
Poplap gaan Spa toe
deur Annie Kekkelbek
Jille! Toe gee ‘n vriendin mos vir my ‘n gift-voucher vir ‘n massage by ‘n spa. ‘n Regte, egte grênd spa waar ‘n mens net healthy goed mag eet en drink en heeltyd moet fluister.
Dit was bevange, doll! Maar wag, laat ek by die begin begin.
Reeds wanneer ek by die groot hek inry, weet ek hier kom ‘n ding. Vandag check ek hoe die een persent leef. Die waghuisie by die hek is dan amper groter as my huis! Maar dis fine – queen for a day werk vir my. So ek park my skedonk sommer so windgat langs die wit Merc reg langs die deur van die Spa.
Moenie vir iemand vertel nie, maar ek stress so bietjie as ek in sulke fancy plekke inloop, hoor! Dis net hout en glas en mense met maer lyfies en mooi velle in skoon uniforms waar jy kyk. Nie een van hulle lyk soos daai masseuse daar langs die action-cricket baan nie. Hierdie is class. Once.
Maar hulle sê, mos “fake it until you make it.” So ek plak my smile op en stoot my boobs uit en loop soos ‘n lady na die toonbank toe.
Jimmel, maar die mense is nice! Hulle tune my sommer dadelik op my naam so asof hulle spesiaal vir my gewag het. Creepy.
Die ou by die toonbank gee my ‘n sleutel vir ‘n locker en sê ek moet hom volg. Hy wys vir my die chill-room en die warm swembad (Warmbad vibes, doll!) en daar is Jaccuzi’s en nog ‘n sauna ook! En dan sê hy ek moet my klere gaan uittrek en die kamerjas en pantoffels wat in my locker is aantrek.
Nou sien, né, ek weet van klere en goed. Ek het ‘n moerse sense of fashion en ek het mos daai design klas by die college gedoen. Ek het juis so sexy swart syerige kamerjas met ‘n draak op sy rug wat ‘n china direk uit China vir my gebring het. (Hehe, see what I did there?) Ek dra dit saam met daai pienk slippers met so sexy hakkie en so wollerige dingetjie op die bo-kant en dit maak my manne rasend. So wanneer ek daai locker oopmaak vang ek eers nie lekker wat ek sien nie.
Eerstens, dis dan beige!!! Wat de hel, doll? Niemand lyk goed in beige nie! Die gown is omtrent sewe sizes groter as ek en die slippers … ai, daai slippers … sukke plat lap jobbies waarin mens slof eerder as trippel.
Anyway, ek het ‘n groter probleem, want ek weet nie of ek my undies moet uittrek nie. Vir my boyfriend gaan ek commando onder daai kamerjas, maar hierdie mense is mos feitlik ordentlik, man.
So nou hou ek maar my matching pienk leeuveltiertert bra en panties aan, net so vir die wis en onwis.
Oukei, chill-room toe. Hier is rye en rye van daardie stoele waarop mens langs ‘n swembad lê – almal check so een kant toe na die leë swembad aan die annerkant van die glas. Almal is leeg. Ek pick vir my een in die middel van die plek, vis die vars chappie wat ek saamgebring het uit die kamerjas se sak en maak reg om die chill-ding te doen. Maar net wanneer ek my lê kry, kom roep hulle my.
Sy vat my na ‘n kamer met dowwe ligte en ‘n hoë bed in die middel.
“Take off your gown and lay down on the bed,” tune die vrou my voor sy die deur agter haar toetrek.
Oukei …
Ek trek daai hideous lap-slipper-plakkies uit en hang dan die kamerjas agter die muur. Dan gaan lê ek op die bed.
Ek raai hierdie is nog ‘n chill-fase van die hele proses so ek prop maar een van die kussings wat op die bed lê onder my kop. Mmm, jissie hierdie undies van my is sexy … ek like leopard-skin patrone in pienk … my tieties val nie eens plat wanneer ek op my rug lê soos nou nie … as ek my een been so optrek en my voete bietjie oopskuif kan ek bo-oor my bra vol boob die matching pantie sien … sal nogal ‘n cool fashion-pic maak … dalk met my een hand so op my een tietie en die ander ene net-net by die bo-kant van my pantie ingestoot …
Die deur gaan so skielik oop dat ek my chappie insluk van die skrik.
Die vrou steek vas asof sy ‘n vision gesien het, terwyl ek probeer om die chappie uit my keel te kry. Haar oë is groot en sy lyk so half onseker, maar ek weet al teen hierdie tyd my undies het daai effect op mense so ek smile vriendelik vir haar en wink haar nader. Sy kom staan langs die bed en kyk af na my.
“Are you okay?” vra sy terwyl sy die kussing onder my kop uittrek.
“Yes, thank you.”
“Please take off your bra and turn on your stomach.”
Jawellnofine.
Sy gooi ‘n handoek oor my lyf.
Ek lê nou op my maag met my kop in ‘n gat. Die ligte van die kamer word nog dowwer, Enya begin saggies in die agtergrond sing en dan maak ek maar my oë toe.
!!!!!! Die vrou het nou-net yswater op my voete se sole gespuit. Ys, nie eish nie. Nou vee sy dit met ‘n lappie skoon. Ek imagine die vuil garage waarin ek kaalvoet kar toe geloop het en die driveway se grond toe ek die hek oopgemaak het en my kar se vloer (want ek bestuur kaalvoet) se swart aan daai lappie van haar en is nogal bly dat my kop op die oomblik in ‘n gat is. As ek dit nie was nie, sou ek self dit in een gaan druk het.
