Hittegolf
deur Wille Will
“Weens sikloon Imona, gaan daar ‘n hittegolf oor Kaapstad heers vir twee dae.” Dit was die weerberig oor alle media.
Klara maak haar oë met ‘n ligte fladdering oop waar sy nakend op haar rug bo-op die dubbelbed se deken lê. Haar blou oë staar ‘n oomblik na die geruislose dakwaaier wat vrugtelooos probeer koel lug instuur op die vertrek. Haar slanke hande gaan op na haar nek waar sy die hitteklammigheid voel en vryf af oor haar vol klein borste waar die tepels orent staan van die waaier.
Sy gooi haar bene af aan die kant van die bed en vee haar net- langer as skouer- lengte, klein- krulletjies blond-bruinhare uit haar gesig. Selfs haar hare voel klam!
Sy beweeg stil deur die dik, langvesel volvloer mat, tot haar voetsole lekker geskok word deur die koue marmer vloerteëls van die toilet.
As sy eers sit straal haar urine ‘n dik stroom uit wat eintlik raas in die drukkende, warm stilte. Sy neem ‘n ‘wet-wipe’ uit die houer langs die toilet en vee eers oor haar gesig en borste voordat sy haar gleuf deeglik afvee, wet-wipe laat val, opstaan en die verspoel knoppie druk. Sy droog haar hande af aan die klein handdoekie wat aan ‘n chroom ring by die wasbak hang.
Haar voete fluister weer deur die mat tot by die koue oop-plan kombuis teëls. Sy maak die yskas deur oop en voel die welkome koue luggie daaruit terwyl haar oë dwaal oor die vol rakke. Haar linkerhand krap onbewustelik aan ‘n ongesiene jeukplek op haar linker, kaal boud. Sy besluit op die Mango sap in die kartonhouer en soos sy dit uithaal en die deur toemaak, gee sy een treë tot by die oop glaserak en neem ‘n bolvormige glas af. Sy skink die glas vol, los die sap houer op die toonbank en stap tot by die plafon-tot-vloer vensters wat die hele dakwoonstel omsirkel.
Soos sy uittuur oor die kaleidoskopiese uitsig van Kaapstad, speel haar regtervingers met een van die baie krulle in haar hare.
Die groot vragskepe en een passasierskip lyk soos miniature uit ‘n Marjorie Wallace skildery in die kaai. Die motorwëe wat soos spaghetti, draaie maak aan die buiterante van die binnestad, het Dinky Toy karretjies wat aanhoudend heen en weer beweeg daarop.
Sy sien ook die hittegolwe wat glimstrome daaroor maak soos by ‘n denkbeeldige fontein in die woestyn. Sy neem ‘n groot teug uit die glas en voel die koue sap deur haar hele warm lyf syfer.
Sy draai terug na die dubbelbed en stap tot teen die kant vanwaar sy nie afgeklim het nie. Sy gly haar voorarm onder haar borste deur en kommetjie haar elmboog wat die glas vashou met haar hand. Sy leun halfwydsbeen op haar een heup.
Sy kyk af na Jacques, waar hy, ook nakend, bo-op die deken lê.
Sy gesig leun op sy een hand op die kussing en die ander hand lê op sy maag. Die swart hare op sy bors, soos die gietswart hare op sy kop, vorm ‘n driehoek wat ‘n lang punt maak oor sy plat maag tot waar dit weer uitwei in ‘n driehoek by sy groot, slap voël wat soos ‘n dik peuel oor sy bekken rus. Sy voel prikkelende sensasies deur haar liggam snel en besef skielik dat sy besig is om haar een erekte, dik, donkerrooi tepel met haar duim en voorvinger te knyp en streel.
Asof haar erotiese staar hom gewek het, gaan sy oë oop en hy draai sy gesig. Hy kyk met goudbruin kykers op in hare en neem haar hele naakte lyf, teen die kant van die bed in een oogopslag waar.
“Is ek in die hemel ? Is jy ‘n engel ?” glimlag hy en steek sy hand uit na haar plesier grot, wat ongeskeerd uitheuwel met half oop lippe. Hy plaas sy palm daaroor met die klit wat hy tussen sy twee voorvingers knyp. Hy voel hoe sy nat en dringend daar teen sy handpalm klop asof dit ‘n lewende wese op haar eie is.
“Duiwelskind, “ fluister sy saggies terug, terwyl sy die glas op die bedkassie neersit en haar been oorlig tot op die bed langs sy verste sy. Soos sy haar boude nou sentimeters van sy gesig af het, strek sy vorentoe dat haar tepels sensuele strepe trek oor sy liggaam tot waar sy op haar elmboë tot rus kom weerskante van sy dye. Sy sien dat die “peuel “ nou gegroei het tot ‘n halfmas stam met ‘n pre-cum druppel wat op die gleuf van die besnyde , pers akker van sy genotstok, glinste.
