Net die puntjie
deur Geriatrix
“Het jy ‘n FL?”
“‘n Wat?”
“FL, want jy gaan my nie daarsonder naai nie!”
Hierdie of soorgelyke gesprekke het gedurende die laat 1950’s tot middel 1970’s in die agterste
ry van seker elke inry in Suid Afrika afgespeel. Inry is een van daardie terme wat jy òf onmiddelik
weet wat dit beteken òf jy weet nie – as jy nie weet nie, gaan Google dit.Die manne se stories oor hulle eerste keer en veral die versigtigheid om sommer met die deur in die
huis, of dan meer korrek vir hierdie forum, die piel in die doos te val, het my laat terugdink aan die
jare van my jeug. Die meeste van ons wat op die platteland en omgewing opgegroei het, was
volkome bewus van die realiteit van voorplanting, want ons het dit elke dag by verskillende diere
gesien – waar die indiepte kennis tekort geskiet het, was by die fynere detail van die anatomie van
die vroulike vorm vam Homo Sapiens. Die jong meisies het saam met ons kaal in die leidamme
geswem – tot hier so teen standerd drie rond toe hulle meteens nie meer saam met ons wou swem
nie en met baaikostuums (wie de hel swem met klere aan?) by die munisipale swembad gaan swem
het.
Op skool het hulle hemde skielik anders begin lyk – nie plat soos ons s’n nie, maar met die
beduidenis van ‘n puntigheid of twee.
Van ons het toe maar ons trots gesluk en in die chloorwater van die munisipale swembad gaan
swem – die water was nogal helder en ons kon sien hoe die meisies se onderkant nou skielik meer
prominent die verskil wys; een keer het een van my maats tot sy verbasing opgelet dat daar hare by
die kant van die meisies se kostuum uitsteek! Nie een van ons het ooit daaraan gedink dat meisies
ook soos seuns beenhare kan hê nie!
Kans vir nadere ondersoek het net doodeenvoudig ontbreek – daar was te veel werk by die huis en
dan nog skool ook. Die feit dat ek na ‘n skool is waar slegs seuns was en ek nie kon sien hoe die vorm
van die meisies saam met wie ons op laerskool was nou skielik verander het nie, het ook nie veel tot
my opvoeding bygedra nie. Direk na skool vir diensplig aangemeld waar daar uit die aard van die
saak geen meisies is nie en die weermag in elk geval enige gedagtes aan interne en eksterne
ondersoek van die anatomie van die vroulike vorm van Homo Sapiens met blouvitrioel onderdruk
het, was nog ‘n bydraende faktor.
Op die Universiteit van die Witwatersrand was daar baie meisies, maar hulle het nie ingenieurswese
gevolg nie en hoewel hulle glo baie liberaal en bevryd was, het nie een van hulle eers daaraan
gedink om met een van die tien ‘rockspiders’ op die kampus te praat nie – ten spyte van die feit dat
die ‘rockspiders’ amper beter as hulle Engels kon praat.
By die werk het van die jong manne veral op Maandae gespog met hoeveel keer hy hoeveel meisies
gespyker het en wat die voordele van die sogenaamde “five-finger” was – net vir die ouer, meer
ervare, manne om dit op te som met ‘bring eers die pantie en die geknoopte FL saam om dit te
bewys’. Of ‘trek jou hemp op sodat ons die krapmerke op jou rug kan sien.’ Nie een keer het een van
die jong grootpraters die bewys kon bring nie.
My woonplek was redelik ver van die stad af en om betyds by die werk te kom het vroeg opstaan en laat tuiskoms beteken – so vir vry was daar nie veel tyd nie, want daar is belangriker dinge om te doen soos om soos Koos van der Merwe se verskoning te gebruik toe die Kanadese polisie hom vir dronkenskap wou arresteer en hy sê: “But the sign at the USA border says drink Canada Dry!”
Baie pinte bier en ander vorms van alkohol later het die besef skielik gekom dat ek nie eers aan ‘n meisie
se hand gevat het nie laat staan nog haar soen of te kyk hoekom haar hemp nou skielik sulke punte
maak.
Ons groepie van geswore seksgeheelonthouers (nie een van ons is of was gay nie – dit het net so
gebeur) het by een van ons talle byeenkomste na die troue van een van ons vriende besluit dat ons
darem nou te lank op die sekswaterkar was en iets omtrent die saak moes doen. Die dringendheid
van die situasie is nog verder beklemtoon toe een van die lede vir ‘n langnaweek na die destydse LM
(Lourenco Marques) of dan vandag se Maputo, gegaan het en by sy terugkoms gerapporteer het van
sy sessie met ‘n Portugese meisie – altans hy het gedink sy was Portugees, want sy het Portugees
gepraat, maar haar hare was redelik kort en dit was donker in die plek.
