
Robert Crumb (1943- )
deur Uther Pendragon
Robert Crumb is ‘n bekende Amerikaanse strokiesprentkunstenaar, satirikus en musikant. Crumb is seker een van die mees onkonvensionele en kontroversiële kunstenaars van ons tyd vir verskeie redes: Sy werk is dikwels blatant pornografies en sluit selfs uitbeeldings van dwelmgebruik, koprofilie, nekrofilie, rassisme, misoginisme en pedofilie in. Enige taboe word vir Crumb, soos die boom van die kennis van goed en kwaad, ‘n bron van perverse inspirasie. Hy is geweldig hardwerkend en hy word as ‘n Amerikaanse ikoon beskou en sy werke is wêreldwyd bekend.
Kindertyd
Crumb het in ‘n middelklas Katoliek-Amerikaanse huis grootgeword. Sy pa Charles was ‘n seesoldaat in die Amerikaanse weermag en ‘n kunstenaar. Hy het ook die boek Training People Effectively geskryf. Sy ma was ‘n emosioneel-onstabiele huisvrou wat aan amfetamiene verslaaf was. Die
huwelik was ongelukkig en die ouers het gereeld voor Robert Crumb en sy vier sibbe baklei. Hulle ma het gereeld, tydens haar woedeaanvalle, hulle pa se gesig stukkend gekrap terwyl hy net daar gestaan het en niks gedoen het om haar te keer nie. Hulle pa het weer die kinders geslaan en emosioneel geterroriseer en het so min tyd moontlik by die huis deurgebring.
Gebroeder Crumb
Die storie van Robert Crumb sal nie volledig wees as mens nie sy broers se rol in sy lewe verstaan nie. Robert en sy ouer broers het hul kindertydse fantasieë uitgeleef deur om strokies te teken. Toe Robert 15 is, het die broers die strokie Foo wat hy geteken het self gepubliseer en dit van deur tot deur verkoop. Robert se tegniese vaardigheid het veral onder sy ouer broer Charles junior se aanmoediging bly groei ten spyte daarvan dat die skool hom probeer oortuig om eerder meer tyd aan sy skoolwerk te spandeer.
Al drie broers het obsessief geteken, eendersyds omdat dit ‘n verworwe talent van hul pa se kant was, andersyds om die spanning en onmin in die huis te ontsnap. Waarskynlik weens die slegte verhouding wat hulle met hulle pa gehad het, was dit veral sy oudste broer Charles junior, wat die grootste invloed op Robert gehad het. Charles junior het ‘n obsessie met strokies gehad en veral om dit te teken en sodoende Robert geïnspireer om ‘n strokiesprentkunstenaar te word.
Charles junior het vroeg in sy lewe tekens van geestesversteuring begin toon. Hy het homself as ‘n homoseksueel met pedofiliese geneigdhede beskryf toe hy op ‘n kinderakteur in die film Treasure Island verlief geraak het. Hy het die film, wat in 1950 gemaak is, eers in 1955 as 13-jarige gesien en daarna obsessief een na die ander strokiesprent met die seun as karakter daarin begin teken. Ironies was die akteur, Bobby Driscoll, in werklikheid vyf jaar ouer as Charles. Charles het nooit uiting aan sy drange gegee nie deur om mense te vermy deur om eenvoudig nooit die huis te verlaat nie – nie eens om die tandarts of ‘n dokter te besoek nie en veral nie om vir sielkundige hulp te gaan nie. Hy was konstant bevrees dat enigeen, veral sy ma, van sy seksuele drange sou uitvind en het eers net voor sy dood met die sak patats vorendag gekom.
Sy kunswerke het al hoe vreemder begin word en hy het al hoe meer herhalende en pynlik netjiese konsentriese lyne geteken en obsessief elke vierkante sentimeter se oop ruimte op die papier gevul. Reeds voor dit het hy strokies geteken waar die karakters al hoe meer praat totdat die blokkies met woorde gevul was. Later in sy lewe het die woorde in die strokies na ‘n pseudo-skrif verander en later het hy bloot boekevol met hierdie skrifagtige gekrabbel gevul. In 1992 is hy aan ‘n oordosis pille dood. Sy ma, by wie hy tot met sy dood gebly het, het meeste van sy kunswerke weggegooi met die verskoning dat sy nie gedink het dat enigeen daarin geïnteresseerd sou wees nie.
