
Om Eva te ruik
deur Ramkat Erasmus
Ek het heel oggend lank seker gemaak al die bestellings is reg om te gaan. Daarna het ek genoeg voorraad uitgesit vir ingeval onverwagte mense inloop met ‘n noodsituasie op hand, en toe het ek my uit die voete gemaak en ‘n bier kom drink.
Dis my gunsteling watergat in ‘n besige sentrum, met baie mense wat verbyloop, en om na mense te kyk is my stokperdjie. Nie baie produktief nie, ek weet, maar tog lekker en rustig.
My besigheid is blomme. Ek verkoop blomme aan mense wat met blomme werk. En Vrydag is gewoonlik ‘n baie besige dag, want dis dan wanneer die kunstiges inkom en blomme kom koop vir die troues en onthale waarvoor hulle blomme moet verskaf oor die naweek. Ek verkies om nie by die malhuis te wees nie en het na twee jaar gevoel ek kan met ‘n rustige hart die Vrydaemiddae aan Ntombi en haar span oorlaat. Sy’s ‘n skrander vrou met die vermoë om selfs die mees omgekrapte blommerangskikker te kalmeer. Liewer sy as ek…
Die kelner staan nader en vra of hy nog een kan bring en ek verander van plan en sê ek sal eerder ‘n jenever vat met tonikum. Pienk, in ‘n groot glas met baie ys. Ek is ‘n bierdrinker met ‘n whiskey af en toe, maar die tafel langsaan het G+T’s bestel en dit lyk toe vir my lekker en ek bestel ook sommer een.
My drankie kom aan net soos die twee prokureurs en die rooikop by die restaurant oorkant my uitkom. Ek weet hulle is prokureurs, want hulle dra daai gitswart pakke wat jy net in die hof sien en hulle het elkeen ‘n dubbel-dik briewetas by hulle.
Die meisie by hulle is ‘n ander storie. Roesrooi hare wat tot op haar boude hang en aan die kant van haar kop met groot knippe, van iets wat lyk soos skilpaddop, vasgehou word. Sy het swart haksoene aan, met ‘n wye romp van ‘n blink, geel matriaal waaronder daar ‘n uitskop onderrok uitsteek. Haar bloes is wit, met kort moutjies en ‘n kragie wat tot bo toegeknoop is. En daar is ‘n baie dun strikdassie om haar nek wat lyk of dit ‘n skoenveter kan wees.
Baie 50’s.
Hulle groet mekaar met die hand en die twee manne beweeg na die trap wat na die parkeergarage gaan. Sy kyk na iets op haar selfoon en begin dan in my rigting stap, terwyl sy nog steeds na haar foon se skerm loer. Omtrent drie treë van my af, kyk sy op, sien my en steek vas.
“Stefan?”
Ek skrik so, ek spring regop en stamp die tafeltjie met my heup, die ding begin kantel en ek gryp daarna met my linkerhand, maar ek het steeds die G+T in my ander hand. Ek vang die tafel, maar die bakkie met die suikersakkies gly oor die rand, gevolg deur die sout- en peperpotjies. Hulle spat in stukke en die drank in my ander hand spat oor die rand van die glas en bemors my hand en die onderste deel van my mou. Van die drank spat ook oor my denim.
Kelners storm nader en as ek opkyk staan sy steeds daar met haar arms oor haar borste gevou en ‘n skalkse glimlag om haar mondhoeke.
Die kelners vee die gemors op terwyl ek onhandig probeer om my nat mou op te rol, nog steeds met die glas in my hand. Sy kom nader en vat die glas by my.
“Toe! Rol op.”
Haar stem is effens hees en ek besef dat die outydse wit bloesie ‘n redelike paar borste wegsteek. Ek rol albei my moue op, sê dankie en vat die glas by haar.
Weer vou sy haar arms oor haar bors.
“Jy onthou my nie, nê?”
