Triptiek: Vreemdeling (3)
deur Petrus
(Lees vorige weergawe HIER)
Ek is nie seker wat my so lus gemaak het nie. Maar ek MOET nou iets daaraan doen. Dis net moeilik omdat ek in die mall is.
Dit kan natuurlik die boek wees wat ek in Wordsworth gesit en lees het. Ek het (soos menige kere vantevore) die skares inkopiegangers vir ‘n wyle probeer vermy deur in die koffiewinkelafdeling te gaan sit met ‘n boek. Net totdat die ergste angstigheid bedaar het. Dan shop ek weer verder.
En toe kies ek Fifty Shade Freed om te lees. Hoekom weet ek ook nie. Maar daar sit ek toe in die koffiehoekie en lees hoe Christian Grey Ana se poesie vir haar skeer… En toe ek weer voel is ek lus. So erg soos ek lanklaas was. Maande.
Ek verstaan nie regtig hoekom nie. Uit die aard van my werk is ek heeldag blootgestel aan fotos, stories, idees en gesprekke oor seks in elke formaat. Die seksdaad is vir my al so geobjektifiseer dat ek lankal nie meer opgewerk raak deur blote woorde op papier nie. Eintlik omtrent hoegenaamd nie meer lus raak nie. Soos die slagter wat nie meer vleis wil eet nie. Of die sitrusboer wat nie sy mond aan ‘n lemoen of nartjie sit nie.
Maar die beeld in my kop van hoe hy met die skeermes tederlik en versigtig haar poeslippies vir homself volgens sy vereistes inrig, en die gedagte aan hoe blootgestel en oorgelewer sy tydens die proses moes voel laat my toe ewe skielik sopnat.
Dit kan ook wees dat Mauritz se afsydigheid van die afgelope paar weke bygedra het tot hierdie skielike uitbarsting van lus. As ek probeer onthou wanneer laas ons seks gehad het moet ek begin lieg. Is dit al twee maande – of darem nog nie?
Ek vermoed hy raak ook maar keelvol vir my voortdurende apatie teenoor seks – en seker ook gefrustreerd omdat hy weet dat ek heeldag daarmee werk maar dan, wanneer dit by ons kom nie die nodige lus openbaar nie. Dis net – dit voel al soos werk. En by hom en saam met hom voel ek anders. Dan verkies ek die intimiteit van lang gesprekke en die deel van emosies eerder as die fisiese seksdaad wat ek heeldag by die werk moet verduur, beoordeel en vertolk. So die feit dat hy ook mettertyd (dalk omdat hy effens moedeloos raak) al hoe minder fisiese toenadering gesoek het is seker verstaanbaar.
Sover ek weet is sy gebrek aan belangstelling nie toe te skryf aan my voorkoms nie. Ek weet ek het nouwel hierdie jaar 50 geword, maar ek dink ek lyk nie te sleg nie. Nie soos die ou tannies van my jeug op 50 gelyk het nie. Mauritz (en ander mans) het al gesê dat my voller boobs (na die kinders) my nog sexier laat lyk.
Ek oefen redelik gereeld om my lyf darem in toom te hou (ons weet almal hoe slinks die ouderdom mens se looks kan steel). En alhoewel ek nie ‘n poppie is wat heeldag make-up nie sorg ek darem dat ek na iets lyk. Ligte lipstiffie. Dalk ‘n skaduweetjie bo die oë. En ek doen boonop moeite om my hare vir hom blond te hou (ja partykeer raak die donker wortels effens lank). Ek sou myself as casually goed versorgd beskryf.
Maar die gevolg van wat al die omstadighede ookal mag wees is dat my panty besig is om deurnat te raak. Sommerso vanself. En die gloed en blos teen my keel en wange is nie omdat die koffie effens sterk is nie.
Ek skuif kort-kort op my stoel. Die boek se inhoud is nie meer so boeiend nie – die fokus in my kop het nou definitief verskuif na die warm gevoel in my maag en tussen my bene. Ek ken die gevoel en weet daar is net een oplossing – anders gaan dit net erger raak. En ek is in die mall. En Mauritz is by die werk – ten minste ‘n uur en ‘n half se ry deur die stad. So dit gaan ‘n DIY poging moet wees.