Eish man, die arme een persent moet selfs sekermaak dat hulle voetsole enige tyd inspect kan word. Dit het ek nou nooit suspect nie. Ek hoop nie sy gaan ander dele van my ook so ontsmet nie – ek lê juis met my ass in die lug …
Anyway, ek skiem my voetsole is nou ontsmet, want sy vryf nou sukke lekker warm olie oor my rug en ek konsentreer nou op die chickie se sterk hande en Enya se narkose-inducing musiek.
Jissie doll, ons moet uitvind watse olie hierdie is. Dis asof dit nooit opraak nie – soos daai in daai vrou in die Bybel se kruik. Ek massage my boyfriends partykeer met handeroom, maar die goed trek mos heeltyd in sy vel in en dan moet ek nog en nog en nog room gebruik – dis nogal baie room as mens ‘n gespierde ou soos my gym-boyfriend massage. Maar hierdie bly glad na die eerste aansit – miskien trek dit nie in velle in nie?
Anyway, dis nogal lekker hierdie rugmassage. Haar hande gaan so af, af, af tot by my boude en dan nog so entjie verder. Mmm, ek wonder nog steeds oor daai “sexual massage” ad wat ek gesien het … daai ou sal seker sy sterk hande tot oor my boude gly … miskien sal die olie hom per ongeluk tussen hulle in laat gly … mmmm … en kan net imagine …
Ek dink ek het miskien so bietjie geslaap, want ek skrik wakker as sy my been onder die handoek uithaal om dit ook te massage. Ai dis lekker. Die rykgatte weet darem hoe om bederf te word, doll. Enya het nou klaar haar Irish ding gedoen en nou sing daai monikke saggies vir ons terwyl my ander been dieselfde behandeling kry.
“Please turn around.”
Wat? Ek het nie spiere wat massage kan word aan die voorkant van my lyf nie? Het ek? Daar is net tieties en maag en ek is seker sy gaan nie aan enigeen van daai vat nie. Gaan sy?
Sy sit ‘n lappie oor my oë wanneer ek op my rug lê. Dis seker sodat ek nie hulle geheime kan afkyk nie. Hierdie mense is nie die beste omdat hulle hulle kennis met almal deel nie, doll. Hulle moet hulle investments beskerm.
Anyway, sy massage nou die een millimeter vleis wat oor my been se bene is. Dis nog steeds lekker, maar bietjie seerder want die bene aan die binnekant druk terug. Sy massage my enkels en my knie, doll, kan jy dit glo?
En dan doen sy dieselfde met my arm wat langs my sy lê. Sy het langerige naels, want elke nou en dan wanneer sy aan die binnekant van my bo-arm werk dan raak-raak haar naels aan die buitekant van my tietie. Dit voel lekker, maar ek sal dit nie vir haar sê nie, want hulle reëls sê hulle smyt jou in one-two-three ticks uit hierdie plek uit as jy enigiets sexual sê. So nou lê ek maar ek dink aan monikke in koue kloosters terwyl sy lekker goed met my lyf doen. Wat anders kan ‘n hot-blooded woman do?
Ai, hierdie mind van my. Ek het nou-net onthou dat monikke sexy kan wees. Ek imagine hulle is anyway seker sommer kaalgat onder daai lang, bruin rokke. Gelukkig is sy nou klaar met my arms-langs-my-tieties so nou kan my juices so bietjie kalmeer.
Maar, alle grappies op ‘n stokkie, ek dink hulle het ‘n Bybel tema hier aan die gang, want sy gooi nou olie op my kop. Dit is ook warm en hardloop sulke paadjies oor my kopvel en dit voel flippen lekker en dan begin sy my kopvel net soos my haarkapper-tjom massage, maar net eintlik beter.
Ahhhh. This is the life…
Ek dink ek het myself nou-net wakker gesnork. Eish. Dis omdat ek so op my rug lê, man. Dis mos maar natural wat gaan gebeur. Anyway, die vrou klink of sy ook snork, maar sy kruip agter die lappie oor my oë weg so ek is nie heeltemal seker nie.
“I will be back in a moment. I am going to get water for your feet.”
Ek hoor die deur oop en toe gaan.
Sy bly lank weg. ‘n Liedjie en ‘n half lank.
Dan gaan die deur weer oop en toe.
Ek hoor hoe sy ‘n stoel nader aan die bed se onderkant trek en dan spring ek amper deur die dak! Sy is besig om my voete met gruisklippe te was!! Ek sweer sy is! Ek spring regop met ‘n skrou. Die lappie val op die vloer langs die bed.
“What. Is. That?”
“It’s just a scrub, my dear.” Sy is so vriendelik.
So nou lê ek maar weer terug en maak ek maar self my oë toe. Stadigaan word die gruisklippe eintlik sandkorrels. Stadigaan word dit eintlik lekker. En dan is daar weer ‘n heerlike Bybelse oomblik wanneer sy my voete was. (Sy droog dit darem nie met haar hare af nie …)
“I am finished, ” sê die girl.
“Oh, no!” sê ek. “Do it again, do it again!”
Maar my tyd in iemand anders se vel, is verby.
3 COMMENTS
kan my die prentjie en gebeurlikheid inleef… dit so baie geniet… doet so voort…
Nou baie lekker gelag!
🙂