Die sinapse in my brein hol rond soos ‘n eekhoring wat in ‘n bak neute geval het, maar niks spring uit nie. En dan vang ek haar parfuum op die briesie en skielik val alles in plek. Angel van Thierrry Mugler. Haar ma het dit ook gedra.
‘n Plomp tiener met puisies, ‘n dik bril, draadjies in die tande en altyd in ‘n bedonnerde bui. Met roesrooi hare, wat sy haat …
“Minette … Jy is Minette. Jy is Martinette se dogter …”
Haar oë rek verbaas oop. Dan lag sy.
“Hoe de donner het jy dit gedoen?”
Ek vat ‘n slukkie van my drankie en sê dan: “Jou parfuum en jou hare. Jou ma het ook Angel gedra.”
“Indrukwekkend!” En weer lag sy.
“Sit!” onthou ek skielik. “Kan ek vir jou iets kry?”
Sy skud haar kop. “Ek moet hol… Is jy elke Vrydag hier?”
“Ja.” Ek haal my beursie uit, vroetel ‘n besigheidskaartjie uit en gee dit vir haar.
Sy gooi dit in die handsakkie wat oor haar skouer hang sonder om daarna te kyk.
“Nou maar goed. Dan sien ek jou volgende Vrydag. Dalk.”
En daarmee stap sy weg sonder om eers eenkeer om te kyk.
***
Martinette. Blondine. Enkelma. Perdebylyfie. Wellus in oorvloed. Eiendomsagent op soek na ‘n ryk man. Sy’t eenkeer vir my gesê sy hou baie van my, maar my bankbalans is bietjie lig na haar smaak. Prontuit. Reguit. Geen doekies omdraai nie. En eendag het sy vir my gesê sy’t ‘n ou ontmoet met al die regte kwaliteite. En dat sy jammer is, maar dis verby. Ek het haar ‘n laaste soen gegee en gevoel hoe haar lyf begin reageer, maar toe stoot sy my weg en ek stap toe maar uit en klim in die kar. My laaste herhinniring van haar is haar dogter wat in dieselfde verslonsde blou sweetpak, wat blykbaar al was wat sy by die huis gedra het, in die tuin staan en kyk hoe ek by die werf uitry.
***
Heel week sukkel ek om te konsentreer, want ek kan my gedagtes nie van die pragtige jong vlinder, wat uit haar vetkokon ontsnap het, wegkry nie.
Teen Vrydag is ek vreemd opgewonde, en so gou as wat ek kan groet ek vir Ntombi en glip weg. Ek sukkel om by die spoedbeperking te bly, maar kom uiteindlik by die sentrum aan en gaan sit by my gewone plek.
Ek vra vir ‘n bier en sekondes later suig ek aan die lieflike bruin vog in die glas wat uit die vrieskas gekom het.
Ek sien haar die oomblik as sy aan die bokant van die roltrap verskyn. Haar pragtige hare is in ‘n los tipe bollading bo-op haar kop vasgebind. Sy’t ‘n swart doekie om haar nek gebind en ‘n rooi en swart geruite hemp aan. As sy aan die onderkant van die roltrap kom sien ek dat sy die hempie net bokant haar naeltjie vasgebind het wat haar midrif heeltemaal kaal laat. Dan is daar ‘n kort denim rompie en ‘n paar comboy stewels wat tot net bo haar kuite kom. Oor haar skouer het sy ‘n sagte leersak met tossels aan die onderkant. Om haar linkergewrig is daar ‘n leerband met silwer versiersels.
Ek sien hoe manne haar aanstaar as sy heupswaaiend naderkom, en die keer staan ek op as sy ‘n hele paar treë van die tafel af is.
Sy glimlag, kom nader, gee my ‘n piksoetjie en sak in die stoel in wat ek vir haar uithou.
Hierdie keer dra sy ander parfuum. Elli Saab? Le Parfum? Nie seker nie …
“En toe? Hoe was jou week?” vra sy.
