
In my tru-spieëltjie …
deur Petrus
Op die foon het ons gereël dat jy vir my by die grondpad wat regs afdraai net voor mens by julle plaashuis kom sal wag. Soos ek aangery kom sien ek jou blondekop van vêr af al. My hande voel effens sweterig op die stuurwiel – die opwinding van ons reëlings speel met my kop en my lyf. Al hoe nader. Ek sien dat jy jeans en ‘n toppie aanhet – en ‘n baadjie vir die effense koue. Ek draai by die grondpad in en hou langs jou stil – so dat jy reg by die passasiersdeur staan.
Soos ons ooreengekom het los ek eers die venster toe – jy het gesê ons altwee moet eers kyk en besluit of die fisiese ding vir ons gaan werk. Ek mag wegry sonder om iets te sê. Jy mag omdraai en terugstap kantoor toe. En dan is dit vir altyd verby. Niks kontak ooit weer nie.
Of ons kan vir mekaar “ja” knik – dan klim jy in die bakkie by my.
Jy lyk net soos op die foto’s. Maar jou oë is dieper. Amper meer uitdagend. Ek staar so dat ek amper vergeet om te knik. Maar ek doen. Jy vat langer. Dit voel soos ‘n ewigheid. Dan staan jy nader – maak die deur oop en klim in.
Met jou hand beduie jy dat ek verder met die grondpad langs moet ry. Net omtrent so 150 meter in toe is daar ‘n heining met ‘n boomlaning waar die pad doodloop. “Stop sommer hier aan die regterkant – min mense ry hier in,” sê jy. Ek hou stil en sien dat daar op die hoek van die wingerd ‘n hek is.
“Kom” sê jy, en klim weer uit.
Ek volg jou soos ‘n skaap.
Jy gryp my hand toe jy voor om die bakkie se neus kom en trek my na die hek toe.
“Hulle is besig in die wingerde aan die ander kant van die pad die week – niemand behoort hierheen te kom nie. En as hulle doen moet hulle maar kyk …”
Ek het nie kans om te wonder wat gebeur nie – toe ek weer sien hardloop ons hand aan hand met ‘n tweespoorpaadjie al langs ‘n wingerd af met ‘n boomlaning aan ons regterkant.
Omtrent hier by die tiende prieël swenk jy skielik links – en dan hardloop ons tussen twee rye druiwe in. So 30 meter af in die gang sien ek ‘n kombers oopgesprei lê.
“Ek het mos geweet jy kom,” antwoord jy op die vraende kyk in my oë .
Dan kom ons vir die eerste keer tot stilstand. Altwee effens uitasem.
“Aangename kennis, Tia” prewel ek. Ek probeer na jou lyf kyk – maar jou oë hou myne gevangene. Dis asof ek in ‘n kar se ligte vasgevang is – ek kan nie roer nie
Ek trek effens aan jou hand en gee terselfdertyd ‘n treë nader. Dan is ons lywe teen mekaar. My een hand gly om jou lyf onder die baadjie in terwyl die ander een op die kant van jou bobeen rus. Ek voel die effense huiwering in jou lyf – dis asof die aanraking ‘n toets is – asof hy eers wil seker maak voor hy inval by ons planne.
Dan is my hand hoog genoeg – in die middel van jou rug – en ek trek jou nog stywer teen my aan. Ons altwee se oë bly oop soos ons gesigte nader aan mekaar beweeg. Ek voel jou asem teen my lippe as ek my kop skuins draai net voor ons lippe ontmoet.
My oë gaan toe. Ek probeer my bes om rustig te bly – sodat jy nie dadelik sal agterkom hoe uitgehonger ek is nie. Maar ek is bevrees dat my lyf en my mond my verraai. Die oopgaan van jou lippe saam met myne en die gevoel van jou tong wat met myne speel laat maak my vergeet van die res van die wêreld.
