
Erotikaans: Woorde en frases uit Vreesloos (1)
deur Lusman
Ek het onlangs so ‘n bietjie tyd op Vreesloos deurgebring, om te kyk watter soort taalgebruik daar gebesig word. In die proses het ek ‘n klompie woorde en uitdrukkings waargeneem wat ek meen skrywers en ander nie-Vreesloos-lesers interessant en nuttig kan vind.
Hierdie is die eerste deel van ‘n reeks wat ek beoog om te doen met woorde en frases uit Vreesloos. Soortgelyke besprekings sal later met woorde en frases uit die res van Kombiekiehier gedoen word.
Hier volg ‘n paar woorde en frases:
- Hy trek-trek aan haar tepels ( “Trek-trek” is wat die taalkundiges reduplikasie noem en dui daarop dat jy trek en los, trek en los.)
- liefdespies (‘n Metaforiese woord vir ‘n stywe piel. Op Vreesloos is dit verkeerdelik met verbindingklank (-s-) gespel – wat in voorgaande reggestel is. AWS-reël 19.16 is van toepassing: As die eerste komponent van ‘n samestelling in die enkelvoud nie op ‘n s eindig nie en die tweede komponent met ‘n s begin, word die verbindingsklank –s– nie gebruik nie. Op grond hiervan is woorde soos “manskoene” en “damesandale” sonder die s.
- sletslaaf (‘n Persoonsnaam vir iemand wat in BDSM-rolspel aan jou onderdanig is. Dit kan ‘n man of ‘n vrou wees. Maar jy kan natuurlik “sletslavin” gebruik as jy wil aandui dis ‘n vrou.
- kruuste taal (Ek wil hier net wys op die spelling van “kruuste”, die oortreffende trap van “kru”. Die vergelykende trap is “kruer” – geen deelteken.)
- Die tong op my klit tart my (“Tart” is ‘n baie effektiewe woord hier.)
- Vreemde vingers vou my oop (‘n Metaforiese, meer suggestiewe gebruik as die alternatief “vreemde vingers vou my poeslippe oop”. Sulke gebruik maak dikwels ‘n verhaal meer eroties.)
- ‘n Vinger dring my binne (‘n Ander manier van sê: “‘n Vinger word in my ingesteek”.)
- hard en kneusend aan iemand vat (“Kneusend”, veral, is ‘n bywoord wat wat goed beskryf hoe daar gevat word.)
- jou hande om iemand se borste vou (Hier wil ek graag daarop wys dat ek heelwat verhale vir redigering kry waar ek die teks na hierdie vorm moet verander. Dis omdat die woord “omvou” dikwels verkeerdelik gebruik word. Die woord “omvou” het egter ‘n heeltemal ander betekenis – bv. soos in: “jy vou die papier om”. Daar is nie ‘n woord “omvou” met die klem op “vou” nie.
- my lus loop teen my bene af (Hier is twee dinge waarop ek wil wys: Eerstens, dis mooi metafories en suggestief (dus meer eroties) gestel. Dit klink beter as om te sê “my poessap loop teen my bene af.” Tweedens, ek wil wys op die belangrikheid daarvan dat “loop” en nie “hardloop” gebruik moet word waar enige vloeiproses ter sprake is. Water en poessap loop, dit hardloop nooit. Mens sien soms dat iemand “hardloop” gebruik. Dis erg anglisisties, want dis ‘n klakkelose na-aping van die Engelse “run.” Verder, om dieselfde rede kan jy ook nie “hardloop” in die volgende gevalle gebruik nie: “Ek laat loop my hand oor haar lyf”. Die “laat” is uiters belangrik, want “loop” kan nie oorganklik gebruik word nie. In gevalle waar ek iemand “hardloop” of “loop” – vreeslik anglisisties! – sien gebruik het, kon die volgende alternatiewe gebruik gewees het: “Ek stryk my hand oor haar lyf” en “Ek strengel (of vleg) my hand deur haar hare”.
- jou laat brasiliaan, jy het jou gebrasiliaan (Ek het hierdie baie oulike manier van sê teëgekom waar te kenne gegee is dat die vrou haar met ‘n Brasiliaanse waksing laat behandel het. Dus kort en kragtig: Sy het haar gebrasiliaan. Ek het egter twee veranderinge ten opsigte van die oorspronklike teks gemaak: Waar die Engels “ge-Brazilian” gebruik is, het ek dit verafrikaans en, soos gebruiklik vir selfstandige naamwoorde wat as werkwoorde gebruik word, dit deurgaans met kleinletters gespel.)
