Uit die mangrot: Blowjobs
deur Plugandplay
Plugandplay: Seks student. Swinger. Cassanova. Raadgewer. Kreatiewe bedmaat. Hy het al so baie seks gehad, dat hy nie meer ‘n seksueele fantasie oor het nie. Vra hom enigiets.
Afrikaanse vroue het basies twee sieninge oor blowjobs. (Ek gebruik maar die Engelse woord, want die Afrikaanse een klink so … uhm … klinies. En Afrikaanse mense praat nie rerig van “orale seks” nie. Wel nie die meeste nie, so blowjobs is dit dan.)
Een siening is om nie daarvan te praat nie en die ander is om altyd te vertel dat “ek weet hoe om dit reg te doen”. Nê? Wie gaan in elk geval erken sy weet nie rerig wat sy doen nie?
Nou, voor enigiemand klippe begin gooi en my kruisig; ek weet daar is dames wat weet wat hulle doen. Maar, my ondervinding oor die algemeen is dat die meeste nie weet wat hulle doen nie of nie weet hoe om dit reg te doen nie. Die grootste oorsaak hiervan is onkunde oor mans en hulle gereedskap. Soos ‘n karakter in ‘n komedie eenkeer gesê het: “You women are always complaining that we can’t find your clitorises, but you know as much about our tackle as you do about wiring a plug.”
Uit ondervinding kan ek sê dit is waar. Heeltemal waar. Die man se penis is nie net ‘n suiglekker op ‘n stokkie nie. Dis nie ‘n lollipop nie. Dinge gebeur nie net by die bokant nie. Daar is BAIE wat misgekyk word. So kom ons kyk na die beste advies wat ek vroue kan gee oor blowjobs.
1. Moenie dink ons gaan ooit nee sê vir een nie. Ons sal omtrent altyd ja sê. Vir ‘n man is ‘n blowjob een van die mees intieme dinge wat ‘n vrou vir hom kan doen. En jy hoef nie altyd te wag vir die oomblik nie. Jy kan inisiatief neem en spontaan wees. Net voor die rit na die familie braai, sodra julle terugkom van ‘n konsert of ‘n fliek.
2. As jou kake seer kry, dan doen jy dit reg. Ek weet dit klink ‘n bietjie chauvinisties, maar glo my. Dit beteken nie ons wil jou in pyn sien nie, maar dit wys ons jy doen alles in jou mag om ons te bevredig. Dit beteken ook nie jy mag nie ‘n ruskans vat nie. Neem jou ruskans, maar doen iets anders tydens daardie pouse en gaan verken so ‘n bietjie die gebiede waar jy nog nie was nie. Vir ons is dit soos halftyd voor die finaal. Gebruik daai pouse.
3. Party vroue kla dit vat lank. As dit die geval is, dan doen jy dit verkeerd. Mans het nie baie nodig om hulle op te wen nie. Dit weet julle self. En in elk geval, as hy wel lank vat is dit beter vir jou, want dink net hoeveel stamina hy gaan hê tydens die eintlike seks deel. Dis soos die cherry op die koek vir jou.
4. Tande. Dit is ‘n moeilike een. Maar hier kom die beste raad wat ek kan gee: vra. Ja, dis reg, vra! Orale seks is ‘n taal en dit werk altwee kante om. Moenie bang wees om te vra nie. Jy kan net eenkeer vra of ‘n fout maak. Vra of dit hom pla en of hy daarvan hou. Hy sal eerlik antwoord ek belowe.
5. Soos bo genoem: vra. Baie mans hou daarvan as jy vra wat hulle van hou. Ek is seker die meeste mans vra altyd vir vrouens wat lekker is, want hulle moet tog versigtig wees hulle doen die ding reg. Orale seks is ‘n “taal.” Moet dit nie vergeet nie.
6. Die penis se skag is deel van die penis. So ook die skrotum, die perineum en die anus. Die penis is nie ‘n suigstokkie met die beste deel aan die bo-kant nie. Eksperimenteer. Ek is seker die meeste dames weet hoe dit voel as ‘n man se hand oor haar dy streel. Wel, dis dieselfde vir ‘n man. Dit vat net eenkeer se probeer en jy sal dan weet waarvan hy hou. Jy mag dalk net ander goed uitvind oor hom wat jy nie geweet het nie.
