Is jy seksueel gefrustreerd? (1)
deur JouBok
Hoe lank kan ‘n man ‘n storie ignoreer wat smeek om vertel te word?
Ek onthou daardie dag soos gister. Dit was ‘n snikhete Vrystaatse somersdag. ‘n Rekenaarnetwerk probleem by een van die mynskagte het ons ure in die son besig gehou. Met die probleem uitgesorteer en besig om terug te ry kantoor toe het ek op die ingewing van die oomblik ‘n draai by Milky Lane gemaak en twee bakkies roomys gekoop.
Die koel van die lugversorger het my natgeswete liggaam genadiglik omvou toe ek die kantoor langs myne binnestap. Die vrou agter die lessenaar het verras opgekyk. Sy was so ses maande gelede aangestel. Veel het ek nie van haar geweet nie. Wel geweet dat sy twee student-kinders het, dat haar man ook by ‘n myn werksaam is en dat sy nie baie glimlag nie. Sy het eendag gesê dat sy hou van roomys. Met ‘n glimlag en ‘n sagte “Thank you” het sy my offer geneem. Ek het met ‘n skertsende stem opgemerk dat ek nie ‘n cone kon bring nie, want die lek daaraan sou my blou in die gesig maak. (‘n verwysing na ‘n “Blou” Smurf-grappie wat die rondte in die gange gedoen het. In daardie jare kon ‘n man nog wegkom met ‘n stout grappie hier en ‘n wulpse aanmerking daar. )
Hierdie vrou, met die seer vlak in haar oë, het bitsig teruggekap met die vraag. “Are you sexually frustrated?” Op die ingewing van die oomblik het ek onseker/braaf ”YES” geantwoord. Nuuskierig om te sien of iets sou gebeur. Hierdie vraag van haar het my en haar lewe onlosmaakbaar saamgevleg.
Laat my toe om jou voor te stel aan Jane. Sy is net so ‘n rapsie meer as ‘n jaar ouer as ek. Mooi, groot bruin oë waardeur jy in haar siel kon loer. Korterige bruin hare, min grimeering met goedversorgde hande. Wanneer sy staan kyk sy my amper in die oë. Haar lyf het al die regte rondings. Daardie “regte rondings” het op die regte plekke gesit. Sy het goed na haarself gekyk en daar was net genoeg vashouplek, sou ‘n man dit nodig ag.
Haar rondings het my oë gevangene gehou wanneer sy in die kantoor en gange beweeg. Partykeer wanneer ek oor haar gebuk het om haar te help met ‘n rekenaarprobleem het ek langer en verder oorgebuk as wat regtig nodig was sodat ek skelm kon koekeloer. Gehoop om ‘n gelukkie te kry om ‘n glimps van daardie tieties te kry wat so suksesvol wegkruipertjie speel.
Ek kon haar hare ruik. Ek het haar tikkie parfum geruik en partykeer kon ek haar ruik … ek wou haar proe!
Sy was nie “poppie mooi” nie, maar sy het dinge in my kop en in my KOP wakkergemaak. Maande het verbygegaan met oppervlakkige gesprekke en soms ‘n suggestiewe grappie. Eendag… die dag voor my veertigste verjaarsdag verras Jane my deur vir my ‘n uitnodiging te epos waarin ek uitgenooi word na ‘n kantoor-piekniek. Net ek en sy en ‘n mandjie waarin Appeltizer en ander eetgoedjies was.
Ek het gegrap dat in die Romeinse tyd was die een wat verjaar het bederf deur die gasvrou. Sy het saamgespeel en begin om my olywe te voer. Die spel het al hoe meer gewaagd geword. Later het sy speels ‘n gedeelte van elke happie afgebyt en die res vir my gevoer. Die spel het ‘n invloed op haar gehad. Daar was ‘n blos en uitdrukking op haar gesig wat ek nog nooit van tevore gesien het nie. Ek het daarvan gehou … sy het ook, want haar kroonjuwele het punte teen haar klere gebeur.
In my kop skree die begeerte om vir Jane te sê dat ek hulle wil lek soos ‘n draairoomys nog nooit gelek was nie.
