Front Page › Forums › Gemeenskap – waar ons oor enigiets kan gesels › Grootse dag op Kombiekiehier › Reply To: Grootse dag op Kombiekiehier
August 26, 2016 at 2:14 pm
#3591
Anonymous
Inactive
Ek is stomgeslaan. Ek is geskok, verbysterd, verstom. Sowat van vooroordeel en diskriminasie op grond van ouderdom, en dit onder mense wat hulself as vrydenkend en oopkop sien … Die diepste behoeftes van brose mense word afgekraak en as belaglik voorgehou, vertrap soos die teerste lelie onder ‘n bees se pote, bloot omdat daardie mense ‘n sekere arbitrere aantal lewensjare agter die rug het. Die wanhoop omhul my soos ‘n donker rookwolk.