Met ons soektog na meisies om die situasie reg te stel, het ons skielik besef dat die beskikbare mark
meteens verklein het – die wat na ons mening spykerbaar was, was byna voor die voet getroud en of
swanger of met een of twee kleintjies aan die hand. Dié wat wel beskikbaar was – daar was ‘n rede
hiervoor. ‘n Man wil darem ook iets hê om na te kyk en rede te hê om ander ouens jaloers te maak.
Nou maar breër kyk en toe kom ons agter dat daar ‘n alternatiewe mark is waar jy moet uithaal en
wys, en dan verwys sy nie na jou voël nie, Dit was ‘n kwessie van twee rand vir ‘n vinnige vry en
vyf rand vir die hele job en dan moet jy nog die FL ook saambring – dit was die jare toe ek my motor
by die brandstofpomp gestop het en gesê het, twee rand of maak vol, wat eerste kom!
Soos die res van my maters het ek besluit dat twee rand darem te dik vir ‘n daler is en ons het toe
maar weer wyer as die plaaslike talent begin kyk en ook vriende gevra om te help. So beland ek toe
een Vrydagaand in die agterste ry van ‘n nie-plaaslike inry saam met ‘n meisie wat ‘n vriend van ‘n
vriend se niggie was en wat bereid was om saam met my inry toe te gaan. Soos gewoonlik parkeer
ek naby die kiosk, want ‘n man word mos honger (vir die dors het jy vroeg die middag by Westelike
Provinsie Kelders voorsiening gaan maak). Die meisie was glad nie beïndruk met my keuse van
parkeerplek nie en sy het dit ook duidelik so gestel.
Ons moes toe in die agterste ry gaan parkeer. Wat my hier opgeval het, was dat die motors almal so
‘n ent van mekaar geparkeer was en dat sonder uitsondering die luidspreker nog aan die paaltjie
gehang het – so asof die mense net na die skerm wil kyk en nie hoor wat gesê word nie.
Ek parkeer toe maar in die agterste ry en begin om eers die jongste nuus en toe die hoofprent te kyk.
Moet sê toe ek haar opgelaai het, het die meisie ‘n wye romp aangehad, maar sonder al die duisende
onderrokke wat daardie tyd mode was en ook ‘n hemp met min knope ver uitmekaar – anders as die
hemde wat die meisies destyds gedra het wat of baie knope gehad het of glad nie knope gehad het
nie. Tot vandag toe weet ek nie hoe hulle dié goed in die aand uitgetrek het nie.
Pas het die hoofprent begin of sy kla: “Wil jy na die film kyk of wil jy vry? Ek het verstaan
dat jy nogal goed is en ek is erg lus.”
Met die gryp sy my hand en sit dit op haar been. Sy het sykouse aan en uit vorige navorsing weet ek dat meisies hulle sykouse met ‘suspenders’ ophou, so my hand gaan oor die sykous; nogal ‘n aardige gevoel die onnatuurlike materiaal, glad en koud. Net so ‘n ent bo haar knie voel ek meteens dat die sykous nou ophou en dat daar ‘n kaal stuk been is. Dit voel nou baie beter. Die vel van haar been voel soos gewone vel, maar daar is ‘n effense warmte, amper soos toe ek een oggend langs ‘n jong dame op die 63 bus gesit het en sy haar been styf teen myne gedruk het. Hoe meer die bus geskud het, hoe harder het sy asem gehaal. Moet sê ek was nogal verbaas en toe die bus eindelik in die stad stop, het sy nog lank bly sit na almal uitgeklim het.
Ek het die meisie weer op die 63 bus gesien, maar sy het nie elke keer stad toe gery nie, sy het
partykeer by die kliniek afgeklim en toe kom ek agter dat haar magie nie meer so plat was as toe ek
haar die eerste keer gesien het nie. Sy het nog ‘n paar weke lank op die 63 bus gery met haar magie
wat al groter word en toe het ek haar nie meer nie gesien nie.
Jammer vir die afdwaling. Hier sit ek in die agterste ry van ‘n nie-plaaslike inry met die niggie van ‘n
vriend van ‘n vriend en my hand is verby die ‘suspender’ op die warm been. Nou kyk, teen hierdie
tyd weet my hand waarheen hy pad is en die meisie keer nie; nee sy stuur my hand terwyl sy met
haar ander hand my voorraad van die Westelike Provinsie Kelders seermaak! Nou raak dinge darem
ernstig. WP Kelders se voorraad is nie goedkoop nie en ‘n man se geld is maar min. Daardie sak is
veronderstel om tot volgende Vrydag te hou en nou sak dit vinnig! Aan die ander kant is die warm
gevoel van die meisie se been oorheersend en my broek wys dit. Sy sien dit in die dowwe lig van die
inry en balanseer die bierbottel op die vloer van die kewer en begin my moerse ereksie te betas. Betas?
