Die Tesis (2)
deur Uther Pendragon
From: Marie Lampbrecht <lammie@gmail.com>
To: JC Wolfaardt <jcwolf@unc.edu.co.za>
Sent: Friday, March 8, 2017 14:35 PM
Subject: Tesis-opvolg
Hallo professor JC J (ek hou dit maar formeel omdat ek probeer om op my werk te konsentreer – vir nou).
Ek het na ons gesprek die volgende sinomieme vir vroulike masturbasie en klitoris op die internet opgespoor:
Vroulike masturbasie : koekie-kiele, koekie-knie, toetie-tos, toetie-terg, vingertjie-en-kruisies speel.
Klitoris: Kontknoppie, Klitknoppie, Kontklokkie
Wat is jou opinie hieroor?
X
From: JC Wolfaardt <jcwolf@unc.edu.co.za>
To: Marie Lampbrecht <lammie@gmail.com>
Sent: Friday, March 8, 2017 17:03 PM
Subject: Tesis-opvolg
Hallo Marie
Gewoonlik steur ek my nie aan sulke beuselagtige twak nie, maar omdat dit jy is wat die navraag doen, sale k* ‘n uitsondering maak.
My advies is dat jy ‘n Google-soektog vir elk van daardie woorde en meer bekende sinonieme doen en die uitslag kom rapporteer. Dan sale k my mening vir jou gee.
Groete
JC
From: Marie Lampbrecht <lammie@gmail.com>
To: JC Wolfaardt <jcwolf@unc.edu.co.za>
Sent: Friday, March 9, 2017 8:15 AM
Subject: Tesis-opvolg
Hallo JC
Ek is sommer skaam vir my stupidgeit – ek moes geraai het.
Hier is die soektogresultate:
Toetie-tos 1 trefslag
Toetie-terg 1 trefslag
Vingertjie-en-kruisies speel 1 trefslag
Koekie-knie 1 trefslag
Koekie-kielie 2 trefslae
Daarteenoor het ek 234 000 trefslae vir draadtrek gekry en 610 trefslae vir riemruk.
Die resultate vir Kontknoppie was 10, Klitknoppie 5 en Kontklokkie 1 teenoor meer as 265 000 trefslae vir Piel.
Partykeer is ek maar naïef en spring weg met groot entoesiasme en vergeet dan om analities te dink. Van die uitdrukkings klink nogal oulik en beskrywend, maar ek kan al raai wat jou antwoord gaan wees L
X
From: JC Wolfaardt <jcwolf@unc.edu.co.za>
To: Marie Lampbrecht <lammie@gmail.com>
Sent: Friday, March 9, 2017 10:05 AM
Subject: Tesis-opvolg
Hallo Marie
Moet jou nie so opwerk nie – almal maak maar foute. Gelukkig het jy die irrelevansie van hierdie woorde raakgesien voordat jy dit in jou tesis ingewerk het.
Hou jou by die focus van jou tesis – nl. Om die herkoms van taboe woorde n ate vors en nie om allerande nuutskeppings in te sluit nie. Daar is sekerlik miljoene mense wat woordjies vir hulle kinders opmaak – daardie uitdrukkings bly dan in daardie betrokke families en sal miskien van een generasie na die ander oorgedra word. Daar is sekerlik ook talle seks-behepte tieners wat allerande vieslike woordspeletjies opmaak en sulke uitdrukkings sal dan in sekere skole voorkom. Dan is daar ook natuurlik streekstaal waar sekere uitdrukkings net in sekere gebiede – veral vêrafgeleë of geïsoleerde gebiede – voorkom.
As ‘n word in Pretoria dieselfde betekenis het op die Kaapse Vlakte, in Paternoster, Gobabis, Kimberley, Brits, Alldays, Griekwastad, Wepener en Benoni dan weet jy dat dit ‘n algemene Afrikaanse word is. Onthou dat jy in jou tesis die herkoms van algemeen bekende Afrikaanse taboe-woorde naspeur en dat jy nie veronderstel is om agter allerande neologismes aan te hol nie.
