Secretions Magnifiques

Hoe lank gaan ek lees: 4 minute

deur Sneeuwitjie

My laaste stop vir die dag op pad terug na my hotel toe is 69 Rue des Archives, die ekslusiewe parfuumhuis Etat Libre d’Orange. Die winkel is stil, en die netjies geklede Fransman vertel my gretig van elk van die geure in die reeks. “And here we have one of our most unique fragrances. It is called Secretions Magnifiques”, sê hy in sy swaar Franse aksent. “Not necessarily for wearing, but a celebration of the art of perfumery. Tell me what you think.”  Ek vertaal die naam losweg met my effense kennis van die Franse taal. Dit mag interressant wees! Die fyn sproei uit die kenmerkende vierkantige botteltjie land netjies op die strokie karton wat hy tussen sy duim en wysvinger vashou.  Hy bring dit tot onder my neus en hou my dop met afwagting. Die geur tref my soos ‘n vuishou tussen die oë. Bloed. Sweet. Vel. Speeksel. Asem. Semen. Seks.

Onmiddellik spring my gedagtes terug na die repetisielokaal in die Staatsteater. Op my musiekstaander is my bladmusiek en selfoon.  Chopin Piano Concerto No.1 Romanze – Larghetto (Clarinet in C). Die musiek is roerend mooi. Soos Copin self gesê het, herinner dit aan ‘n droom in die maanlig op ‘n pragtige lente-aand. My selfoonskerm verhelder op my musiekstaander. Ek loer of die dirigent in my rigting kyk. Hy is besig om vir die strykers iets te verduidelik, en ek lees en tik skelm.

Hy: Kom jy oor?

Ek: Kleedrepetisie tot 10. David is terug van Kaap. Hy wag by huis.

Hy: Just a quick fuck?

Ek: Rain check. Kan nie laat by huis kom nie – D gaan agterdogtig wees.

Ek: Plus  – dis daai tyd van die maand… Ugh.

Hy: Ek skrik nie vir ‘n bietjie bloed nie.

Ek draai my foon om met die skerm na die musiekstaander toe.

My hart begin vinniger klop. Ek speel verder en probeer konsentreer op die note. Die musiek is intens en meesleurend en die wêreldbekende solis, ‘n pragtige donkerkop pianiste, se lenige lyf beweeg ritmies saam met die melodie. Ek hou haar dop uit die hoek van my oog. Sy leef haarself in die passie in, en by tye laat haar gesiguitdrukking my dink aan ‘n vrou op die rand van orgasme. Daar is so ‘n sterk ooreenkoms tussen seks en simfonie. Die voorspel, opbou, ritme, klimaks. Ek kan nie ophou dink aan sy boodskap nie. Hy is so anders as David. Soveel meer oop, eerlik, eksperimenteel. Ek skuif ongemaklik rond in my stoel.

Die repetisie verloop vlot. “Remember, all dressed in black for the concert, everybody. Gentlemen, jackets for the first half of the performance. See you tomorrow night”, sluit die dirigent af. Ek draai my foon om en sien ons is vroeg klaar. Die skerm wys 21:30, en nog ‘n boodskap van hom.

Hy: Inteendeel. It kind of turns me on.

Ek vee die boodskappe uit en druk die foon in my sak. Fok. Hy weet presiés hoe om my jags te maak. Ek maak ‘n vinnige draai in die badkamer, wik en weeg, haal diep asem, trek my tampon aan die toutjie uit en spoel dit weg. Op pad uit kyk ek na myself in die spieël – die kombinasie van opwinding en gevaar in my oë wat ek die laaste paar maande so goed leer ken het.

“Jy het tien minute,” sê ek toe hy die deur oopmaak.

Hy trek my nader en stroop ons albei se klere af, sy tong dans in my mond.  Ek is vaagweg bewus van Chopin se klavierkonsert wat êrens in die agtergrond speel. Hy laat gly sy tong oor my borste, maag, heupe, draai my om, en lek al met my ruggraat op tot in my nek. My hele lyf tintel. Hy druk weer sy tong diep in my mond in, en ek proe die effense soutigheid van my vel op sy tong. Hy sak af op sy knieë voor my, lek my lippies oop en terg my klit met sy tong. Ek probeer sy kop wegdruk van my af.

“Nee, die bloed …” prewel ek, maar hy hou nie op nie.

Al die bloedvate in my onderlyf is geswel, en elke senupunt ekstra sensitief vir sy aanraking. Hy druk versigtig sy vingers tussen die voue van my geswelde labia, en skuif twee vingers tot diep in my poesie, terwyl hy my klit suig. Die mengsel van my sappe en bloed laat sy vinger moeiteloos inglip. Hy hou aan speel en dryf my byna oor die rand van plesier. My naels druk diep merke in sy nek soos ek my orgasme probeer terughou. Ek ken sy lyf goed, en weet teen hierdie tyd is sy piel al kliphard en reg vir my.

Ek trek weg, draai om en sak wydsbeen op my knieë neer op die leerbank. Hy skuif agter my in, en die bebloede vingers van sy een hand gryp my hare in ‘n bondel van agter af vas. Ek sit my hand tussen my bene in, lei sy klipharde piel tot by die opening van my gretige oopgesperde poesie, en meteens is hy kliphard binne-in my. My rug krom terug soos hy my hare harder trek, en hy stoot homself so diep in my in dat ek sy balle teen my poesie kan voel. Hy naai my hard en stadig. Trek tydsaam amper sy hele piel uit en stoot homself weer stadig terug, so diep as wat hy in my kan ingaan. In en uit, in en uit. Chopin in die agtergrond bou op tot ‘n klimaks – êrens tussen sewe en agt minute in die tweede beweging. My hele onderlyf begin saamtrek. Dit voel of ek my lyf vir ‘n oomblik verlaat, en ek kom in kloppende spasmas van ekstase. Hy strek my hare stywer vas. Sy asem jaag in my nek terwyl hy homself ‘n laaste paar keer diep in my instamp. Daar ontsnap ‘n diep kreet uit sy keel, en hy sak sy natgeswete lyf neer teen my rug. Bloed en semen loop af teen my bobeen.

