
Jasmin (6)
deur Nostradamus
Hier teen die einde van Desember gaan ek en ’n paar vriende Mosambiek toe en omdat die reëlings al lankal terug getref is en ek en Jasmin maar nog in die peuter-fase (letterlik en figuurlik) van ons verhouding is, is ek die enigste een wat ’n losklos is op die vakansie. Jasmin het in elk geval familie verpligtinge oor dié tyd, so saamgaan is basies onmoontlik.
As reël is ek nie groot op Kersgeskenke nie, maar die Franse bloed van my voorvaders maak dat ek darem ’n romantikus is – of probeer wees. Dus besluit ek die dag voor ons vertrek om die Saterdag die winkelsentrums aan te durf, met Jasmin aan my sy. Nou kyk, vir ’n malende massa mense is ek maar sku, behalwe as die Bulle op Loftus speel, maar met die vraslag belowe Jasmin my dat sy my sal help om hierdie vrees te bowe te kom. Dit het dalk iets te doen met die rede vir ons besoek aan die Mall – ek wil graag vir haar ’n persentjie koop – iets wat sy in die komende tyd, maar veral in die tyd wat ons mekaar nie gaan sien nie, aan my kan laat dink. Gewoonlik vermy ek winkelsentrums van 1 Desember tot die 3de Januarie, maar dis seker tyd om ‘n uitsondering te maak.
Sommer vroeg, hier net na agt op hierdie Saterdagoggend laai ek Jasmin in my Ranger op. Natuurlik maak ek die passasiersdeur vir haar oop en so met die inklimslag sien ek sy sal vandag moet keer vir haar wickets soos, protea kolwer in Australië, want om met daardie kort rokkie in die Ranger in te klim sonder om jou decorum prys te gee is amper onmoontlik. So gesels-gesels ry ons Mall toe en toe ek in die byna verlate parkeergarage stilstaan draai ek dwars en vertel vir Jasmin wat my plan is. Of die die Franse bloed van my voorvaders of die romantikus in my is, maar ek het die begeerte om vandag vir haar ’n botteltjie parfuum te koop. So rukkie gelede, tydens ons naweek op die Wildsplaas, het sy teenoor my gebieg dat sy nie eintlik parfuum dra nie, net blikkies deoderant, maar dat sy nog altyd graag ’n parfuum wou dra wat by haar pas – sy kon dit net nog nooit bekostig of regverdig nie. Ek dog sy gaan my net daar bevrug toe sy sommer oor die rathefboom spring en haarself tussen die stuurwiel op my skoot tuismaak en my ’n kop-kom soen gee. Jy weet, daai soene wat maak dat jy alles vergeet waarmee jy besig was of wat jou naam is, want al wat jy weet is jy het so pas in jou kop ’n moerse orgasme gehad.
Ons staan voor die parfuumboetiek toe die se deure om negeuur oopmaak en ek vertel haar hoe ek nog altyd vir ’n vrou wou help om haar parfuum uit te soek. Ons gaan eers ingaan en na verskillende parfuums kyk en ruik en die waarvan sy hou gaan ons op daai klein strokiespapier spuit – elkeen gemerk watter maak dit is. Daarna gaan ons ’n plekkie soek wat lekker ontbyt en ’n nog lekkerder koffie bedien en dan gaan ons terug na die boetiek toe en dan moet sy so vier kies wat sy graag aan haar wil spuit. Dan gaan ons fliek, dalk ’n middagete deurwerk en dan ruik hoe die parfuum op haar vel sit, of dit hou en of dit elke halfuur vervang moet word, want laasgenoemde soek niemand nie. Jy soek tog iets wat die hele tyd om jou hang, nie soos ’n swaelwolk nie, maar soos ’n skoenlapper – jy weet dis daar, maar jy kan dit net nie vasvang nie, maar met elke beweging ruik jy dit weer.