“Selle ding oor en oor …”
“Ek veronderstel dis maar hoe dit gaan as jy ‘n rekenmeerster is.”
Ek skud my kop. “Ek boer nou met blomme.”
Haar linkerwenkbrou skiet verbaas na bo. “Blomme?!”
“Lang storie. Wat drink jy?”
Sy vra vir ‘n glas witwyn en ek wink die kelner nader. Ons gesels oor die weer, wat sy doen (Advokaat), haar ma (getroud met ‘n Italiaanse in- en uitvoermagnaat. Bly op Lake Como vir ses maande van die jaar) en my blomme.
Sy wil haar doodlag as ek van die manne wat by my blomme koop se maniertjies namaak en ons suig gemoedelik aan ons drankies. Elke nou en dan vang ek haar parfuum op die briesie.
Dan sit sy agteroor.
“Hou jy van speletjies?”
Die eekhoring begin weer in die neute rondhol. Wat bedoel sy? Monopoly? Strip Poker? Wielie wielie walie?
‘Uhhmm. Definiëer speletjies?”
Sy kyk my lank aan en dan skielik raak dinge baie ernstig.
“Eintlik is dit nie ‘n speletjie nie. Dis meer van ‘n toets …”
“Wat toets jy?”
“As jy instem sal jy weet.”
Nou is dit my beurt om haar lank aan te kyk.
“Okay,” sê ek na ‘n ruk.
Sy leun vorentoe. “Die speletjie se naam is Onwrikbare Waarheid.”
“Hoe verskil dit van gewone waarheid?”
“Deesdae is die waarheid wat jy wil hê wil hê dit moet wees. Fop nuus. Inuendo. Blatante onwaarhede wat as die waarheid voorgehou word. Donald Trump is ‘n meester daarvan. Hy lieg so, hy begin dit naderhand self glo. Onwrikbare waarheid word so vertel dat daar gaan twyfel is dat dit die waarheid is nie.”
“Ek sien wat jy bedoel.” En ek dink aan my lewe en die leuns wat ek al vertel het, en die redes daarvoor.
“So is jy in?”
Ek knik.
“Jy kan die eerste vraag vra.”
Ek huiwer. Ek kan nie insien wat sy wil hê ek moet vra nie.
“Vra enigiets. Eerste ding wat in jou kop inkom.”
Die eekhorings begin weer rondhol, maar dan maak ek my mond oop en vra: ‘Watse parfuum dra jy vandag?”
“Ellie Saab. Le Parfum”
Ek glimlag. Reg geraai.
“Okay. Jou beurt.”
“Hoekom het jy my ma gelos?”
Ek dink ‘n bietjie. Dan…
“Sy’t my gelos”
“Hoekom?”
“Hei whao. Jy kan nie twee vra na mekaar vra nie!”
Sy bloos effens. “Sorrie. Jou beurt.”
Ek maak keelskoon. “Wat het jou ma jou vertel oor ons?”
Sy kyk weg, dan terug na my oë toe.
“Sy’t gesê jy is ‘n bedagsame man. A genuine nice guy. En sy’t gesê jy het haar gelos omdat jy iemand anders ontmoet het.”
Ek voel hoe die woede in my opstoot. “Jou beurt,” sê ek kortaf.
Sy dink ‘n bietjie.
“Wat het jy van my gedink?”
“Nors tiener. Draadjies, puisies, en daai blou sweetpak met die pantoffels. Dis omtrent dit.”
“Jou beurt,” sê sy met ‘n fyn glimlaggie.
“Wat het jy van my gedink?”
“Ek was verlief op jou. Van die eerste dag wat ek jou gesien het was ek verlief op jou. Dis hoekom ek altyd so nors was. Ek was die moer in vir my ma en jaloers. En jy … Jy het my nooit raakgesien nie … Die sweetpak was om bietjie van die vet weg te steek. My beurt”
Ek knik.
