Karoostorie 5 – Die foto-sessie

Deur Iyati

(lees vorige episode HIER)

Pieter en Annike het ’n geskiedenis. Die dag toe hy haar die eerste maal op George Lughawe in lewende lywe gesien het, en die gevolg daarvan op sy eie gevoelens, emosioneel sowel as fisies is lank reeds in die verlede. Hul onderskeie lewens, syne as fotograaf en skrywer en hare as beroepsvrou, laat hulle nie toe om na vrye keuse mekaar te sien of mekaar te ervaar nie. Nieteenstaande hierdie beperkinge gaan daar nie ’n dag verby wat hulle mekaar nie sal opsoek in die virtuele ruimte nie. Soms ’n vinnige hallo daar, soms ’n vinnige flirtasie en ander kere n vurige rondte geken aan foto’s en woorde wat drup van wedersydse jagsheid. Dit is dan ook juis tydens een van hierdie flirtasies wat Pieter begin gesels oor hoe graag hy Annike in ’n bos wil fotografeer …

“Wil jy regtig fotos van my neem?”

“Meer as enige iets op aarde.”

“Vertel n bietjie dat ek hoor?

Pieter byt nie dadelik aan die aas wat ooglopend voor sy neus gehou word nie, en antwoord haar met ’n voorbeeldfoto van wat hy ingedagte het. Haar reaksie laat Pieter glimlag … maar hoe langer hy voor die rekenaar sit en gesels met haar hoe meer laat dit sy eie verbeelding op loop sit. Dit neem nie lank vir Pieter se lyf om te antwoord op die beelde en gedagtes wat deur sy oorywerige verbeelding opgedis word nie. Met ’n ongemaklik stywe manlikheid besluit hy dat die werk wat lê en wag nog hopeloos te veel is, en dat hy eerder nou die gesprek sal moet kortknip. Kortknip wel, maar nooit heeltemal uit sy gedagtes nie…

***

Dit is amper twee-en-‘n-half maande na die internetgesprek rondom die foto-sessie in die woud wat Pieter en Annike mekaar weer sien. Skaars was die groet agter die rug of Pieter beduie met n glimlag na die kamerasak wat op die agtersitplek van die Land Rover lê. Annike kyk hom vir ’n oomblik vraend aan voor dit deurskemer wat hy bedoel…

“Meneer van Zyl! Het jy geen skaamte in jou nie?”

Pieter sien hoe die rooi bloos teen Annike se nek opkruip. Hy sien die skaam glimlag om haar mond vorm, hoe sy haar kop op daardie super sexy manier laat sak… effens skeef terwyl sy deur haar kuif vir hom loer. Die oë, soos altyd ’n venster na die siel, vertel die volle storie. Die storie wat hy vir langer as twee maande amper elke dag oor gedroom het…

“Mevrou du Toit … Jy steek ’n dolk reg in my hart in.”

Annike lag uitbundig vir Pieter se teatrale antwoord terwyl sy haar arms styf oor haar borste kruis en haar bene stywer teen mekaar aandruk. Sy steek vir Pieter tong uit voor sy weer met ’n lag in die stem begin praat…

“Ja, Meneer van Zyl, ek hoor jou dolk storie… Maar hierdie model is bitter duur hoor. Hoe wil jy nogal betaal dink jy?”

“Ek is baie seker ons kan n betaalplan uitwerk…”

“Afbetaal? Hoor nou! Die befaamde fotograaf wil sy model afbetaal…” lag Annike uitbundig.

“Niemand het gepraat van afbetaal nie, Mevrou, maar ek glo mos om my modelle te betaal vir elke goeie stukkie werk wat ons klaar het…”

“Wel, nou dat jy dit so stel het jy my onverdeelde aandag…”

Vroeg die volgende oggend ry Pieter en Annike met ’n paadjie uit Wildernis uit in die rigting van die berg. Knap na die laaste huise verander die teerpad na grond toe, en nie verder as ‘n kilometer nie verander die grondpad na n tweespoor paadjie wat tussen die bome inkronkel. Annike spreek gou gou haar vrese uit oor die paadjie, die bos en dat dit dalk privaat grond is.

“Dit is staatsgrond. Jy hoef nie bekomerd te wees nie. Ons mag hier wees, mag net nie vure maak of in die bos oorslaap nie…”

Met haar vrese uit die weg begin Annike spoedig om die bos om haar in te neem. Die resultaat duidelik aan haar sigbaar…

“So wat het jy ingedagte Meneer?”

Beide Pieter en Annike staan langs die Land Rover aan die rant van die bos. Hy kyk om hom heen, soekend vir dit wat sy oog sal vang en ‘n goeie agtergrond maak. Deur die yl onderbos sien hy dan ook wat hy soek, ’n omgevalle boom wat met ’n hoek teen een van die staande bome rus. Die hoek presies reg vir wat hy ingedagte het. Hy merk ook op dat die lig soos dit deur die boomtoppe val ’n ekstra bonus op daardie spesifieke plek sal wees. Hy neem die rugsak waarin kantmateriaal en ’n paar ander stukke lap is, sy kamera sak en ’n opvoubare reflektor en stap in die rigting van die boom. Annike is kort op sy hakke, nie bang nie, maar steeds effe versigtig vir die bos en wat dalk daarin kan skuil…

By die boom gekom sit Pieter sy paksel neer en loop twee maal rondom die boom. Tevrede met wat hy sien gaan staan hy weer langs Annike.

