
Toeval (1)
deur Wille Will
(Taalversorging deur Lusman)
Die HAT omskryf die woord “toeval” onder andere as “onverwagte gebeurtenis” en selfs “onvoorsiene omstandighede”. My storie, in vier aflewerings, val dalk onder al twee hierdie omskrywings. Dit gaan oor toeval waaroor geen man sal kla nie.
Eers was daar ‘n oproep van oom Potjie wat my genooi het vir ‘n aandete by hom en Mirna. Dis was vir ‘n Dinsdagaand – amper in die middel van die week! Dit was buitengewoon. Ek het ingestem. In my agterkop het ek net gehoop daar’s nie dalk “probleme” tussen die twee nie.
Daar gekom, was dit egter die heerlikste frikkadelle opgedis met geel rys, boontjies en blomkool. En ‘n vleissousie met mosterd. Heerlik verby!
Daarmee saam het ons natuurlik ‘n Buffels met baie ys en Coke gedrink wat die disse nog beter laat smaak het. Tydens die maal het ons maar oor boerdery-dinge gesels.
Maar toe Mirna die tafel afdek en die leë borde kombuis toe neem, sê oom Potjie, met ‘n windjie wat hy opbreek: “Wanneer Mirna terugkom, is daar ‘n gunsie wat ons jou wil vra.”
Asof sy gewag het dat die kos net sak, kom Mirna terug met ‘n volgelaaide skinkbord wat sy dra. “Wille, dra hierdie vir my stoep toe, asseblief. Ons kan daar baie gemakliker sit en gesels.”
Toe ons ons sit gekry het, hulle twee langs mekaar op die swaaibank en ek sommer op die stoepmuurtjie, gee Mirna ‘n koppie koffie aan – sommer met die hand. ‘n Stewige stuk beskuit lê saam op die piering.
Net toe ek my beskuit doop in my koffie, sê Mirna: “Ag, Wille, dis meer Potjie se banggeit as myne. Hy gaan mos Jo’burg toe Donderdag – tot volgende week om dokumentasie te finaliseer vir sy verskillende stuks stoetvee.”
Oom Potjie neem oor: “Jy sien dis registrasies, dupliserings, verifikasie, verwysings en dies meer … en dan moet alles in die rekenaar ingevoer word.” Hy kug. “Dit neem blykbaar tyd in beslag. Die departement het aanbeveel dat ek minstens vyf werksdae moet opsy sit, want ek moet alles teken en sertifiseer.”
Ek het intussen van die anysbeskuit ‘n hap gevat en oom Potjie doen nou dieselfde.
“Oom, nou hoe kom ék nou in die ding?” vra ek. “Moet ek Oom soontoe wegvat?”
“Nee wat, ons is ‘n paar boere wat saam gaan en ons gebruik sommer ‘n klein bussie. Maar met die plaasaanvalle wat nou so toeneem, is ek net bekommerd oor Mirna se veiligheid.”
Mirna praat weer: “Ek het gesê ek kan mos my geweer hanteer. Maar as dit hom meer gerus sal laat voel,” sê sy terwyl sy met die hand na Potjie beduie, “moet ons jou hulp maar inroep.” Sy vervolg: “Jy het mos ou Joos wat jou plek oppas as jy uithuisig is. Siende dat Potjie met Vrydag se braai ook nie hier sal wees nie, kan jy my miskien daarmee ook help. Want jy is altyd so fluks na die tyd.” Ek wonder of hierdie opmerking dalk ‘n versteekte betekenis het.
Sy skuif terug op die bank en tel oom Potjie se een hand op in hare en plaas hulle in haar skoot. Hul albei se oë bly gerig op my.
“Ek sien nie ‘n probleem nie. Ek neem aan ek moet dan hier slaap gedurende die tyd, of hoe?” vra ek.
“As jy kans sien, ou Wille,” sê oom Potjie.
“Ek sal lekker kos kook vir jou elke aand en mooi na jou kyk,” kom dit glimlaggend van Mirna. Ons oë in mekaar se blik roep herinneringe op van een aand saam toe sy nog alleen geboer het. Ek kyk gou af en tel weer my beskuit op.
“Dan’s dit gereël, oom Potjie. Ek sal ‘n tassie pak en Donderdagmiddag hier kom inklok,” stel ek oom Potjie verder gerus.
***
Die tweede voorval, wat mens ook as toevallig kan beskou, was ‘n telefoonoproep wat ek Woensdagaand ontvang het van Antjie. Sy is Jack Beth, die dorp se prokureur, se sekretaresse.
“Hallo, Wille,” koer sy. “Ek moes jou bel. Want ek kan nie verstaan hoekom jy my nog nooit weer geskakel het na daai Vrydagaand by oom Potjie nie.”