Die enigste soort van privaatheid in die mall sal in die toilet wees. En ek weet die een hier in die hoek by die take away restaurante is die stilste. Dit kan nie meer anders nie. My keuse is gemaak.
Ek sluk die laaste twee slukke koffie vinnig agtermekaar en staan sommer op om by die toonbank te betaal. Ek kan nie help om te wonder of die kassier kan sien hoe my hand bewe toe ek die vyftigrandnoot aangee nie.
Gelukkig het ek net my handsak by my en nog geen pakkies nie. Ek stap uit by die boekwinkel en draai in die gang af na die toilet se kant toe – verby die roltrap.
Ek merk nou skaars die gedrang van mense op – die honger na ‘n orgasme is nou allesoorheersend. Daai vibrator wat in my bedkassielaai lê sou nou handig gewees het. Behalwe dat ek vermoed sy batterye is lankal pap. Eintlik wens ek ek kon nou vir Mauritz nadertrek – die ware Jakob is eintlik al wat regtig help. Sy piel in my….
Maar desperate times calls for desperate measures. Wanneer het dit so warm geword?
Dis gelukkig doodstil in die gangetjie wat na die mall se toilet lei en toe ek by die vrouetoilet instap sien ek dat daar genadiglik niemand anders is nie. Ek stap by een van die hokkies in en maak die deur toe.
My lyf bewe van afwagting. Ongeduldig oor my hande so stadig is om my romp op te lig en die panty van my af te stroop.
En dan begin die verligting as ek met my middel- en ringvinger deur die haartjies en oor my klit afvryf. Ek voel hoe my vingers my penetreer. My pinkie en wysvinger op die lippe weerskante van my begeerte. Ek begin deur stadig, maar met redelike harde drukking te vryf. Op en af. En elke keer as ek op vryf laat glip ek my klit so onder my vingers deur. Elke keer as dit gebeur gee my maagspiere sulke trillings asof hulle vanself bewe – dit voel hemels!
My handpalm en vingers is nou ook besmeer van my poesie se natgeit. En ek vryf dit in my poeshaartjies in en oor my maag. Dan bring ek my hand na my mond toe en druk my vingers in my mond. Die smaak het my nog altyd meer opgewerk. Dit laat my elke keer wonder hoe ‘n ander vrou moet proe – iets wat ek nog nooit ervaar het nie, maar heimlik wil.
Dan laat sak ek my hand weer en vryf nou nog meer doelgerig.
En dan maak ek my oë vir ‘n oomblik oop. Ek het seker in my haas nie die deur ordentlik toegemaak het nie – en nou staan hy op ‘n skrefie van so 10 sentimeter oop.
Daar staan wragtig ‘n man met sy rug na my toe voor die wasbak! En voor hom buk ‘n vrou – lê met haar bolyf op die vanity slab! Haar kop eintlik amper in die wasbak. Ek sien hoe sy boudspiere ritmies saamtrek en dan ontspan. Saamtrek en ontspan. Hy is besig om haar te spyker!
Dan begin my hand asof vanself weer beweeg. Die aanskoue van hierdie paartjie wat besig is om minder as 5 meter van my af te naai het my maag daai laaste snaakse draai van lus laat gee – ek is nou oor die afgrond! My oë is vasgenael op hulle bewegings terwyl ek nou my poes en klit al hoe vinniger vryf!
Sy staan met haar voete wyd uitmekaar en haar rug na onder gebuig terwyl hy sy knieë effens moet buig om laag genoeg te wees om by te kom. Ek leun agtertoe met my rug teen die toilet se bokant. Onwillekeurig begin my hand dieselfde ritme vind as hulle lywe. Ek byt op my onderlip – anders gaan hulle my verseker hoor.
Ek sien hoe hy homself al hoe harder in haar instamp. Amper desperaat – asof hy heeltemal binne haar wil in. Ek hoor die nat geluide van sy voël in haar kont en dit laat nog meer sap uit my ook stroom. Die ritmiese stimulasie van my klit laat my nou elke keer sterretjies sien as my vingers uitglip.
