Front Page › Forums › Gemeenskap – waar ons oor enigiets kan gesels › Moet fantasieë waar word? › Reply To: Moet fantasieë waar word?
ń fantasie bly ń droom tot ontvlugting totdat dit ń belustende begeerte word. Daarna kom die beslissing om uit die veilige te beweeg en jouself oir te gee aan die begeerte om die fantasie te verwerklik. Die allesoorheersende begeerte wat jou hart vinniger laat klop en jou byna of tog na ń geleentheid of speelmaat laat soek om die fantasie werklik te laat word. Om or te gaan na uitvoering laat mens die genie uit die bottel wat moeilik of gladnie terug gesit kan word nie. Hoeveel wil mens waag? Is deel van die opwinding nie dalk juis daardie gevaar dat jy blootgestel word deurdat jy jou geheime begeerte moet deel aan iemand wat dalk nie so onvanklik daarvoor is nie. Tog …. mens kan tintelend leef beleef en uitleef of vir altyd wonder en net bly bestaan. Ja Annelise ek dink tog ek sal oor die afgrond kyk en spring.