sekualiteit geskep het. Dit laat my dink aan die doringbos wat rondom die Slapende Skone opgerank het. Dink daaraan – hoe sou jy vir ‘n minnaar die groen lig gegee het?” Die professor aarsel en sê: “Sien daar doen ek dit ook nou – die groen lig gee – bliksem … sien wat ek bedoel? Daardie uitdrukking is sekerlik maar net ‘n paar dekades oud en sou eers na die gebruik van robotte ontstaan het. Ek bedoel natuurlik – hoe sou jy vir ‘n minnaar laat weet dat jy seks wil hê – of in plat Hollands – wil naai?”

Grootooghou sy sy gesig dop en dan sprei haar bene wyd oop sodat hy haar broekie kan sien. Hy kry ‘n erotiese skok deur sy lyf toe hy haar welige pubiese hare rondom die broekie se rand sien uitpeul. Die bloed druis so in sy ore dat hy haar net dofweg hoor sê: “Wel professor aangesien die oorspronlike woorde kut en lul nie meer in Afrikaans bestaan nie sou ek hom vra of hy dalk lus is vir ‘n stroperige vy” en met ‘n skaam glimlag voeg sy by  “en dat ek ook nogal daarvan hou om lollies te suig.”

“Ag jissis tog,” sê die professor soos hy opstaan en die gordel van sy broek losmaak.

* Vrywaring: Hierdie storie is fiksie en is nie bedoel om enigiemand in die werklike lewe te verteenwoordig of te beledig nie. Die menings wat hier gelug word is my eie en moet nie as kommentaar op die verhandeling van Feinauer (1981) “Die taalkundige gedrag van vloekwoorde in Afrikaans” gesien word nie. Ek het nog nooit die skrywer van die verhandeling of haar toesighouer ontmoet nie.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

3 thoughts on “Die tesis

  • Mar 19, 2017 at 7:57 am
    Permalink

    ‘n Woord vir vroulike masturbasie is “vrikkel”. Dit kom van “VRyf en wiKKEL”. Want of jy jou aan jou poes plesier met jou vingers, jou hele hand, met ‘n vibrator, dildo of ander voorwerp, daar is altyd elemente van vryf en wikkel. Dis net so ‘n effektiewe woord as “skommel” vir ‘n man. Want, of jy jou aan jou piel plesier met duim en voorvinger, met jou hele hand wat dit omsirkel, met jou handpalm of met ‘n buisvormige voorwerp wat oor jou voolkop of voolskag pas, daar is altyd ‘n element van skommel (d.w.s. heen en weer beweging).

    “Vrikkel” en sy afleidings leen hom tot nuttige sêgoed, soos die volgende: “Oe, ek vrikkel nou lekker!”; “Ek het my doodgevrikkel toe my vriend vir drie weke lank oorsee was.”; “Ek kan nie wag om by die huis te kom sodat ek kan vrikkel nie.”; “Die deurnagse gevrikkel het my vanoggend ‘n bietjie aan die sensitiewe kant.”; “Van al die vrikkelry is my batterytjies nou pap.”; “Oukei, oukei, ek’s ‘n vrikkelaar, soos jy ‘n skommelaar is!” “My vrikkelsessies is gewoonlik aan die kort kant.”; “Ek gaan vir haar ‘n nuwe vibratortjie kry want sy hou van meganies aangehelpte vrikkeling en hare is gedaan.”

    Reply
  • Mar 9, 2017 at 3:45 pm
    Permalink

    Dis nie te se as jy nie daarvan weet nie, dat dit nie bestaan nie. Volgens my is jy oningelig.

    Die volgende voorbeelde is baie algemeen, volgens my kennis, vir vroulike masturbasie:

    Koekie-kielie, toetie-tos, toetie-terg, vingertjie-en-kruisies speel, koekie-knie…

    En vir klitoris: klit, klittie, knoppie, roosknoppie, kontknoppie, kontklokkie…

    Disclaimer: Ekt omtrent niks van die post gelees nie, net die “Dis vanselfsprekend dat die…” deel.

    Reply
  • Mar 9, 2017 at 3:11 pm
    Permalink

    Hierdie is ‘n uitnemende en uiters insiggewende artkel eerder as ‘n storie.
    Dit behoort in Insig, De Kat en ander sootgelyke publikasies geplaas te word. Selfs in die algemene Pers.
    Dankie Uther, ‘n “eye-opener” van jou af wat op sulke sterk, navorsende fondamente gebou is dat daar in die toekoms nog baie daarna sal verwys word.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)