Die tweede oudste broer Maxon Crumb, is ook ‘n kunstenaar in eie reg. Maxon toon dieselfde obsessiewe gedrag as sy broers.
Hy voer ‘n kluisenaarsbestaan maar gaan soms uit om op langs die straat te sit om te bedel. Vir jare was Robert sy enigste kontak met die buitewêreld. Hy is anoreksies want hy hou op om te eet wanneer hy skilder omdat eet glo met sy skeppende proses inmeng. Hy is ook selibaat omdat hy epilleptiese aanvalle kry wanneer hy seks het.
Maxon verkoop sy kunswerke op die internet. In 2000 het hy ‘n boek Hard Core Mother (2000) geskryf. Dit handel oor ‘n ma se insestueuse verhouding met haar dogter en sadisme.
Hy glo ook dat die mishandeling wat hy as kind ervaar het, hom ‘n meer sensitiewe mens gemaak het en dat hy op ‘n karmatiese wyse die vergrype wat sy pa as soldaat teen ander gepleeg het as boetedoening moet herleef.
Robert Crumb se outobiografiese werke en onderhoude is deurspek met verwysings na sy lewenslange gevoelens van minderwaardigheid en hulpeloosheid. Nes sy broers het hy met die sielkundige wroeging van seksuele onderdrukking en frustrasie geworstel. Hierdie twee temas – minderwaardigheid en obsessiewe wellus, gemeng met ‘n reuse kunstenaarstalent het Robert Crumb gemaak wie hy is. Hy het net soos sy broers kuns as die enigste uitlaatklep vir sy frustrasies gebruik en het obsessief geteken en aanhou bly teken tot hy op ‘n ongeewenaarde vlak as penkunstenaar ontwikkel het.
Underground Comix
Hy het in 1962 sy ouerhuis verlaat en vir ‘n maatskappy American Greetings gaan werk. Daar het hy kaartjies geteken maar dit het hom verveel en frustreer. Hy het onderlangs van sy strokies aan strokiesmaatskappye probeer verkoop maar niemand het belanggestel nie tot Harvey Kurtzman van sy werk in die graptydskrif Help! publiseer het. In 1964 is Crumb met Dana Morgan getroud en hulle het in Europa gaan reis maar met bitter min geld. Hulle het oorleef van die bietjies geld wat hy van American Greetings en Kurtzman ingekry het terwyl Dana kos gesteel het om hulle aan die lewe te hou. Hulle verhouding was baie onstabiel, hoofsaaklik omdat Crumb gereeld net sou wegloop en Dana en hul seuntjie Jesse op hul eie los.
Crumb het sy voete as onafhanklike kunstenaar in die laat sestiger jare gevind en was die krag agter die Underground Comix beweging. Hy het die eerste suksesvolle Underground Comix publikasie – Zap Comix – op die been gebring en tot verskeie ander strokieboeke van daardie tyd bygedra. In hierdie tyd het hy verskeie ikoniese anti-establishment karakters soos Fritz the Cat en Mr. Natural en Flakey Foont geskep. Sy “Keep on Trucking” motief was wêreldwyd bekend en is tipies van die verwronge perspektief wat nou in sy kunswerke te voorskyn gekom het wat sekerlik deels toe te skryf kan word aan sy gebruik van LSD. Seksuele temas het algemeen in hierdie strokies voorgekom.
Sy werk was goed deur die alternatiewe anti-establishment beweging van daardie tyd onvang. Weens die wegholsukses en populariteit van Fritz the Cat het dit selfs op die silwerdoek verskyn. Taboe-temas soos dwelmgebruik en groepseks word onder andere in Fritz the Cat uitgebeeld. https://www.dailymotion.com/video/x1jcfr
Die Underground Comix beweging het in die sewentigerjare stoom verloor en ‘n nuwe beweging, The Arcade het die leisels oorgeneem. Arcade was ‘n strokies-kultuur wat op volwasse lesers gerig was. Dit het uiteindelik aan die 1980’s se alternatiewe strokies beweging oorsprong gegee.
