Jasmin (1)
deur Nostradamus
Shit. Ek haat hierdie tyd van die jaar. Ongelukkig is dit die een ding wat seker is in die lewe. Nee, regtig! Winston Churchill het dit sélf gesê! “There are only two things in life that is certain. Death and taxes.” Jaar vir jaar moet elke Suid-Afrikaner die keiser betaal en jaar vir jaar vra hy meer en gee hy minder. Gewoonlik kan ‘n mens iemand betaal om hierdie opgawes en goed namens jou te doen, namens jou in die tou te staan, namens jou te verduidelik hoekom jy (weer) ‘n nuwe voertuig gekoop het. Maar nie hierdie jaar nie. Vir een of ander rede het iemand êrens besluit Nostradamus moet self, in sy persoon, dokumente by SARS gaan inhandig. In persoon. Hoekom, vra ek! Ek bedoel, gaan iemand anders voorgee hy/sy is ek en namens my my belansting betaal?
In elk geval, hier staan ek in die tou, drie-en-veertigste in die tou- en dit net om by die deur ingelaat te word. Nou kyk, ‘n man se radar is mos nooit af nie en skielik vang ek uit die hoek van my oog beweging. ‘n Indiese godin het sopas haar verskyning gemaak en grasieus staan sy en loer deur haar Guess sonbril na die mense om haar. Nostradamus het al in sy lewe ‘n paar goed gade geslaan, maar nog nooit iemand wat só perfek aanmekaar gesit is nie. Eenhonderd en sestig sentimeter hoog en nie ‘n ons meer as 55kg as sy uit die stort moet uitklim nie. Sy lyk jonk, maar nie té jonk nie. Seker so 18, dalk 19. Ek bedoel, watter minderjarige gaan vrywilliglik by SARS uithang?
Soos die tou stadig aanbeweeg, kan ek myself nie keer nie, en kort-kort beloer ek haar weer. Raafswart hare. Amandels vir oë. ‘n Kort swart mini-rokkie wat my oë gevange hou. Die dunste, tog perfek gevormde bene steek onder die rokkie uit en eindig in swart hoë haakskoene, nie te hoog om ongemaklik te wees nie, maar hoog genoeg om die aandag op haar perfekte kuite te fokus. Aan die bopunt van die rokkie, daar waar haar avokadopeer borsies wil-wil uitloer, verhinder ‘n lagie wit kant my oë om die beloofde land te sien. Met al die skalkse loerdery van haar ongehinderde bolyf is ek vas oortuig iemand het vanoggend vergeet om al haar onderklere aan te trek! Met elke beweging sien ek hoe haar soepel spiere en rondings onder haar vel sensueel strek, amper soos ‘n luislang wat sukkel-sukkel ‘n lekker warm lêplek soek. Soos wat ons om die hoek beweeg kyk ons mekaar in die oë, en verbeel ek my of is daar ‘n glimlag op haar purper lippies toe sy vir my kyk, die sonbril nou op haar kop geskuif. Miskien was my koekeloer tegniek toe nie so subtiel soos ek gedink het nie? Soos die ry kronkel en ek by haar verbystap ruik ek haar en vaderland, dis iets anders! Was dit DJ Opperman wat gesê het sy nooi is in ‘n naartjie? Wel, hy het nog nooit ‘n Indiese skoonheid geruik nie! Die geure wat ek inasem is iets tussen ‘n onbekende soet geur, kardamom, ylangylang en kaneelsuiker! En skielik besluit ek Indiese kos is aan die orde van die dag!
Terwyl ons nou binne in die kantoor in ‘n ry sit en wag dat iemand êrens ons nommers uitroep, loer ons skalks vir mekaar hier waar ons reg teenoor mekaar sit, amper asof ons treinry. Verbeel ek my of speel sy met haar hare en lek sy haar lippies nat met haar listige tongetjie elke keer as sy sien ek kyk? Speels vryf sy haar kuite teen mekaar terwyl sy sit soos net dames kan-met een been oor die ander. Ek het nog altyd gewonder of hulle dit as kinders leer, die meisies, want geen man kan só sit nie. Seker omdat hulle ietsie het om vas te knyp, en ons mans iets daar het wat op ball-bearings gly? Ewenwel, ek is seker ons albei weet nou van mekaar, en is dit net ek of is dit skielik warmer hier binne? Ek skraap al my moed bymekaar toe die stoel langs haar oopgaan en beduie na die oop stoel langs haar met my hande. Wonder bo wonder knik sy haar kop. Ek staan op en gaan sit langs haar met my hand uitgestrek – my Ma het mos ‘n gentleman grootgemaak! Sy strek haar perfek gevormde wenkbroue by die aanhoor van my naam, en sensueel rol die klanke van haár naam van haar lippies af. Jasmin. Skielik tref daardie onbekende soet geur my-dis wat dit is, Jasmyn!
