Voorspel (1)

11+
Hoe lank gaan ek lees: 7 minute

deur Jan Pielewiet

Taalversorging deur Lusman

As bekende Afrikaanse erotiekskrywer is ek ‘n wyle terug genader deur een van ons voorste uitgewers om ‘n boek te skryf oor voorspel. Ons almal weet mos hoe om te spyker, maar min van ons weet hoe om ‘n vrou goed lus te maak.

Na ‘n bietjie wik en weeg en vele aanporrings van my agent, aanvaar ek die opdrag. Soos dit ‘n goeie skrywer betaam, besluit ek om eers my navorsing te doen. Aangesien die Afrikaanse nasie dikwels hulp soek, besluit ek om internasionale hulp in te roep. Ek bespreek dus ‘n kaartjie na Parys, die stad van die liefde.

Met geen idee waar om te begin nie, gaan sit ek by ‘n straatkafeetjie om die mense dop te hou en ‘n plan van aksie uit te werk. Die wêreldbekende 300 m hoë Eiffel-toring staan soos ‘n erekte penis op die plein voor my en oral is mense wat hand aan hand ronddrentel. Op ‘n hele paar plekke sien ek skilders agter hulle esels wat die toneel vaslê op doek.

Na ‘n heerlike koppie koffie by ‘n straatkafee, gaan ek ook rondwandel op die plein. Ek verkyk my aan die kunstenaars se werke. Een van die beste kleurskakerings is op die skildery van ‘n ouerige vrou wat effens eenkant onder ‘n boom sit en skilder. Met haar oorgroot hemp wat los bo-oor haar klere aangetrek is en haar baret wat skeef op haar kop sit, skep sy die indruk dat sy tipies Frans is. Die blertse verf op haar oorjas oortuig my sy is al lank in die bedryf.

So twee treë skuins agter haar staan ‘n bankie wat my oornooi om langbeen daarop te gaan sit. Dit bied my die perfekte uitsig op haar, haar skildery en die toring.  Na so tien minute se sit draai die vrou effens na my en groet my met ‘n “bonjour”.

“Hallo,” mompel ek terug, heeltemal onkant gevang.

Die vrou staan op en strek haar effens mollige liggaam voor sy begin om haar skildergoed bymekaar te maak. Klaar vir die dag, neem ek aan. Terwyl ek haar sit en dophou het, kon ek sien dat sy ‘n klassieke skoonheid besit wat oor die jare ‘n elegansie aan haar verleen. Daar is net ‘n titseltjie ongekunstelde iets wat deurskemer. Ek kry die idee sy weet wat sy in die lewe wou bereik en tevrede is met wat sy bereik het. Vir my is sy die verpersoonliking van ‘n sexy skilder wat gemaklik is in haar vel. Diep in my gedagtes versonke merk ek nie dat sy wegstap nie. Toe ek uit my dagdromery ontwaak, sit ek alleen en staar na die Eiffel-toring se staalstruktuur wat verlig word deur 20 000 gloeilampies.

Ek het die aand rustig in my AirBnB-kamer deurgebring en die volgende oggend weer op die plein gaan wandel, hopende dat ek weer my skilder sal raakloop. Soos die geluksgodin dit beskik, daag sy toe wel op en ek neem weer stelling in skuins agter haar. Die keer was ek reg vir haar groet. Ek antwoord met ‘n vraag oor hoe dit vanoggend gaan. Na ‘n rukkie se gesels nooi ek haar om saam met my ‘n koffie en ‘n croissant vir ‘n ligte ontbyt te geniet.

Tydens ontbyt stel ek myself voor as professor Vermooten en dat ek van Suid-Afrika is vir ‘n navorsingsprojek oor seksuele voorspel. Aangesien ek nie seker is waar om te begin nie, sal ek enige raad waardeer, maak ek dit aan haar duidelik.

“O,that is easy,” antwoord sy. “You tickle her here and you tickle her there and that is foreplay. But let me show you, please walk with me.” Haar Franse aksent tower al klaar allerhande beelde in my geestesoog op van alles wat sy my gaan leer.