Ek hoor die vraende beskuldiging in haar stemtoon.
“Was ek nie goed genoeg nie?” vra sy met ‘n huiwerlaggie.
“Antjie, jy vat my laag!” lag ek terug. ”Ek’t jou daai aand gesê jy’s spesiaal … en ek’t dit bedoel.”
“Bly aan, Will, ek moet net gou hierdie ander oproep neem …”
“Daai aand” se beelde flits deur my gedagtes terwyl ek wag: Antjie wat nakend teen my bed staan. En ek wat dan opkyk na die swart kolle soos haar tepels en poes vertoon in die erotiese lig van net die maanskyn. Dan haar slanke vingers wat om my voël vou en hom druk en heen en weer oor hom skuif dat hy weer styf word. Ek sien en voel in my verbeelding die stywe tepel van die pragtige, vol bors tussen my vingers. In my gedagtes doem die heerlike gevoel op van haar nat, stywe poeswande wat my stok druk en los, druk en los, terwyl ek haar steek … En uiteindelik ons klimaks wat soos ’n ontploffing van wellus gevoel het!
“Jammer, Wille!” onderbreek Antjie my gedagtegang. “Jy wou nog sê … ?”
“Nee, ek was net baie besig, sorrie!” Ek voeg by: “Hoekom slaap jy nie hierdie Vrydag weer daar oor nie? Jy sal net self tot daar moet kom, want ek gaan al vroeg deur om Mirna te help. Maar ek sal beslis daar slaap. Dan kan ons ons lekker verhaal weer beleef, of hoe Antjie?” Ek wonder of ek suggestief genoeg klink.
“Oee! … Wille, jy maak my pêntie nat soos ek hier by my lessenaar sit! Ek sien jou daar. Beslis. Tatta.”
Hoe welkom kan toeval nie wees nie! dink ek by myself.
***
Nadat ek en Mirna oom Potjie Donderdagaand so teen skemer afgesien en hy vertrek het, stap ek en sy terug na die huis. Mirna neem sommer dadelik, asof dit die natuurlikste ding is, my hand in hare. Soos ons stap sê sy: “Skink jy nou vir ons ‘n Buffeltjie en bring dit kombuis toe. Want ek wil gou ons tamatiebredie-met-koring klaarmaak vir aandete, oukei?”
Sy los my by die drankkabinet in die voorhuis met ‘n nat piksoentjie en ‘n drukkie aan my hand en stap kombuis toe. Ek staar haar agterna en sien die subtiele swaai van haar heupe en ek voel my meneer reageer in my broek! Nee, fok, sy’s nou getroud – hou jou in! betig ek myself en draai die Buffels se prop los.
Die aroma van Mirna se lekker kos streel my neusvleuels wanneer ek by die kombuis instap. Sy staan met haar rug na my voor die stoof en is besig om ‘n pot om te roer met ‘n houtlepel. ‘n Wit broekie om haar boude skyn deur die dun, liggroen, chiffonagtige kaftan wat tot op haar enkels hang.
“Hierso is vir jou ‘n lekker koue dop, skone kok!” sê ek met ‘n keelskoonmaak. Sy los die houtlepel in die pot en draai om met ‘n laggie terwyl sy haar hande droog vryf aan die halflyf-voorskootjie wat sy voor oor haar rok aanhet.
“Hierdie stoof kan dêm warm raak, dit sal ‘n lafenis wees!” antwoord sy en vee sommer haar voorkop ook droog met die voorskoot.
Sy kyk seker vir my, maar my oë is vasgenael op daai albasters wat haar tepels is. Hulle staan skerp uit in haar rok op haar ronde borste wat nog steeds nie hang nie, ten spyte van haar ouderdom. Ek onthou hoe ek hulle in my mond gerol het …
Mirna klap haar vingers voor my oë. “Wakey-wakey! Waar’s die man se gedagtes dan nou?” Sy lag lekker uit haar maag uit.
Ek stop haar die Buffels in die hand en soek indringend in haar oë terwyl ek “Tjeers” sê.
Ons staan byna teenmekaar en haar oë fladder weg onder my blik. Dis asof ek kan sien sy’s verbouereerd en skaam. My eie drange verdring my redeneervermoë. My oorwegings van so pas oor haar huwelikstatus is asof dit op die agtergrond wegraak. Ek neem haar hand en plaas dit op my ereksie in my broek terwyl ek fluister: “My gedagtes is by een aand voor die TV in jou slaapkamer.”
Haar brandewynglas plof in skerwe by ons voete wanneer sy hygend haar arms om my nek slaan. Sy klim met haar lyf amper teen my liggaam op, terwyl sy my gulsig soen met gejaagde asem. Sy soen en soen my oor my hele gesig dat haar spoeg so spat.