Ek buig my kop na regs en verskuif my soene na jou nek – so amper agter jou oor. Met my gesig in jou hare. Ek trek die reuk van jou parfuum gemeng met die sjampoe diep in my neus op – dis al hoe ek jou binne my gaan kry…
My hand het nou van die kant van jou been na jou boude versit en ek trek jou nog stywer teen my vas. Ek voel hoe jou lyf begin sag word. Hoe hy begin saamwerk.
Jou bene gaan effens oop en dan skuif jou voete weerskante van my linkervoet in. Jy voel met jou heup verseker nou hoe kliphard ek al vir jou is. En terwyl ons soen kan ek voel hoe jy jouself teen my bobeen begin skuur…
Asof ons telepaties verbind is los ons altwee op dieselfde tyd en staan weg van mekaar af. Gesinkroniseerd pluk ons altwee ons skoene uit – dan gaan ons hande na ons broeke se bokante. Dis of ons vingers alles outomaties doen – en die hele tyd gaan ons oë en gedagtes voort met die fisiese liefdesspel.
Ons gooi ons broeke eenkant toe langs die kombers en dan kan ek dit nie meer hou nie – ek gryp jou en trek jou weer teen my vas.
My hand druk ek tussen ons lywe in terwyl ek jou weer op jou mond soen. Ek vryf bo-oor die wit panty met my hand – die vingers ondertoe – en soos my hand beweeg voel ek hoe jy jou bene al wyer vir my oopmaak. Die panty is al deurskynend van natgeit tussen jou bene – daar waar dit aan jou poesie raak.
Met die eerste aanraking snak ek na my asem en hou my hand vir ‘n oomblik net so op jou poeslippies – bo-op die panty
Dan tel ek jou in my arms op – net om jou weer neer te sit – maar nou op jou rug op die kombers.
Ek sak op my knieë tussen jou bene neer. My hande weerskante op jou bobene druk – nee streel – jou bene uitmekaar …
Soos ek naderkom kan ek jou jagsgeit ruik. Ek sien hoe jou poeslippies teen die nat panty kleef. Ek begin so halfpad teen jou linkerbobeen met my tong te lek – stadig boontoe.
My hande druk jou bene nog wyer oop soos my tong al hoe hoër teen jou bobeen speel en as ek nader aan daai nat panty kom voel ek hoe jy met jou hakke in die grond vastrap en jou heupe so effens lig – nou maak jy self jou bene vir my oop.
Met my tong speel ek al teen die rand van die panty – en dan kan ek jou natgeit begin proe. Ek voel hoe my hande begin bewe van opwinding eerder as om jou te streel.
Ek trek met my vingers die panty eenkant toe en begin jou poeslippies saggies te lek. Jou sappe smaak hemels. Die muskusreuk van jou binneste begeerte is besig om my kop heel dof te maak. En nou dat ek dit boonop proe ook kan ek voel hoe my piel styf protesteer omdat ek hom nie eerder vir die takie aanwend nie.
Eers net met my tong. So plat bo-op die lippies – sodat ek elke druppel van jou kan geniet. Ek voel hoe jy nou jou voete op my skouers sit en jou knieë optrek. Met dit lig jou heupe genoeg dat jou boude effens van die grond is. Ek trek die panty nou heeltemal eenkant toe en trek met my vingers jou poeslippies uitmekaar. Jou geswelde klit peul amper tussen die lippies uit en ek neem dit onmiddelik in my mond.
Terwyl ek jou klit saggies tussen my tande vashou en my tong op en af daaroor laat glip steek ek wys- en middelvinger saam in jou poesie in. Nou kan ek voel hoe nat jy regtig is. Dan bring ek my ander hand ook nader…
Ek wil jou natgeit orals op my hê! Dan sit ek my hande weer weerskante van jou poesie op jou bobene en ek druk my gesig so hard as wat ek kan teen jou poesie. My neus en mond druk jou poeslippies oop en ek smeer my gesig nou op en af tussen jou lippe deur.
