Swing met ‘n verskil

Ons chat nou al ʼn week of twee met mekaar – ons almal – die hele groep.

Ons weet ons hou van mekaar en is lus vir mekaar en ons het ʼn plan. ʼn Kinky plan.

Dit is Vrydagaand. Al die reëlings is getref. Almal het ingestem.

Almal moes voor die tyd hulle voorkeure en afkeure neerskryf en vir die groep stuur. Ons weet wie stel in threesomes belang, watter soort threesomes, wie is nuuskierig oor dieselfde geslag, wie hou van anale seks en wie net gewone seks wil hê met ʼn nuwe partner. Dit is egter nie ʼn uitgemaakte saak dat dit al is wat jy gaan kry nie. Ons het “veilige woorde”. As ʼn vrou rooi sê dan beteken dit dat sy nie wil hê die persoon moet aangaan waarmee hy besig is nie. Ons het ook belowe om nie ons veilige woorde te maklik te gebruik nie. Ons mans sal mekaar dophou dat hulle veilig speel en by die reëls hou.

Ek sit langs jou. Ek is opgewonde, bang en lus. Ek wonder hoe jy voel. Die huis waar ons bymekaar gaan kom is nie so ver van ons eie huis af nie. Wanneer ons ʼn kilometer weg van hulle af is, trek jy van die pad af. Jy vat die blinddoek wat ek op my skoot vashou en maak dit onder deur my hare om my kop vas. Styf. Jy maak seker dat ek niks kan sien nie.

Dan ry jy verder.

Hierdie is deel van die reëlings en die deel wat vanaand anders en meer opwindend maak as ander parties. Al die vroue gaan geblinddoek wees. Die hele aand. Dis die ooreenkoms.

Ek voel hoe die kar stadiger ry en dan na links draai. Na ʼn rukkie kom dit tot stilstand en skakel jy dit af. Ek kan vir ʼn oomblik stemme buite hoor as jy uitklim, maar dan maak jy die deur toe en hoor ek net my eie benoude asemhaling.

My hart voel of dit by my keel gaan uitspring wanneer jy die deur aan my kant oopmaak en my uithelp. Ek giggel senuweeagtig. Jy lei my teen ʼn paar trappies op en dan kan ek hoor ons is binne en dat daar ander mense is. Ons is agt paartjies.

Jy laat my op ʼn sagte rusbank sit en gee my ʼn piksoentjie soos vir koebaai. Vir die res van die aand sal ek nie noodwendig weet of dit jy is wat by my is of nie. Dis meestal die mans wat met mekaar praat. Die vroue kan nie, want hulle weet nie waar die ander vroue is nie. So nou en dan hoor mens ʼn vrou se stem as sy iemand antwoord wat met haar praat.

Iemand sit ʼn drankie in my hande. Ek proe versigtig. Ons moes ook ons voorkeure van drank gee, maar dis nie noodwendig dat jy dit sal kry nie.

Ek sê dankie en voel hoe iemand op die stoel se armreling langs my kom sit. Omdat ons net op die internet gesels het, ken ek niemand se stemme nie.

“Dis ʼn plesier Selene.”

Dit voel weird dat iemand my op my naam noem en ek nie weet wie dit is nie. Hy skuif die bandjie van my rok van my skouers af en vee met sy vinger oor my hals.

Iemand vat my voet in sy hande. Hy streel oor my enkel terwyl hy my skoen losmaak. Hy trek albei my skoene uit en dan, net voor hy wegraak, druk hy my bene uitmekaar uit en vee hy sy hand op tot op my bo-been.

“Bly so sit,” fluister iemand in my ore.

Dit klink of daar nog ʼn paartjie aankom en dan hoor ek hoe iemand ʼn deur toemaak. My drankie (wat toe op die einde iets soos ʼn Spin is) word uit my hand uit geneem en dan word ek opgetrek dat ek staan. Ek weet dis nie jy wat by my staan nie. Iewers hoor ek ʼn ander vrou giggel en ek besef ons staan redelik naby mekaar en dan voel ek hoe iemand my rok agter oop zip en die ander bandjie ook van my skouer afgly.

Dis moer sexy. Ek voel die persoon se mond op my skouer en oor op my hals en dan trek hy my rok heeltemal af. Dit is onmoontlik om te weet of dit dieselfde man is wat my bra losknoop en my broekie aftrek.

Iewers kreun ʼn vrou en dan streel iemand oor my borste en maag. Die hand gly agter my rug om en oor my boude. Soms voel dit of daar twee pare hande gelyk op my is, soms staan ek alleen vir ʼn ruk. Iemand soen my, lank en diep. Iemand vat aan my poesie en steek sy vinger so entjie binne my op.

