Die Supermaan
deur Max Lombaard
Ek kom Sondag laatmiddag terug by die groot huis teen die hange van Tafelberg. Hier waar die goedhartige Nederlander, Otto, hawelose akteurs ’n tydjie gee om hul voete te vind. Ek het die middag met Tanja, ’n seksie jong aktrise, spandeer. Ons was by haar huis en het oor tonele gegaan vir die kort Noir Speurfilm waarin ons môre speel. Ek speel die speurder en word op die ou end deur die femme fatale vermoor.
Ek is in die TV-kamer besig om gefrustreerd die Colombo DVD – wat Tanja vir my geleen het – te probeer speel. Vanaf die oopplan TV-kamer sien ek in die sitkamer vir Sandra inkom. Sy trippel in met ’n ligtheid wat deur haar helder pienk truitjie geëggo word. Sy lyk gemaklik, so gemaklik soos die jeans om haar maer bene, in die groot vertrek – ten spyte daarvan dat sy nog net ’n week hier bly. Sy’t hier ingetrek na sy en haar ou opgebreek het (normale drama’s in akteurs se lewens).
“Ek’t gaan wyn drink met vriendinne,” kondig sy van tussen haar ruie blonde krulle aan, “Wat maak jy?”
“Ek kan nie uitfigure hoe om die DVD-speler te kry om ’n beeld op die TV te gooi nie. Soos een wat rondtas in die donker druk ek knoppies en trek kabels uit en druk hul weer terug.”
“Wil jy ’n sigaret rook?” vra sy.
Haar blou oë lag verby haar skerp neus en sy draai haar kop effens skuins. ’n Kyk wat my hart week maak. Hoekom vind ek haar so onweerstaanbaar? Dalk is dit daai neus. Ek hou van meisies wat nie konvensioneel mooi is nie en terwyl ek na haar kyk besef ek ek kan in ’n oogwink 69 liefdesgedigte net oor daai trotse neus skryf.
“Dank vader dat jy hier is, anders sou ek obsessief aangehou het om met die DVD te foeter. Sal ek vir ons wyn skink? Of bier, Whisky?” vra ek.
“Is daar wyn?”
“Natuurlik. Watse vraag is dit? In die huis is daar altyd wyn.”
Ek maak rooiwyn oop en skink vir haar. Terwyl ek by die drank kabinet vir myself Whisky skink sit ek musiek aan.
“Ek is besig om terug te grawe in my musiekgeskiedenis. Dis die Breeders se 1994 album met Canon Ball op,” lewer ek kommentaar oor my musiek.
Ons gaan sit buite op die metaaltuinstoele langs die swembad. Daar het dit gebeur. Dit was asemrowend. Die maan wat opkom oor die Helderberg. Hy verskyn in ’n onheilspellende rooi wat in lewende oranje-goud verander soos hy gebore word en stadig wegbreek van die swart skerp kontoere van die berg se top.
“Die maan is abnormaal groot,” merk sy.
“Hy is massief,” sê ek.
“Dis vanaand glo die supermaan. Hy gaan eers weer oor 35 jaar weer so na aan die aarde wees,” vertel sy.
“Die maan laat my skoon vreemd voel, laat my dink aan daai Laura Dern karakter, Lula wat vir Nicholas Cage se Sailor sê: “This whole world’s wild at heart and weird on top.”
“Ek is gaande oor David Lynch. This here is a snakeskin jacket! It is a symbol …”
“…OF MY INDIVIDUALITY AND MY BELIEF IN PERSONAL FREEDOM,” sê ons albei saam.
Ek gooi haar glas weer vol en ons klink. Ek’s al op my tweede dubbel Whisky en vertel verder oor die Breeders, hoe hul afgestig het van die Pixies. Skielik is die lewendigheid en opwinding van daai tyd in my woorde. Ek voel asof ek terug is in ’94 in die hartjie van die impak tyd van die grunge musiek. Die breë oopte voor ons vul vir my en Sandra met glinsterende stadsliggies. Skuins bo ons hang hierdie swanger maan. Ons drink, rook en praat met nuwe verlange. Ons bui is ligter as helium en ons lag bedwelmend maklik.