Ons gesels oor koeitjies en kalfies, terwyl ek voortdurend my bes moet probeer om teenwoordig te bly en nie toe te gee aan die rampokker in my Jockey wat gedagtes in my kop prop wat my heel moontlik gearresteer kan kry nie, want hy wil oor koekies gesels. Ek verneem sy werk by ‘n praktyk in die buurdorp, en aangesien sy die jongste op kantoor (18 jaar en 17 dae) is, is sy die bode wat almal se dokumentasie moet ronddra. In my stilligheid stuur ek ‘n dankgebedjie op, want hoe anders sou ek dié prinses kon ontmoet. Ek verduidelik my penarie, en sy bied dadelik aan om, sou ek in die vervolg nodig hê om dokumente te kom inhandig, my hier te ontmoet dan kan ons mekaar darem geselskap hou. Ek besef dat ek so oorhaastig was om hier te kom sit, dat ek my sak met alles in by my ou stoel vergeet het, en ek kan dus nie nou haar kontakbesonderhede op my iPad inlees nie.
Skielik verander sy die gang van die gesprek en ek skrik my byna pap toe sy vra of ek darem gehou het van dit waarna ek so honger gekyk het. Skaamrooi erken ek dat ek uitgevang is, maar dat ek nie jammer is nie – want mooi was nog nooit lelik nie. Sy vra my hoekom ek bly staar het, en ek dog toe hierdie girl hou van reguit wees, so kom ek kyk of twee mense hierdie speletjie kan speel. Terwyl ek haar diep in die oë kyk en met my hand saggies die sliert hare uit haar gesig vee, sê ek in my beste Casanova stem: “I tried to figure out whether you were in a hurry this morning, or whether you always forget your brassiére when getting dressed!” Het ek al genoem dat sommige mense good luck, sommige mense bad luck en ander geén luck het nie? Want voordat ek hierdie gaping kan vat en verder gesels oor haar verhoudingstatus en so aan, roep die blikstem my nommer. Ag voooooooooetsêk!
Met die opstaan vra sy of sy maar haar nommer op my foon kan intik terwyl ek my sak kry en ek kan nie vinnig genoeg my foon hier langs my brandslang bevry om hom te ontsluit en vir haar te gee nie, en met die aangeeslag voel ons beide die elektrisiteit tussen ons vingerpunte. Shit man, dinge kon nou lekker interessant geraak het, want hierdie Prinses Jasmin is glad nie so onskuldig soos jy lyk nie, en dalk kon ek haar ompraat om dalk later ‘n drankie te gaan drink by die koffieshop hier bo op die strandfront! Met die omdraaislag steek sy my foon na my toe uit en ek neem dit dankbaar, want daai blikstem het my nou al ‘n tweede keer geroep. Ek handel gou my besigheid af, oorhandig die nodige dokumente en bewys dat ek is wie ek sê ek is, en 12 minute later staan ek op in die hoop dat Prinses Jasmin nog steeds sit waar sy was, maar helaas is dit tevergeefs. Haar nommer is seker ook geroep en sy is êrens in die gebou by ‘n hokkie besig om ander mense se probleme op te los. Vies en spyt stap ek terug na die BMW, en word uit my droomwêreld geruk deur my selfoon wat verkondig die kantoor soek weer hulle dosis Nostradamus.
Dis eers op pad terug huistoe die middag in die verkeer, dat ek weer van Jasmin onthou en gou my foon uit my broeksak ruk om te kyk of sy regtig haar nommer vir my ingelees het. Ek kom wel op die nuwe contact af, en sit amper vir die Ranger voor my ‘n BMW badge op, want met die oopmaak van die contact sien ek dat sy vir haar profiel sommer ‘n foto ook bygesit het, en uit die foto is dit duidelik sy het nie nét haar bra vergeet nie!
5 COMMENTS
Julle vlei my! Baie dankie vir julle kenners opinies. Die opvolg sal volg, sodra ek op ‘n sekere selfie afgekom het…
Verdomde SARS!
Baie lekker gelees. Dankie
Dis nogal, anders as gewoonlik, kinky dat dit nie op die daad uitgeloop het nie. Of nog nie. ‘n Totale erotiese stories sonder die money shot. 🙂
Shit ek kannie wag v/die opvolg nie !….moenie dat ons toustaan daarvoor nie, Nostradamus…;)