Liewe Leser
Geliefde Kombiekiehierleser,
Ek lig my kop op (omdat dit pal in my handboeke is) en sien dat dit November is. Hoe op aarde het dit gebeur? Buite my studeerkamervenster het voëls (nie die Kombiekiehier soort nie ;)) en bytjies en blommetjies alreeds lente gevier en met mekaar gedoen wat ons op Kombiekiehier in woorde aan mekaar doen. Ek hoop van harte jy het dit ook gedoen terwyl ek elders besig was. Ek beplan om in Desember woes in te haal. 😉
Dis langer as drie maande vandat ek vir jou daardie hartseer brief geskryf het toe ons vir ‘n maand lank moes toemaak. Sedert ons terug is, gaan dit eintlik nog beter met die webwerf as voor die tyd. Baie dankie aan elkeen wat nie van ons vergeet het of opgegee het op Kombiekiehier in daardie tyd nie. Dankie vir elkeen wat aanhou terugkom. Solank jy hier is sal ek hier wees.
Hierdie is ‘n state-of-the-website briefie. Ek doen dit mos van tyd tot tyd. Ek liefkoos jou so bietjie intiem, persoonlik, binne-in jou inboks.
Eintlik wil ek vir jou ‘n guns vra ook, maar ek sal daarby kom. (Moenie bekommerd wees nie, dis ‘n lekker guns.)
Eers net so ‘n bietjie inligting oor Kombiekiehier vir as jy al ooit gewonder het.
Kombiekiehier
Kombiekiehier is vroeg volgende jaar vier jaar oud! In hierdie vier jaar het ons :
- Meer as 50 000 unieke besoekers binne die eerste jaar gehad sonder enige advertensies en bemarking.
- Meer as 3 000 000 “page views” tot 1 Oktober 2017.
- Lesers bly gemiddeld 5,7 minute lank op die webwerf.
- Gemiddeld 14 000 besoekers per maand. (Word nog élke maand meer)
- Tussen 110 000 en 120 000 “views” per maand.
- Tussen 3 500 en 4 500 lesers per dag.
- Ongeveer 45% nuwe gebruikers en 55% terugkerende gebruikers.
- Daar is amper 1 000 posts in die argief en julle het al meer as 2 000 keer kommentaar gelewer.
Soos jy kan sien is Kombiekiehier nie ‘n klein webwerf nie. Ander webwerwe van hierdie grootte word vir baie geld verkoop. (Later meer hieroor)
Hierdie is net die statistieke, die boring getalle. Ek meet Kombiekiehier se sukses aan ander dinge. Ek meet dit aan hoeveelheid orgasmes wat dit al aan lesers gegee het. Ek meet dit aan ‘n skelm glimlag, nat broekie, vinnige hartklop, kinky idee, warm vry, lang, stomende liefdemaaksessie, goeie tip en “vuil” gedagte.
Ek meet dit ook aan die gevoel van Gemeenskap (albei soorte 😉 ) wat ek kry as ek aan Kombiekiehier en almal van julle dink. Daardie gevoel kry ek uit ons sexy, talentvolle skrywers se oorvloedige bydraes, ek kry dit wanneer ek sommige van julle byname in die kommentaar herken en selfs wonder of als ok is as ek jou vir ‘n ruk lank nie op die site sien nie. Ek kry dit uit die feit dat ek my doodverlang het na julle toe ons ‘n maand lank verban is. Daar is die name waarmee julle my aanspreek en die aanmoediging en die ondersteuning en omgee. Daar is die feit dat ek omgee en soortvan sleg voel as ‘n storie nie in een van julle se smaak geval het nie (so asof almal dieselfde smaak het). Ek voel die magic van die Kombiekiehiergemeenskap as ‘n vrou vir ‘n slag ‘n storie geskryf het en julle haar so fantasties ondersteun. Ek is trots op wat ons is wanneer iemand ‘n Selfie stuur en Kombiekiehier se mense net met komplimente en bewondering reageer.
Julle is eintlik ‘n amazing, wonderlike klomp mense. En dis tyd dat ek dit vir jou sê, as ek nog nie het nie. J
My filosofie oor geld
Jy ken al my filosofie oor wat die doel van Kombiekiehier is. Jy ken die geskiedenis van die werf en die oppe-en-affe waardeur ons al is. Jy weet dat ek nog altyd gesê het dat dit ‘n gratis werf is, omdat die idee daarvan vir my meer beteken as enigiets anders. Hierdie is steeds my wens en my keuse. So moenie worry nie, ek gaan nie vir jou geld vra nie. J
Ek gaan wel volgende jaar (noudat ek klaar geswot is) probeer om so ‘n bietjie geld te maak, want as ek dit nie met Kombiekiehier regkry nie sal ek “regte” werk moet gaan soek en die werf deeltyds doen.