Die seksvuur brand met hooglekkende vlamme tussen ons. Ek gryp haar om haar middel van my lyf af en stoot haar ‘n armlengte van my af. Dan trek ek dadelik my kortbroek en onderbroek in een vat van my heupe en dye af, tot op die vloer. Ek skop hulle eenkant toe. Tegelykertyd sien ek hoe sy die kaftan optrek tot amper onder haar borste en haar pêntie so vinnig aftrek dat dit eers ‘n slag vashaak by haar knieë. Ek hoor haar iets verergd mompel. Sy het nog net een voet uit die broekie toe ek met klemmende vingers van albei hande haar om haar boude optel. Sy slaan haar bene dadelik om my middellyf.
“Wil … le … Wille …Wil … le,” hyg sy.
Ek strompel twee treë tot by die kombuistafel en hoor messe en vurke neerkletter aan die ander kant toe ek haar op haar rug op die tafelblad neergooi. Met een hand druk ek haar een been verder weg van die ander – met geweld. Ek sien haar sopnat poes wat ooprek. Met my ander hand ruk ek my kloppende voël, wat nog nie volle hoogstand bereik het nie, omhoog in my vuis. Op my tone staande druk ek hom tussen haar poeslippe in.
Toe ek my piel met brute krag so diep moontlik in haar instamp, hoor ek ‘n bord, wat net anderkant haar kop gestaan het, ook stukkend spat op die vloer.
Haar uitgerekte gil eggo teen die mure. Ek sien haar mond is gapend en haar oë groot en rond – wyd oop. Hulle lyk amper waansinnig as sy intens na my staar terwyl sy die kaftan om haar nek van haar afskeur. Ek sien hoe sy haar mooi tiete weerskante vasgryp en opstoot na my gesig.
Ons begin freneties pomp met ons onderlywe asof dit die Laaste Avondmaal van ons liggame is.
Sy druk haar borste om die beurt in my kwylende mond en skree: “Suig hulle! Byt hulle! … E-eet hulle!” Die are onder die wit vel van haar tiete laat hulle soos marmer vertoon. Ek slaan my tande met mag daarin. Sy gil-huil weer snikkend: “Nog, nog, nog … Byt my tepels ook!”
Al wat jy hoor in die vertrek, is ons klappende onderlywe teen mekaar en die tafel se krake in ritme daarmee.
Toe ek haar een goddelike tepel byt, slaan haar hande om my boude. Sy probeer my nog dieper in haar intrek.
“O donner, ek-k gaan kom … Wi-l-l-e,” pleit sy met ‘n dun stemmetjie. Haar liggaam gaan in spasmes in soos sy klimaks. My eie damwal wil breek as ek hygend roep: “Fok-k-k, Mirna.” Ek probeer my riem uit haar lyf ruk.
“Nee-e-e!” skree sy tussen ons lywe deur, “skiet in my!” en dan meer hygend,
“skiet in my, skiet in my-y-y!” Haar kreune oorvleuel met myne as ek diep in haar lading na lading van my saad verlos word.
Haar hoof draai na haar linkerskouer toe op die koue tafel. Ek sien hoe sy haar oë tevrede toemaak terwyl haar hande op en af oor my rug streel. Haar vinnig deinende borste begin kalmeer teen my eie bors in die nadraai van haar orgasme.
My natgeswete voorkop rus op haar een sleutelbeen en ek probeer my hygende asem tot bedaring bring.
Ek weet nie hoe lank ek daar in die kombuis ín haar was nie. Ek het uiteindelik my asem teruggekry en gevoel hoe ons harte se gebons teen mekaar bedaar. Ek kon ook voel hoe my penis begin opkrimp in haar grot van genot.
6 COMMENTS
Ek het die storie nogal geniet…. baie pret en plesier wat nog gaan kom… en juis daar waar ander nie kan sien of hoor nie
Nog asb!!
Will.
Ek kon nie help om te glimlag oor die prentjie in mykop van ‘n vrou op ‘n kombuistafel nie. Lekker jags gedagte!
Will jou ou meester. Ek hoop jy en Mirna het darem die werk opi plaas ook gedoen…..
Absoluut puik ou mater.
Auk, hierdie toeval(le) is darem lekker. Sien uit na die ander hoofstukke en ek hoop oom Potjie ‘score’ ook met dié toeval en word sommer deur albei dames in ‘n toebroodjie “toegeval”.
Hierdie is natuurlik ‘n vervolgverhaal dus hoop ek die lesers sal dit enduit boeiend vind.
Annelise dankie vir ‘n ontsettende foto van ‘n baie mooi vrou as bystand by die foto. Baie eroties!