In hierdie tydperk het Crumb se werk van satiriese blik op die Amerikaanse kulturele norme en waardes tot ‘n outobiografiese relaas verander. Sy werke van hierdie tyd is minder anargisties en bizar en toon fyn vakmanskap veral ten opsigte van sy arseringstyl en detail. ‘n Groot deel van sy werk publiseer hy in die tydskrif Weirdo (1981–1993) wat hy ook self op die been gebring het. Weirdo was die voorste publikasie van die alternatiewe strokie-era.
Crumb se obsessies
Robert Crumb toon reeds in sy tienerjare sy obsessie met vrouens se agterstewes. Dit bly by hom vir die res van sy lewe en domineer sy erotika. Dit is egter meer as net dit. Hy het ‘n fetisjtiese obsessie met groot, sterk vrouens met gespierde dog vet bobene en boude en die gevoel van hulpelose wellus wat dit in hom opwek.
Crumb se vrouens is groot en sterk en selfversekerd, terwyl hy homself as ‘n bebrilde spinnekoppie uitbeeld wat agter op hulle klim om hulle groot boude te ry.
Natuurlik is daar baie vrouens wat erg gebelgd deur Robert Crumb se werk voel en dit as ‘n persoonlike aanval vertolk. Hy word gereeld deur feministe in die pers aangeval.
Sommige vrouens, soos die joernaliste Kristen Cochrane (2017) en Charlotte Jansen (2016) het ‘n bietjie dieper daaroor gedink het agtergekom dat sy kuns, ten spyte van die vulgariteit, kruheid en pornografiese aard daarvan, ‘n poging is om vroulike seksualiteit, wat hy as oorweldigend en intimiderend beleef, te besing. Sy kuns is meer ‘n refleksie van hoe hy vroulike seksualiteit beleef as wat dit ‘n kommentaar op die vroulike liggaam is.
Crumb se vrouens is Amasones – in sy realistiese tekeninge sowel as in sy erotiese fantasieë wat hy in sy strokieverhale gepubliseer het.
In omtrent al sy erotiese strokies bestyg die man die vrou van agter – selfs al is dit net om bo-op haar boude te sit.
In al die strokies is die sterk en voluptuese vroulike karakter net so bronstig soos die mannetjie wat met haar koppel.
Hierdie tekeninge uit Crumb se notaboek beeld goed sy obsessie met vrouens se boude en bene uit – alles verdwyn tot net dit oorbly want daardie aspek is die hooffokus van sy obsessie. Dit is ‘n perfekte voorbeeld van fetistiese objektifisering.
Gelukkig is daar talle vrouens, selfs liberale – of juis liberale vroue, wat nie ‘n probleem met Robert Crumb se fetisjtiese fantasieë het nie en sy werk inspirerend vind.
Josephine Livingstone, joernalis vir The New Republic, open ‘n artikel met die volgende paragraaf: “As a woman with a big ass, I’ve always liked Robert Crumb. Those who are familiar with Crumb’s art only in passing will know him for the big, sturdy, sexualized women he drools over in his comics. “Nice big legs!” one drawing reads, next to an arrow pointing to some nice, big legs. Crumb draws himself as a paltry little nerd, sometimes clinging to the legs of an enormous woman, his eyes hidden completely behind bottle-bottom glasses. Flecks of saliva tend to fly across the paradigmatic Crumb page.”
Die skrywer van die artikel Robert Crumb loved thick women way before our Kardashian Era, Kristen Cochrane, skryf: “I’ve wanted to look into the cultural significance of the strong, voluptuous women he draws and the criticism his drawings have received for sexual and sexist vulgarity. And because, in some way, his drawings have made me feel more confident in my own curvy body.”
