Spesiale versoeke
deur Pacman
Ek stap in die gang af. Die mat is dik en sag, die huis is stil. Ek hoor haar beweeg in die kamer, asof sy regmaak om uit te gaan. Haardroër, krane, botteltjies wat klink en laaie wat oop en toe skuif. Ek is al ‘n geruime tyd in die huis. Sy weet dit nie. Ek het ‘n klipharde ereksie. My penis klop en wip in my hande. Ek is al besig om myself te bevredig vir die laaste twintig minute. Ek het nie ‘n draad klere aan nie. Ek trek die vel wellustig op en af oor my peniskop. Ek voel my hart stamp in my bors. Die kamerdeur is effens oop en die lig val met ‘n geel filter die gang af. Ek stap stadig die kamer in. Deidre het ‘n silwer satyn japon aan. Haar swart hare blink in die lig, en hang los oor haar skouers. Sy knik met ‘n glimlag, gaan sit op die spieëltafel se bankie en draai na my. Die japon val oop en ontbloot haar lyf. Skakerings van melkwit, donkerbruin en liggeel spoel oor haar lyf. Haar vel blink van rome en smeergoed, en ruik eksoties. Haar borste is vol en hang effens. Die nipples donkerbruin en pen-orent. Sy het effens rekmerke op haar maag en haar dye. Ek trek nou verwoed aan my penis. Sy sit agteroor en maak haar bene oop. Die landing-strip is smal, maar dig van die swart hare. Haar linkerhand gly af oor haar vol bo-been en sy gly haar vingers deur die nat bossie. Ek is staan reg voor haar, my wippende penis amper in haar gesig. Haar mond is nat. Ek bevredig myself nou sonder skaamte. Die vel gly heerlik op en af oor my penis. Ek druk stewig onder vas, trek dan kort op, twee of drie keer, druk weer en voel hoe die genot opbou, voor ek twee vollengtes trek. Deidre speel nou lekker met haar vingers deur die nat gleuf. Dan tel sy haar selfoon op en skakel. Die foon lui vyf maal en toe antwoord haar man.
“Hallo my skat. Dis ‘n verassing. Wat doen jy, en waaraan het ek diè oproep te danke?”
Dis ‘n lang storie. Ek ken Deidre en haar man al ‘n geruime tyd. Herman het my destyds gekontak as sekuriteitskonsultant vir sy besigheid, en toe later ook vir hul privaat lewe. Die paartjie is jonger as ek, miskien in hulle middel dertigs, met twee jong kinders. En natuurlik maak Herman genoeg geld om te voel hy het soms ‘n sekuriteitsdetail nodig. Ek weet nie wat hy doen en hoe hy sy geld maak nie, maar hy kry van tot tyd dreigemente. Ek “hanteer” dit dan. Baie lae profiel, en as jy nie weet waarna om te kyk nie, sal jy nie weet ek pas hulle op nie.
Sò het ek dus toegang tot sekere situasies, gesprekke, plekke en inligting wat nie vir almal se ore bedoel is nie. En soms is hierdie inligting baie persoonlik. Ek weet byvoorbeeld dat Deidre baie ongemaklik is met Herman se werk en hom soms beskuldig daarvan dat hy hulle lewens onnodig in gevaarstel. Sy drink ook soms baie. Ek weet van die meisie wat Herman genaai het tydens sy besoek aan die Kaap twee maande gelede. En nog baie. Ek ken die gesin goed genoeg om te weet van al die krake.
Ek het besef dinge neem ‘n wending toe ek Deidre een aand veilig tuis moet kry. Sy en vriendinne was in ‘n restaurant en ek moes sorg dat sy veilig (en alleen) tuis kom. Ek het in die kar gewag en haar spasie gegee. Herman verwag ek moet subtiel in die restaurant wegsmelt en net die situasie dophou. Maar obviously voel Deidre sy word heeltyd dopgehou. Ek kom toe met haar ooreen dat ek in sommige gevalle êrens elders sou wag en sy my sou laat weet as sy huis toe wil gaan. Sy het dit waardeer en my gereeld daarvoor bedank.
Diè aand het sy egter bietjie lekkerder gekuier as voorheen en ek sien sy was nie stewig op haar voete toe sy in die kar klim nie. Haar spraak was ook effens aangetas en jy kon hoor sy slur so bietjie. En vol geselsies. Tuis val sy amper uit die kar en ek moes haar help om regop in die huis in te stap. Die klomp trappe help ook nie. Ek het my arm om haar middel, en sy hang om my nek. Ek word bewus van die lyf en haar reuke, voel hoe sy beweeg styf teen my. Ons stap die huis in en ek beveel aan sy trek haar skoene uit.
“Jy sal makliker stap sonder jou skoene.”