“Ek gaan my Afrikaans met jou oefen. My Afrikaans was vlot toe ek in Pretoria skoolgegaan het. Ek moet net oefen.”
“Jy praat mooi. Het jy ’n lighter?”
Sy hou die oranje plastiekaansteker uit na my. Ek bestudeer die fyn beentjies in haar gewrig, word geabsorbeer daardeur met die oë van ’n juwelier wat ’n diamant bewonder.
“Ek gaan nog Whisky gooi. Dis koud. Ek gaan ’n trui kry. Sal ek vir jou een bring?” vra ek.
Ek bring vir haar my dik groen trui wat voor oop rits. Die reuk van ons sigarette meng lekker met die vars koue berg lug. No bye, no hallo, sing Kim van die Breeders.
“Kyk die piramides,” beduie Sandra grasieus na die driehoekige klere-droogmaak-rak wat op die bakstene langs die swembad staan.
Die gemmerkat wat soms kom kuier kom voor ons lê.
“En die sphinx,” beduie ek na die kat.
“Ek het nie geweet ons is in Egipte nie.”
“Hoe kon jy nie weet nie, dit was dan so ’n lang vlug.”
“Hoe kon ek die vlug met daai gekrokte vliegtuig vergeet. Aah, maar nou is ons eindelik tuis.”
Ons lag. Ons eie mitiese wêreld is lewendig en ons is die kern van ons selfgeskepte heelal.
“Sien jy die haas in die maan?” vra ek.
“Ja, maar ek sien orals hase, so ek weet nie of dit tel nie.”
“Okay, Alice. Maar as jy die maan volg weet ek nie in watse gat jy jouself gaan bevind nie? Die’s ’n voodoo maan. Maar op ’n ander noot, weet jy, ek dink die maan is god se rooi neus.”
“Dis fantasties. Ek love daai idee. God se rooi neus.”
“God is die grootste nar.”
“Oe, dit herinner my …” sy vertel my van ’n vrou by wie sy clowning gedoen het in LA. “Sy het ’n dokkie gemaak waar sy teruggaan na die kommune wat hul in die 60’s gehad het. Daar voer sy onderhoude met almal, elkeen moes die onderhoud doen met ’n rooi neuse aan.”
Ek luister aandagtig.
“Sy’t verwys na die Myth of Sisyphus. En toe sê sy dat dit so ’n tragiese storie is, so tevergeefs – totdat jy vir Sisyphus ’n rooi neus aansit. Dit verander alles.”
Daai spesifieke sin draai my wêreld op sy kop. Ek sit vir ’n ruk doodstil.
“Dit verander absoluut alles,” sê ek.
“Presies.”
Die meisie raak met elke vertelling net meer interessant. Die gesprek maak ’n draai by die landskap van haar slim wiskundige brein.
“Albei my ouers is wiskunde onnies. Ek sien wiskunde en drama as een. Ek het dit vir my ou vertel toe ons begin uitgaan het. Hy sê toe later dis daai idee wat hom op my verlief laat raak het. Ek wou wiskunde en drama saamvat op universiteit, maar UCT wou dit nie aanvaar nie.”
Die gesprek gaan oor na ons verhoudings. My amper eksvrou, haar ou wie twee jaar laas met haar seks gehad het. Die maan sit al bo ons koppe en dis dit tyd om te gaan slaap, maar totsiens is swaar, selfs onnodig as mens so lekker saam kuier. Vanaand wink totsiens soos ’n vyand.
“O great creator of being grant us one more hour to perform our art and perfect our lives, we live, we die and death not ends it,” sê ek reëls uit ’n gedig as a rebellie teen die oomblik. Dalk was dit die woorde, dalk net iets in die lug, want sy stel voor:
“Wil jy nie Colombo op my rekenaar kyk nie? Ek kan dit hier bo kom inprop.”
“Dit sal bakgat wees.”
“Reg, ek gaan sommer my pajamas aantrek, dalk hier voor die TV aan die slaap raak?”
“Ek maak vir ons Milo? Ek dink ek het nog springmielies.”