Die skoolhoof van ons plaaslike laerskool se bynaam was Tas, want hy het ‘n kleintjie dood gehad aan
die gebruik van die woord ‘suitcase’ wat die term was in die jare dertig vir die tas waarin jy jou
skoolboeke gedra het. Met die sak die ou man sommer, want hy hoor ou Tas se stem. Die meisie
begin meer doelgerig my broek masseer en gou ontdek sy dat ek nog gulpknope het en nie die
moderne ritssluiter nie. Ek het al van te veel manne gehoor wat te vinnig die rits opgetrek het toe
hy haar pa se stem hoor en in die proses die voorvel vasgeknyp het! Gelukkig was al die boere in die
omgewing handig met ‘n skerp mes en van my maters is toe op ‘n ouer ouderdom as die Bybelse agt
dae besny.
Jong my hand beweeg al met die been op en hoewel ek naastenby weet hoe dit daar by die
samevoeging van die bene lyk, was ek nie voorbereid op wat vir my voor gelê het nie. In plaas van
die verwagte bloomer (ons was immers ordentlike mense en al die meisies het bloomers skool toe
gedra) was daar geen teken van ‘n rek nie – net die beduidenis van hare! Fokkit, seuns en mans het
hare tussen hulle bene, maar vrouens? Nie geglo nie! Ek maak toe seker dat ek nie verkeerd gevoel
het nie – wragtag sy het hare waar haar bene bymekaar kom. Hoe meer ek seker maak dat ek reg
gevoel het, hoe meer begin sy my voël pluk en hoe stywer word hy. Ek weet nie hoe nie, maar toe ek
my kon kry, het sy my broek op my knieë en my voël staan penorent in die lug.
Met die ondersoek kom ek ook agter dat die vroulike vorm van Homo Sapiens net soos al die ander
soogdiere ‘n opening of vou het wat deur eksterne voue omring word. Ek het al baie kere my hand
in ‘n koei gedruk as sy sukkel om die kalf uit te stoot, maar hierdie opening is in ‘n totaal ander klas. Dis nat en warm met allerhande interessante voue en dan (sonder dat ek dit geweet het) ‘n spesiale plek
waar jou vinger tydens sy ondersoekende bewegings die interessantste reaksie ontlok. Omdat ek
redelik versigtig was, het ek eers aan die voorkant ondersoek gedoen – waarvan sy nogal baie gehou
het voordat ek die volle diepte van die kanaal verken het.
Dit is toe wat sy my vra: “Het jy ‘n FL?”
Ek het geweet dat van die volk van die derms vat as ons slag en dat van die derms by geleentheid in die veld gekry word met ‘n knoop aan die voorkant, maar van ‘n FL het ek niks geweet nie. Teen die tyd het ek ook agtergekom dat waar ‘n koei stil staan en te dankbaar is as jy die melk uit haar spene trek, die meisie se tepels al hoe harder geword het hoe meer ek daaraan geraak het Dit was nogal ‘n ervaring om melkkliere te hanteer wat nie melk produseer nie, maar met fisieke aanraking al hoe harder geword het.
Hoe ek verby haar vormdrag (ook ‘n term waarvan die betekenis slegs aan mense van ‘n sekere
ouderdom bekend is) gekom het, is ‘n storie vir ‘n ander dag, maar laat ek volstaan met waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg – of dan in moderne Afrikaans – daar is geen bra wat nie afgehaal kan word nie.
Teen die tyd is die meisie heel opgewerk en ek moet erken ek ook. Sy hou vol dat daar nie ‘n manier
is wat ek daardie voël in my poesie gaan indruk nie. So, toe aanvaar ek maar dat ek nie daardie
aand die voorreg sou smaak om te voel hoe dit is om in daardie sagte genotgrot in te skuif nie. Maar
siende dat die genotgrot nou bereikbaar is en die tiete beskikbaar is, ondersoek ek maar die goedere.
Hoe verder my ondersoek vorder hoe meer opgewonde raak die meisie en later gee sy in.
“Ok, jy maar insit, maar ek sal op jou sit en net die puntjie laat ingaan.”
So gemaak, so gedaan, sy trek haar rok op en kom sit met haar gesig na myne op my stywe voël terwyl sy ook haar hemp oopmaak sodat ek met die heerlike tiete kan speel.
Toe Ferdinand Porshe die VW kewer as ‘n volksmotor ontwerp het, was daar nog nie inrye nie en hy
het ook nie daaraan gedink dat die Duitse volk Hitler se opdrag om baie kinders te hê so sou vertolk
nie. Dus was ‘n spykery op ‘n sitplek van ‘n kewer nie vir die oningewyde nie. Ferdinand het darem vir die foutjie opgemaak toe hy die enjin agter geplaas het en die voorste bagasiebak perfek ontwerp het vir die meisie om haar voete op die voorste buffer te plaas en die man dan die aangebode vrug mooi uitgestulp kon sien. Dit verklaar dan ook hoekom die meeste kewers in die agterste ry van die inry met hulle neuse na die veld se kant gestaan het en nie na die skerm se kant toe nie.
