Geselsbrief
My liewe Kombiekiehierleser,
Jy het nogal lanklaas van my gehoor … soos ek van jou. Ek hoop alles is nog reg aan jou kant na die derde golf van die virus wat ons almal se lewens en lus kom opfoeter het.
Ek wil jou juis vertel van die invloed van die virus op Kombiekiehier en Kombiekiehier Vreesloos.
Soms dink ek terug aan daardie eerste vyf weke van die pandemie toe ons in ‘n amper totale grendelstaat was. Dit was vir my ‘n vreesbevange en stressvolle tyd toe die mens se weerloosheid op so baie gebiede intens vir ons almal duidelik was. Vir ‘n klein rukkie het ons op ander dinge gefokus as die malle gejaag van die lewe en vir sommiges was dit selfs op ‘n vreemde manier ‘n goeie ervaring.
Ek en Kombiekiehier is ongelukkig nie van die wat die ervaring as goed beleef nie.
Wanneer mense bekommerd is neem hulle seksuele lus af. Wanneer hulle siek is of dink dat hulle doodgaan of heeldag baklei oor inentings of geliefdes verloor, is hulle nie lus vir lus word nie. Hulle dink nie eens aan seks nie.
Vir ‘n webwerf wat van lus afhanklik is en lus wil prikkel, is dit nie ‘n goeie toedrag van sake nie.
Dan is daar ook nog die ekonomiese aspek. Die meeste mense het armer geword. Kombiekiehier ook. Weg was die donasies wat die webwerf soms aan die lewe help hou het. Weg was inkomste sowel as lus. Dubbele disaster!
Toe maak ek nog ‘n groter fout. Ek besluit toe om jou te laat betaal om Kombiekiehier te kan lees – alles in ‘n poging om iets te kry vir my werk en die webwerf te laat aangaan.
Die uiteinde was ‘n harde “fok jou!” van die meeste lesers af – en ongelukkig was hierdie fok jou nie die sexy variasie wat uit lus kom nie.
So daar is kombiekiehier toe ‘n inskrywingswebwerf met basies geen lede. Maak nie saak dat ek ‘n forum en allerhande ander sexy goed bygelas het en dit net R150 was nie – mense wil en kon nie betaal nie. En omdat daar nie lede was nie het die meeste van die skrywers ophou skryf. Skrywers wil immers gelees word en ook hulle eie goed kan lees.
So dit was die begin van die einde van ‘n webwerf wat net voor die pandemie duisende unieke besoeke per dag gekry het.
Ons is nou weer in Vlak 1 van die grendelsituasie. Kombiekiehier is nou weer oopgestel vir almal – gratis en verniet. Die lesers is egter nie terug nie. Miskien is dit omdat jy nie geweet het die webwerf is weer oop nie of miskien is dit omdat jou lus nog nie weer terug is nie. Onthou – kombiekiehier is nogal goed met lus aanblaas.
So, die eerste ding wat ek wil sê is dat jy weer kan kom lees as jy wil.
Die tweede ding is dat skrywers gerus weer stories in kan stuur. Daar sal nou mense wees wat dit lees en jy sal dit self kan lees.
As jy gaan loer sal jy sien die webwerwe lyk anders – dis nuut en vars en jeugdig en sexy. Jy hoef net “aan te teken” as jy kommentaar op iets wil lewer sodat dit dan in jou skuilnaam sal verskyn. Anders is alles daar vir jou om te lees sonder inteken.
Daar is BAIE inhoud op die webwerf, gaan kyk net onder die kieslyste. Onthou dit is al jare en jare se stories en artikels en fotos. Het jy regtig al almal gelees?
Ek wil jou ook weer aan kombiekiehier vreesloos herinner. Daarvoor moet jy R100 betaal, maar dit is omdat ek nodig het dat jy ‘n ingeligte en duidelike KEUSE maak wanneer jy daar wil gaan lees en minderjariges nie maklik daar kan inkom nie. Daar is stories met onderwerpe wat nie in kombiekiehier verskyn nie omdat dit te gewaagd is en net sekere lesers daarin belangstel. Daar is fotos en videos wat seks wys en totale naaktheid wys, anders as in kombiekiehier. Die selfies daar is ook meer eksplisiet. Kombiekiehier is meer beheerste, stylvolle erotiek in Afrikaans. Kombiekiehier Vreesloos is met tye pornografie in Afrikaans alhoewel daar ook briljante stories is. As jy ‘n lid van Kombiekiehier Vreesloos is het jy ook toegang tot die kombiekiehier Telegram klitkletsgroep en tot die private klub. Kontak my by kombiekiehier@gmail.com as jy direk deur my wil inskryf daarvoor of gaan kyk op die webwerf (kombiekiehiervreesloos.co.za) waar jy direk in kan skryf.
Ons almal het gedurende hierdie twee jaar iets of iemand verloor. Kombiekiehier het een van ons beste skrywers en stigterslede verloor. Ek sal Ramkat nooit vergeet nie en altyd dankbaar wees vir sy ondersteuning en liefde. Ek hoop hy is op ‘n plek waar lus nooit wegraak nie.
2 COMMENTS
JouBok, jy slaan die spyker op sy kop! Was nie bewus van die 1 000 tot 2 500 besoekers nie – het regtig gedink dit is baie minder. Kom ons hoop die getalle neem weer toe en oorskrei die voriges. Hoop ook die kommentare tel weer op.
Annelise
Madam van Lus en Lekker en Liefde.
Voor ek gal braak wil ek jou dankie sê vir die uniek Afrikaanse erotiese produk en durf wat jy het om Kombiekiehier en Kombiekiehier Vreesloos te publiseer.
Dit sal vir my ‘n baie – baie hartseer en onaangename dag wees indien jy opgee om dié lus en lekker webwerf te dryf.
Ek is partykeer te dom en te dikkoppig om my mond te hou:- Ek is moerrig vir die suinigheid en die inhaligheid van mense wat goed verniet wil hè.
Ek besef terdeë dat ‘almal’ wat lus wil word deur jou en ander se erotiese-skeppingswerke dit dalk nie kan bekostig nie. My argument is dat as slegs 16 mense van ‘n duisend tot tweeduisend vyfhonderd wat die web besoek het in 2019 toe ek deel hiervan geword het kies is om bydraende lede te wees. Dit is minder as 1 persent van die gemiddelde lesers van 2019-2020 wat bereid is om deel te wees. 99 persent wl net hè.
Ek dink dat ons Afrikaanssprekendes vir wie die werk spesifiek geskep is behoort ons te skaam.