Moos se goete (1)
deur Wille Will
Taalversorging deur Lusman
Kaa’tje knip haar oë so twee keer en kom dan orent op die dubbelbed en skuif die donskombers af tot op haar skoot. Sy loer na links, na die ou Westminster-wekker op haar bedkassie. Die wysers vertoon vyf voor ses. Die minuutwyser se fosfor het al verweer en daar is net ‘n dun glimstrepie wat nog beweeg. Sy druk die alarm, wat op sesuur gestel is, af. Haar vingers soek-soek na die bedlampie se skakelaar en skakel die gloeilamp aan. Sy blaas ‘n haarkrul voor haar oë weg en met haar vingers inmekaargevleg, strek sy haar dun arms in die lug bo haar kop uit en gee ‘n lang gaap. Haar tepels druk diakenpilletjies teen die katoennagjurk uit.
Die aksie verstil meteens as die dreunsnork uit die liggaam langs haar in die bed skielik klink asof daar gehap-hap word na asem. Sy’t al begin saamleef met sy snorkery.
Hy lê op sy sy regs van haar, met sy rug na haar kant toe. ‘n Gespierde bruin linkerarm rus op die donskombers oor sy lyf. Sy vingers roer asof dit in sy slaap soek na iets. Haar hand vryf saggies op sy voorarm. Sy voel dat die arm koud is. Kaa’tje tel die groot ham van ‘n hand op met haar regterhand, om die kombers te bevry. Met die ander hand trek sy die kombers af tot by sy middellyf. Sy hand nog steeds in haar regterhand geklem, skuif sy dit af tot by die kommetjie van sy lyf – daar waar mens se lyf die warmste is. ‘n Glimlag verskyn op haar gesig as sy pubiskrulletjies haar op die rug van haar hand kielie voor sy dit wegtrek.
Sy trek die kombers terug tot by sy nek en druk dit snoesig oor sy rug vas en dan aan die bokant onder sy ken in. Sy gee hom ‘n veegsoentjie by sy oor en hoor hoe die snorksang weer noot vat.
Sy trek haar bene onder die kombers uit en stoot hulle die lug in, om af te klim van die bed. Vir ‘n oomblik flits die donker driehoek tussen haar dye glinsterend in die flou liggie van bedlampie, asof dit nat is.
Die linoleum is koud onder haar voetsole wanneer sy die bedlampie afskakel en na die slaapkamerdeur toe stap, terwyl sy die nagjurk na fatsoenlikheid toe tot net bokant haar knieë aftrek. Deur die toegetrekte gordyne van die kamervenster merk sy dat die nuwe dag reeds die donker begin verskuif het.
Sy trek die deur saggies toe agter haar. Sy stap haar bekende heen en weer slingerende stappie in die gang af kombuis toe, want sy probeer altyd die vloerplanke wat kraak mistrap. By die kombuisdeur se kosyn trek sy die toutjie met die seeskulp-vingergreep wat van die plafon afhang om die hooflig aan te skakel. Die komende daglig het al begin instroom deur die kombuisvenster, waar daar net ‘n kantgordyntjie hang.
Sy krap ‘n jeukerigheid op haar regterboud voordat sy die boksie Lion-vuurhoutjies optel langs die gasstoof. Met die ander hand op die knop, draai sy die klep van die voorste plaat oop.
Die swael knars en die blou kringvlammetjie sis aan die brand. Sy skuif die Hart-aluminiumketel, vol water, oor die vlam. Dan stap sy oor na waar Moos se blou erde-koffiebeker, met die swart tjip by die oor, op die droograk staan. Sy leun met haar hande op die geel gelamineerde blad en kyk by die ruit uit na die veelkleurige naburige visserhuisies.
Soos gewoonlik, wanneer sy so ingedagte staan, vryf sy met haar voetrug van die een been oor die kuit van die ander been. Skielik voel sy iets afloop teen haar een binnedy. Sy bloos bloedrooi en kyk vinnig om haar asof daar nog iemand in die kombuis is.
