Front Page › Forums › Gemeenskap – waar ons oor enigiets kan gesels › Moet "dink" grense hê? › Reply To: Moet "dink" grense hê?
Rudi, ek sou ook nie dink mens kan nie, maar wat van hierdie thought experiment:
Sê-nou jy is alleen daar in jou slaapkamer en jy begin jou gedagtes vrye teuels gee terwyl jy aan jouself vat. Sê-maar jou gedagtes is kinky. Jy is dalk ‘n dominant en jy hou van die gedagte om pyn toe te dien. Jy is ‘n seksuele sadis, maar jy leef dit nooit uit nie. So, in hierdie fantasie van jou begin die pyn wat jy toedien al erger word, later begin dit grens aan lewensgevaarlik vir die subbie. Jy is nou in die middel van jou fantasie, baie lus, jy wil nie ophou met hierdie dink-padjie nie. Nie meer so baie dinke later nie, is jy op die rand van ‘n snuff-toneeel.
Nou, ons weet daar is baie mense in die wêreld wat daardie fantasie het. Dis nie so skaars ene nie al mag niemand hier dit hê nie. Maar baie mense stop hulself daar. Hulle stop die gedagte, want hulle weet waarheen dit op pad is. En soms is hulle bang vir waarheen dit op pad is. So hulle stop dit nie in die sin van dat hulle nie weet wat daar diep lê nie, maar hulle stop dit in die sin dat hulle dink dis verkeerd om dit heeltemal in detail te bedink. Daar is baie sulke fantasieë waar mense ‘n pad vat, maar stop of omdraai voor die einde. Ek dink op daardie manier sensor hulle hulle gedagtes?