Vuurdans
deur Annelise
Tchi!xo is volgens oorlewing honderd jaar oud en reik skaars tot by my skouers. Kobus is ongeveer veertig jaar oud en ek moet na hom opkyk. Tchi!xo se klein voetjies trap stofwolkies uit die bruin grond voor my en Kobus se diep stem vibreer teen my rug af.
Ek is êrens buite die stad op ʼn plaas wat bestaan uit bome, veld, sterre en ritme. Dit is laatherfs en die blare van die bome vorm ʼn dik kombers op die oop stuk waar ons vergader is. ʼn Groot stuk grond is tussen die blare oopgehark. Die grond is bruin, sag, koel en vogtig onder die beskerming van die knus blarekombers.
Die e-pos het die boodskap oor die elektroniese dromme verkondig. ʼn Groep San uit Namibië besoek Gauteng en gaan vir almal wat belangstel wys hoe hulle deur dans één word met die vuur en die ritme. Daar is groentesop en tuisgebakte volgraanbrood en daar is slaapplek in die groot plaashuis beskikbaar. Bring jouself as jy nog weet waar jy jouself laas weggepak het en los jou vrees en inhibisies by die huis.
Net omtrent twintig siele het dit gewaag om op te daag.
Tchi!xo het drie van sy kinders saamgebring. Anna is omtrent sestig jaar oud. Die ander twee is jonger. Hulle is kort en skraal en hulle spiere is ferm en soepel. En dan is daar Kobus van die Ooptes, die man met die lang son-goud hare wat die dans vir ons gebring het. Hy kom van êrens af waar wye vlaktes van vryheid hom vlerke gegee het. Hy lyk asof hy uit die rooi grond waarop hy daagliks kaalvoet dans, gegroei het, soos ʼn kokerboom met sy arms hoog uitgereik in vreugdevolle oorgawe. Hy is die gelukkigste mens wat ek nog ooit gesien het. Sy oë is groen soos die Atlantiese oseaan se dieptes en sy lag is die wilde woestynperde se galop. Hy dra ʼn bont langbroek en wit hemp en om sy nek hang ʼn leerriempie met die skerp slagtand van ʼn leeu teen sy hals.
Dit is donkermaan en die nag is pikswart agter ons rûe. ʼn Effense windjie ritsel deur die bome. Voor ons lek die groot vuur se vlamme aan die donker lug. Die Sandansers het net velletjies om hulle lende en om hulle enkels ratel kokonne van mopaniewurms wanneer hulle voetstamp. Wit krale gemaak uit volstruiseierdoppe om hulle polse en nekke, vang die lig van die vuur.
Anna is besig om ʼn paar van hulle danse aan ons te verduidelik. Hulle danse is stories. Een storie is van ʼn man en vrou wat onder ʼn kombers wat te klein vir twee is probeer warm bly teen die winterkoue. Eers trek die man die kombers na sy kant toe en dan steel die vrou dit weer terug. Hulle tande blink in die donker wanneer hulle vir hulle eie guitige dans lag. In ʼn ander dans dartel die meisie heeltyd agter die man aan. Sy gryp hom aan sy arm om sy aandag te trek en sing vir hom dat sy hom raakgesien het en nou gaan sy hom nie weer laat gaan nie. Die musiek waarop hulle beweeg is die ritme van dromme en die yl klanke van hulle dun stemme.
Kobus sing saam. Hy sit skuins agter my en ek kan sy energie aanvoel. Ek het hom vroeër vanaand ontmoet. Hy was spitsvondig en eg en het almal binne minute om sy ongekunstelde pinkie gedraai. Die vuur skiet lustig as iemand ʼn klomp dennebolle daarop gooi. Dit lê gloeiend tussen die donker stompe. Tchi!xo wys vir ons om op te staan. My turkoois romp beweeg in die warm lug van die vuur. My baadjie lê reeds op die gras, want die koue nag word deur die vlamme se hitte van my lyf weggehou. Ek voel selfbewus as ek agter die ander om die vuur begin dans. My kaal voete stamp op die koel grond. Ek hou my hande langs my sye en my oë op die persoon voor my se voete. Ons beweeg in ʼn groot sirkel om die vuur en ek konsentreer op die slag van die dromme en probeer om aan niks anders te dink nie. Iemand gee vir my ʼn bos laventel wat in ʼn bondel saamgebind is. Dit smeul – ek asem die soet rook in en draai in die rondte sodat dit saam met my romp om my kring. My kop voel lig en my voete voel asof dit ʼn lewe van hulle eie begin kry. Om en om dans ons op die primitiewe ritme terwyl die San hulle skeppingsverhale en legendes praatsing.