Van geld gepraat: Jy weet mos van Kombiekiehier Vreesloos en jy weet seker dit kos so R40 per maand om daaraan te behoort. Die rede vir daardie inskrywingsgeld is om te keer dat iemand, soos minderjariges, nie per ongeluk daar kan beland nie. Kombiekiehier Vreesloos is meer “hardcore” en ek respekteer mense wat nie so iets wil sien nie. Ek verkies ook dat nie sommer enigiemand daar rondhang nie – dis ‘n plek vir vreeslose volwassenes. So, dis die enigste rede waarom daardie stukkie iets kos.
Kombiekiehier is egter waar alles gebeur. Al die ander aspekte van die webwerf is hier te kry, verniet. Altyd.
Maar
Maar ons het planne. Groot planne. Ons wil Kombiekiehier nog mooier, meer gemaklik en meer sexy maak. Ek (ons) het so baie idees van goed wat ons vir jou wil gee dat ek soms wakkerlê in die nag soos ek daaraan dink. Ongelukkig kos die meeste van hierdie goed geld om te maak…
Hehe, nope, ek vra nog steeds nie geld nie.
Ek waarsku jou wel dat ons gaan probeer om in die nuwe jaar advertensies te kry. Hopelik kan ons op daardie manier inkomste kry waarmee ons die nuwe ontwikkelinge kan betaal. Dalk sal ons ‘n kompetisie loods. Sulke soort dinge. Dit sal wonderlik wees as jy soms kan deurkliek na die adverteerders se produkte toe en hulle ook ondersteun. Selfs al is dit net met ‘n hit op hulle webwerf. Ons wil in elk geval net smaakvolle advertensies vir jou bring van produkte wat toepaslik is vir Kombiekiehier en die webwerf se kaliber lesers.
Wat my by nog ‘n “beginsel” uitbring: Ek wil nie regtig pop-up advertensies of pop-under advertensies op die site plaas nie. Dit gaan afbreek doen aan die hele erotiese, classy gevoel waarna ek nog altyd streef. Maar dis die maklikste manier om geld te maak met ‘n webwerf. Om adverteerders te kry om odentlike advertensies te koop is vrek moeilik omdat hulle issues het met erotiek – sommige kyk na die webwerf en skree dadelik iets soos: “Help! Porn! Bly weg, ons is ordentlik!” Dis moeilik. So as jy weet van moontlik adverteerders of self wil adverteer, kontak ons asseblief. Elke stukkie sal help.
Ons
Van “ons” gepraat en van adverteerders gepraat: Kombiekiehier het ‘n vennoot gekry. Kan ek jou voorstel aan Jaco Kleyn? Hy gaan die bemarkingsafdeling (om daardie advertensies te soek) van Kombiekiehier behartig terwyl ek steeds op die kreatiewe deel van die webwerf sal konsentreer. Hy het reeds opwindende voorstelle en planne vir Kombiekiehier waarvan ons julle volgende jaar so stukkie-vir-stukkie sal vertel. Hy is ‘n gepubliseerde skrywer en bring ‘n vrag ander talente na ons gemeenskap. Ek is nogal verlig dat ek nie meer oor elke stukkie van Kombiekiehier op my eie moet worry nie. 😉
Jou hulp
Nou kom ek by die eintlike rede vir hierdie brief.
(Ek weet ek ramble. Elke keer as ek aan jou skryf begin ek heel ordentlik en formeel en met die plan om professioneel te bly met mooi bullets en opskrifte en verwysings 😉 maar voor ek myself kan kry, gesels ek met jou – soos mens met geliefde vriende en familie gesels. So, so much vir my voornemens.)
Ek wil by jou hoor wat jy graag anders sou wou hê aan Kombiekiehier. Ek vra voorstelle, want op die einde is dit eintlik jou webwerf – ek het dit tog vir jou geskep en ek wil jou gelukkig hou. So wat wil jy weg hê? Wat kan ek bysit of verbeter? Wat irriteer jou? Waarvan hou jy? Wat kan ons nog vir jou gee?