Sy het probeer om my by my belofte van ‘net die puntjie in’ te hou en ek het die puntjie so op en af
en heen en weer geskuif; ten spyte van allerhande versperrings (soos ‘n opgebondelde rok en min
ruimte) het die ou sommer gou ontdek dat daar benewens die voue ook ‘n opening is. Hierdie
opening was eers bedek, maar hoe verder die ontdekkingstog gevorder het, hoe groter het die voue
oop gegaan en die opening ten toon gestel. My voël wil toe gaan kyk wat die vingers doen en sy
probeer keer, maar hy het goed geweet waarheen om te gaan. Sonder om eers te dink hoe, het my
voël die regte pad gekry en daarna was daar geen keer nie en hy is in die opening in! Met al die
beweging en gekeerdery begin daardie gevoel in my voël opbou en ek weet wat gaan gebeur – een
moerse straal kom. Toe ek nog begin dink aan die druk wat opbou, het sy sommer my voël uitgepluk
en die kom die hele kar vol gespruit – met die belofte dat as ek ‘n FL bring ek binne in haar kan kom.
Ek kan glad nie onthou of ons die hele fliek klaar gekyk het nie, maar toe ek haar weer na ‘n ruk
probeer kontak het, het haar suster my duidelik laat verstaan dat ek maar haar nommer moet uitvee. Sy het ‘n ou gekry wat baie meer as ek verdien en ook nog boonop ‘n ordentlike kar ry – ‘n drieliter Cortina GT en nie ‘n blerrie kewer nie. (Wie onthou nog die dae van een liter Oude Meester, twee liter Coke en ‘n drie liter Contina?)
Die Saterdagoggend was dit nogal ‘n stryd om my ouers te oortuig dat ek dringende sake in die dorp
het. Saterdag was immers ‘n halwe dag en ons het nie sommer net vir sommer die 8 myl
kleindorp toe gery nie. Ek kon nie na die plaaslike apteker gaan nie, hy sal sommer Sondagoggend
by die kerk vir my ouers vertel dat ek FL’e kom koop het so ek moes toe amper tot in Johannesburg
ry om eers seker te maak dat daar nie ander mense in die apteek is nie en dan my halfkroon op te
skiet en my hand daarop te sit – net vir die apteker om uit te bars van die lag en toe vir my te sê: “Ek
verkoop nie kondome aan ongetroudes nie, gaan hoor by die haarkaper langsaan.”
Ek het toe my blikkie by ‘n ander winkel gekry, netjies verpak in ‘n lugdigte houertjie soos ‘n
salfblikkie met die gebruiksinstruksies op die deksel. Ek het later die volledige instruksies oor hoe om
die goed te gebruik goed bestudeer en ook gewonder hoe de hel ‘n ou die blikkie vinnig in die geval
van nood kon oop kry. Met die oog op ‘n moontlike geleentheid en sodat ek nie weer nee moet antwoord as sy vra of ek ‘n FL het nie, het ek die blikkie in my kewer se bekleedsel gaan bêre vir wanneer ek dit nodig sou kry. Tot vandag toe nog wonder ek wat die reaksie was van die persoon wat die kewer gesloop het en op die ongebruikte blikkie kondome afgekom het.
6 COMMENTS
Dankie manne. Ek het saam met dié een en sy twee maatjies ook my ‘ek is verby my ‘sell by date’ briefie geskryf maar die brief het (per ongeluk?) nie die epos gemaak nie. Lekker dag verder
Geriatrix, ek verstaan nie mooi nie? Wat bedoel jy met (per ongeluk) nie die epos gemaak nie?
Annelise,
Soos altyd het die twyfel baie sterk geloop en ek het regtig vir jou ‘n nota opgestel dat ek dink dat ek verby my ‘sell by date’ is, my ‘stories’ afgesaag raak en ek dus hier ook moet ‘aftree’. Weet nie hoekom nie maar daardie nota het toe nie die aanhangselfase bereik nie.
Wel gelukkig het dit my nie bereik nie, want soos jy kan sien geniet dit lesers jou skryfsels nog baie. 🙂
Baie dankie vir die lekkerleeslekkerlag storie. Sou wat wou geen om weer slaggie inry toe te kan gaan.
Ons het nog so dakkie met stoele reg langs die projektor kamer gehad waar die skool kinders gevry het…..
Laat kom nog.
Geriatrix jy het ‘n besondere tydgleuf in my jeug oopgemaak met hierdie verhaal! Netjies en ge-detaileerd saamgevat. Dankie, ek het dit voorwaar geniet !