Kobus dans nou agter my. Van die mense het reeds weer langs die vuur gaan sit om te rus of te help musiek maak. Die energie om die vuur word hoër soos die vlamme ook telkens groei wanneer iemand dit voed. Die ritme van die dromme versnel. Alles word één in ʼn groot sirkel van polsslag en laventelrook en hitte. Kobus se energie haal my van agter af in en lig my hoër. Ek is nie meer selfbewus nie. Ek is ʼn slaaf van die dans en dit voer my weg. My arms is nou in die lug en my heupe tree ook tot die dans toe. My oë is toe, ek voel die oerritmes deur my liggaam trek. Dan voel ek hande op my heupe en ek weet dit is Kobus.
Sy lyf beweeg tot teen myne en saam vat ons die dans aan. Ons dans in bevryding. Ons dans in vreugde. Ons verbind die grond aan die hemel met ons liggame. Die soet rookbondel is weer in my hand en ek teken patrone in die lug met die bedwelmende geur. Tyd staan stil en elke beweging voel perfek. My sintuie verskerp. Ek kan sweet en stof en dennenaalde ruik. Die hoë weeklaag van die San se sang sweef salig deur my sisteem.
En ek voel Kobus se hande van my heupe af beweeg en om my middel gly. Dit gly onder my hemp in en vou oor my satynborste. Ek gly my hande oor sy bo-bene wat van agter af teen my druk. Ek kan sy spiere voel beweeg wanneer hy sy voete teen die grond stamp. Alles voel onwerklik, soos ʼn koorsdroom. Sy hande ken hul pad, want hy knoop my hemp en bra van binne af los en gly dit oor my arms. My borste vibreer op die maat van ons voete en my lyf jubel onder sy hande. As ek na hom omdraai sien ek dat sy hemp ook reeds uit is. Kobus se lyf blink van die sweet en ek kan die rook op hom ruik. Hy trek my teen hom vas sodat my borste teen sy klam lyf druk. Ons hou nog steeds die ritme, maar staan nou op een plek. My arms is om sy nek. Ons lywe gly oor mekaar.
Die musiek hou op. Vir ʼn oomblik kom alles in fokus. Die mense om die vuur, hopies klere op die grond en die veraf geblaf van ʼn hond. My hart klop onreëlmatig, verlore sonder die dromme se ritme om sy pols aan te dui. Die vreemde lyf teen myne is al wat keer dat die betowering nie heeltemal verdwyn nie. Dan begin die dromme weer. Hierdie keer is die pols stadig, meesleurend en sensueel. My hart volg verlig die metrum. Ek reageer op die nuwe opdrag en voel asof ek in ʼn maalkolk afgesuig word. Kobus se arms los my. Hy staan terug. Ek weet dat hy my romp losmaak en saam met my broekie uittrek. My heupe se swaai help dat die materiaal grond toe syg. Kobus se klere val buite die kring van die lig. Ek weet nie wat die ander doen nie en ek gee nie om nie. Ek beweeg. Ek dans. Ek is vrygelaat op die note van die San-song en ek sweef daarmee oor die bome se takke. Kobus se hande is al wat konkreet is.
My voete is nie meer op die grond nie, maar die dans in my lyf duur voort. Kobus se mond en hande voltooi nou die riel. Ek proe die wolke in sy mond en voel die aarde van sy lyf. Die grond is bruin, sag, koel en vogtig onder my en Kobus is sterk, hard, warm en vogtig langs my. Sy vingers speel tussen my bene en vat die ritme van die dromme oor. Die sterre trek snelweë oor my kop en die naggeluide word ʼn dwarrelwind wat saam met my klimaks. Sy lyf maak myne toe en ek ontvang hom en trek hom in my dieptes in waar hy sy saad driftig saai.
Die lug is pienk deur die takke van die bome bo my. Daar is nog so paar stompe wat smeul in die hoop as van gisteraand se vuur. Ek lê langs die vuur onder ʼn kombers. My klere lê op ʼn hopie langs my. Ek is alleen. ʼn Oorweldigende gevoel van vreedsaamheid en tevredenheid spoel oor my. Dit is die helderste, mooiste môre van lewe. Hy kom kaalvoet oor die grasperk aangestap, twee koppies stomend in sy hand. En as ek my kombers oopmaak om hom met my lyf te groet, swaai sy leeutand vrolik om my enkel.
7 COMMENTS
Erg mooi!!
Dankie 🙂
Soos iemand wat heeldag in Malls, in restourante, in winkels…selfs deesdae onderdak parkerings (!) geblikte sinnelose doef-doef misiek aanhoor en dan tuiskom en agteroor sit met ‘n suiwer stukkie klassieke musiek op sy stereo….salig !
…net so is dit om by herhaling, weereens een van Annelise se stories te lees.
Suiwere, kunstige aanwending van ons pragtige taal in sinsnedes en uit hoeke wat jou soms verstom met samestellings van idees in woorde om ‘n wonderlike na-smaak op die lesers palette na te laat.
Dankie, ons pseudo-skrywers kan nog baie by leer !
🙂 Baie dankie, Will. Jy sal selfs maak dat ek weer eendag iets skryf. 😉
Asseblief ! Asseblief ! Asseblief !
hehe 🙂
Wow..ongelooflik eroties.