Kombiekiehier moet die definitiewe bestemming vir erotiek in Afrikaans wees. Dit is al van die eerste dag af wat ek Kombiekiehier op ‘n wordpress.com blog geskep het my droom. Wat kort nog om hierdie sin waar te maak? Wat dink jy?
Jy kan vir my hier onder by die kommentaar laat weet of skryf vir kombiekiehier@gmail.com
Goeie wense en al daardie dinge
Baie dankie dat jy tot hier op die einde van hierdie brief gelees het. Ek kan hom oordoen en korter maak. Miskien moet ek. Maar ek het nou so lekker gesels met jou en as ek dit verkort dan word dit ‘n amptelike memo in plaas van ‘n kuier.
So, dankie dat jy saam met my gekuier het. Volgende keer sal ek Sjampanje saambring, want dan gaan ons iets vier. J
Ek gaan nou terug boeke toe. Nog net so 50 (akademiese) bladsye dan kan ek al my aandag aan jou kom gee. Lesers is gewoonlik skaarser in Desember so ek pos dan ook gewoonlik minder – maar nie niks nie, daarvoor mis ek jou te vinnig. Soos seks ‘n ritme het, is dit nou al vier jaar lank ons (jou en Kombiekiehier) se erotiese ritme. Ons ken dit en weet dat ons mekaar weer in Januarie van voor af sal begin verlei.
Dankie vir hierdie jaar en al die lus en liefde wat ek ontvang het.
Welkom aan Jaco. Ek hoop jy sal gelukkig wees by Kombiekiehier.
Kom asseblief veilig terug in 2018 en moenie wanhoop as ons wense vir ‘n Zumalose Suid-Afrika nie waar is teen daardie tyd nie.
Ons fantasieë en begeertes en lekkerkry hang nie van hom af nie. Ek sal vir jou ‘n plek aanhou gee waarheen jy kan ontsnap. Want ek like jou kwaai. 🙂
Met lus en liefde
xxx
Annelise
NS. Die bygaande foto is omdat julle net iets lees as daar ‘n sexy boobfoto by is. Mos. 😉
23 COMMENTS
Ek is seker baie laat met my komentaar en die jaar is nou op sy laaste. Van my kant wil ek ook net se: Annelise – baie dankie vir wat jy doen. Ek geniet dit om die blad te besoek al lewer ek nou nie juis komentaar nie. Hopelik volgende jaar sal ek meer betrokke raak. Sterkte en ek sien uit na n opwindende 2018
Menere – en Dames, u aandag asseblief. Stilt, ons is toegespreek deur n uiters slim en oulikke vrou. Ons Edel Dierbare ag verskoon tog, amper Prof Edel Dierbare, het nou weer ons onverdeelde aandag soos gewoonlik. En soos dit nou al in die anale ( nee man – nie daai een nie) opgedateer is en ons week na week ons as gepeupel ons self verlistig in haar webblad waarvan die n onverberterlikke is bedank ons as volk ons Agbare Edel Dierbare “vreeslik” vir ons weeklikse nostalgiese sosiale leesstof. Ou Jaco, hy het n klein probleempie. Die arme man het bitter groot spore om vol te staan en ons as gepeupel glo en vertrou in die sukses daarvan.
Alle grappies op n stokkie – Annelise vreeslik baie dankie vir al jou sweet, trane en opofferings met hierdie webblad. Ek glo nie een van ons kan se dat hy of sy nie daarvan hou of uiters geniet nie. En ou Jaco – sterkte ou maatjie.
hehe, jou lawwe mansmens 🙂
Ysbeer, ek hoor jou. Ek sal my allerbes doen om ons edele dierbare prof by te staan en te ondersteun 🙂 Uiteindelik weet ons mos dat hoe meer tyd sy het hoe meer gaan sy ons almal bederf met haar sensuele skrywes et al… Maar ja ek is opgewonde en sien uit na n pad saam met al die mense wat Kombiekiehier gemaak het wat dit vandag is. Ons kan nooit Annelise se grensverskuiwende werk met hierdie web-blad miskyk nie (daar is baie min wat deur alles waardeur sy gegaan het sou gaan om hierdie omgewing vir almal van ons te skep). Dit gese, ek is seker Annelise sal saam met my stem as ek se, Kombiekiehier sou ook nie wees wat dit is sonder die lesers, deelnemers en mede-skrywers wat weekliks bydrae lewer nie…
Di blad staan nou al weke stil wat is fout
Daar was vakansie sonder sein en studies wat moes klaar voor dit, maar more begin die nuwe jaar en sal daar elke dag gepost word. 🙂
Kombiekhier is terug. Daar was studies en toe ‘n maandlange “herstel” waar omtrent geen sein was waarmee ek kon post nie. Maar ons is terug en jy kan nou weer uitsien na iets nuuts elke dag. 🙂
Weereens… Wow jy is n mens duisend en ek is bly Jaco gaan jou la ligter maak (Welkom Jaco)
sal gedagtes die loop geen en sien wat daar uitbroei
Dankie vir die verwelkoming Frik.
