Kombiekiehier se sexy Staatsrede drinkspeletjie
Vanaand gaan ons agbare president met die nasie praat. Dis nou as JuJu en Eskom hom toelaat. En vir die eerste keer in jare gaan mense wat gewoonlik nie die geringste belangstelling in so ‘n toespraak het nie, hulle plek voor die TV inneem.
As Zuma wel sy toepraak gaan lewer en hulle die mense in die peanut-gallery stil kan kry, is die kans feitlik 100 persent dat dit ‘n vervelige affêre gaan wees.
Dis waarom jy Kombiekiehier se sexy Staatsrede drinkspeletjie nodig het.
Hier is hoe dit werk:
Benodighede:
‘n Radio of TV om die speech op te luister.
Privaatheid.
‘n Gewillige vrou.
‘n Gewillige man.
Die bestanddele om ‘n shooter met ‘n sexy naam te bou. Daar is so paar resepte op hierdie bladsy.
Die idee is om lyding in plesier om te sit. Die persoon wat eerste ‘n orgasme kry, wen. (Jy mag nie fake nie.)
Reëls:
Die speletjie is ontwerp om maklik te wees aan die begin en dan stelselmatig moeiliker te word. Daar is drie redes waarom dit moeiliker sal word.
1. Jy gaan al dronker word en al moeiliker konsentreer.
2. Jy gaan al meer lus word en moeiliker op Zuma konsentreer.
3. Jy gaan waarskynlik al meer verveeld met die speech word, en daarom al moeiliker konsentreer.
Jy word gestraf of beloon vir verskillende woorde wat voorkom in ons president se toespraak. Straf beteken dat jy moet drink. Beloon beteken ‘n seksuele plesiertjie.
Zuma is die dice – en die dice beinvloed al die spelers in die game ewe veel – net soos hy almal in die land ewe veel beinvloed.
Luister aandagtig na sy toespraak en down ‘n sexy shooter elke keer as jy een van die volgende woorde hoor:
- Honourable member.
- We will clamp down on corruption.
- We must all pull together (of iets met die sentiment).
- We will appoint a committee (of enige kommissie van ondersoek wat geloods gaan word)
- There is no crisis in our electricity supply
- We will create xxx number of jobs of iets oor unemployment
- We have a good story to tell
- As hy van SARS of NPA praat en van mense wat hulle gaan “re-deploy”
- Onderwys sal verbeter
- Enigiets oor service delivery.
- Want apartheid – down twee shooters.
Luister aandagtig na sy toespraak en ontvang die beloning vir elk van ons wense wat waar word:
- Ek sal die geld vir Nkandla terugbetaal.
Laat waai julle klere soos note wat in die wind wegwaai.
- Mac “The Mop” Maharaj gaan op vroeë pensioen. Vyf-en-twintig vrywe aan die vleispypie of die mannetjie in die boot. 😉
- Faith Muthambi (Minister van Kommunikasie) en Hlaudi Motsoeneng van die SABC word afgedank omdat die SABC so swak is.
Vyf minute in die missionary posisie.
- Medupi en Kusile kragstasies is actually 6 maande voor schedule. ‘n Kwartier met ‘n elektriese speelding.
- Die ‘Ministerial Handbook’ word uitgegooi – almal se amptelike voertuie is Citigolfs, jy moet vir jou eie huis betaal, en alle MP’s se salaris word met 50% gesny. Smeer mekaar met room en tjoklits en eet dit af
Albei word met oral seks beloon – 69 onmiddellik.
Doggystyle vir tien minute.
- BEE word uitgefasseer. Gee mekaar ‘n diep, lang, intense soen.
- Ek, Zuma, bedank, want julle hou nie van my nie. Totale seksorgie.
Hopelik sal jy teen die einde van die Staatsrede te dronk wees om om te gee dat hy niks gesê het nie. En as jy ‘n orgasme gekry het het jy saam met die land een van ‘n paar moontlike (maar onwaarskynlike) blye tydings gevier. Dan wen ons almal. 😀
1 COMMENT
hahahaha…lanklaas so lekker gelag, dit absoluut gate uit geniet.
Jammer ek lees dit nou eers na meer as ‘n jaar !