Tyler Shields se erotiese fotografie
Vandag brei ek die erotiese kuns afdeling van kombiekiehier so ‘n bietjie uit deur julle aan Tyler Shields se erotiese foto’s bekend te stel. (Julle sal erotiese kuns onder die warm multimedia deel van die menu kan opspoor.) Tyler Shields is bekend daarvoor dat sy foto’s dikwels geweld en gevaar uitbeeld. Net soos gewere kan seks sekerlik ook van tyd tot tyd as gevaarlik gesien word. Dis is juis soms waar die erotiek inkom – op daardie punt waar plesier en gevaar bymekaarkom. Ek het vir julle so paar van sy bekendste erotiese foto’s bymekaar gemaak.