Ek gryp jou boude met my hande vas en trek my gesig nog stywer teen jou poesie. Dan druk ek my tong in jou in – so diep as wat ek kan – ek wil elke deel van jou proe! Maar my asem kan ook net so lank hou – en ek verskuif eers weer my aandag na jou klit. Maar nou lek ek hom hard en vinnig terwyl ek jou weer begin vinger.
Ek voel hoe jy met jou voete teen my skouers trap en ontspan – jou heupe begin op en af beweeg asof jy al klaar besig is om my piel te ry.
Ek staan effens regopper op my knieë en skuif nader. Met die een hand trek ek my onderbroek se voorkant af en met die ander een vat ek my piel vas – dan begin ek sy kop ook op en af tussen jou poeslippe skuur.
Nou kan ek na jou kyk – en ek sien dat jy nou ook jou pragtige blou oë oopgemaak het en vir my kyk. Dis amper asof daar ‘n smekende effens hartseer kyk in hulle is. Jy steek jou arms na my toe uit en vat my aan my voorarms vas. My hand glip van my piel af as jy my nader trek. En dan voel ek die hemel van jou poes om my
Ek weet jy wag vir my want ek gly maklik in jou in – en ek kyk in jou oë terwyl ek jou stadig begin naai.
My hande weerskante van jou kop bo jou skouers – en ek wat afkyk in jou oë. Jou mond effens oop – net klein bytjies op jou onderlip elke keer as ek instoot.
Ek voel hoe jy jou bene agterom my boude knyp en dan begin ons saam beweeg
Deur die newels in my kop hoor ek jou vra: “Gaan jy my nou hard en diep naai?”
Dan druk ek my hande onderdeur jou arms onder jou skouers en gryp jou bo-op jou skouers vas en trek jou lyf ondertoe met elke stamp. Ek sien hoe jou lyf elke keer ruk as my onderlyf teen jou pubisbeen vasstamp.
“Harder, vinniger,” hoor ek jou kreun.
Ek kan voel hoe jou poesie se spiere begin saamtrek en los om my piel. En nou is jou oë weer toe. Jou kop agteroor. Dit lyk of jou oë omdop en ek voel hoe my piel begin klop en ruk – ek weet ek gaan binne oomblikke vir altyd in jou wees.
En dan druk ek my piel weer diep in jou en hou hom daar …
My lyf ruk onwillekeurig soos ek my saad in jou bêre. En ek voel hoe jy my nog stywer vasknyp met jou voete nou ingehaak agter my rug. My piel klop saam met die styftrek van jou binneste spiere en ek voel hoe elke sametrekking nog saad in jou instoot.
Dan gaan jou mond skielik wyd oop – jou oë steeds toe en jou kop agteroor. E voel hoe jou lyf sulke klein rukbewegings maak terwyl jy geluidloos skree. Dan ontspan ons altwee se lywe. Maar ek hou my piel so binne jou en voel hoe hy al hoe slapper raak. Net jou bene los nog nie.
Ons lê nog vir so tien minute daar en hou mekaar net vas. Sonder om te praat. Dan begin jy beweeg en ons staan op. Jy rol die kombers op en hou dit onder jou arm soos ons terugstap na my bakkie toe.
Soos ek op die dun teerpaadjie wegry sien ek jou in die tru-spieël. Jy waai nie.
4 COMMENTS
Pragtig en eroties
Petrus, jy’t jouself oortref, een van die beste stories ooit uit jou pen.
Ek’t dit baie geniet en skoon skaamgekry vir my poginkies (stories) wat nog by Annelise in die bank lê.
Baie dankie vir uitertste, intense genot uit jou verhaal…Jy MAG maar!☺ Willewilll.
Sjaks ou Petrus, absoluut finominaal ou maat. Tot my rekenaar skerms kwyl so goed is jou storie. Hou asb so aan
Bliksemstrale…..verseker een van die mees erotiese stories wat ek ooit gelees het. Voel soos iets wat ek self sou wou vertel het, maar nie die regte passie of insig voor het nie.
Uitstekend Petrus
Hierdie een staan tussen die topverkopers op my boekrak.