7. Vinnig is nie altyd beter nie. Stadig en sensueel is ook lekker. Net soos vrouens partykeer verskillende behoeftes het en dinge wil hê, is mans presies dieselfde. Glo my dis raar maar waar.
8. Wees versigtig met die testikels. Dit is een van die twee vinnigste maniere om ’n man se bui te breek as jy hom daar seermaak. Maar, dit beteken nie bly weg daar nie. Die meeste mans sal erken dat dit ongelooflik lekker is om daar aandag te kry. Dit is soos die adrenalien wat mens kry as jy iets gevaarliks doen.
9. Deepthroating. Vir die wat nie weet wat dit is nie: dit is wanneer ‘n vrou ‘n man se hele penis in haar mond vat, tot by die testikels of so diep as moontlik. Dit is nie vir elke vrou moontlik om dit te kan doen nie, maar jy kan steeds probeer. Oefening help en jou man sal dit nooit vergeet nie, dit belowe ek julle. Vrouens wat dit wel kan doen sal jou vertel dat dit die een manier is om uit ‘n man te kry wat jy wil hê. Jy onthou daardie pragtige duur rok wat jy vir jou verjaarsdag wil hê? Deepthroat hom en dis joune. 😉
10. Sluk of spoeg. Ai, die een wat die meeste vroue hulle gesigte skeeftrek voor. Die wat wel sluk sal julle vertel dat dit glad nie sleg is nie. Gaan vra hulle. En dan sal jy hoor hoe hulle mans enigiets vir hulle sal doen as hulle sluk. Onthou dat as jou man vir jou daar onder aandag gee, sluk hy nogal baie van jou, partkeer sonder dat jy weet.
11. Wys dat jy jouself geniet. Daar is amper niks wat ‘n man so vinnig kan afsit as ‘n vrou wat hom’n blowjob gee asof sy skottlegoed was of klere stryk nie. Glo my. Wys so ‘n bietjie entoesiasme. Wees lief daarvoor. Maak vir ‘n oomblik asof jou man nie daar is nie en raak effens verlief op daardie penis.
12. Hande. Gebruik hulle, maar wissel dit af. Persoonlik hou ek daarvan om ‘n blowjob te kry waar die hande nie gebruik word nie. Maar ek kan verstaan dit is nie altyd maklik nie, veral nie as die penis soos ‘n jack-in-the-box oral rondspring nie. Maar weereens, oefening het niemand nog ooit sleg gedoen nie.
13. Handjob. Moet NOOIT die kuns van ‘n uitstekende handjob onderskat nie. Baie mans verkies dit selfs partykeer bo ‘n blowjob. En moenie bang wees om daardie hande op ander plekke te laat dwaal nie. “Lube” jou hande met iets en maak asof jy kleipot-vervaardigings lesse neem. Die gevoel is onbeskryflik, want jy gee die hele penis fisiese aandag.
14. Laastens, moenie skaam wees nie. As jy skaam is, gaan jy uitmis op iets wat vir ‘n man meer beteken as wat jy ooit sal weet.
Ons mans kan nogal interesant wees, nê? Die ou idee dat mans maar net eenvoudige diere is wat jy gelukkig hou deur ‘n bord kos, ‘n bier en gewone seks, is nie waar nie. Daar is amper geen beter manier om meer van jou man te leer ken as om ‘n kenner te wees met blowjobs nie. Jy leer dinge wat jy nooit tevore geweet het nie, want vir daardie periode is hy in jou mag – as jy dit reg doen. En glo my, hy sal weet hy is in jou mag. Soos gesê is, orale seks is ‘n taal. Dit word met woorde en die lyf gepraat. Die enigste manier om ‘n nuwe taal te leer, is om te oefen. Hoe meer, hoe beter. Natuurlik sal mens ook foute maak, maar dit is hoe mens leer. Jy maak ‘n fout net eenkeer.
(Enige kommentaar en bykomende raad is welkom. Gee dit sommer hieronder by die “comments.”)