“Jy wou weet wat ek ingedagte het?” Hy staan nader aan Annike en neem haar in sy arms. “Ek het nog nie eers vir jou ordentlik dankie gesê nie…”

Voor Annike iets kan terug sê verskuif Pieter sy hande na die kante van haar gesig en trek haar liggies nader. Hulle lippe maak kontak, en binne sekondes word die honger wat hulle vir mekaar het in die soen weergalm. In die vyf minute wat volg probeer beide hul gevoelens deur hul soene en aanraking weergee. Wanneer hulle lippe uiteindelik kontak breek en beide kortasem in mekaar se arms staan is dit die eerste maal na die WhatsApp bekentenis van Annike wat hulle teenoor mekaar hulle liefde beken. Die vrees waarmee Pieter gevul was toe hy sy gevoelens besef het kalwer weg onder Annike se blik. Die opregtheid wat deur haar oë haar woorde vergesel laat Pieter voel presies soos hy destyds gevoel het in Susan se teenwoordigheid…

“Annike… jy het… Jy het die vloek wat op my gerus het gebreek… Ek is lief vir jou Annike de Toit.”

Annike antwoord nie vir Pieter nie. Woorde sou nie deug nie. Sy sit haar arms om sy lyf en rus met haar kop skuins teen sy bors aan…

Die oomblik het verby gegaan en Pieter het Annike kortliks verduidelik wat hy graag wil doen met die foto’s. Alhoewel hy professioneel probeer voorkom en sy handelinge so professioneel as moontlik probeer afhandel, kan hy nie help om op te let hoe die sonstrale deur die boomtakke sekere dele van Annike se lyf verlig nie. Hy tel sy kamera op en fokus eers op haar gesig. ’n Sonstraal skyn net-net agter haar kop teen die boom vas. Die gevolg is n natuurlike tipe stralekrans, ’n afetsing van haar hare wat lossies om haar gesig vorm aanneem. Haar oë wat, steeds gevul met vroeër se passie, letterlik deur die lens kyk. Haar mond wat effens oop is… verleidelik so. Die kamera klink hard in die stilte om hulle wanneer die sluiter drie maal kort op mekaar oop en toe gaan. Pieter vergroot die fokus effens. Die volgende raam vul steeds haar gesig, maar hierdie keer sluit hy haar borste ook in. Die kant-materiaal wat liggies oor haar rus. Lig en deurskynende genoeg sodat haar stywe nippels duidelik afgebeeld word. Nog ‘n sonstraal wat deur die boomtakke op haar val maak die beeld net meer perfek. Pieter voel hoe sy eie manlikheid begin reageer op dit wat hy in die fokusvenster van die kamera sien. Met die volgende sarsie foto’s geneem, gee hy eers een dan nog ’n tree na sy linkerkant. Annike wat met haar rug plat teen die omgevalle boom lê, nou skuins voor hom. Hy hang die kamera om sy nek en stap tot by haar. Met vingers wat liggies oor haar nippels streel verskuif hy die materiaal net genoeg om die suggestie van nippel sigbaar te laat. Hy laat sy vingers liggies oor haar maag streel, rakelings oor haar vroulikheid tot op haar bo-been. Die been vêrste van waar hy met die kamera sal staan trek hy effens op. Met beide sy hande drapeer hy die materiaal oor haar been en beweeg strelend met sy hand teen die binnekant van haar been op. Sy hand talm ’n oomblik oor haar vroulikheid… Talm en dan met die ligste moontlike aanraking streel hy weer met sy vingers daaroor. Hierdie maal kom daar n ligte snak geluid uit Annike se keel. Sy trek haar rug effens krom…

Nie Pieter of Annike praat nie. Die enigste geluide is die van die voëls bo in die bome, die kamera wat nou en dan afgaan en Pieter se voetvalle soos hy heen en weer beweeg. Annike leef haar ten volle in die rol in en al wat Pieter doen is om heen en weer te beweeg en die kamera se sluiter te aktiveer. Nie net laat die bos om hulle Annike op ’n natuurlike manier selfs mooier lyk nie, Pieter merk ook op dat met elke nuwe posisie wat Annike voor die lens inneem haar liggaamstaal meer en meer tergend en uitlokkend raak. Met elke nuwe beeld is dit nie net Annike wat meer uitdagend en eroties oorkom nie, dit is ook Pieter wat meer en meer voel hoe sy eie ligaam reageer daarop.
Dit neem nie lank voordat Pieter besef dat dit wat eers effens ongemaklik in sy broek was nou in ’n volledige hardheid verander het nie. Pieter kom ook aan Annike se gedrag agter dat sy heeltemal bewus is van sy toestand. Waar sy vroeër amper deur die lens gekyk het merk hy meer en meer op dat haar blik afwaarts neig…

