

Dis weer so bietjie tyd om ons vroulike lesers se knieë lam te maak (en natuurlik kan die mans injoin as dit hulle aandraai 😉 ) Kyk bietjie na hierdie video oor ‘n klomp jong, fikse, ferm, sexy roeiers wat ‘n kalender gemaak het om geld in te samel. Eintlik gee ons nie regtig om waarvoor die geld ingesamel word nie. Dis net “mooi” om na te kyk. 😉
Ok, ongelukkig is die foto’s nie soooooo kinky soos hierdie opskrif impliseer nie, maar ons kon nie daai pun weerstaan nie. Hier is die regte storie. Josie Borain, daardie supermodel van weleer, het haar kamera gaan haal en so paar van Suid-Afrika se sexyste en dapperste veldwagters het hulle klere laat waai ter ondersteuning van renosters. Die eindproduk was ‘n kalender vol mans van die natuur in hulle natuurlike gewaad.
Josie en een van die modelle gesels hier oor die projek. Kyk uit vir die boudjies wat in die grondpad afstroll, dolls! 😉 🙂
Gaan besoek gerus die webwerf as julle hulle wil ondersteun. Dis dalk ‘n cool kersgeskenk vir jou liefie. 😉
Vanmiddag se sexy toneel kom uit Shakespeare in Love.
Vandag se sexy scene kom uit Meet Joe Black uit. 🙂
kombiekiehier hou van sport en sports. Want baie sexy.
Dis nou rugbyseisoen in ons land en enige warmbloedige vrou sal weet dat ons nie net rugby vir die spel kyk nie. Vroue kan meer as een ding op ‘n slag doen en ons doen daai nooit beter as wanneer ons rugby kyk nie. Dit is moontlik om vir jou span te skree terwyl jy oor die “vyand” se ferm boude en mooi voorarms drool. Dis eintlik maklik.
Op die vooraand van die eerste wedstryd van die jaar wat ons eie groen-en-goud manne gaan speel, gee ons vir julle so ‘n paar drool-worthy foto’s van die Franse rugbyspelers. Wens julle nie ons ouens was ook so dapper nie?