By die huis sit David agter sy rekenaar en kyk skaars op toe ek inkom. Ek soen hom op sy voorkop.

“Hoe was julle repetisie?” vra hy.

“Heel goed gegaan”, antwoord ek. “Net warm gekry. Die repetisielokaal se aircon werk nie.  Ek gaan gou stort.”

In die stort maak ek my oë toe en neem ‘n diep asemteug. Bloed. Sweet. Vel. Speeksel. Asem. Semen. Seks. Aards. Dierlik. Gevaarlik. Wens ek kan die reuk vasvang om later na terug te keer. Ek draai die kraan oop en geniet die sensasie van die warm druppels teen my lyf. Die taai aand spoel van my vel en hare af.

Ek glimlag vir die Fransman. Die klein bliksem!  Dis seker vir hom ‘n lekker speletjie om te sien hoe die verskillende klante reageer op die parfuum. “A very unique scent, indeed, monsieur”, lewer ek my kommentaar. “Indeed not for everyday wearing, but a lovely frangrance that recalls some memories. Do you perhaps have a sample for me? Oh, and one bottle of the Putain des Palaces, please.” Ek stap met die klein pakkie en ‘n gevaarlike kyk in my oë uit die winkel uit, die strate van Parys in.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

13 thoughts on “Secretions Magnifiques

  • Avatar
    Mar 11, 2019 at 1:59 pm
    Permalink

    Etat Libre d’Orange is deur ‘n Suid-Afrikaner begin en hy spesialiseer in snaakse name vir sy produkte. As ek reg onthou is een van sy parfuums Die Vet Elektrisien. En sy besigheid se naam beteken Oranje Vrystaat. Ek noem dit net in die verbygaan, ek het eenkeer van die Kaap af oppad Bloem toe gesit en radio luister toe is daar ‘n onderhoud met hom.

    Jou storie is baie eroties, baie mooi geskryf en jagsmakiend lekker. Dankie!

    Reply
    • Avatar
      Mar 11, 2019 at 2:58 pm
      Permalink

      Inderdaad. Sy naam is Etienne de Swardt (baie aantreklike man) en sy skeppings, die geure sowel as die name, is besonder kreatief. Ongelukkig nie maklik bekombaar is SA nie, so ek koop maar altyd in die buiteland. ‘n Goeie vriend van my is mal oor Fat Electrician. My persoonlike gunsteling is Putain des Palace (the palace whore…)
      😉

      Reply
      • Avatar
        Mar 11, 2019 at 5:07 pm
        Permalink

        Wou nie windmaker klinkj nie. Het net gewonder hoeveel mense van die ou weet. Jou storie is regitg amazing!

        Reply
        • Avatar
          Mar 11, 2019 at 5:31 pm
          Permalink

          Dink jy’s een van min! Dankie vir die kompliment. x

          Reply
  • Avatar
    Mar 10, 2019 at 2:26 am
    Permalink

    Romantisisme en sentimentaliteit domineer meeste mense se seksuele uitdrukking – in stories en in die werklike lewe. Van kleins af word mense geïndoktrineer met wat behoorlik of goed of sosiaal aanvaarbaar is. Die instinktiewe word onderdruk en enigiets wat moontlik dierlik mag voorkom word verdag gemaak en dit fok mense se lewens op – en veral hulle ontdekking en uitlewing van hulle seksualiteit en hulle interaksie met die teenoorgestelde geslag.

    Jy ignoreer verskeie sosiale konvensies in jou storie en tref daardie dierlike senuwee wat dit regtig eroties maak.

    Reply
    • Avatar
      Mar 10, 2019 at 1:49 pm
      Permalink

      Jy slaan die spyker op die kop, Uther. Jung het immers gesê “Too much of the animal disfigures the civilized human being, too much culture makes a sick animal.”
      Dit bly maar vir meeste ‘n gestoei om die beskaafde en die dierlike te integreer – veral as dit kom by seksualiteit.

      Reply
  • Avatar
    Mar 9, 2019 at 7:51 am
    Permalink

    Sneeuwitjie eks nou nie n skrywer nie, maar hierdie storie is uiters goed geskryf. Moet met Uther saam stem, reuk is n aspek van seks wat baie maklik gemis word. En soos Wil ook se, jou storie is tone krul lekker. Absoluut wel gedaan en ons wag vir jou volgende.

    Reply
    • Avatar
      Mar 10, 2019 at 7:35 am
      Permalink

      Tone wat krul is altyd ‘n goeie teken. 😉 Bly jy het dit geniet, Ysbeer.

      Reply
  • Avatar
    Mar 8, 2019 at 4:27 pm
    Permalink

    Magnifique !
    Hierdie verhaal het my tone laat krul van lekker!
    Dankie vir uitmuntende vermaak.
    Wanneer jy verveeld raak skryf maar nog stories, want jy kan !

    Reply
  • Avatar
    Mar 8, 2019 at 3:52 pm
    Permalink

    Ek hou van die aardsheid hiervan. Reuke is een van die onbesonge aspekte van seks.

    Reply
    • Avatar
      Mar 9, 2019 at 8:43 pm
      Permalink

      Dankie, Uther. Jy geniet dit altyd hoe jy die olfaktoriese aspekte so goed vasgevang kry in jou stories!

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)