Met die inkomslag kom die konsultant met wie ek gister ’n afspraak gemaak het ons dadelik groet en alhoewel sy nie sleg op die oog is nie, weet ek die geheim hier is om glad nie aan haar aandag te gee nie – net aan Jasmin. Sy vra dadelik waarna ons soek en ek sien sommer hoedat Jasmin daardie haas-in-die-kollig look kry, want hierop was sy nie voorbereid nie.
“Wel, ons is op soek na ’n geur wat ek nie seker is al ooit gebottel is nie,” sê ek. “Sien, ons is op soek na iets wat Jasmin hier langs my se essensie vasvang in ’n bottel,” en glimlag half selvoldaan met hierdie sin wat ek sommer so vinnig uit die heup uitgeskiet het. “Alles reg, meneer,” antwoord die konsultant, “en wat sou u sê is dié dame se essensie, wat ruik u as u aan haar dink?”
EK maak my oë toe en sê, sonder om eers te dink: “Ek ruik jasmyn en ek ruik kardemom en nog iets-iets soets – dalk kaneel? Nee, dis te opvallend, iets versluier – saffraan? Dalk eerder katjiepiering? Ek ruik natgereënde landerye, varsgemaalde koffie en pienk spookasem en dan luier mosbegroeide takke in my sinus as sy omdraai wegloop!”
Ek hoop regtig iemand kan sinmaak dááruit, dink ek toe ek sien hoe Jasmin haar kakebeen van die vloer af optel en die konsultant alles neerskryf wat ek beskryf het. Sy verlaat ons en kom vinnig terug met sowat tien voorbeelde waaraan ons moet ruik. Tussen elke ruikslag probeer ons ons reuksintuig neutraliseer deur aan ’n bakkie met koffiebone te ruik. Dertig minute later is ons deur al die voorbeelde en almal doen defnitief iets, maar dit voel vir my asof geeneen van hulle 100% uitkom waar hulle moet wees nie. Ek stel voor ons gaan eet ontbyt en kom dan terug vir die tweede rondte.
So gesê en so gedaan en met die inkomslag ruik ons weer aan elke stukkie papier, terwyl die konsultant haar opgewondenheid nie kan beteuel nie. Sy sê sy het so bietjie rondgespeel met van die geure en sy het dalk moontlik een gemeng waarvan ons sal hou. Sy laat Jasmin eerste ruik en ek sien dadelik sy word weggevoer na ’n plek waar sy nog nooit was nie, en toe dit my beurt is om te ruik besef ek hierdie konsultant kry vandag ’n moerse tip. Sy het dit wragtig reggekry om wat ek gesê het perfek vas te vang en Jasmin beluit onmiddelik die gesoek is verby – ons het haar parfuum gekry. Ons bestel 150ml daarvan en toe die konsultant ons vra wat die parfuum genoem moet word antwoord ek vinnig: “The essence of Jasmin.”
Terwyl dit gemeng en verpak word, besluit Jasmin dat die dag so effens anders gaan verloop. Ek moet haar onmiddelik huis toe vat en vanaand sesuur kom oplaai en haar na my gunsteling restaurant toe neem – sy het ’n verskoning nodig om haar parfuum aan te sit en dis die laaste keer wat ons mekaar gaan sien tot in die nuwe jaar.
Ewe romanties antwoord ek: “Jasmin, saam met jou is elke oomblik waardig om parfuum aan te sit!” en kry nog een van daai kop – kom soene sommer daar in die boetiek.