Ek wil nou kom. Nee ek gaan nou kom – want ek MOET! Ek druk die palm van my hand hard af op my klit met my ring- en middelvinger so diep as wat ek kan in my poes. Dan gee ek myself heeltemal oor aan die warmte wat oor my spoel. Ek het nie beheer oor die rukbewegings wat my lyf maak nie – ek probeer net om my vingers so diep moontlik in my te hou terwyl ek kom. Ek byt nog steeds my lip vas – maar ek weet as hulle nie self so besig was nie sou hulle my gehoor het!
Maggies! Dit het ek nou nodig gehad. Selfs sonder Mauritz was dit nogal ongelooflik! Die toneel van die mense hier by my wat lyk of hulle mekaar gaan verslind, die feit dat hulle my eintlik kon sien terwyl ek myself vinger as hulle wou tesame met die jagsgeit my netnou beetgepak het het sopas gesorg vir een van die beste orgasmes wat ek nog ooit ervaar het! Ek is skoon natgesweet – dalk moet ek aanbeveel dat hulle lugverkoeling in die mall se toilette inbou…
Ek maak my oë toe en haal diep asem terwyl ek met my voet die deur van die toilethokkie toestoot. Ek sit vir nog so paar sekondes en luister na die seksgeluide van die paartjie langsaan. Dan vee ek die ergste nattigheid van my poes af. Ek staan op en trek my panty op en trek die rompie reg terwyl ek luister hoe die tweetjies hier buite ewe skielik altwee klipharde brul- of skreegeluide maak. Die oomblik is duidelik vir hulle net so groot soos myne van ‘n paar sekondes gelede!
Ek gee hulle nog so paar sekondes en oorweeg om te wag tot hulle heel weg is, maar dan trek ek die toilethokkie se deur oop en stap uit asof dit die normaalste ding op aarde is om ‘n man met sy jeans en onderbroek op sy kuite, en ‘n vrou met haar romp oor haar rug voor hom gebuk, in die vrouenstoilet te sien. Ek voel egter nie dapper genoeg om hulle in die oë te kyk nie.
Ek was en spoel die slymerigheid van my vingers af in die wasbak langs hulle. Kyk vir myself in die spieël en druk so paar blonde krulle terug op hulle plek. Ek hou my pose mooi en stap uit sonder om ‘n woord te sê. Ek wonder wat Mauritz sal wil hê vir aandete. Dalk moet ek sommer ‘n bottel wyn ook kry – al is dit ‘n weeksaand.
30 COMMENTS
Stuiwers vs stywers?…hahaha, swak grappie!
?
Ons moenie die fout maak om vrouens wat “kru”-terme gebruik te oordeel as wellustig nie. Ons Afrikaners is in die verlede meestal groot gemaak met 1) JY gebruik nie vloekwoorde nie (veral meisies!) en 2) Jy praat nie oor seks nie.
A.g.v. hiervan het meeste meisies nie eers woorde soos ‘kont, fok en piel’ geken nie. Kru taal het ook die vroulike geslag wat dit wel gebruik, as los/easy/goedkoop en selfs as ‘hoer’ ge-etikeer.
Maar in die hede kom hierdie woorde tog uit, veral in intieme situasies tussen twee lovers asof dit wil beklemtoon hoe fisiek en privaat die situasie is en ook miskien uit rebelsheid om te verklaar ek is wie ek is, fok (☺) die ou mense en hulle argaiese gelowe.
Hehe ek dink nie enigiemand op hierdie werf “oordeel” ooit vroue as wellustig nie 😉 Ons verwelkom en moedig juis vroue se wellustigheid aan. 🙂
Ek stem 100% saam. ek wou net my stuiwer ook in die aambeurs gooi! Die woordgebruik (oordeel) was miskien verkeerd.♥
🙂 🙂 ek verstaan en ek hou baie van al die stuiwers
Soos almal hier seker teen nou al weet, stem ek nie heeltemal saam nie. Vrouens gebruik wel die woorde kont, naai, piel, fok ens. – maar net nie hier nie. Beter gestel – meeste Afrikaanssprekende vrouens gebruik nie daardie woorde nie en meeste verwoord nie hulle wellus nie.