“Fliek aand!”
Die groot ou huis bly maar ysig al is ons in die laaste draai van winter, so ek het die verwarmer aan en ons gooi komberse oor ons. Die gemmerkat kom lê snoesig tussen ons, waar ons op die tweeman rusbank sit. Colombo is op die saak op die Appel-skootrekenaar se skerm. Ons albei vryf die kat. Die kamer is gevul met daai knus reuk van springmielies. Ek raak intens bewus van Sandra se nabyheid. Soveel so dat dit moeilik raak om Colombo se eenvoudig gestruktureerde storie te volg. Sy krul haar voete op en lê met haar kop en kneë na my toe. Haar hand vanuit die blou kombers streel die kat se lyf en pootjies. My hand streel die kat sy kop en nek. Haar hand raak stil. Dit steek uit van agter haar grys mou. Dit lê sonder enige spanning langs my been. Dit voel asof die hand roep. My hart klop in my keel. My vingers kom af. Dit voel soos modderige lae lug waardeur my vingers beweeg. Is dit die regte ding om te doen? Ek wil terugtrek. Maak ek nie nou ’n groot fout wat alles sal beduiwel nie? Ek kan nie terugtrek nie. Ons moet saambly, waarsku daar nog ’n stem, maar ek kan myself nie stop nie en my hand land in die warmte van haar palm. My hart trom deur my soos daai groot drom wat altyd voor die ou flieks gedoen-doem-doem het – was dit vir Universal Pictures? Sy trek nie weg nie. Druk met haar hand effens terug, asof sy verlang om die vastigheid van my hierwees te voel. Stadig, met opwinding ontdek ons vingers mekaar. Die plesier verdiep soos my nuuskierige wysvinger oor die bult van haar palm gaan verken en die Eden van haar gewrigte ontdek. Die pols is die mees sensitiewe deel van die lyf. Met die verken van iemand se pols maak mens ’n deur oop wat moeilik weer kan toe.
My ander hand vind die ritme van genot en swem op deur die hele sterreruim en vind haar gesig. Sy suig stadig my vinger. Kolle lus drup af in die ontvanklikheid van ons onderlywe. Ons onderlywe wat al wakkerder nes tissue papier, die blink onsigbare druppels lus ontvang en laat inweek, diep in die verterend aptyt van ons begeertes. Is hierdie werklik besig om te gebeur? Hoe ver sal dit gaan? Ek bring die vuur in my binneste tot bedwang sodat ek met ’n rustigheid kan voortbeweeg. Ek moet haar eerbiedig, haar hart is nog broos. Terselfdertyd weet ek ek sal nie kan stop nie. Niks in my wil nou meer stop nie. Ek het amper sewe maande laas seks gehad. My lyf is in sy hoogste rat, daar is nie meer te keer nie. My hand gly af, voel die lewe en misterie in haar nek, gly af met die vel tot in haar geheime. My vingers voel onder haar top in. By die poorte van haar bra maak hul ’n draai. Ek talm, tart haar deur langs die bra met my vingers te stap en dan die sprong, onder die bra in. Haar borsknoppe kom uit in applous. Hulle is gelukkig en sing vir my mond.
“Nee, wag, nee ons kan nie,” sê sy uitasem terwyl ek aan haar linkertepel suig.
“Jy’s reg … jy’s reg,” kom ek tot verhaal.
“Kom ons rook nog ’n sigaret,” trek sy haar bloes toe en kom regop.
Dis te vergeefs. Ons probeer na die sigaret weer fliek kyk. Ons het ’n goeie poging aangewend en vir Colombo vervang met ’n movie – The Submarines. Ons het baie soet daarna gesit en kyk. Maar die ding is die maan is mal vanaand en ons is so naby mekaar. Ons kook oor met mekaar. Skielik is dit so warm, ons is in Egipte, daar’s hierdie sfinks kat tussen ons en ons albei vryf weer die dier wat lekker purr. Ek leen nader na haar, sy na my. Ek vind haar gesig tussen die perskegeurige krulle. Albei ons lang neuse raak. Sy beweeg eers verby en my lippe vind haar wang. Sy beweeg nie weg nie. Haar hare orals om ons en ek vind haar mond maar dis ‘n stywe lip soen.