Sy het die Appeltizer teen haar wang gedruk en ek kon die nat van die kondensasie daarvan op haar sien agterbly. My gedagtes was ‘n weghardlopende trein. Wanneer my mond oopgaan sodat sy ‘n half-geeete olyf in my mond kon druk was my oë vasgenael op haar lippe wat verleidelik geblom het. Elke keer wanneer my tande die olyf in my mond kneus en breek en die sout-frank sap my tong oorweldig het ek gewonder hoe sy proe …
Die piekniek-oomblik was hopeloos te vining verby, maar die belofte dat die volgende Appelizer bederf myne sal wees het swaar tussen ons gehang en ons het altwee geweet.
Seksuele spanning het stadig tussen ons opgebou.
Eendag stuur ek vir haar ‘n epos waarin ek ons twee se bio-ritmes op dieselfde grafiek geplot het. Ek het haar saggies hoor giggel toe sy die epos oopmaak. Ek het Rose van Titanic se skets vergroot en dit postergrote uitgeprint. Daardie middag toe sy reeds huis toe was het ek dit teen haar kantoormuur geplak. Die volgende oggend het sy vasgesteek toe sy haar kantoordeur oopstoot. Sy het eers geskok daarna gestaar, maar met ‘n glimlag van genoegdoening het sy dit teen die muur gelos. Ek het geglimlag toe ek later verbystap en sien sy Rose gesensor het met ‘n goeie sterretjie. Die volgende week het ek vir haar ‘n poster gemaak met ‘n makro-foto van ‘n vol-oop rooi roos met doudruppels wat op die roosblomblare glinster. Sy het dit teen die muur regoor die deur gemonteer sodat elkeen wat in haar kantoor stap dit sou sien.
Ek het Jane bestudeer en met groot genot en tot haar ongemak het ek haar maandeliks vertel wanneer haar liggaam ruik na volkome vrouwees.
Deel van ons spel was dat ek haar sou vertel wat ek met haar wil doen, hoe ek dit wil doen, wat ek gaan doen. Dat ek geen skeiding tussen ons sal verdra wanneer ek die vuur in haar grot-van-genot aan die brand steek nie. Sy het my met ‘n preuts-geskokte-vrou uitdrukking aangegluur die dag toe ek haar vertel dat ek haar “agterdeur” myne gaan maak.
Ek was lus, sy was lus, ons was LUS. Dit was somer. Desember, tyd vir die myn se jaarlikse afsluitingsfunksie. Die res van die personeel het ‘n kersete en te veel wyn in die klub se onspanningsaal geniet. Ek het met Jane gereël dat ek vir ons ‘n wegneem-ete sal koop wanneer ek terugkom kantoor toe na my rondtes by die mynskagte.
Terug by die kantoor het ek by die kombuis verbygestap en in die yskas twee yskoue Appletizer-botteltjies uit die vriesgedeelte gehaal wat sy vroeër die dag daar gebêre het. Die kantoorblok waar ons afdeling was, was verlate toe ek die gebou ‘n bietjie later as beplan binnestap. Die mense wat nie by die jaarafsluiting feesvier nie, was reeds huis toe. Teleurstelling spoel oor my toe ek by Jane se kantoor ingeloer en sien dat haar kantoor leeg is. Sleepvoet het ek na my kantoor gestap.
Uitbundig … Vreugde! Sy het daar op my gewag. In dieselfde stoel waarin sy dae tevore gesit en na my staar het toe ek vir haar sê: “Your body and your smell drives me crazy.”
Stadig het sy opgestaan en na my gestap. Ek het my kantoordeur toegemaak en gesluit. Sy het geweet – ek het geweet. Ek het een van die yskoue Appeltizers teen Jane se wang gedruk. Sy het haar kop skuins gedraai en ‘n sagte glimlag het op haar lippe gevorm. Ek het agter haar gaan staan. Met my een arm het ek haar lyf teen my hardwordende horing vasgetrek. Jane het gewillig teen my geleun en afwagtend beweeg. Ek het stadig die nat botteltjie teen haar wange en nek gerol. My tong, lippe en tande het haar oor en nek knibbel. Daar het onwillekeurig geluide uit haar keel keel ontsnap. Haar lyf het teen my gespanne lyf gebewe. Die styfspannende knopie-bloes het my verhinder om die botteltjie oor haar deinende tieties te vryf. Ek het die stadig warmwordende botteltjie so diep as moontlik tussen haar tieties ingedruk en met genot gesien hoe haar lyf gewillig en met oorgawe deelneem aan hierdie spel. Haar hande het liefdelik daardie twee pragtige tieties na mekaar gedruk.