Karley Siortino, die stigter van die webwerf Slutever wat op seksuele verhoudings fokus, het vir Kirsten entoesiasties geantwoord toe sy na haar met die voorstel gekom het om ‘n artikel oor Crumb te skryf: “Weirdly, I was just thinking about his giant women. I was looking at some of Crumb’s pics for inspiration because I wanted a giantess on the cover of book, but my publisher was like ‘but what does a giantess mean for your book?’ and I was like, ‘um, it’s feminist lol.’ Anyway, I was thinking about how Crumb’s giant women have a new meaning in our new age of female bodies.”
Kristen Cochrane, skryf verder in haar artikel: “I’ve become acutely aware of a more vast array of female bodies. Women who would be considered “fat” (in the bad way—which I am not making a value judgment on) are wearing crop tops to work, modelling for trendy clothing companies, and ostensibly not feeling shame about their bodies. It makes me wish I had grown up during this time. During my childhood in the 1990s, “heroin chic” was the body most idealized in the media. And during my teenage years in the mid 2000s, “tanorexia” was the thing. Now, there is so much curvy body appreciation that I finally feel normal. Thinking about these makes me think about the women that Robert Crumb illustrated, longed for, and obsessed over. Crumb idealized curvaceous bodies before we became obsessed with “thick” women again in our modern moment.”
En dit is hier waar die storie interessant word. Ek dink meeste mense sal saamstem dat Robert Crumb geestesversteurd is, maar nie meer as ander bekende kunstenaars soos Salvador Dali, Heronimus Bosch of Vincent van Gogh nie. Soms dink ek dat mens in elk geval in ‘n ander rat moet wees om ‘n goeie kunstenaar te wees. Sy erotiese werk is hoofsaaklik ‘n ongesensuurde uiting aan sy primitiewe emosies en nie ‘n waardeoordeel oor vrouens nie. En daar is vrouens, selfs sterk feministiese vrouens, wat dit vang en nie slegs hom nie veroordeel nie, maar juis ‘n toegeneendheid jeens hom daarvoor het. En een daarvan is Aline.
Aline
Robert Crumb is in 1978 met Aline Kominski getroud. Ek vind Aline fassinerend. Mens kan jou nie indink hoekom so ‘n mooi vrou vir Crumb geval het nie – totdat jy ‘n bietjie dieper begin lees en agterkom dat sy self so kinkelrig soos ‘n draadhanger is.
Aline is die enigma wat my fassineer. Aline was reeds ‘n gevesgtigte strokiesprentkunstenaar in die Underground Comix -beweging toe sy Robert Crumb in 1972 ontmoet het. Sy was een van die kunstenaars wat vir die Wimmen’s Comix Collective gewerk het en het daarna saam met Trina Robbins die strokiesboek Twisted Sisters begin. Beide strokies het ‘n sterk feministiese inslag gehad. Aline het haar nie aan Robbins se aversie teenoor Robert Crumb gesteur nie en het by hom ingetrek.
Aline is dikwels ‘n karakter in Crumb se strokies waar sy realisties uitgebeeld word. Maar sy is ook die inspirasie vir Devil Girl wat erg kinkelrig eroties uitgebeeld word. Devil Girl is ‘n wulpse plomp monster wat vir geen seksuele perversie skrik nie. Seks met Devil Girl is morsig en lelik maar permissief en allesoorheersend intens. Devil Girl bevry Robert Crumb van sy kerker van twyfel en onsekerheid en hy kan vrye teuels aan sy perverse passies gee en word self ‘n seksuele demoon wat haar vul en beheer.
Die laaste twee blokkies hierbo som vir my die storie op – Devil Girl word op die mees esties-afstootlike, sosiaal onkonvensionele wyse gebruik maar sy is duidelik OK daarmee. Eintlik meer as OK – sy leef hiervoor en het haar mees intense klimaks bereik terwyl sy so erg deur Mr Natural gebrutaliseer word.