“Jy was ‘n rekenmeester. Hoekom boer jy nou met blomme?”
Ek haal diep asem.
“Ek het geld gesteel. Baie. En ek is uitgevang. Toe’s ek tronk toe..”
Ek kan sien hoe haar oë in verbasing rek.
“Vyf jaar, maar na twee-en-‘n-half het ek uitgekom. Ek kon nêrens werk kry nie. Ek bedoel, wie gaan ‘n tronkvoël met sy boeke vertrou?”
Sy knik. Sê niks.
“Toe gaan werk ek maar op my ma en pa se blommeplaas. Drie jaar later is hulle dood in ‘n motorongeluk. En ek het die plaas geërf. Nou boer ek met blomme.”
Sy kyk my lank aan. Dan sluk sy die laaste slukkie van haar wyn. Wink vir die kelner om die rekening te bring.
Sy draai na my toe en ek verbeel my ek sien trane in haar groen-blou oë.
“En nou?” vra ek verbaas.
“Vat my huistoe …”
Die kelner sit die rekening neer. Sy haal note uit en gooi dit op die bordjie. Ek het nog ‘n halwe bottel bier, maar staan op terwyl die eekhorings nou amper die spoed van lig in daai neutebak haal.
“Waar’s jou kar?”
Ek beduie in die rigting van die roltrap.
“Kom.”
Sy stap weer heupswaaiend weg en ek volg verdwaas.
“Wat van jou kar?”
“Ek het ge-uber”
***
Ek stop voor die huis. Die blommewaentjie is darem nie my enigste kar nie, maar dis waarmee ek vandag gery het. Die blomstoor is toe. Sekuriteitsligte is aan en ek kan veraf die nagwag met sy hond sien loop. Hy waai en ek waai terug.
Ek sluit oop en ons stap in. Dis nog steeds pa en ma se huis, met hulle meubels, hulle skilderye en hulle foto’s orals. Al van my is die platskerm TV en die klankstelsel.
“Wyn?”
“Nee dankie.” Sy gooi haar handsak neer, maak die doekie om haar nek los en gooi dit op die bank. Dan begin sy haar bloes oopknoop.
Ek laat nie op my wag nie en begin ook losmaak en uittrek.
Onder die bloes het sy ‘n sagte, rooi kantbra aan. En onder die rompie ‘n bypassende broekie. Sy trek nie die stewels uit nie, maar begin die bra losmaak. Ek keer haar.
Ek trek haar teen my vas en ruik die parfuum. Dan die sjampoe in haar hare en dan ‘n effense sweetreuk. Ek het op ‘n blommeplaas grootgeword en reuk was altyd iets by my. Om my.
Ek sak op my knieë voor haar en ruik die lyfolie wat sy aangesit het. Nog laer af ruik ek haar poesie. Sy ruik na een of ander reukweerder, maar daar is ‘n muskusagtige sweempie wat al sterker word soos haar asem begin jaag. Ek draai haar om, ruik haar boude, haar rug, tussen haar skouerblaaie en daai soet kol onder haar hare in haar nek.
Ek maak die bra-knippie los en laat dit vooroor oor haar skouers val, voor ek haar in die rigting van die slaapkamer stoot. Ek sit die lig aan, draai die reostaat af tot die ligte net-net die kamer verlig. Dan stoot ek haar tot by die bed. Ek vra haar om haar knieë op die bed se rand te sit en dan stoot ek haar vorentoe dat sy op haar hande en knieë oor die bed buk.
Ek trek haar stewels uit en rem dan die broekie af tot by haar knieë. Sy lig eers die een knieg en dan die ander, sodat ek die broekie heeltemal kan uittrek en eenkant toe gooi. Dan kniel ek agter haar en druk my neus in haar sopnat vroulikheid in. Ek ruik haar sappe. Die subtiele nuanses van die sap wat uit haar loop. Dan draai ek haar om en laat haar op haar rug lê met haar bene wat van die bed afhang. Ek druk my neus in haar klossie roesrooi poeshaartjies in en verlustig my aan die mengsel van reukweerder, muskus en sweet.