Ek het sommer vinnig ‘n searchie deur my eposse gemaak en hierdie stukkie van ‘n Engelse minnares uitgetrek: “now I have to masturbate – I felt the clenching in my cunt move to my lower back in a wonderful fluttery feeling…” Daar is nog honderde en nog veel erger, maar hierdie is net enetjie wat ek eerste opgespoor het.
Volgende aan die woord is ‘n Afrikaanse minnares:
“Ek onthou toe jy my been vasgeknyp het sodat die wrywing van jou piel in my kont meer intens was. Ek wou soos ‘n teef jou bykom met my naels en tande en slymspuitende poes.”
Dit gebeur regtig julle – maar net nie dikwels in onse taal nie. Ek wens dit het. Ek sou so graag Afrikaanse wellus uit meer as minder as ‘n handjievol vrouens se penne sien vloei het. Waar is die Afrikaanse Anaïs Nin’s, Nancy Friday’s en Carol Queen’s? Dankie tog vir Annelise.
Ek wonder wie die eerste keer die woord poes, piel, kont, bal, hol of wat ook al gebruik ket. Ek wil graag glo dat dit elke keer ‘n vrou was – moedertaal nie waar nie?
Anyway – ek gaan nou ‘n paar vieslike goed in iemand se oor fluister wat waarskynlik ietsie ewe vieslik sal terugprewel wat sal lei na iets regtig erg voor die aand om is…
🙂 Ek weet dis nie jou punt nie, maar jou sekslewe klink fantasties.
Ek hoor wat jy sê en jy het my oortuig dat dit meer ‘n Afrikaanse vrou ding is. Iets wat ek nou wonder nav jou wonderlike comment (unrelated en nie as’n argument teen joune nie): dink jy dat die gebruik van sulke woorde noodwendig hoër wellus aandui? Maw kan n vrou wat nie “wilder” woorde as poes gebruik nie nie ook verskriklik lus en seksueel wees nie? Ek stem ook saam dat die meeste dit nie verwoord nie omdat ons seksueel skisofrenies grootgemaak is, so ek stry nie. Ek wonder net skielik of kru woorde noodwendig dui op groter begeerte by vroue? Of voel dit net vir mans so omdat hulle dit makliker gebruik wanneer hulle lus word?
Ja dankie, my lewe is vol en wellustig en baie bevredigend – en jammer dat deesdae nie meer so dikwels hier uitkom soos wat ek wil nie. Daar is ‘n nuwe vrou in my lewe en die dinge vat tyd – veral as mens nie die ander wil afskeep nie. Dit herinner my aan ‘n vriend wat so (on)gelukkig was om met ‘n nimfomaan deurmekaar te geraak het. Soms, net om sy balle weer vol te laat raak, het hy uit die slaapkamer gestrompel met die verskoning dat hy iets op TV wou kyk. Toe hy uiteindelik na weke weer by sy familie uitkom sê sy broer: “and he came up for air!”. My verskoning is dat ek ietsie dringend op die rekenaar moet wegstuur vir die werk.
Om jou vraag te beantwoord: ek dink daar is ‘n korrelasie tussen die verlies van inhibisies en die vermoë om jou oer-wese tydens wellus te ontsluit. Ek glo nie dat ‘n mens – ongeag die geslag – werklik hulself kan oorgee aan wilde grenslose wellustigheid as hulle heeltyd moet terughou, hulle emosies onderdruk of gesteld is op hul gedrag, sosiale konvensies, religieuse riglyne, taalgebruik, liggaamsfunksies ens. nie.
Ek sal nooit weer in my lewe ‘n “ordentlike” vrou naai nie (en ek is seker hulle is ook bly daaroor). Ek word so erg deur ordentlikheid afgesit dat ek alle seksuele belangstelling in so ‘n vrou verloor. Dit is ‘n absolute tydmors, veral as jy agterkom dat daar baie baie vrouens is wat wel bereid is om elke kinkel van jou kink te deel en bodemlose wellus met jou te beleef – hulle is net nie altyd Afrikaans nie. ‘n Aanhaling uit Somerset Maugham: ‘n Britse familie gaan vir vakansie na Parys. Die seun sien sy oom uit ‘n bordeel kom en vertel geskok vir sy pa daarvan. Sy pa se antwoord was (en ek hoop ek onthou dit reg): “I don’t blame Uncle Percy for preferring the purple passion of a Parisian prostitute over the arctic acquiescence of Aunt Agatha”.