Die teësinnige soen maak dat ek haar lippe vermy. My een hand ontdek agter teen haar rug op, die ander streel oor haar borste. Die hand teen haar rug ontdek al laer tot by die rante van haar pienk panty met die strikkie. Haar lippe kom soek haastig myne. Die eerste soen. Dis ’n dwelm. Dit tref my in my hoofaar. Groot vlesige gevoelens blom in my oop soos die oopvou van psigiese geslagsdele. Lig en rats is Sandra op my. Haar lyfie is klein en kordaat. Haar top waai. Sy krul haar naakte bolyf terug, haar plat maag vang die elektriese lig. Terug, so ver terug tot haar kop op die mat rus. Haar krulle swem uit oor die wit wol, ek sien Van Gogh se koringlande om haar voorkop. Haar heupe hier bo my knieë en tussen hul die deur tot die hemel. My mond is ‘n droë rivierbedding. Ek reik na haar rekbroek en begin dit stadig wegtrek.
Moet asseblief nie “Stop” sê nie. Sy gee mee. Stadig kom daar ’n ligte ry skaamhare te voorskyn. Die finale oomblik van absolute blydskap breek aan as ek verder haar broek aftrek en haar pienk vertikale lippies uit ’n vars seksuele walm na my loer. Sy maak haar groot blou oë toe. Seil stadig met ’n geboë rug haar naakte bolyf af na die mat en soos sy af beweeg trek ek die broek af oor haar maer dye en kuite. Sy lê op haar rug en wag vir my. Ek pluk my top af, my skoene is reeds uit, en kniel oor haar, vryf op oor haar dye.
“Jammer, ek het nie geskeer nie.”
“Maak nie saak nie.”
Ek is tussen haar bene en op haar. Terwyl ons soen voel ek my harde geslag deur my swart jean en teen haar poesbeen druk. Ek tart haar met die knop wat agter my broek skuil.
“Nee, ons moet stop. Kan ons na jou kamer toe gaan. Of wag, kom ons gaan liefs na my kamer. Ons gaan niks doen nie. Jy kan net by my kom lê.”
“Reg. Hel dis koud,” trek ek weer my swart langmou top aan
Die koue is eintlik lekker, dit koel ons effens af. Sy beweeg gekleë in die gang af. Jy kan net by my kom lê. Hoor ek weer haar woorde. Ek ken al hierdie ‘net by my lê’ storie. So ek gaan na my kamer en druk twee kondome in my agtersak voor ek haar volg. Net voor ek afdraai by die trappe merk ek weer die maan en ek sweer hy knipoog vir my.
In haar dubbelbed, knus onder die vereduvet, vra sy my om vir haar Bukowski te lees. Teen die derde gedig streel haar hand af by my naeltjie. Ons soen, rol oor die bed, twee bote op die storm see. Die Bukowski val eenkant toe.
“Ons gaan nie seks hê nie.” lig sy my weer in, die keer aansienlik kort van asem.
“Nee, ons gaan nie seks hê nie,” beaam ek, my hand op haar oop geslag en al waaraan ek kan dink is om haar te naai.
Hoe lank kan mens nou maar speel en mekaar masturbeer? Op ’n punt kom ek oor haar, sy lig haar hand met die wit kraletjiesarmband die lug in op in ’n vuis. Dit glinster. Ons hou aan vry. Pluk vars sappige soene uit mekaar se stygende hongerte.
“Het jy ’n kondoom?” vra sy
“Ja.”
