Selfaanvaarding (5)
deur Jan Pielewiet
Taalversorging deur Lusman
(Lees vorige episode HIER)
Biep-biep.
My selfoon laat my weet ek het ‘n boodskap ontvang. Wanneer ek die foto vanaf Sandra oopmaak, sien ek die badborsel waarmee sy laas gespeel het. Ek weet sommer hier kom weer ‘n ding.
Haar volgende boodskap vertel my dat ons nooit na die res van haar versameling speelgoed gekyk het na ons vorige sessie nie.
“Doktersvoorskrifte is doktersvoorskrifte en ek moet my daaglikse dosis kry!” lees ek haar volgende boodskap.
“Kan ek bel?” volg die volgende boodskap nog voor ek behoorlik klaar gelees het.
Ek mors nie tyd deur te antwoord nie en begin ‘n video-oproep met WhatsApp na Sandra toe.
Wanneer sy antwoord, kan ek sien sy sit-lê op haar bed. Die handdoek lê al weer bo-oor haar versameling en ek wonder of daar iets nuuts by is – en of dit dieselfde as laas is. Sandra haal die eerste item uit. Dis ‘n redelik groot wortel wat sy uit die yskas gaan haal het. Sy vertel my dat die wortel nog koud is en dat hy vol riwwe is. Ek kan van die riwwe waarvan sy praat op die beeld sien.
Sy lek die wortel nat en begin hom stadig in haar koekie opdruk. Ek vergaap my as sy hom stadig uittrek en haar spoeg vervang is deur ‘n milde hoeveelheid van haar natuurlike souse. Wanneer sy hom weer indruk en heen en weer begin beweeg, kan ek sien hoe haar lippies elke keer oper en toeër gaan deur die tapsheid van die wortel – weens die groter en kleiner word van die wortel se omtrek by haar opening soos dit in en uit beweeg. Sy het haar foon se kamera op die makro-opsie gestel en ek kan elke stukkie detail haarfyn sien.
Teen dié tyd is ek al superjags. Ek haal my voël uit my broek uit sodat ek saam kan speel. Sandra is besig om die wortel stadigaan al vinniger heen en weer in haar te beweeg en ek kan sien hoe die rooi van haar opgewondenheid op haar borste begin deurslaan.
Dan skielik bedink sy haarself en strek om die volgende item onder die handdoek uit te haal. Effens teleurgesteld sien ek haar tandeborsel tevoorskyn kom. Ek wonder hoe sy haar daarmee gaan help; die steel is heelwat dunner as enigiets wat sy sover gebruik het. Dit is eers as sy die toestel aanskakel, dat ek besef dit is ‘n elektriese tandeborsel. Sy gebruik dit soos ‘n kapsulevibrator, met die gladde rugkant van die borselkop teen haar koeklippe, om hulle stelselmatig te bewerk. Dan zoem sy in op haar klit.
Teen dié tyd is ek al weer kliphard aan die draad trek saam met haar vibrasiegeleide gevrikkel aan haar dosie. Ek beny haar dat sy soveel alternatiewe het. Ek kan nie eers aan een ding dink wat ek aan my voël kan gebruik nie, anders as my hand.
Sandra gebruik nou die wortel soos ‘n dildo in haar vagina en die tandeborsel soos ‘n kapsulevibrator teen haar klitoris. Terwyl sy die wortel met haar linkerhand flink in haar koek heen en weer werk, werk sy die vibrerende tandeborseltjie se gladde voorkant om en om haar klitoris, en oor sy kappie. Dan laat rus sy die trillertjie met die borselhaartjies na bo liggies op die koppie van haar klitoris. Ek kan sien hoe haar maagspiere begin om saam te trek en ek weet daar is ‘n groot orgasme besig om op te bou.
Ek moet alle selfbeheersing toepas om my voël bietjie uit te los, bang dat ek te vinnig sal skiet. Want dan gaan sy alleen verder speel. Ek kry dit reg om vir ‘n halfminuut stil te sit voor ek weer ernstig begin draad trek in pas met Sandra se gevrikkel. Ek probeer my hand saam met haar versit, elke keer as sy die vibratortjie op haar van posisie verander. My streelhale oor my skag is in sinchronisme met die stoothale wat sy haarself met die wortel gee. Ons kyk intens na mekaar op ons fone se skerms.
Dan sien ek hoe Sandra styfskoppend saamtrek. Sy los ‘n diep kreun soos ‘n gewonde leeuwyfie en ek sien hoe die orgasme oor haar borrel. Dan los sy ‘n tweede kreun en dis dan wat ek ook my sous skiet. Die een drel land op my keel. Dan is die volgende paar blertse op my bors en maag. Die laaste paar klodders val op my skaamhare op my heuwel. ‘n Sliert loop aan die onderkant van my skag af, tot op my ballas, waar dit tussen my ruie balhare verdwyn. Ek het lanklaas so baie gekom en ek besef dit is die resultaat as ek vir drie dae sonder ‘n orgasme gaan.
Teen dié tyd het Sandra al so effens gekalmeer. Ek sien sy skakel die tandeborsel af. Haar hand verdwyn weer onder die handdoek in. Sy trek die badborsel uit wat sy daar ingedruk het toe sy die wortel uitgehaal het. Sy sê dat sy nou verder gaan speel terwyl sy die badborsel se handvatsel liefderik met haar hand begin streel. Die handvatsel is nogal redelik groot en het ‘n ellipsoïdale vorm – ‘n vorm amper soos dié van die langwerpige Roma-tamatie. Dis net bietjie groter. Die steel wat daaraan koppel is baie dunner as die omtrek van die handvatsel in sy middel. Ek kan sien die strelings oor die handvatsel is om my te terg; dit simuleer strelings wat sy die voorkant van my piel sou gee as ek by haar was.
Sandra maak so ‘n dwars opmerking na my kant toe. Sy sê dat aangesien ek myself nie kon beheer nie – en nou al klaar gekom het – ek nou vir niks deug nie. Maar ek mag maar kyk as ek wil, laat sy weet. Natuurlik wil ek kyk! laat ek haar gou oor die WhatsApp-verbinding verstaan.
Sandra sit die slimfoon op ‘n kussing tussen haar bene. Dan gebruik sy haar linkerhand se vingers om haar koeklippe oop te vou, terwyl die ander hand die badborsel se handvatsel stelselmatig in haar koek inwerk. Haar lippe blom oop om die nuwe indringer te verwelkom en wanneer die hele handvatsel in is, vou haar lippies toe om die steel.
Dan begin sy die borsel stelselmatig heen en weer beweeg terwyl haar vingers oor haar klitoris dartel. Die gesig is genoeg om my weer ‘n perfekte stywe te gee. Ek begin in alle erns weer met my voël te speel.
Die volgende oomblik sien ek hoe Sandra opvlieg en die borsel onder die handdoek indruk, terwyl sy die foon optel en die verbinding verbreek.
Wat de fok?
5 COMMENTS
Ek drip van jagsgeid
Kan ek nie ook so maaitjie he? Ek hou van dit net lekker speel niks major nie net geniet
….. en daar is baie “huishoudelike” goed waarmee jy lekker kan speel, sou jy die verbeelding en waagmoed he 😉
…eindig op ‘n spannende noot ! Wat gaan volg ? ?
hehehe daar word sy gevang