Ek is regtig jammer vir mense wat nie vurige brein-verlammende wellus kan beleef nie – wat nooit kan vloek, brul en gil soos ‘n dier wanneer hulle afkom nie, wat nie kan naai dat die sweet, spoeg, sperms en kontslym spat nie. Vir daai oujongnooi wat haar poesie vir die regte man spaar en uitsien na haar beloning in die hemel, vir die vrou wat haar kont as instrument gebruik om haar man te manipuleer, vir die meisie wat haar lyf gebruik om die regte man te vang – trouens vir elke vrou wat nie naai omdat dit vir haar lekker is nie – wil ek sê: kry vir jou. Elkeen kry presies wat hy of sy verdien want jy is die outeur van jou eie lewe.
??? Ek stem met meeste van wat jy sê meer as volkome saam.
Ek het op n keer seks met n vrou gehad wat reg op die man af was. Goed gesê soos ” naai my hard” ” eet my poes”…… En dit het my half af gesit. Miskien is ons mans ook gebreinspoel dat vroue nie hul ” vroulikheid” tydens seks mag verloor nie.
So twee dekades terug het ek vir ure in die Louvre rondgestap. Die skilderye en veral die beelde was vir my so mooi dat ek in n toilet moes gaan sit en masturbeer het. Daar was geen seksuele aanwakkering anders as die skoonheid wat my oog ervaar het nie en nogtans was ek buite beheer lus en my orgasme was hemels.
!!! Love die comment! My tweede “belangstellingsveld” is skoonheid of die filosofie van die estetiese. Ek is mal daaroor dat jy ‘n insident beskryf waar die estetiese jou eroties beinvloed het. Ek gaan bietjie meer navors of dit dikwels gebeur. Dankie hiervoor. 🙂
Weet nie hoekom ek aanhou terugkom na die kommentaar van Blos nie. Neem aan dit is omdat ek erg ingestel is op die estetiese. Ou skilderye, beelde en kiekies trek my soos ‘n magneet veral as dit van die vroulike geslag en effens suggestief is. ‘n Foto van ‘n goed geklede vrou waarvan die bloes effens oopval met fyn goedjies wat uitsteek en die suggestiewe bultjie van ‘n deinende bors.
Hoop jou navorsing is amper klaar en dat jy dit met ons gaan deel…..lol
Ek hou daarvan…. vind dit ook stimulerend
Die gesprek oor kont laat my toe dadelik na Breyten se Windvanger gryp. In Die Eed skryf hy “as my peester ooit die magiese voering van jou kont sou vergeet, die diepberg en die knobbeltjie kittelaar en die polsende grootmaak van jou tong”. Kont binne konteks is vir my mooi en meer as aanvaarbaar moontlik danksy Breyten wat so kan toor in volbloed Afrikaans.
??? lank gelede het ek daai gedig iewers op die site geplak. Sal bietjie gaan soek. Wonderlike comment, dankie. 🙂
Ag net ‘n snaakse vraag: ek is ‘n man…maar in die storie is die vrou in haar “werk” of “besigheid” in die vrou heeldag blootgestel aan fotos, gesprekke oor seks. Die seksdaad is al vir ny geobjektifiseer…soos ‘n sitrusboer wat nie meer ‘n lemoen of ‘n nartjie wil eet nie, of die slagter wat nie vleis eet nie. Oorvra ek die storie as ek vra; Maar wat DOEN die vrou dan…dat seks haar
besigheid” geword het en dat sy nie meer opgewonde kon raak daaroor nie?? Onnodige vraag? Ek is maar altyd aan die vrae vra in die lewe…Dankie en groete. Aruana
Dankie ouens – ek is bly julle hou daarvan.