Sy neem haar skildersak en ek tel haar haar esel op. Dan stap ons rustig na haar woonstel terwyl ons mekaar effens beter leer ken. Sy is 54, gebore in Parys maar het saam met haar lewensmaat op die platteland geboer tot hy op 45-jarige ouderdom onverwags aan ‘n hartaanval dood is. Sy lewensversekeringfirma het genoeg uitbetaal dat sy kon aftree en haar passie vir skilder kon uitleef.

By haar woonstel nooi sy my om solank in die sonkamer te wag terwyl sy haar werksklere gaan ruil vir iets meer gepas. Terug in die sonkamer, verkyk ek my aan haar waar sy vir ons ‘n wyntjie ingooi. Met die son wat deur die groot vensters instroom, kan ek haar lyf se afbeelding sien onder die los kaftan wat sy aanhet.

Sy gaan sit in die leunstoel wat skuins oorkant myne staan en begin die les in voorspel deur my voet met haar voet te streel. Sy kielie my dan teen my binnebeen op met haar voet, todat haar tone ‘n ligte fladdering teen my balsak – deur my broek – maak. Dan laat sak sy haar voet al teen my ander been af tot op die grond.

Nou is dit my beurt. Ek probeer wat sy gedoen het na-aap, maar my nr. 13-voet lyk of dit wyn trap eerder as streel. Sy wil haar doodlag vir my onbeholpenheid en sê ek sal nog baie moet oefen om slegs saggies aan te raak en nie so hard te trap nie.

Volgende trek sy my aan my hande op en dan kom staan sy agter my. Haar hande fladder oor my rug en bors en elke nou en dan word ‘n knoop losgemaak en ‘n stukkie van my vel ontbloot. Wanneer my hemp op die grond val, begin sy my langbroek stelselmatig van my lyf afskil. Die stadige pas waarteen sy dit doen, maak dat ek elke beweging intens ervaar. Ek wens ek kon notas maak, maar sal dit maar probeer neerpen as sy uiteindelik met my klaar is.

Met slegs my bokserbroek aan trek sy my saam af grond toe, waar ek my lyf neervlei op die sagte wolmat. Sy sleep ‘n boks nader. Dan haal sy ‘n volstruisveer daaruit, waarmee sy saggies oor my rug streel. Teen dié tyd is my vel al hipersensitief vir elke beweging. Ek moet myself bedwing om nie om te rol en haar op my neer te trek nie. Sy het my vooraf gewaarsku dat sy in beheer is en my slegs sal help met my navorsing as ek haar leiding 100% volg.

Na ‘n paar minute se streel en kielie word die veer in my hand gestop en ruil ons plekke om. Ek probeer haar voorbeeld na-aap deur haar al langs haar rug-biltonge af te kielie voor ek haar nek se sykante verken met die veer. Ek kielie die onderkante van haar ore en kan sien hoe sy al hoe vinniger asemhaal. Dan kielie ek teen haar bene op. Ek volg die kontoere van haar linkerbeen se buitekant tot oor haar heup. Dan skuif ek oor haar stuitjie na die regterheup en volg dan die regterbeen se buitekant, tot onder by haar voet. Sy giggel as ek haar onder haar voet kielie. Dan werk ek die veer aan die binnekant van haar linkerbeen op, tot in die waai van haar been – en dan verder op teen haar binnedy. Net voordat ek by die heuningpot kom, begin ek weer aan die ander been se onderkant en doen dieselfde. Ek stop ook net voor dit, daardie soete en begeerlike einddoel, bereik.

En dan raak ek aan die onderkant van haar sensitiefste punt.

Dit is hier waar ek en sy weer plekke ruil. Dié keer word ek op my rug tuisgemaak nadat sy my gevra het om my bokserbroek uit te trek. Die Franse vrou neem die veer weer op ‘n verkenningsrit. Van my naeltjie af op, tussen my tepels deur tot in die kuiltjie van my keel, waar sy links swenk en onder my kakebeen deurbeweeg tot onder my oorlel. Weer af na die naeltjie, om dan te streel tot onder my ander oor. Dan begin sy by my tone, oor die brug van my voet en dan op, tot sy aan my ballas raak, met die veer. My knaters ontplof amper op hul eie so opgewerk is ek al teen dié tyd.