Sy snak na haar asem as ek haar poeslippes ooptrek en na nog ‘n diep asemteug my tong oor haar plesierknoppie laat speel. Teen die tyd is sy sopnat en die muskus reuk van haar sappe is oorweldigend. Ek ruik nou nie net meer nie, ek lek ook met lang hale en sluk soveel van haar sappe as wat ek kan.
Haar hande is in my hare en sy gee sulke klein kreuntjies en dan begin haar bo-bene bewe en sy ruk-ruk terwyl sy my gesig dieper in haar probeer intrek.
Ek staan op, tel haar bene op en gooi haar enkels oor my skouers. Dan dryf ek stadig in haar in en naai haar eers met lang hale en teen ‘n stadige ritme. Haar kop rol heen en weer op die bed. Die bolla het losgekom en haar pragtige hare sprei al meer oor die bed met elke ruk en rol.
Dan begin ek harder werk, dringender. Sy begin saggies prewel. “Ja, ja, ja, ja, ja,”
Ek wys geen genade nie en stamp al harder in haar in, tot sy begin bokspring onder my, haar rug hol trek en hard begin gil. Ek stamp haar. Ek stamp haar tot ek nie meer kan kan nie en ook ontlof met ‘n brul.
***
Baie later lê sy in my arm en streel met haar vingers deur my borshare.
“Wat is dit met jou en die ruikery?” vra sy saggies.
“Pla dit jou?”
“Nee. Ek hou daarvan. Maar niemand het dit nog ooit met my gedoen nie.”
“Onwrikbare Waarheid?”
“Asseblief …”
“Wanneer ek ‘n vrou ruik, leer ek haar beter ken. Ek ken jou wasgewoontes, parfuum, reukweerder, sweet. Maar meeste van alles leer ek die oervrou in jou ken. Eva.”
Ek rol om en glip my hand tussen haar bene in. Dan trek ek my vingers deur haar poesie. Ek ruik daaraan en hou dit vir haar om te ruik. Sy is versigtig, maar ruik tog.
“Dit is die Eva in jou. Dit is die oervrou. En dit maak my mal. Om vir Eva te kan ruik …”
Dan soen ek haar.
14 COMMENTS
Pragtig geskryf en dit is lekker om die eerlike waardering van n vrou so mooi beskryf te kan lees in Afrikaans
Dankie!
Ramkat- weereens meesterlik geskryf. As n vrou lekker ruik is dit darem ook een van die groot plus punte in die lewe. Dit maak nogal n man wakker en kry sy onverdeelde aandag.
Min dinge wat so lekker is!
Dankie hiervoor maat. Dit is goed om te sien dat iemand anders ook die oersheid van vrouens waardeer – veral hulle reuk. Ek hoop dat al die vrouens wat hierdie lees ook tot die besef kom watter geweldige erotiese impak hulle oer-reuk op mans het en minder skaam sal wees daaroor – wel dis te sê as hulle genaai wil word.
Ja nee… Die reuksintuig is helaas partykeer laaste in die ry as dit by sensualiteit kom
Dankie dat jy die jaar vir ons op so ‘n hoogtepunt laat afskop, Ramkat!!!
x
Dit is my plesier Sneeuwitjie!
Dankie Ramkat, Jy bly die bobaas verteller en is n groot aansporing vir ons ander
Ek waardeer!
Pragtig
Dankie!
Die Meester erotiese storieverteller op hierdie webwerf is die ooglopende keuse om 2020 vir ons te open.
Dankie Annelise vir jou insig daarin…EN dankie Ramkat dat jy weer ons sensibiliseer met vlambare erotika in ons organe.
‘n Meesterstuk soos altyd…Bravo!
Dankie ou maat!