Ek wil net hier in die semi-openbaar vir Annelise om verskoning vra vir my roekelose omgang met woorde wat sy inderhaas vir my moes regstel toe ek dit uiteindelik opmerk. Sy is heeltemal te nice.
En dan wag ek nog geduldig op die mening van ‘n vrou – want ek is mos erg geduldig. Lea? Ragel?
Dit was my eie skuld dat ek lui was en nie my job gedoen het soos ek moes nie. Ok, die mening van ‘n vrou. Ek dink ook dis baie goed en redelik raakgevat al is dit (mos) my mening dat ‘n man nie homself in ‘n vrou se lyf moet sit en andersom nie. Jy het egter die gewone lokvalle vermy soos om die sensasie van die orgasme te beskryf. En dis net my mening – ander mense dink nie noodwendig so nie. Die enigste ding wat ek ‘n “fout” sou noem is soms taalgebruik. Ek dink nie ‘n vrou gebruik/dink ooit die woord kont nie – of baie min doen. En ek dink ook vroue dink nie oor hulle eie liggaamsdeel die woorde poes of tiete of so nie. Ek dink hulle sal op die meeste poesie gebruik of selfs (veral Afrikaanse vroue) eerder nog meer “simboliese” of makker woorde. Maar weereens, dis net my mening. Dis wat ek nog altyd dink mans die meeste verkeerd doen as hulle probeer skryf asof hulle vroue is. Hulle woordeskat.
Maar dan, jy was versigtig en baie respekvol oor jou eksperiment om as ‘n vrou te probeer skryf – ons het tog saam besluit jy sou kyk hoe dit gaan. Ek dink dit het goed gegaan. 🙂
Ek het nogal oor daardie woorde gedink – en dit met opset eers in die storie laat inkom nadat die lus na my mening groot genoeg geraak het. Asof daar ‘n verlies aan inhibisies is – maar ek was nog steeds bekommerd dat dit ‘n fout kan wees. As ek eerlik moet wees ken ek nie self ‘n (Afrikaanse) vrou wat sulke woorde sal gebruik nie – selfs nie in die hitte van enige oomblik nie.
Maar nou ja – ek is ten minste bly iemand kan sien ek is nie ‘n vrou nie.
Ek het nie een keer in al my boeke die woord kont gebruik nie. Selfs in die ergste tonele. Dis n man woord daai 😉
Uit my karige ondervinding gebruik vrouens nie die sterker woorde nie omdat hulle bang is hulle kom goedkoop voor. Hulle is 99% van die tyd suggestief soos byv. om te se;
“ek is lus”……..die man moet aflei waarvoor
“ek is naby” …….ipv….ek gaan kom
“maak my” ……. ipv….n@@! my
“sussie is nat” …. ipv… ek wil n@@!
“sit hom diep in” ….. maar nie spesifiek wat en waar nie
“mmmm” …. ipv…. ek hou van jou groot “spanner” ens ens
In retrospek…..ek hou ook nie van ‘n vrou wat te kru is met haar taalgebruik nie.
Ek het, na ek reeds kommentaar gelewer het oor no.3. weereens episode een en toe vir die eerste keer episode twee gelees.
Inderdaad geluk Petrus. Triptiek inderdaad en goed saamgeflans. Niemand kon dit beter doen nie.
Dankie.
Lekker een, Petrus, ek’t dit beslis geniet maar dit het my ook laat wonder…kry vrouens in die werklike lewe sulke kompulsiewe drange na seks?… genoeg om in ‘n publieke toilet te masturbeer? Sal graag van die vroulike lesers kommentaar wou hoor.
Ek sal ook die antwoord op Willewill se vrae wil hoor……asb….enige dames
Het jy die comment gesien oor die orgasme agv skoonheid? Ek dink vroue word net so mal lus soos mans en dat hulle allerhande plekke sal masturbeer wanneer hulle so voel. Ek het al in my kar gemasturbeer terwyl ek by die dans vir my dogter wag, byvoorbeeld. 😉
Uitmuntende trilogie Petrus!
Netjies gedoen Petrus. ‘n Mens sou anper dink jys n vrou, so goed is dit geskryf uit n vrou se oog punt uit. Wel gedaan.