Die aand het ons gaan uiteet en later selfs gaan dans en elke keer as ek my kon kry, het ek ’n arm of ’n hand of haar nek ingeasem soos ’n druggie aan sy fix suig met die doel om dit deel te maak van elke vesel in sy lyf. Op pad huis toe vra ek haar of ek haar by haar plek moet gaan aflaai en ek hoop dat sy my of innooi vir koffie of saam met my wil huistoe, maar sy steek sommer vinnig ’n stokkie voor dit toe sy sê dat sy vreeslik horny is – haar panty is skoon nat – en as ons vanaand bymekaar gaan wees gaan ons ons ooreenkoms verbreek en mekaar geniet nog voordat ons deur daai vyf sintuie is. Ek wou eers teëstribbel, maar besef toe dat daar nie ’n manier is wat ek vanaand my hande van haar sal kan afhou nie. Toe ek voor haar plek stop, vra sy my om in die bakkie te sit – sy is nou terug – sy wil net gou haar geskenk vir my gaan haal. Na so tien minute begin ek wonder of hierdie nie ’n Leon Schuster fliek is en ek die poepol is wat gevang word en soos ’n hond voor sy bak sit en drool terwyl die hele Suid-Afrika vir my lag nie, maar Jasmin kom effe uitasem aangestap. Sy kom terug met ’n vierkantige boksie, toegemaak met ’n toutjie kompleet met ’n kerswas seël op – en sy verduidelik dat ek die geskenkie eers mag oopmaak wanneer sy so sê, vandaar die nut van die kerswas seël.
Dit was maar ’n hartseer afskeid, gevul met baie soene en trane, maar ek is laataand daar weg – droëbek – maar met ’n glimlag op my gesig en ’n geskenk in my hand. Ons is Mosambiek toe, en soos ’n verliefde tiener het ek Jasmin elke aand gebel – sommer net om haar stem te hoor. Nie eens die talent op die Mosambiekse strand het my aandag getrek nie en van my vriende het opgemerk dat hulle eers met my kan huishou nadat ek met Jasmin gepraat het – amper soos die geval met ’n koffieverslaafde met wie jy nie kan praat voordat hulle hul eerste koppie koffie in het nie.
Een aand raak ons telefoongesprek so bietjie warm toe Jasmin my vertel sy kry vanaand so warm, sy het sommer vroeg al vir die familie nag gesê en kaal op die bed kom lê om af te koel. Sy vertel my hoedat die aircon se lug haar nippeltjies styf maak en hoe lekker dit is as sy dan aan hulle vat. Kort voor lank sit ek met ’n gelaaide kanon in my broek, veral toe sy vertel dat sy nou orals koel is, behalwe in haar bommetjie. Net toe ek lekker aan hierdie idee gewoond raak en wil saamspeel, sê sy sy gaan nagse en ek mag maar vanaand my geskenk oopmaak. Halfvies omdat sy my nou jags het en soos ’n warm aartappel losgaan groet ek ook maar die bittereinders om die vuur en gaan kruip in. Toe ek die bedliggiewil afsit sien ek die boksie langs my bed en ek onthou ek mag hom vanaand oopmaak. Ek is eintlik vies vir haar en wil hom nie oopmaak nie, maar besluit toe om einde ten laaste dit tog te doen. Ek sny die toutjie af em lig die deksel en sien dadelik ’n koevert met groot letters daarop: “Lees eerste.”
Ek skeur sommer die koevert oop, die mislikheid nog in my, maar ek vermuwe toe ek haar liefdesverklaring aan my lees en hoedat sy daarna uitsien om in die nuwe jaar te sien waarheen ons verhouding lei. As naskrifskryf sy: “Lig nou al die papier in die boksie op – daar is vir jou ’n verassing. Liefde – “The sourceof the essence of Jasmin!”
En daar lê ‘n swart panty en toe ek hom nader aan my neus bring ruik ek die geure van Saffraan en spookasem en katjiepiering. En ook iets anders, iets wat ek nie dadelik kan plaas nie, maar tog herken. Skielik tref dit my – die soet geur van muskus! Die feeks – sy het haar nat panty daai laaste aand in die boks gesit en saamgestuur!
“Bliksem,vroumens”, dink ek, “jy gaan hiervoor betaal!”
4 COMMENTS
Elke storie is beter as die vorige een. Goeie werk. Kaan nie wag vir die volgende een nie.
Baie dankie vir die komplimente van julle af-dit beteken baie komende van legendes soos julle.
Ja nee… ‘m Droomvrou inderdaad. Kan niewag virdie volgende een nie.
Nostradamus, hierdie Jasmin van jou is stout. Jy sal haar moet vasvat ou maat. Weereens n baie goeie storie lyn en goed geskryf. Ons kyk uit vir die opvolg.