Jane het die botteltjie by my geneem en in my arms omgedraai. Een vir een het ek die knopies losgewikkel. Ek het vergeet om asem te haal. Wanneer my vingers haar bloes oor haar skouers skuif en dit vry op die grond laat val bly my vingerpunte talm op haar kaal skouers om die oomblik so lank as moontlik te maak sodat my oë en brein die oomblik kan memoriseer terwyl hulle na die pragtige paar tieties staar wat bo haar spierwit bra uitloer.
My longe het gebrand om gevul met lug. Ek het saggies geprewel. “Fok, jy’s mooi” en haar reaksie was om my met ‘n hemelse glimlag te beloon en ‘n mond wat die woorde “Thank you” vorm. Ek het verstaan.
My hande was op vol outomaties. Hulle beweeg roboties wanneer hulle die Appeltizer-botteltjie by Jane neem en die prop afgedraai. My oë was gefikseer op haar halfoop mond en haar tong wat probeer om haar droeë lippe nat te lek. Ek het die botteltjie saggies teen haar lippe gedruk en gekyk hoe sy gulsig die goue vloeistof sluk.
Sy was nie meer die “prim en propper” vrou wat in die kantoor langs my werk nie. Sy het gesluk soos iemand wat probeer om ‘n dors te les wat buite beheer brand. Wanneer ek die halfleë bottel van haar lippe wegneem het hulle ‘n glinstering van die nattigheid wanneer sy oor hulle lek. Stadig het ons koppe na mekaar beweeg. Vir die eerste keer het ons honger lippe kontak gemaak. Eers speels sag, maar toe harder en meer dringend. Ons lippe en tonge het mekaar gevind en hul eiesoortige oerdans gedans. Met gekneus-versadigde lippe het ons mekaar krampagtig vasgekleef en die waansin van die oomblik geniet. Ons hande het ontdek, herontdek, gestreel en gedruk. My hande het oor haar klere om haar boude verstyf. My vingers het diep ingegrawe en my arms het haar lyf styf teen my triomfanklike manlikheid vasgetrek terwyl ons monde vir nog ‘n ewigheid oor mekaar sluit.
Toe ons opkom vir lug het ek ‘n mondvol Appeltizer gevat en haar onder haar ken gesoen … sy het haar kop agteroor gegooi en ek het stadig die nie-meer-so-koud vloeistof uit my mond teen haar keel laat afloop tot dit stadig om en oor haar tiete loop. Ek het die spoor gulsig met my tong gevolg en haar tieties met beide hande omvou. Iets soos ‘n kreun het uit my keel ontsnap. Sy het sagte geluide gemaak tewyl sy haar oorgee aan die plesier wat my hande en lippe en tong en die knyp van my tande op haar sagte vel.
Met ‘n hand wat liggies bewe het ek agter haar rug die ontsnapping van haar tieties uit hulle witkantborduurde tronk bewerkstellig. Toe die kledingstuk onseremonieel op die grond val het ek haar armlengte van my weggestoot om haar halfnaaktheid te kon bewonder en aanbid.
Met trots – vierkantig in die oë het haar geswelde, prima-karaat, braille aanwysende tepel-knoppies my instruksie gegee. “Suig hier!” En ek het die bevel slaafs gehoorsaam.
Eers liggies en later gulsig wanneer ek haar hees hoor sê “harder.” Ek het my verlustig aan die koningsdis wat my geoffer word. My linkerhand het haar tepel gestreel, getrek en gerol terwyl my mond die ander een ‘n heerlike jellietot happie maak. ‘n Kreun van plesier het uit my keel ontsnap toe ek agterkom dat ek beloon word met tepel-nektaar wanneer ek haar geswelde tepels suig.
My regte hand het in sirkelbewegings oor haar boude nader en dieper tussen haar bene inbeweeg. Haar bene het vanself oopgemaak om my vryer toegang te gee tot die kern van haar lus. Ek voel haar klamheid en hitte uitstaal toe ek my hand oor haar poesie vou en krampagtig vasgryp asof ek haar nooit weer wil los nie.
Met die nael van my middelvinger het ek oor die naat van haar denim geskraap en ek kon die uitwerking op haar oorverhitte liggaam voel. Ek het stadig my hand agter by haar denim begin indruk. My vingers het die gaping tussen haar broekie en denim gevolg en elke sentimeter het soos ‘n triomftog gevoel.
