Lusweer: Maansirkels – ‘n erotiese spookstorie
deur Annelise
As ek my oë oopmaak, hang klein druppeltjies water vir ʼn oomblik nog aan my wimpers voordat dit losgly en grond toe val. Ek lê op my sy in modderige gras. Hy staan langs my, kaalvoet. Water drup uit sy jeans en loop in stroompies oor sy voete. Vir ʼn oomblik volg ek ʼn druppel se paadjie van waar dit uit die soom van die swart denim drup, oor sy voet se brug hardloop en tussen sy tone wegraak. Ek weet wat om te doen. Ek leun versigtig vorentoe om met my tong die volgende druppel van sy voet af te steel…
Die klub is vol en swelterend. Ek is alleen by die tafel. ʼn Man maak homself van die kroeg se toonbank los. Ek het sy oë reeds ʼn paar keer op my betrap en soos voorheen kyk ek vinnig weg. En weer terug. Is hy regtig lank of is dit sy regop selfversekerdheid wat hom so laat lyk? Sy donker hare krul net-net oor sy hemp se kraag. Prentjies van seerowers, kettings, roofdiere en gevaar waai deur my kop en dan staan hy langs my. Sy energie spoel soos adrenalien oor my.
“Dans met my.”
Dis ʼn bevel. Ek is gewoond aan romantiese komplimente, beleefde versoeke, beheersde bewondering. Wie is hý om my te beveel? Ek hou van koestering, beskerming … ek kyk in sy oë … en smag skielik na passie, emosie en opwinding. En ek word ʼn veertjie op die skaal teenoor sy wil van graniet.
Sy hand op my lae rug stuur my na die oop stoep. My romp vou om my bene in ʼn laaste poging om my te probeer keer. Buite is die naglug doodstil. Die volmaan bak die kaal hemelruim droër. Hy neem my in sy arms op die ritme wat na buite ontsnap en my lyf is klein teen syne. Hoe lank dans ons? Minute? Ure?
“Jy is myne.” Sy woorde vibreer teen my oor en niks het nog ooit soveel sin gemaak nie.
Die musiek stop in die middel van ʼn noot, ʼn vlermuis se swart liggaampie versteen teen die lug en die bloed in my liggaam haak op kookpunt vas. Ek is ʼn mot in ʼn trillende web en gee oor.
“Ja.” My antwoord is onafwendbaar en finaal soos die dood.
Hy stoot my met sy voet teen my skouer plat sodat ek op my rug voor hom lê. Die volmaan skyn helder, maar in die verte slaan blitse teen die horison. Sy nat swart hemp klou soos ʼn tweede vel aan sy bo-lyf. Hy glimlag tartend. Ek voel asof ek in die grond voor my geliefde se voete wegsypel en deel van die klei word waarop hy staan. My liggaam is syne, my wil is syne. Ek is die klei waarmeer hy speel. Ek kan die passie en begeerte in my voel wakker word as hy sy voet stadig deur my hare begin beweeg en my lang blonde hare dieper in die bruin modder vastrap. Sy toon kruip oor my voorkop, oor my wang en glip by my mond in. Ek proe die ryk kompossmaak van die aarde teen my verhemelte. Dan beweeg sy voet teen my hals af en ek onthou skielik dat ek kaal is. Waar is my klere?Die gedagte hou my vir ʼn oomblik besig, maar dan bereik sy voet my tepel en dink ek nie verder nie …
My hoë hakke knak oor die ongelyke grond buite die klub, maar die dansvloer se ritme pols nog in my vesels. Sy naam is Rudolf. Sy oë is donker, swart, intens. Sy mond lyk asof dit jou vel kan afstroop om by jou siel uit te kom en ek kan nie wag dat hy daarmee moet begin nie. Die nag drup sweet. Niemand weet waar ek is nie en ek gee nie om nie. Die maan skyn ʼn wit streep in die smal stegie tussen die geboue.
My rug is teen die muur. Rudolf staan voor my, maar raak nie aan my nie. Ek wens hy wil aan my vat. Ek wens hy wil my vir hom vat. Sy donker energie hipnotiseer my en laat die suurstof in my longe uitbrand.
“Jy kan nie meer omdraai nie.”
