Front Page › Forums › Gemeenskap – waar ons oor enigiets kan gesels › Die skryf van n storie › Reply To: Die skryf van n storie
My uitgangspunt is VERMAAK.
Realistiese karakters waarmee die leser kan identifiseer.’n Milieu waarin die karakter gemaklik voel, wees dit bekend of êrens waar die karakter graag sou wou wees of graag wil ervaar.
Daarna skep ek ‘n situasie, geleentheid, voorval waarin my karakter(s) beland of in verkeer.
Met intonasie en klein by-beskrywings begin ek dan karakters ontbloot, fisies en geestelik, teenoor mekaar. Nietige taboe’s en intieme waarnemings van mekaar.
Hiermee saam bou ek ‘n spanning op wat êrens breekpunt moet bereik. Hierdie piek word dan bereik deur die opbou en vervulling van die seksdaad.
Die detail van die seksdaad en meegaande passie en genot daarvan gee ek eksplisiete aandag aan want dis tog na die aard van die webwerf en waarvoor dit ywer.
Daarna kom die afronding na ‘n slot of toekomstige her-ontmoetings en voortgesette ontdekkings van alternatiewe seksuele plesier.
Dis my beskeie benadering tot my skryfwerk met die hoop dat die leser dit sal geniet.