Eindelik, die kroonjuweel van die hele spel. In hierdie hoofmoment klim ek op haar klein lyfie, wat onbeskryflik energiek oorloop met wees, oorloop met ’n dringende hongerte, oorloop met die asem ophou van ’n duisend geeste. Sy is so oop dit voel of my voël die horison inkruip, so nat dat ek met gemak in die oog van haar see in sink. ’n Tower moment. Ons asem saam mekaar in. Ons sfere wentel om mekaar. Die maan, sfinks en piramides skyn uit haar gesig. Ek kyk in haar blou poele en trane begin rol. Ek voel haar hartseer. Dit ruk die hartseer in my los. Sy huil weens haar verraad. Haar troubreuk. Sy en haar ou se opbreek is nog so rou. Die Engelse woordjie ‘betrayal’ is sag teenoor die Afrikaanse ‘verneuk’. Sy huil en die trane kom op en rol af oor haar slape na die kussing. Ek huil. Huil omdat die moment nie suiwer kan wees nie, dat dit moet gepaard gaan met haar hartseer en nie net ons genot nie. Ek huil ook want vir my kondig die moment ’n definitiewe einde van my huwelik aan.
My onderlyf stil in haar, begin klein sirkelbewegings maak. Ek gaan haar steeds naai en ek gaan nie weens die hartseer my hardheid verloor nie. Ek kan sien sy wil dit hê, want niks in haar wys teensinnigheid nie. Uit die hartseer skyn sy selfs meer honger te wees, want haar onderlyf beur na myne. Ons wil dit albei hê. Ons monde en tonge hyg in mekaar. Ek begin in haar inry. Al hoe harder. Die swaar metaalbed skuifel-skuifel. Die trane stop. Die brander van orgasme breek. Ons bly so. Met toe-oë voel ek die skyn van krag en deernis vanuit haar hart. Ek voel meer naak en oop teenoor haar as wat ek nog ooit gevoel het. Of verbeel ek my? Dit voel asof ons niks het om weg te steek van mekaar nie, wat ons het saam in mekaar se betraande oë gekyk terwyl ons orgasme. Ek was heeltemal oop en sy kon diep tot in die put van my alles sien. Daar was geen plek om weg te kruip nie.
Gaan ons die moment onthou en eerbied? Want hierdie was geweldig spesiaal. Of gaan ons met tyd die moment toelaat om te vervaag, te maak of dit nie gebeur het nie? Hoekom sal ons dit wil doen? Ons albei weet tog hoe vreemd en rein hierdie oomblik voel. Ons albei ervaar vanaand hoe ons deur vreemde getye na mekaar se oewers gebring is. Hierdie is die begin van ’n Robinson Crusoe liefdesverhaal. Ons is die drenkelinge uitgespoel op ’n nuwe eiland van onontdekte liefde.
“Ek’s jammer,’ vra sy om verskoning omdat sy gehuil het.
“Jy hoef regtig nie verskoning te vra nie.”
Sy kom op en haar klein boudjies word verhelder deur die bedlampie. Sy trippel na die badkamertjie. Ek hoor haar pie. Trek die kondoom af en gooi dit langs die Bukowski wat aan my kant van die bed geval het.
5 COMMENTS
Lieflike vertelling! Die trane by my het na ‘n opbreek tydens masturbasie gekom …
(Terwyl die ander oor die spelling kommentaar gel ewer het: daar het ‘n ‘leen’ wat ‘leun’ moet wees, deurgeglip.
‘n Elegante sensuele verhaal.
Nou eers hierdie puik verpakte verhaal gelees.
Stem saam met die ander kommentaar: Puik werk.
As Max weer hier kuier kan hy gerus nog van hierdie briljante skryfwerk vir ons opdis. Ons geniet dit almal
Stem saam met Ramkat. Die beeldspraak is uitstekend – gevoelvol en pragtig beskrywend. Dis net die spelling wat meer aandag kon kry – bv. “dye” se “y” is op een plek met “ui” gespel en “deernis” se “deer” met “deur”.
Die storie het ook herinneringe gebring. Ek het dit self ervaar dat iemand wat jy skaars ken en ‘n tragiese persoonlike verlies gehad het ‘n dag daarna ‘n ontsettende drang na seks met jou het. Het al baie gewonder: Is daar ‘n sielkundige verklaring daarvoor?
Daai spelling is my skuld, Lusman. Dit beteken ek het dit met die versorging laat deurglip. Ek sal dit sommer nou gaan soek en regmaak, baie dankie. En jip, die beeldspraak is wonderlik. 🙂
Goeie werk. Pragtige beeldspraak.