Ek sukkel om sonder asem ordentlik te praat. “Ek wil nie omdraai nie.”
“Bewys dit.”
“Wat moet ek doen?”
“Trek jou onderklere uit. ”
Vir ʼn oomblik onthou ek van die regte lewe met regte reëls en beginsels. Net vir ʼn oomblik dink ek aan terugdraai. Maar dan voel ek hoe die pols van die man en die musiek in my liggaam afsak en in geheime plekke begin klop. Sy sekerheid oorrompel my en ek wil niks anders doen as om my daaraan te onderwerp nie. Ek knip my bra onder my wit sjiffon bloes los en trek dit deur my moue uit. Dit val in ʼn hopie kant langs my voete. Rudolf se oë lyk of dit gloei.
Dan lig ek my romp effens sodat ek my broekie kan uittrek. Die materiaal is klam as ek dit oor my bene gly en ek weet dit is nie net van die nag se hitte nie.
“Staan doodstil,” sê hy sag.
Hy sit sy hande weerskante van my kop teen die muur. Ek voel soos ʼn hasie wat in die hoofligte van ʼn motor vasgevang is, maar ánders as die hasie begeer ek die aankomende gevaar. Sy mond is al wat met my kontak maak, maar dit neem my hele liggaam oor. My lippe smelt onder syne en sy tong laat my lyf soos was drup.
Rudolf se toon vryf oor my stywe tepel. Ek kreun en krom my rug onder sy aanraking. Hy lag in die donker en ek weet dit is omdat hy hom in sy totale mag oor my liggaam en gees verlustig. Maar ek gee nie om nie. Ek was al hier.
“Asseblief,” ek smeek; ek weet nie waarvoor nie. Maar ek weet hy sal voorsien.
“Hoe nodig het jy my?” Sy voet beweeg na my ander tepel. Ek punt onder sy sool.
“Ontelbaar.”
“Bewys dit.”
“Wat moet ek doen?”
Rudolf se voet is nou op my maag. Ek kyk na hom teen die lig van die maan. Hy is my god uit die onderwêreld.
“Maak oop jou bene.”
Ek trek my knieë effens op en sprei my bene vir Rudolf. Hy loop om sodat hy tussen my bene staan. Ek is ʼn offerhande aan sy voete, wyd en weerloos. Hy lig sy voet.
Rudolf se mond los my en dit voel asof hy my siel met sy soen ontvoer het. Sy smaak bly nog in my mond agter; dit laat my dink aan rose op ʼn vars graf; soet wat stadig in die son ontbind. Die haartjies op my arm reageer op elektrisiteit in die lug. Dis meteens ʼn nag van swart katte en redelose begeerte. Rudolf se lang vingers raak nie aan my as hy my bloes van bo af begin losknoop nie. My vel hoendervleis agter sy hande aan, maar die sagte streling van die dun materiaal is al wat ek voel. Hy knoop my bloes tot onder oop. My tepels druk teen die syagtigheid en ek kan selfs in die maanlig sien hoe ek deurskyn.
“Op my voorwaardes?” vra hy. Sy mondhoek lig effens.
Ek dink aan die dryfsand van sy soen. “Wat moet ek doen?”
Die dansbaan sweet. Rudolf se oë hou myne vas terwyl die musiek my liggaam meesleur. Ek ruik die mense om my; hulle sweet, hulle drif, hulle lywe. Klanke en geure vou oor my, maar Rudolf en sy hande is al wat werklik is. Dit vou my bloes oop en ek gee nie om nie. ʼn Kaleidoskoop van lig speel oor my borste. Ek begeer sy hande op my. Hy stoot my bloes oor my skouers en die gladde materiaal gly oor my arms tot op die dansvloer. Sy stem is kole in my oor.
“Dans vir my.”
Rudolf se voet vee oor die donker grofheid van my heuwel en sy toon gly tussen my sagste lippe in. Ek kan en wil myself nie meer beheer nie. My kop is agteroor in die modder. Ek stu my heupe om hom deel van my te maak. Asseblief. Asseblief. My liggaam begeer om deur hom ingeneem te word. Ek is drang en behoefte en as sy toon oor my klitoris vryf voordat dit ʼn entjie in my nattigheid ingly, wil ek van lus oopbars. Beveel my, gebruik my, beheer my, doen wat jy wil, maar maak my net vol. Rudolf tart my met sy toon en ek hoor hoe hy vir my begeerte lag. Ek wens ek kan hom deur my vagina inneem sodat hy my kan vol maak en volmaak. Dan trek hy sy voet van my hitte af weg.
