Kringe in ‘n bos
So elke nou en dan gryp ‘n vegter vir vrouregte na ‘n skeermes as wapen. Met die vlymskerp lem wat soos ‘n sekel deur die ruigtes om haar kloof word voorkeure as ideale opgestel en die opposisie afgemaai. Dan word die lof van oorvloed en groei besing en verskroeide aarde betreur. Hierdie beboste vegters vir vroueregte voer aan dat ‘n vrou wat sal verkies om haarself kaal te skeer dit doen omdat sy nie self kan dink nie. Sy is ‘n slaafse navolger van die huidige mode wat deur maatskappye wat produkte wil verkoop op haar afgedwing is. En sy kan nie sien dat haar besluit om te onthaar nie regtig haar besluit is nie.
Hierdie bosvegters glo dat hulle wel vir hulself kan dink. Hulle is nie deur hulle mede-feministe of deur literatuur of deur opruiende toesprake beinvloed nie. Dis waarom hulle vir die ander kan vertel dat hulle “verkeerd” is.
Om iets so persoonlik en intiem soos skaamhare as ‘n simbool van gelyke regte op te neem is myns insiens so ‘n bietjie laf. Daar is verskriklik baie redes waarom iemand ‘n voorkeur na enige kant toe mag hê en baie daarvan het niks met die teenoorgestelde geslag te doen nie.
‘n Vrou kan byvoorbeeld besluit om te skeer juis omdat dit haar meer “kaal” laat voel. Ander vroue hou van die gevoel van weerloosheid wat ‘n kaalgeskeerde poesie kan opwek. Sommige voel dis meer higienies en ander voel dis vrouliker. Dalk wil iemand ‘n natuurlike haarkleur wegsteek of moontlik laat dit iemand kinky of effens waaghalsig voel. Daar is so baie redes as wat daar skakerings pienk is en elkeen van daardie redes is vir daardie vrou geloofwaardig.
Ek is ‘n voorstaander van vroueregte, maar in die oorlog om hierdie regte te bekom en te behou raak die onderdrukte soms die onderdrukker. Ons sien dit gebeur wanneer daar voorgeskryf word hoe ons ons vryhede moet gebruik. Dis iets soos “ek veg vir jou reg om self te besluit of jy welig of kaal wil wees, maar as jy kaal is is jy gebreinspoel” of ” ek veg vir jou reg om verantwoordelike skoene te dra, maar as jy hou van hoë hakke, kyk ek jou skeef uit” of “ek veg vir jou reg om nie ondergeskik te wees nie, maar nou wil jy met ‘n swepie tussen jou tande oor die vloer kruip, WTF meisie?”
“Wat de hel doen jy, my magtig? Dis nie waarom ons jou vry gemaak het nie?”
Miskien sal dit die laaste veldslag van ‘n bevrydingsoorlog wees. Net so voor die ondertekening van alle verdrae moet die bevrydes van hulle bevryders bevry word. Daar kom ‘n stadium wanneer jy dit waarvoor jy geveg het onvoorwaardelik moet gee vir diegene wat jy wou verlos. Net soos liefde nie voorwaardelik behoort te wees nie, behoort mens nie iemand voorwaardelike regte te gee nie. As jy kan verstaan dat ‘n bevryde vrou moet kan kies om haar liggaam haarloos aan haar minnaar te gee – selfs al doen sy dit net omdat dit sy voorkeur is – as sy sou verkies om dit te doen, sal lawwe bosoorloë iets van die verlede wees.