Aline het ook ‘n paar keer saam met Crumb strokies soos Self-loathing Comics en Dirty Washing geskryf en geteken. Kyk hoe sy haarself in seksuele situasies uitbeeld en verstaan dan dat dit nie net Robert Crumb is wat die enigste perverse persoon in hierdie verhouding van bykans 40 jaar is nie.
Aline / Devil Girl is vir Robert Crumb die medium wat sy fantasiewêreld met die werklikheid koppel. Ek vermoed ander kunstenaars het ook so iemand gehad – Neelsie het sy Sarah Goldblatt gehad, Rembrandt het Saskia gehad, James Joyce het Nora gehad, Salvador het Gala gehad en Robert Crumb het Aline.
Hierdie vrouens wat die mans in hul lewens aanvaar vir wie hulle is en hulle waardeer en geniet en hulle inspireer om net na groter hoogtes te reik, is die muses waarvan menige van ons net kan droom.
Robert Crumb, Aline en haar minnaar en hul kinders het in 1991 in Frankryk gaan bly in ‘n huis wat hy met die geld gekoop het wat hy vir ses van sy sketsboeke gekry het.
Nou wonder mens – wie is dit wat na huweliksberaders gaan – die mense wat onrealistiese sosiaal-aanvaarbare verhoudings probeer handhaaf of mense met alternatiewe lewenstyle wat aan hulle passies – hoe pervers ookal – kan uiting gee saam met ‘n maat wat daarin deel? Ek dink dat as mense hulle seksuele drange in hul verhoudings met die regte seksmaat kan uitleef, dan sal daar mos nie probleme wees nie. Ek dink kinky mense moet dalk huweliksberaders word want dit lyk my hulle verhoudings is stabieler en meer permanent as selfs van die konvensionele huweliksberaders s’n en dat ons baie by hulle kan leer.
En so het Robert Crumb toe danksy sy valkure tog in die hemel gekom.
Die dokumentêre film Crumb was in 1994 oor Robert Crumb se lewe gemaak. Dit bevat ook onderhoude met sy twee broers en hulle ma.
‘n Outobiografiese strokie oor Robert Crumb se lewe kan gevind word op:
https://thebristolboard.tumblr.com/post/140470685325/cesarsebastian-walkin-the-streets-by-robert
‘n Onderhoud met Robert Crumb oor sy werk kan gevind word op: https://channel.louisiana.dk/video/robert-crumb-a-compulsion-to-reveal
Artikels deur vroulike joernaliste oor Robert Crumb se werk:
Cochrane, K. (2017) https://slutever.com/robert-crumb-thick-voluptuous-women-kardashian/
Jansen, C. (2016) https://www.artsy.net/article/artsy-editorial-r-crumb-delivers-comic-relief-to-a-beauty-obsessed-society
3 COMMENTS
Uther. Dankie vir ‘n great “storie”. Ek verstaan nie al die nuances wat in hierdie studiestuk weergegee word nie.
Wat ek wel verstaan is – Dit maak my Lus en vir nou is dit genoeg.
Uther, hierdie artikel(s) was uiters interessant en verstommend.
Ek het dit ontsettend geniet, baie dankie !
Sulke artikels maak mens se oë weer oop dat daar ‘n ander lewe ook daarbuite is. Dis nie net seks, lock-down en ‘hamburgers’ nie !
Uther, baie dankie, hierdie is fantasties! Daar is so baie van die tekeninge wat my erg aandraai. Wat ek interessant vind is dat alhoewel hy klein is en die vroue groot en sterk, hy sy karakter in die tekeninge die dominerende ene. Sy vrou word gedomineer selfs al is sy ‘n “super” karaker en staan sy vir feministiese beginsels. Ek is mal oor die teenstelling – soos jy al goed sal weet. Nog meer van ‘n teenstelling omdat hy die fisiese kenmerke van die geslagte soortvan omruil, maar ten spyte daarvan bly hy by die tradisionele/biologiese(?) rolle. (Sielkundiges sal natuurlike ‘n field-day hê met sy ma en waar sy sterk vroue wat hy op die einde domineer/wen vandaan kom. 😉 Mal hieroor. Baie dankie weereens.