Sy gee een versigtige tree na waar die papierhanddoekrol lê en skeur sommer twee velle af. Moos, onthou sy, het die rol papier een keer by die drywer van die Aai & Djy-lorrie gekry, in ruil vir ‘n vislynstringetjie vol vars sardiens wat hulle so pas ingebring het.
Moos se kom het nou al amper tot by haar knie afgebiggel. Sy trek die nagjurk op oor haar maag en vee die een groot druppel en nog ‘n kleintjie af. Dis deurskynend met ‘n effense geel skynsel.
“Heretjie tog!”dink sy by haarself terwyl sy die papier oor en oor vou na elke veeghaal. Sy vee haar been ‘n paar keer van haar knie af tot hoog op – tot tussen die lippe van haar nat, blink koek.
Moos het haar weer erg seergemaak toe hy laasnag diep in haar doos ingeslaan het. Dit was teen iets vas. Het ‘n vrou se poes ‘n fondament? het sy al gewonder. Dit was soos tevore al ‘n paar keer gebeur het. Net toe dit voel die seer maak plek vir ‘n baie lekker gevoel wat opborrel van êrens binne haar, soos ‘n stroom genot wat wil uitspuit, het hy met ‘n brul straal na straal in haar ingeskiet. Sommer dadelik het hy begin uittrek. Haar onderlyf het nog desperaat heen en terug gestoot en geklap. Sy wou aan sy lekkerte vasklou, sodat haar fontein ook kan uitskiet. Maar hy’t uitgeplop. Haar lus het platgeval.
“Dankie, my garnaaltjie,” het hy hees gesê en haar op haar wange gesoen.
Sy’t sy hand naby haar koek voel vroetel en saggies gevra: “Wat maak jy daar onder?”
“Ek stoot die voorvel weer oor my voël. Jy maak sy kop baie gevoelig na hy gespoeg het.” Hy het saggies met ‘n soentjie in haar nek gelag.
“Ek is baie moeg vanaand. Kom lê nou met jou pragtige lyfie styf agter teen my rug dat ek lekker kan slaap.” Moos se stem het regtig moeg geklink.
Hy’t op sy sy gedraai aan sy kant van die bed regs van haar. Sy het haar teen hom aangevly. Met sy groot linkerhand het hy na agter gestrek, dit oor haar heup gesit en haar poesie teen sy boude vasgedruk. Sy’t haar arms weerskante van sy lyf onder syne deurgestoot. Haar hande het sy op sy maag laat rus. Haar borste was platgedruk teen sy skouers. Met haar kop gedraai, haar regterwang teen sy breë rug, het sy haar wimpers laat sak oor haar oë. Sy het gewonder hoe genotvol sal dit wees as Moos net een keer kan aanhou – sodat haar fontein van lus ook na buite ontplof.
Kaa’tje het gedink aan die baie kere dat ta Kersie, wat ook in die buurt bly, vir haar, toe sy jonk was, stories van die ou dae – die baie ou dae – vertel het. Die stories het baie van die geskiedenis, van hierdie plek waar hulle bly en waar hulle vandaan kom, behels. Sy het selfs geweet van die skepe waarmee die mense gekom het. En dan was daar die vryery van die ou mense waarvan ta Kersie kennis gedra het. Sy het dalk sommer bygelas het ook. Dit is nietemin altyd lekker om na haar te luister.
Dit maak my soms lekker jags, dink Kaa’tje terwyl haar hand tussen haar bene ingaan, hier agter Moos se rug. Sy sug.
Dan oorval die slaap haar.
Sy’s een van Moos se goete.
(Lees volgende episode HIER)
7 COMMENTS
Maak gou asb Wll!!!
Will, soos altyd geniet ek jou meesterlike manier van storie vertel, kanie wag vir res van storie nie.
Dankie Always, hoop jy hou van die res wat kom!
Will, jou ou yster. Lyk my di vakansie het jou net goed gedoen.
Fantastiese storie sover – ons wag in spanning vir die res.
Nog baie kinkels kom, Ysbeer!
As Kaa’tje maar weet wat sy mis!
Sy moet maar vir Moos vasdruk
Byt vas, mydream, hierdie is ‘n vervolgverhaal, daar kom nog ‘n paar dinge vorentoe.