Die ooreenkoms was dat dit nie noodwendig ʼn voorwaarde was dat almal in dieselfde kamer moes bly nie. Ek kan hoor hoe die kamer waarin ek is leër word wanneer daar vir ʼn rukkie weer niemand by my is nie.

En dan sê iemand ek moet kniel – ʼn hand op my arm help my. Daardie selfde hand hou my agter my kop vas wanneer ek iets teen my mond voel druk.
“Suig” sê die stem.

Ek maak my mond vir die vreemde man oop en suig. Sy hand is nog steeds agter my kop. So nou en dan druk hy my dieper oor hom. Ek voel hoe hy in my mond swel en harder word. Op ʼn stadium terwyl ek hom suig voel ek hoe iemand anders van agter af aan my borste vat. Ek hoor die man voor my kreun en dan trek hy homself uit my mond uit. Ek kan hoor hoe hy homself so paar keer ruk en dan voel ek hoe iets warm my borste tref. Dis dieselfde man wat buk om my te soen voor hy wegloop. En dan is ek weer alleen.

Iemand kom gee weer vir my my drankie aan. Dis nou flat. Ek drink dit met een sluk klaar en voel hoe ek so bietjie oor myself mors. .

Sterk arms tel my op en dra my ʼn paar treë. Ek dink ek is op ʼn tafel – dit is hard onder my en my bene hang vir ʼn oomblik oor die kant voor iemand dit op die tafel sit en my knieë van mekaar af wegdruk.

Ek voel hoe iets oor my poesie gegooi word, iets wat effens brand soos drank, en dan lek iemand dit af. Dit maak my rasend. Die tong is in en uit my uit en heen en weer oor my klit. Ek kreun. Ek wil kom, maar elke keer as ek wil kom dan stop die mond eers. Ek hoor hoe ʼn man iets fluister en ʼn vrou saggies giggel en dan besef ek dis ʼn vrou se mond tussen my bene. ʼn Man is besig om haar instrukises tegee. Ek kan nie uithou nie. Die lus is te groot. Ek kom. En hulle weet dit.

Die man het nog eers seker gemaak dat die vrou klaar geproe het wat sy wou voor hy haar weer weggevat het.

Ek is nou alleen op die tafel. Ek is dors. My keel is droog na my orgasme. Ek besluit om regop te sit. Ek kan die water van die borrelbad op die stoep hoor. ʼn Man lag. ʼn Effense windjie waai oor my van die oop stoepdeur se kant af. Ek vee oor my borste waar die man ʼn ruk gelede gekom het. Dit het nou al droog geword. Ek kan ʼn taai streep voel waar die drank oor my geloop het.

Ek skrik as iemand skielik langs my praat.

“Kom saam, Selene,” sê die diep stem. Hy trek my aan my arm op. Ek wens ek het geweet wie dit is en ek is ook bly ek weet nie. Dit is eroties om nie te weet nie, maar daar is ook van die mans wie ek meer begeer het voor dit tyd as sommiges van die ander ….

“Staan net hier.” Ek voel sy arms om my vou en ʼn mond op myne en dis ʼn soet, intense, diep soen …. en dan beweeg hy weg van my af. ʼn Minuut later hoor ek water loop en ek besef ons is in een van die badkamers. Hy vat weer my hand. Die water is lou en ek proes as dit in my gesig spat voor hy die stroom draai dat dit net oor my lyf spuit. Ek kan sy kaal lyf teen my voel. Dit is die eerste man vanaand wat heeltemal kaal by my is. Hy begin my was. Orals. Ek voel hoe sy hande vol seep oor my borste en maag beweeg. Dit gly agter oor my rug en hy trek my in die proses teen sy kaal bors vas. Hy druk sy een been tussen myne in en gly sy glibberige vingers tussen my lippe in. Ek druk myself stywer teen sy hand vas en gly my arms om sy skouers. Ek wil hê hy moet my naai, net hier in die stort. Die stort se muur is koel teen my rug en die man se lyf is vurig teen my lyf. Ek maak my bene wyer oop en hoor hoe hy iets mompel teen my oor en dan is dit nie meer sy vingers wat in my is nie.

My bene raak nie meer die grond nie. Hy hou my bo en hy ry my terwyl die water oor sy rug stroom. Ek weet nie wie hy is nie, maar ek is mal oor sy skouers en stem en mond en hoe hy in my voel. Ek hoop ek sal dit weer voel eendag, eyes wide open.

Hy is nogal teer wanneer hy klaar is. Hy vryf oor my hare en soen my nog ʼn keer voor hy die water toedraai en my in ʼn groot handoek toedraai.

Maar wanneer ons in die kamer langsaan kom is ons nie meer alleen nie.