Soos Klara die blou be-aarde stang in haar linkerhand optel, voel sy hoe dit dikker en langer groei tot ‘n vol ereksie. Met haar regterhand streel en knie sy die area aan die anker van sy voël tussen die welige donker hare. Wanneer sy met haar linkervingers liggies teen sy skag op en af beweeg ruk haar liggaam meteens in ekstase, half-skok, as Jacques haar plesierlippe met sy duime oopspêr en met sy tong op haar frenum tongtippie. Hy beweeg sy nat goddelikke tong op en dartel daarmee al om haar kringspier, dat dit in reaksie oop en toe gaan soos ‘n anemoon wat kos lok op die bodem van die see. Sy voorvinger smeer op en af in die buitelippe van haar gleuf terwyl die duim haar reeds harde klit aanhoudend terg en wikkel.
Sy maak haar oë toe in absolute genot en soos haar fyn krullebos ‘n gordyn om haar aksie trek, soos ‘n private vertoning, slurp sy die druppel op en skuif haar vol lippe stadig oor die ligpers kop … en meer tot sy voël amper halfpad heeltemal haar mond vul. Sy neem sy hele steel in deur dit bo teen die verhemelte langs in haar keel te laat gly en sodoende nie op die tong, wat haar naar kan maak. Haar hele mond voel gevul soos sy begin suig en wikkel met haar tong daaraan en dit nog steeds met haar hand aanmoedig.
Skielik plop sy hele stok uit haar mond, as sy haar kop vinnig opruk en ‘n gilletjie gee as hy haar hele vulva meteens in sy mond neem, sy tong laat dartel daarbinne terwyl hy hard suig en sy duim nog steeds haar klit blitssnel wikkel en terg.
Die hittegolf is nou in hul liggame en sy beweeg haar vingers net so vinnig op en af met sy plesierstang.
Dan oorweldig die onstuitbare golf ekstase haar en sy kom met rukkende bekken in sy mond. Dis asof sy nie kan ophou nie en sy voel hoe hy haar komsappe afsluk. Sy gee weereens ‘n lang gil met hortende kreune daarna soos die klimaks soos die hittegolwe in die woestyn deur haar oor en oor glimmer. Met haar natgeswete krullebos val sy neer op haar wang, op sy ereksie, wat sy nog steeds in haar hand het. Haar rukkende klimaks kom tot bedaring en dit voel vir haar sy is nou in die Hemel.
“Hemelskind, “ fluister sy. Nou’s dit jou beurt.”
“Nee,” antwoord hy saggies, “nou’s dit ons twee saam.”
Met sy sterk hande lig hy haar liggaam oor op die bed dat sy plat op haar rug lê met haar kop by sy tone. Hy skuif regop tot op sy kniëe tussen haar bene.
Dan tel hy haar linkerbeen op en plaas dit op sy regterskouer . Haar genotgrot gaap nou oop. Hy neem sy dik stam in sy hand, gee dit ‘n paar plukke dat dit weer ten volle erek is en plaas dit by die opening van haar komlippe. Hy vee met sy groot, nat pers glans vinnig oor haar klit en gleuf en sy gee sagte kermgeluidjies met haar kop agteroor. Sy beur half orent en skree amper: “Sit hom nou verdomp in!”
Hy neem die been vas in sy regterarm, terwyl die ander been nog plat lê en stoot sy voël met een deurdringende stoot so diep hy kan in haar gleuf op. Hy voel sy skrotum hare nat teen haar skoongeskeerde plesiergat, maar hy bly bewegingloos in haar.
“Ooooooooo …” het sy gekreun soos hy in haar in gegaan het, maar haar onderlyf begin outomaties met lang ritme in en uit oor sy genotsok gly.
Hy versnel die pas terwyl hy nou sy voël heen en weer en in die rondte draai soos hy in en uit gaan, Haar een hand kramp in die laken in terwyl haar ander hand ook om die been gaan wat hy in die lug vashou en sy kyk hom pleitend in die oë. Die hittegolf is nou regdeur hul albei se lywe en die sweet spat om hulle. Hulle voel gelyke tyd sy voël verstyf en die kom wat opkom. Sy knyp haar binnepoes spiere oop en toe om sy snelbewegende plesierstang en stoot nog harder. Hulle liggame klap soos suiers teen mekaar en dan gee hy ‘n lang skôr kreun en klimaks met saad wat weer en weer skiet binne haar. Sy gee weer ‘n gil as sy ook klimaks en hulle beweeg so hard en vinnig dat albei amper hul houvas op haar been in die lug verloor. Die pas begin afneem en sy sweet spat oor haar maag.
Uiteindelik laat sak hy haar been, maar bly binne in haar en sak net vorentoe met sy liggaam dat sy kop op haar ribbes rus, op sy wang soos hy wakker geword het.
Haar hand liefkoos sy krulkop saggies en heen en weer.
Die media het gesê die hittegolf sal eers oor nog ‘n dag verby wees.