“Hoe lus is jy vir my?”
“Oorvloedig.” Ek forseer die woorde oor my droë lippe.
“Hoe ver sal jy gaan?”
Wat moet ek doen? Enigiets. Asseblief, asseblief. Wat moet ek doen?
Ons is op ʼn grondpad. Rudolf het my romp onseremonieel langs sy motor in die klub se parkeerterrein afgestroop en saam met my skoene in die stof laat lê. Ek is oorgawe. Ek dink nie, ek doen. Hy het my wil oorgeneem en ingeneem, maar nog nie aan my liggaam geraak nie. Nou konsentreer hy op die pad. Die ligte van die motor stoei om deur die wit stof te skyn. Die man langs my se wreed-sensuele mond het ʼn vasberade trek wanneer hy by ʼn kleiner grondpaadjie wat tussen ruie bosse wegraak, indraai en parkeer.
Ons loop in die stofpaadjie af uit die strale van die motor se ligte. Deur die ruigtes hoor ek vallende water. ʼn Fyn sproei hang oor alles. Onder my kaal voete verander padgruis in modderige gras.
Rudolf stop. Hy trek sy skoene uit. Ek kan hom amper nie bo die gedruis hoor nie.
“Kniel.”
Ek kniel nakend voor hom op die modderige gras. Ek is sy slaaf. Ek leun versigtig vorentoe om met my tong sy voet te streel. Hy trap my met sy voet teen my skouer plat sodat ek op my rug voor hom lê. Die volmaan skyn helder, maar in die verte slaan blitse teen die horison.
Rudolf lei my na die vallende water. Déjà vu. Ek weet dit stort oor ʼn damwal. ʼn Klein platformpie hang oor die bruisende massa. Ver onder ontrafel die lang sluier teen die swart rotse. Ek sien sy mond, sy oë, sy hande. My liggaam is klein en kaal en syne is groot en sterk. En dan raak hy uiteindelik aan my en my liggaam ontplof. Sy hande op my borste is rof en dringend en knie my liggaam na sy wense. Sy mond is swael teen my vel. Ek steun en pleit en los op. Rudolf maak sy belt los en ek sien dat hy my gaan vol maak en maak my bene oop. Die koue reling van die platform druk teen my rug as hy sy hande oor my boude vou en my oplig sodat ek oor hom kan sak. My kloppende, vogtigheid verwelkom hom en hy beur diep, diep in my op. Die vibrasie begin iewers in my middelpunt en ry op my senuwees na buite. Ek kan myself in sy nek hoor kerm en dan verloor ek myself in die orgasme. Dit donder soos die waterval deur my en dan neem Rudolf se klimaks oor. Hy verswelg my soos sonde en weerwolwe en dwelms. Ek verdwyn in hom in. Die reling raak weg as hy my nog hoër lig. Net sy arms hou my vas. Ek is syne om mee te maak wat hy wil. Ek weet wat hy gaan doen. Hy het reeds met my in sy arms oor die reling geklim. Hy glimlag soos die duiwel.
“Hoe lank sal jy my liefhê?”
“Vir altyd en altyd.”
“Bewys dit.”
“Wat moet ek doen?”
As ek my oë weer opmaak hang klein druppeltjies water vir ʼn oomblik nog aan my wimpers voordat dit losgly en grond toe val.
2 COMMENTS
Befok. JouBok is reg. Die storie is BEFOK !
Annelise ek is dankbaar dat ek met jou en jou skryfwerk kennis kon maak
Sonder dit sou daar ‘n leemte in my gemoed ruis
Dankie
Ek onthou die verhaal en my emosie toe ek dit so bietjie meer as drie jaar gelede gelees het. Een van my eerstes en dit het ‘n moerste indrik op my gemaak.
Annelise ek het jou daardie tyd nie geken nie.
Ek was verstom en baie nuuskierig wie diè Annelise is wat so ‘n befokte storie skryf. Daarna is ek ‘hooked’ for life.