“Miskien wil ek juis hulp hê,” kom haar respons.
Ek is bietjie uit die veld geslaan, want alhoewel ek haar baie goed ken (sy weet baie min van my), was ons verhouding tot dusvêr baie platonies en hoflik. Ek het haar nog om die lyf en ons sukkel oor die dik mat af kamer toe. Ek help haar sit op die bed en ek staan op.
“So gaan jy my help om my skoene uit te trek?”
Ek moet mooi dink. “As jy aandring help ek graag. Ek dink jy moet gou eers ‘n asperin drink voor jy gaan slaap.”
Ek hurk voor haar en begin die linkerskoen uit trek. Sy het ‘n romp aan wat net onder haar knieë hang en nou effens opgetrek is. Met die linkerskoen uit lig sy haar regtervoet op na my en ek kyk met opset in ‘n ander rigting. Ek sou reguit in haar panty vasgekyk het as ek wou (as sy een aangehad het, ek weet nie). Ek trek die skoen uit en stap kombuis toe. Ek kry die asperin en ‘n glas water. Terug in die kamer is sy al in die bed. Ek los die pil en die water op die bedkassie en stap uit.
Die volgende middag kry ek ‘n boodskap Deidre af. Dankie vir gisteraand. Jy moet maar ekstra invoice vir “spesiale versoeke!” Ek weet eers nie wat om te doen nie. Hierdie is ‘n grys area wat my reputasie in gedrang kan bring. Doodreg, geen probleem, stuur ek terug.
So gaan ‘n paar dae verby en Herman bel om te vra of ek in die huis kan bly vir ‘n paar dae, hulle gaan weg. Ek stem in en arriveer die volgende dag by die huis. Later die aand kry ek ‘n boodskap van Deidre af. Als OK? Ek het lasagne vir jou gemaak. Kyk in die yskas. Ek laat weet als is ok en dankie vir die kos. Ek stap deur die huis en check al die kameras op my laptop. Ek kyk ook deur die vorige week se opnames. Als lyk normaal. Geen onbeplande besoeke of afleweringsvoertuie nie.
Net voor ek die lig afskakel om te slaap kry ek weer ‘n boodskap van Deidre af. So watter ander dienste bied jy? Weer weet ek nie hoe om te reageer nie. Ek weet sy is alleen in ‘n hotelkamer en Herman is by een of ander funksie. Voor ek kan antwoord kom daar nog ‘n boodskap deur. Ek het soms spesiale versoeke. Of behoeftes. Ek brand om deel te neem. Ek wil haar vertel van haar mooi tiete en hoe ek al verskeie strome sperm gespuit het terwyl ek fantaseer oor haar. Hoe ek haar heupe dophou as sy voor my uitloop en dat ek verskeie kere al deur haar wasgoed mandjie gekrap het as deel van my “werk”. Ek weet watter grootte bra sy dra en het al haar hele reeks onderklere gesien. Ek weet sy verkies die hipster styl panties in satyn. Ek hou kop, en antwoord: Ek dink jy moet slaap, dis al laat. Ons kan more gesels oor wat ek als doen. Lekker rus. Sy is vining met ‘n respons: Nick, ek is verveeld en lus vir kwaaddoen. As jy nie wil saamspeel nie verstaan ek. Maar ek weet jy is tog nuuskierig….. Kort daarna kom daar ‘n foto deur van haar in die bed. Sy het ‘n donkerpers satyn nagrok met spaghetti straps aan. Haar borste vul die satyn en haar nippels is duidelik sigbaar. Sy het haar hand voor haar mond, asof sy skaam is of uitgevang is.
En toe swig ek. Wat se spesiale versoeke het jy? Vir ‘n ruk is dit stil en ek dink sy het aan die slaap geraak. En toe kry ek ‘n boodskap van ‘n onbekende nommer af. Hierdie is my ander nommer. Jy verstaan mos… Ek sou geweet het as sy ‘n ander selfoon het, dis my werk om te weet. Vandag nuwe simkaart gekoop. Ek sug van verligting. Ek neem aan Herman weet nie van hierdie nommer nie? Sy antwoord met ‘n prentjie wat ‘n vinger voor die mond hou. Sorg jy ook dat die vorige gesprek van my gewone nommer af ook verdwyn meneer. Jy weet mos wat aangaan. Weer ‘n gesiggie wat oog knip. Volgende boodskap is ‘n voice note. Ek skrik toe die foon vibreer en ek sien dis ‘n voicenote.
“Nick,’” haar stem is sag en sy praat stadig, “Ek het dinge, fantasieë, wat ek wil uitleef. Dinge wat ek wil ervaar. En jy is die veiligste persoon om dit mee te vertrou.”