Sy het plek vir my gemaak sodat my hand dieper kon gly totdat dit bo-oor die nat van haar broekie tot stillstand kom. Om te sê dat sy nat was is ‘n “big understatement.” Sy was sopnat onder my vingers en ek was verbaas dat haar denim nie ‘n nat kol wys nie.
Met my wys en ringvinger druk ek die materiaal weerskante van haar broekie nader na mekaar totdat materiaal en vingers in haar warm, nat poesie kon wegsink. Ek het my verlustig in die pasiebelaaide oë en gesig van die vrou in my arm en om my vingers. Ek het haar dieper met my vingers gepenetreer en haar saamgebondelte broekie het ‘n deurtrekker geword wat ek met my middelvinger tussen haar geswole poeslippe manipuleer. Die sensasie van die materiaal en my vinger wat oor haar klit skuur en die volheid van my ander vingers het haar ingehardloop en oorweldig. Met haar kop agteroor gegooi, ‘n kromgetrekte rug en bene wat my hand vasknyp het die oomblik van ekstase verklap. ‘n Dierlike grom het die halfgekleede godin in my arms oorweldig. Die kleindood-golf het oor haar gebreek en die oomblik het ‘n ewigheid geword.
Veilig in my arms en gesteun deur my lyf het ek haar toegelaat om die ekstaste-golf te ry tot dit slegs ‘n sagte rippeling word.
Haar oë het weer gefokus en ek kon nie help om met ‘n skertsende stem en met duiweltjies in my oë vir Jane te vra: Are you still sexually frustrated or completely satisfied?
Haar vingers wat besig was om my belt los te wikkel het my vertel dat dit ‘n moerse dom vraag was.
(Lees volgende episode HIER)
15 COMMENTS
JouBok, hierdie “debuut”-skryfstuk van jou is ‘n wenner.
…en ek moet met Ramkat saamstem: die soort vrou wat jy beskryf het, het al my pad ook gekruis en sy is ‘n herinnering wat ek met intieme genot oproep as van die beste wat my gedagtes altyd vir my skenk as ek warm in die broek raak.
Welgedaan.
Baie dankie.
Julle manne (en ek dink) dame FYNproewers is terugvoer maak my lus om die res van daardie dag te vertel. My opinie is dat die “Plein-Jane” verdien netsoveel respek en aandag as wat enige ander vrou verdien. Afterall – die skeppingstorie – sê dat hulle is geskep uit die stukkie reg langs ons hart.
Ons Edeldierbaarste.
Baie dankie vir die mooiste foto waarmee die storie afskop. Jy het dit gemaak.
Sjoe, jou woord keuses is verstommend. Eerste keer wat ek so iets in Afrikaans lees. Dis baie goed.
Wat jy hoe iets in Afrikaans lees?
Hygroman of seksuele kort stories soos hierdie een van jou. Ek weet nie wat mens dit in Afrikaans noem nie, so verskoon my taal gebruik.
Ek sal jou blad meer kom besoek. Love dit.
So jy was nog nie voorheen hier op Kombiekiehier nie? Oooo, daar wag vir jou ‘n skatkis vol sulke stories en net so goed geskryf … jy het nie ‘n idee van woordkeuses nie 😉 Gaan kyk, hier is selfs ‘n woordelys vir erotiese woorde. Hoop jy kom lees nog baie hier!
Ek dink ek was eenkeer so vinnig hier, maar het nie gelees nie. Net so bietjie rond gesnuffel. Vandag gedink ek wil iets lees, toe vang daardie storie my oog. Ek sal beslis meer kom inloer en lees.
🙂 🙂
O ja, ons noem dit erotiek in Afrikaans. Hygromans is ‘n klomp gemors. 😉
Knap gedaan meneer… Baie goed geskryf en jy het die soort vrou beskryf vir wie ek baie myle sal loop!
Baie dankie Ramkat. Groot waardering.
Ek was maar skrikkerig vir die eerste probeer.
(Jy weet mos na wie se “in”-pos dit eerste gaan… Sy mag dalk net die bordpasser gegryp het toe sy my skryfwerk sien… I wish 🙂 )
Kudo’s aan ons eie Maangodin. Sy het baie gehelp.
Uitstekend! Boeiend tot op die einde. Ag die lekkerte van verbode vrugte…….. mmmmmmmm…………… kan maar net droom.
JouBok, absoluut briljant geskryf. Ek kan nie wag vir die vervolg nie.
Wow, mooi geskryf…baie sensueel.
Ek sien uit na die opvolg hiervan.