Daar is nie ’n spesifieke oomblik waarin die fotosessie stop nie. Die een oomblik is Pieter met die kamera teen sy gesig besig om vooroor te leuen vir ’n naby foto en die volgende oomblik voel hy Annike se hand aan die voorkant van sy bultende broek. Hy neem die foto en voel hoe haar hand sy broek losmaak…

Pieter laat sak die kamera tot langs hom op die grond en fokus op waar Annike reeds vêr gevorder het met die losmaak van sy broek. Hy tree nader aan waar sy steeds teen die omgevalle boom aanleun en streel liggies met sy hand oor haar maag, been en uiteindelik oor haar vroulikheid. Met sy vinger wat liggies tussen haar skaamlippe indring kan hy die hitte en natheid van haar eie afwagting en lus voel. Sy broek is los en hy kan voel hoe haar hand om hom toevou en heen en weer begin beweeg. Met haar hand stewig om hom trek sy hom nader aan haar tot waar Pieter uiteindelik bewus word van Annike se tong wat flikkerend oor sy kop dartel. Hy kan voel hoe haar hand se druk varieer en haar tong heen en weer oor sy kop beweeg, sy terg hom, tart hom tot ’n staat van totale hardheid. Dan voel Pieter hoe haar lippe liggies om sy kop vorm. Hy voel die ampere soen wat verander in ’n ligte suig en uiteindelik hoe sy manlikheid sentimeter na sentimeter in haar mond ingesuig word. In reaksie daarop neem hy sy vinger wat nou blinknat van Annike se lus is en streel dit liggies oor haar klit. Haar reaksie word weerspieël in die tempo en dringendheid waarmee sy hom in haar mond inneem. Pieter kan voel dat hy nie lank sal kan uithou nie en in ’n poging om sy eie aandag elders te vestig neem hy Annike se klit tussen sy wysvinger en duim en begin dit liggies daartussen knyp. Die reaksie is onmiddellik in Annike en weereens word die reaksie direk oorgedra na Pieter se hardheid in haar mond. Teen hierdie tyd, met haar angstige drang en honger vir hom en sy eie driftigheid is alles wat hy het in haar mond. Wanneer hy die spoeg uit haar mond teen sy bene voel afloop en haar stik geluid hoor weet hy dat die tyd nou moet wees om in haar te gaan…

Pieter trek homself uit Annike se mond en help haar orent kom van die boomstomp af. Hulle monde sluit oor mekaar, tonge angstig op soek na die ander s’n. Haar nippels hard teen sy borskas. Pieter voel hoe die dringendheid in hom opkook. Hy wil in Annike wees, hy wil voel hoe haar warmte hom ontvou, hoe sy hom tegemoetkom met haar lyf…

Hy draai Annike om en druk haar bene effens uitmekaar. Met sy hardheid in sy hand navigeer hy van agter af tussen haar bene in totdat hy die hitte en natheid van haar vroulikheid voel. Hy druk vorentoe en voel hoe haar lippe oopmaak om hom te ontvang, voel hoe hy in haar ingly, hoe haar poesie hom verwelkom en hy deur die warmte daarvan omvou word. Sy hande is op haar borste, sy vingers speel met haar stywe nippels terwyl hy dieper en dieper in haar ingaan. Annike ontmoet elke stoot van hom met ’n terugdruk van haar eie. Hy is diep in haar heeltemal binne haar en voel sy eie orgasme naderkom. Annike het met haar een hand se vingers begin om haar eie klit te streel. Hy voel dit teen sy manlikheid druk elke keer as hy in haar indruk.
Vir die eerste maal sedert hulle begin het verbreek Annike die stilte wanneer sy hom smeek om harder en dieper in haar in te gaan. Pieter gee gehoor en byt letterlik op sy tande om die orgasme so lank moontlik uit te stel. Dan voel hy Annike begin saamtrek en weet dat haar klimaks sekondes weg is. Die saamtrek om sy eie hardheid druk hom ook nader aan die rant van sy uithouvermoë en oomblikke nadat Annike haar eerste klein klimaks gilletjie gee voel hy die sametrekkings van sy eie orgasme. Hy pomp sy saad diep binne-in haar uit terwyl sy met rukke en stote die golwe van haar eie klimaks uitry …

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

2 thoughts on “Karoostorie 5 – Die foto-sessie

  • October 21, 2017 at 8:24 am
    Permalink

    O fok! Dit was mal jags! Ek ook! Ek ook! Kliphard toe moes ek maar oorgee, skoot vir skoot!

    Reply
  • October 20, 2017 at 11:28 am
    Permalink

    lyati, jy doen dit alweer aan my…baie dankie.
    Ek lieg nie as ek sê dat ek my só ingeleef het in jou bevange skryfstyl en intieme omgang met jou karakters, dat ek kliphard geword het agter my lessenaar en soos die einde opgebou het het ek besef my broek se ritssluier is oop en en en…wat daarop volg.
    Vlymskerp-erotika !

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)