Daar is weining mense wat so bevoorreg was as Fanus Rautenbach – voor jou tyd – wat die medium van die radio gehad het om nuwe woorde aan ‘n wye gehoor bekend te maak. So het hy die word Pletterpet vir “Crash helmet” uitgedink en Flaterwater vir “Correction fluid” en Bromponie vir “Scooter”. Hy het dit verskriklik genie tom nuwe woordjies op te maak, maar meeste het verdwyn en nooit inslag gevind nie deur die natuurlike weerstand van mense om nuwe woorde te leer en slentertaal vanuit Engels.
Ek is seker dat die woorde wat slegs een trefslag op jou Google soektog gekry het slegs op die webwerf te vinde was waar jy dit oorspronklik raakgelees het.
Die feit dat daardie uitdrukkings onbekend is, kan te wyte wees aan:
- a) dat die mense wat dit gebruik nie rekenaars of toegang tot die internet het nie,
- b) dat die mense wat dit gebruik nie kan lees of skryf nie anders sou mens dit in boeke of die pers gesien het,
- c) die mense wat dit gebruik wel kan lees en skryf en dat hulle rekenaars en internettoegang het, maar dat hulle (buiten een) te beskroomd is om hulle woorde op skrif te stel,
- d) dat dit sommer opgemaakte woordjies is wat iemand relatief onlangs uitgedink het soos wat duidelik bewys word as mens dit vergelyk met die getal trefslae vir hierdie woorde tenor dié wat in die algemene omgang gebruik word soos piel en draadtrek.
Hierdie woorde bewys juis die punt van jou navorsing. Bloot die feit dat al hierdie woorde uit meer as een lettergreep bestaan is al klaar ‘n aanduiding dat dit lank al nie meer die oerwoord vir daardie organ of daad is nie – wat net nog ‘n bevestiging is dat die oorspronklike woorde nie meer bestaan nie of nooit bestaan het nie. Die klit-prefix is duidelik van die woord “klitoris” afgelei wat dus dit outomaties uitskakel as ‘n Dietse stamwoord.
Die feit dat hierdie woorde nie in Nederlands bestaan nie bewys dat dit duidelik onlangs deur Afrikaanssprekende mense opgemaak is en dus val dit buite jou navorsingsfokus. Die koekigheid en alliterasie van hierdie woorde dui op die tipiese vroomsiekte wat mens van konserwatiewe Afrikaners kan verwag wat die oorspronklike woorde te vervang en te verdraai en te verfraai of nuwe gevatte woorde op te maak. Kyk maar as voorbeeld van hierdie volksrymelary na die geneigdheid van Afrikaanse mense om hulle strandhuise name te gee – dit wemel van rym, alliterasie en neologismes wat veronderstel is om snaaks of romanties of gevat te wees – maar jy sal nie een in ‘n woordeboek of ‘n boek of die internet (buiten miskien op iemand se facebook blad) kry nie.
Dan is daar ook nog die moontlikheid dat hierdie woorde deur ‘n ma vir haar kind opgemaak is of erger nog dat die persoon een of ander kinder-fetish het – veral die koekie, toetie, knoppie en klokkie verkleiningswoorde laat my so dink.
Ek hoop dat hierdie ervaring vir jou bewys het hoe belangrik jou navorsing is. Ek dink jy moet weer inkom vir ‘n vergadering – ek het ‘n lollie vir jou.
JC
* ek weet hoe om “fokus”, “sal ek”, “na te“, ”orgaan”, “woord”, “geniet om” en “teenoor” te spel – ek boots hier eposse na waar mens nie die outomatiese taalkorreksies kan afskakel nie en waar die epos-program aanvaar dat alle eposse in Engels behoort te wees (Uther Pendragon).