Seminaar
deur Whale
Die selfoon in my hand vibreer die oomblik toe ek dit van flight mode afhaal. Te bang om die boodskap in die vliegtuig te lees terwyl ons wag om af te klim, wag ek tot die privaatheid van die lughawe-toilet my insluk. ‘n Whatsapp van haar af, slegs ‘n foto van haar, kaal op haar bed, die kortgeknipte klossie hare op haar venus heuwel die eerste wat my oog vang. Dan kom daar nog twee foto’s, die eerste daarvan met haar wat wydsbeen lê, haar regterhand daar onder. Die tweede foto is van haar regterhand se wysvinger, middelvinger en ringvinger, aldrie slymerig en duidelik nog vol van haar sappe. “Ek wag vir jou” staan onder die laaste foto. Ek sluk, skielik onseker, maar ek vat my tas en stap na die Avis toonbank.
-0-
Die hele dag lank sukkel ek om die foto’s van vanoggend uit my kop te kry, die herinnering daaraan laat my horing kort-kort net styf genoeg raak om ‘n ongemaklike knop in my broek te veroorsaak. My aanbieding by die seminaar is dus ‘n fokkop, ek struikel oor my reeds beperkte Engels, antwoord vrae onsamehangend en praat so klomp bog tussen-in dat ek myself naderhand nie glo nie. Ek is verlig toe almal beleefd hande klap en ek kan gaan sit. Ek merk die frons op my baas se gesig, oortuig daarvan hy oorweeg my afdanking na vandag se moerse flater. Ek sidder, dit kom van met vuur speel.
By die middagete waarvoor die belastingbetalers betaal het, oorvreet die helfte van die staatsamptenare hulle, terwyl ek ten minste twee van die stadsraad se vroulike raadslede kos in foelie in hulle handsakke sien steek. My foon vibreer en ek verskoon myself dankbaar. In die badkamer lees ek haar boodskap: “Ek wag vir jou.” Die skerm dui aan sy is besig om nog ‘n boodskap te tik en ek wag. ‘n Foto kom deur wat sy in ‘n spieël geneem het, ‘n impossante vibrator heeltemal in haar in opgedruk. Ek sluk, my voël dadelik styf. Ek moet hier wegkom, hierdie vrou gaan my mal maak as ek haar nie nou gaan naai nie. Ek pis, tjommel bietjie in die badkamer rond om die horing in my broek te laat verdwyn en stap uit. Ek verskoon myself by die tafel met ‘n flou verskoning, en hardloop amper na die kar toe. Die pad uit Sandton uit Centurion toe lê ek in rekordtyd af, oortuig daarvan dat ek heelwat boetes gaan kry.
-0-
Ek het haar twee weke terug op ‘n blog ontmoet, ons het begin gesels en dinge het baie vinnig ontwikkel toe ons uitvind sy lê, nes ek, snags skelm op haar tablet die blog en lees. Ons het begin om mekaar se nuuskierige vrae te beantwoord en dit was nie eers ‘n week voordat ek ‘n rede gesoek het om Johannesburg toe te vlieg nie. Ons eerste seks was brutaal, onbeskof en sonder voorspel. Sy het my verseker haar man het haar ‘n jaar laas een aand per ongeluk in sy dronkenskap gepenetreer, en haar sekslus het haar teen die mure uitgedryf tot sy my ontmoet het. Ek het daardie aand terug hotel toe gery, bitter spyt dat ek dit toegelaat het. Maar haar toeganklikheid en bereidwilligheid om vir my nuuskierigheid se onthalwe te eksperimenteer het my soos ‘n magneet getrek, want op daardie stadium het my sekslewe uit masturbasie bestaan weens my vrou se afgewaterde seksdrang in haar menopause.
-0-
Die elektriese hek skuif oop voor die kar se neus en die bekende krieweling in my ruggraat begin. Ek ry tot voor die garagedeur, klim uit, sluit die kar en draf die ses trappies na die voordeur twee-twee uit. Die voordeur gaan oop en ek stap in die koel portaal in. Die vreemde bekendheid van die huis se reuk laat my ongemaklik en tuis voel terselfdertyd. Ek sluk, begin die trappe na die kamers klim soos die opdrag op Whatsapp gelei het. Tweede deur op regs, nes die boodskap gesê het. Ek stoot dit saggies oop, en sien haar lê met haar rug na die deur, kaal, nes in die fotos. Op die bedkassie lê haar speelgoed waarmee sy my al die hele oggend terg. Sy is ‘n ma van drie, vrou van ‘n alkoholis-sakeman, sy is warm in die bed, selfs gevaarlik. Ek stap om die bed, draai haar woordeloos op haar rug, sit die satynblinddoek op en gaan stort, soos die opdrag gelei het.
Terug in die slaapkamer dein haar bors met die twee ferm tiete en donkerbruin tepels op en neer, en na aanleiding van die melkerige wit heuning wat uit haar koek uit drup lei ek af sy het weer gemasturbeer. Ek sluk, my oë vasgenael op daai ryp vy van haar waar die oorgroot labia tekens toon van die drie kinders wat sy al gebaar het, dieselfde drie kindertjies wat seker nou saam hulle maatjies by die skool pouse hou. Die handdoek haak aan my stywe voël vas toe ek dit laat val en voor haar geswelde koek kniel. Ek verlustig my in haar smaak as ek my mond oor daai vy sluit, en haar klit tussen my tande vasbyt.
Sy kreun-skreeu haar orgasme teen die hoë plafon vas, hard en skril terwyl sy haar heupe ver van die bed af lig, haar rug boog en my gesig in haar intrek. In my mond trek haar koek saam terwyl die souterigheid wil-wil dreig om my te oorweldig. Dan is dit verby en beveel sy my om die blinddoek af te haal en voor haar te gaan staan. Ek gehoorsaam en sy vat my piel in haar mond sonder seremonie, en begin dit soos ‘n Magnum-roomys eet en suig. Ek voel die drukking in my balsak en keer haar toe sy dit weer in haar keel wil afdruk. Sy verstaan dadelik en draai terug op haar rug. Ek kniel tussen haar bene in, en sonder om ‘n woord te se laat sak ek my skag in haar in. Feitlik onmiddelik kom sy weer luid, en wriemel so onder my dat ek van die laaste sinne wat ek het beroof word. Ek ry haar hard genoeg dat my balsak haar koek se lippe met klapgeluide teister, en skaars 20 sekondes na haar skiet ek my manbotter pynlik-salig in haar dieptes in. Ek onttrek en sy begin haarself vinger, kom weer skreeuend en lek die oorblyfsels van ons orgasmes van haar vingers af. Vir die eerste keer vandat ek daar aangekom het praat sy
“Fok, jy naai lekker. Ek wens daai gevrekte man van my kan dit ook doen. Jy kan na môre se sessie jou geld kry skattie” sê sy nonchalant en steek ‘n sigaret op, blaas die rook in die lug.
Dit is my cue en ek gaan stort, trek aan, en ry na my hotel in Sandton. Op die snelweg piep my foon, en my vrou se naam flits op die skerm. Ek vloek hard toe ek die boodskap lees, soos vantevore tot kotsens toe skaam oor my verraad en vergryping aan die verbode vrug.
‘Hallo bokkie, darem nog net more, dan is die seminaar verby en kom jy terug my toe’ lees die boodskap.
Ek gooi die foon op die sitplek langs my en trap die Audi RS4 se versneller tot teen die vloer en wissel na die vinnige baan. Die slag kom ‘n sekonde nadat ek die trok in die pad sien staan. Sterre ontplof in my kop wanneer ek onder die sleepwa inry. Dan is dit donker.