“My beurt.” Sê ʼn nuwe stem. Ek is amper seker dis die nuwe man wat die handdoek aftrek. Ek is nog nie droog nie. Ek kan my stort-minnaar nog agter my voel, maar dan trek iemand my vorentoe. Wanneer die nuwe man my op die bed voor my afdruk, hoor ek die kamerdeur saggies toegaan.

“So, ek het jou begeertes bestudeer,” sê die nuwe man. “En ek dink ek kan jou tevrede stel.”

Ek kan voel dis ʼn dubbelbed waarop ek is. Ek staan handeviervoet. Die man is iewers agter my aan die kant van die bed. Ek voel hoe hy my bene verder van mekaar wegskuif.

“Staan net so …”

Hy worry nie oor die res van my lyf nie. Sy vingers is dadelik in my poesie in. Eers een, dan twee, ek kreun effens wanneer hy drie probeer indruk. Hy is redelik hardhandig. Maar ek het vir hardhandig ook gevra. En ten spyte van die feit dat die vorige toneel in die stort my hiper lus gemaak het, het ek nie gekom nie. Daarvoor was dit te vinnig. So, terwyl die man se vingers met my intieme dele kennis maak, begin die lus weer in my opbou. Ek draai my heupe effens om hom aan te moedig.

“Jy is sopnat,” sê hy . “Kom, kom vir my.”

Ek weet nie meer hoeveel vingers hy in my het nie. Ek weet net ek wil nie hê hy moet dit uithaal nie.

En dan hoor ek die kamerdeur oopgaan.

“Het jy voor my begin?” vra die nuwe stem.

“Jy is amper te laat” sê die man met sy vingers in my.

“Mmmm, ek het net gou eers ʼn poesie uitgeëet, maar nou is ek reg vir haar …”

“Wel, meet solank.”

Die vingers in my poesie het nog nie opgehou nie. Ek kan voel hoe dit en my bo-bene nat is van my sappe. Ek gee nie eens om wie of hoeveel my so sien nie.

“Net wat ek nodig het,” sê die tweede stem.

Terwyl die vingers in my nog stu, vee ʼn nuwe hand die nat tussen my bene deur om my agter nat te maak en gly dan ʼn vinger agter in my in. Dit maak my mal.

Ek weet ek gaan kom. Ek kreun en druk my heupe agter toe om al die vingers dieper in my in te forseer, maar hulle laat dit nie toe nie. Hulle trek dit albei uit en dan voel ek hoe die bed induik wanneer iemand daarop gaan lê. Die persoon trek my nader aan hom. Ek kan nou voel hy lê op sy rug en hy trek my een been oor syne sodat ek wydsbeen oor hom hurk. Sy hande is op my heupe en dan druk hy my oor hom af. Ek is nog steeds sopnat en hy gly vinnig diep in my in.

Maar dan trek hy my vorentoe sodat ek plat teen sy bors lê.

Die penis wat van agter af in my gesteek word voel groot. Die man beweeg stadig, bietjie in en dan weer bietjie uit en dit maak nie seer nie. Ek kan hoor hoe die man wat onder my lê kreun en dan beweeg ek my heupe en dis die ongelooflikste gevoel ooit. Ek konsentreer om my heupe stil te hou sodat die mans op hulle eie pas kan beweeg. Hulle ritme match nie, maar dit maak nie saak nie. Ek was nou-nou op die randjie van orgasme en dit neem nie lank om my nou weer daar te kry nie en wanneer ek kom is dit een van die grootste klimakse denkbaar.

I wanted to be fucked like an animal and that is exactly what they are doing to me.

Hulle albei kom kort na my.

Wanneer hulle uittrek kan ek hoor dat daar ander mense ook in die kamer was. Maar ek gee nie om nie. Die bloed suis nog in my ore en my lyf gloei en ek het nie ʼn benul hoe laat dit is nie, maar hierdie was een van die wonderlikste aande van my lewe.

Ek dink ek het aan die slaap geraak. Wanneer ek wakker word is dit jy, my eie man wat langs my lê. Jy gee vir my iets om te drink en vra of ek ok is? Jy sê jy geniet jouself en dat hierdie ʼn baie goeie idee was.

En dan sê jy vir my dis nou eers 11 uur. Jy is nog nie klaar gespeel nie. Intussen wag iemand vir my in die borrelbad. Jy sal my help om daar te kom ….

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

4 thoughts on “Swing met ‘n verskil

  • January 22, 2015 at 4:37 pm
    Permalink

    Ek kan die lekkerte, lus en die die afwagting van haar proe in die storie. Net
    jammer dat sulke dinge net met rykes en in fee verhale gebeur.

    Reply
  • May 24, 2014 at 12:18 pm
    Permalink

    Ai, dit wys net hoe vindingryk swiengers kan wees! Die geblinddoek het die storie baie eroties gemaak. En dan vloei dit so spontaan van ‘n tweesaam-spelery na ‘n driesaam.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)