Die boodskap is klaar. Ek bewe effens.
Dan kom daar weer ‘n voicenote: “Hierdie dinge, drange, is seksueel van aard. Dinge wat miskien nie as normaal gesien sou word nie.”
Nou staan my penis al klaar kliphard regop.
Nog ‘n voicenote: “Ek is juis tans besig om so ‘n ervaring, of liewer …” en dan is dit asof sy hyg of stik “ … uit te oefen. Uhm…..mmm.”
Ek is nie seker wat besig om te gebeur nie. Toe raak dit duidelik: “Ek neem aan jy weet waar my vingers is, daarom die voicenotes.”
Ek voel hoe ‘n dierlike jagsheid in my opstoot.
“Sien, jy het my al klaar gehelp…”
Dan is sy weer stil. Ek smag om van haar te hoor, angstig om te hoor hoe sy haarself gevinger het tot in ekstase. Eers na sowat ‘n halfuur kom daar weer ‘n boodskap: “Ek wil op ‘n oggend wanneer my man by die werk is hom bel, en terwyl ek met hom ‘n oënskynlike gewone gesprek voer, wil ek sien hoe ‘n man met homself speel en uiteindelik oor my gesig en borste uitspuit voor ek die gesprek afsluit.”
Ek is nou so jags en wawyd wakker. Ek kan nie slaap nie.
“Dinsdag oggend 11 vm, jy weet mos hoe om jouself in die huis in te laat …”
Sy kyk my in die oë.
“Ek wou maar net hallo gesê het. Ons sien mekaar deesdae min.”
Ek hoor Herman se stem: “Ja, dit gaan dol hier, maar ons gaan mos binnekort Wildtuin toe.”
Sy glimlag en lig haar een bors op, vryf oor die nippel.
“Sal ons vanaand vir Norman en Odette nooi vir ete?”
Sy kyk my nog stip in die oë. Ek is naby aan kom en moet konsentreer.
“Ja, dit klink lekker,” weer Herman se stem.
“Sal jy die nodige goed kry, asseblief? Ek sal steak kry op pad huis toe.”
Deidre het nou haar vingers in die nat bossie tussen haar bene en ek staar asof ek verblind is na haar. Sy trek haar een knie op en maak haar bene oop.
“Ok, ek sal die ander kos kry. Onthou om wyn ook te kry, asseblief.”
Die groot sagte borste, melkwit en haar sagte dye, die rekmerkies op haar maag, die nat pienk gleufie nou sigbaar tussen die hare, raak als te veel.
“Onthou Odette drink nie wyn nie, jy sal iets anders vir haar moet kry.”
En toe kan ek nie meer keer nie. Soos ‘n pyp wat bars, ‘n keerwal wat meegee. My boude klem en die skote wit saad skiet string op string uit my. Sy glimlag steeds. Die kom spat oor haar gesig, haar hare, haar borste.
“En kry dan Coke of sap ook vir ingeval.”
Ek ruk en kramp, pluk die vel herhaaldelik, onbeheerst oor en op om my penis. Ek moet kophou en nie ‘n geluid te maak nie. My asem jaag. Sy vryf die blink nat vloeistof oor haar terwyl sy agteroor lê. Haar borste blink en my saad loop af oor haar maag.
“Ek sal moet gaan, Deidre, ek het iemand wat wag vir my.” Sy vryf nou my saad deur haar bossie hare en die druppels lê soos pêrels oor haar lyf.
“Ok my skat, lekker werk. Ek sien uit na ons aand saam. Bye!”
Hy groet ook en sy druk die foon dood. Sy lê vir ‘n paar oomblike so agteroor op die bankie. Dis ‘n baie erotiese gesig. Dan staan sy op en kom staan reg teen my. My penis druk ‘n nat kol op haar maag. Sy vat my hand en vryf dit deur haar nat poesie. Slymerig gly my vingers deur die warm gleuf.
“Dankie,” sê sy saggies.
Sy vat my hand en lek aan my vingers terwyl sy my steeds stip aankyk.
“Ek het nog so ‘n paar ander spesiale versoeke, maar ek moet eers ‘n paar huishoudelike takies verrig. Jy kan hier stort.”
Sy smile weer en stap kaalgat af in die gang.
5 COMMENTS
Sal daai nat sloot aflek as ek daar was. Mooi storie
Goed geskryf! Het dit geniet… opvolg seblief??
Lekker eroties!
Hoop daar is n vervolg op pad
Ja nee ek dink ons is baie wat die werkie sal wil doen en aan die versoek sal wil probeer voldoen. Wel gedaan Pacman, maar ek glo nie dis die einde van die storie nie.
Ek sal volunteer vir daai job… Wonder of daar dames is wat sal saamspeel… Pacman – nice ene!