Die proses word oor die ander been herhaal. Dan draai sy die veer om sodat sy die veer se skag kan gebruik om effens meer krag op my bultende ereksie uit te voer. Sy melk die regopstaande plesierspier met die veerskag van onder na bo. Met elke glyaksie van die veerskag word daar meer pre-kom uitgemelk. Die hele lengte van my wiegende paal is met slym bedek teen die tyd dat sy klaar is.

Nou is dit my beurt om haar voorkant te bewonder. Die klein goue haartjies van haar magie staan hoendervleis-orent as ek haar borste se volronde onderkante bekruip met die veer. Ek het heelwat oppervlakte om te verken en streel met die veer eers een omwenteling om haar linkerbors voor ek die tepel liggies kielie. Ek is seker haar tepel word groter en harder. Dan beweeg ek op na die oor. Met die regterbors sien ek sy begin al kortasem word as ek by haar naeltjie begin. Sy snak as ek haar tepel bereik. Ek kry amper nie verder gevorder nie, maar ek hou myself in beheer. Alhoewel die lus groot is, bespring ek haar nie.

Nou eers af na die linkervoet om haar koek te bekruip teen haar lies op. Daar pêrel ‘n blink druppel tussen haar lippies wat nou al oop blom en wag om my horing te ontvang. Ek herhaal weereens die proses met die ander been en wanneer ek bo kom, gebruik ek die veer se skag om weerskante van haar lippies te streel. Die pêrel het nou al afgerol en die volgende een is in sy plek.

Ek kan nie meer terughou nie en bestyg die nimf. Maar sy gooi my af en kom sit wydsbeen oor my. Haar koek blom oop en sy mik met my penis in haar hand daarna. Baie, baie stadig begin sy afsak sodat dit voel asof ek vir drie kilometer in haar in opdruk. Wanneer sy uiteindelik plat op my pelvis is, begin sy ‘n vorentoe en agtertoe beweging. Dit veroorsaak net genoeg drukking om my na ‘n orgasme op te werk, maar sonder dat ek te vinnig die piek bereik. Net toe ek met mening wou begin ploeg, knyp sy my vas en begin rukkend haar eie orgasme kry. Dit is al wat ek nodig gehad het om self oor te tuimel. Ek skiet haar vol saad.

As gevolg van die lang lusmakende opbou na my orgasme, voel dit vir my na ure se skiet voor my orgasme uitgewoed is.

En my Fransie kom nog steeds …

Terug in Suid-Afrika begin ek my boek skryf. Na twee maande word dit gepubliseer. Dit is ‘n topverkoper waar dit binne ‘n week die nr. 1 op die boekverkopelys is en waar dit vir omtrent ses maande bly. Die publikasiehuis is so ingenome met die sukses dat ek versoek word om ‘n opvolg te skryf, verkieslik uit ‘n ander perspektief.

Nou is ek besig met navorsing oor wie die beste minnaars is … na die Franse.

 

(Lees volgende episode HIER)

11+

6 thoughts on “Voorspel (1)

  • Avatar
    Nov 7, 2019 at 9:09 am
    Permalink

    Voorspel…. as almal dit maar kon lees. So verwaarloos en misken as die sleutel tot ware en innige genot. Dankie Pielewiet om dit weer uit te lig. Baie mooi beskryf

    Reply
  • Avatar
    Oct 30, 2019 at 9:23 am
    Permalink

    Some guys have all the luck….. Lekker storie DANKIE!

    Reply
  • Avatar
    Oct 30, 2019 at 5:57 am
    Permalink

    Jan dis nou weereens absoluut fantasies geskryf.

    Reply
  • Avatar
    Oct 29, 2019 at 9:44 pm
    Permalink

    Dankie Willewill, waardeer soos altyd jou terugvoering.

    Reply
  • Avatar
    Oct 29, 2019 at 2:38 pm
    Permalink

    Vanaf die titel, deur werkend die inhoud en die verpersoonliking van die skrywer, is hierdie skrywe lekker vermaak! Ek sien uit na wat nou gaan volg.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)