Dankie vir die blad. Ek waardeer dit baie. Jy kan maar praat as ek met iets kan help waar jy vasbrand, al is dit met geld ook.
🙂 Baie dankie
Hi Ja ek brand vas met blad . Ek will graag n blad of 4 koop vir kersfees .Vlwis is sooo duur en aangesien jy se mens moet praat, praat ek nou. Dankie byvoorbaat. So 2000 sal okay is.
Puik blad mag daar nog baie meer wees. Wil net die bitterbek/ suurgat /droe doos wie klag ingedien het hartlik bedank want jou gal het glad nie ons Web Mistress afgeskrik nie. Jyt haar net super jagser gemaak en ha comeback het al haar kritici vir n ses geslat.
Baie geluk Annelise. Baie dankie vir blad waar afrikaans bo is.
Baie dankie vir die halwe te. Te mooi en maak diep lus!!!!!!!
hehe, dankie Nas. 🙂 xxx
Hehehe….se jy hom/haar nou ou Nas. Ek deel jou sentiment en aan ons web Mistress wil ek ook my dank betuig.
Lekker om deel van jou “vriendekring” te wees.
Ditto 🙂
SKOON VERGEET !
Baie welkom, Jaco, mag jy net vreugde met ons deel. Ek’s seker jou bydraes gaan baie beslis tot voordeel van almal wees.
WELKOM !
Baie dankie Wille Will. Ek sien baie uit na die toekoms binne die Kombiekiehier gemeenskap.
Annelise, sjoe hoe lekker is ‘n persoonlike briefie nie van jou af nie !
Dis soos ‘n koel briesie in die woestyn, soos heuning op roosterbrood… ( never mind wat julle ander laaik, ek is mal oor heuning ! ☺)
Jou “uit-die-hart-uit”, oopkop en eerlike, opregte skrywe het my weereens laat besef hoe gelukkig ons is om ‘n blad soos joune, onder jou uiters bekwame hande en leiding, te kan deel. Ek het na al die ander soortgelyke werwe al geloer maar “Kombiekiehier” is beslis die “enigste bestemming vir erotiek in Afrikaans” ! ! Sela.
Dis baanbrekers werk en soos een van die koerante (Rapport) berig het : “Sy plaas Afrikaans en erotiek op ‘n ongekende maar smaaklik, genotvolle vlak ”
Jy het my eie wêreld vir my verander en ek glo meeste van ons lesers en wonderlike skrywers s’n ook !
‘n Opregte dankie en ek sal met idees en voorstelle bietjie maal in my kop en aanstuur as dit opkom.
Willie
ns. Verruklike foto, dakie…ken ons dalk die trotse eienares van hierdie mammaliese skooheid ?
Dankie Will 🙂
Ek is mal oor fotos en videos van vroue wat pee. Jammer ons kan nie foto vergroot nie. Is daar nie dalk ‘n leser wat vir ons ‘n video wil maak nie, Ek sal die video selfs kom neem en haar doosie droog soen na die video.
Is jy lid van Kombiekiehier Vreesloos? Daar post ons sulke video’s en foto’s – steeds in Afrikaans. Op Kombiekiehier post ons sover nie regtig foto’s van geslagdele en die dade self nie. Nie omdat ons nie wil en nie dink dis sexy nie, maar omdat dit ons dan beperk. Die meeste lesers van alle geslagte voel “veilig” hier omdat hulle wel sexy en begeerlik en kinky hier kan sien, maar hulle hoef nie bang te wees dat hulle ‘n ginekologiese 😉 🙂 foto hier gaan raakloop nie. Die verskil tussen erotiek en porn is “in the eye of the beholder” maar hier maak ons seker dat daardie lyne nie te vaag word nie. Net mense met vreeslike issues oor seks sal op hierdie stadium Kombiekiehier porn kan noem. 🙂
Dankie vir n puik blad. Sterkte met jou studies en sien uit om al die nuwe verwikkinge dop te hou.