- draadkaal persoon (Dis ‘n oulike sinoniem vir “poedelkaal” of “poedelnaak(nakend)”.)
- skaamkrulletjies (‘n Oulike kort vorm vir “skaamhaartjies wat krul”)
- tonnelprop (‘n Anale prop met ‘n tonnel daardeur – vir die deurlating van die inhoud van die rektum in ‘n BDSM-sessie.)
- wollerige skaambultjie (Sinoniem vir ‘n met krulhaartjies behaarde skaamheuweltjie)
- gekartelde labia minora (‘n Oulike term vir binnelippe waarvan die randjies inkepings/golwings het)
- gewelfde meisie-spleet (‘n Skaamspleet wat geboë of koepelvormig is)
- haar oë fladder oop (‘n Mooi beskrywing van hoe haar oë oopgaan)
- haar oë flits af na my penis om ‘n kykie te steel (Effektiewe manier om te sê hoe vinnig en onopgemerk sy probeer kyk. Veral die deel “om ‘n kykie te steel” maak dit baie duidelik.)
- met ‘n piel in jou keel stik (“Stik” is die korrekte woord wanneer jy skielik nie kan asem kry omdat jou lugpyp toegestoot word. Dan kom daar stikgeluide – soort roggel – uit jou keel uitkom. Dis ‘n soort refleks wat die “stikrefleks” genoem word. As jy voel jy wil opbring is daar ‘n sterker woord. Dan begin jy “kokhals”. Ons praat dan van die “kokhalsrefleks”)
- weerstandige sfinkter (‘n Anale sfinkter/ringspier wat weerstand bied teen penetrasie, gewoonlik net aanvanklik)
- die sfinkter gee mee (Die sfinkter gaan onder die drukking oop, om jou binne te laat)
- iemand se rektum ry (Met jou piel in iemand se rektum naaibewegings maak)
- voor-kom drup in ‘n slymsliert ondertoe (Let op dat “voor-kom” liefs met ‘n koppelteken gespel word, om dit te onderskei van die ander betekenisse van “voorkom”. Ander ekwilente is egter “voorvog” [die mediese term] en “prekom”. “Sliert” is ‘n woord wat nogal produktief in verband met seks gebruik kan word vir lang/dun/yl string of strook waar slym en semen betrokke is. Dit word veelal ook gebruik vir ‘n sliert hare, veral natgeswete hare.
- jou anus is in ‘n ongerepte staat (Jou anus het nog nie penetrasie deur ‘n piel of ‘n ander groot voorwerp ervaar nie.)
- jou voorhuid terugskil (Alternatiewe manier van sê: “jou voorhuid terugtrek”)
- jou kwylnat onderkaak (Die toestand van jou onderkaak weens jou kwyling, ‘n manier om te sê jy het baie gekwyl)
- skwirtorgasme (Gewoonlik van ‘n vrou gesê, ‘n orgasme wat jou laat skwirt of spuit)
- hondjie-rolspel (Rolspel in BDSM waar die submissief die rol van ‘n hondjie speel)
Lesers is welkom om op bogenoemde kommentaar te lewer.
En julle is baie welkom om sommer ook in jul kommentaar voorstelle oor ander woorde en frases te maak. Julle loop dalk al ‘n ruk rond met ‘n unieke manier van iets sê.
Dit hoef nie iets spektakulêr te wees nie – net iets wat jy dink jy nog nooit in ‘n woordeboek gesien het nie en wat êrens aangeteken behoort te word.
Ek sal mettertyd deur al die teks op Kombiekiehier werk om te sien watter maniere van erotiekverwante sêgoed en terme daar is. Maar moenie daarvoor wag nie, want dit gaan la-a-nk vat!
Ons soek daai ordinêre goed ook, nie net hoogdrawende goed nie.
Jy hoef nie ‘n skrywer te wees om ons te bombardeer met woorde, frases en sinne nie – alles wat lyk asof dit met seks of alternatiewe leefstyle te doen het. Dis die gewone mense soos jy wat die taal maak.
Kom nou, los jou skaamte. Laat weet ons wat het jou naaimaatjie uitgeroep toe julle laas so lekker gesteek het! En sommer ook wat jy al jare lank vir jou naai-buddie wou sê – en nooit so ver kon kom nie.
En as jy huiwerig is om dit in die kommentaar-afdeling hieronder te doen, kan jy jou antwoord ook na kombiekiehier@gmail.com stuur.
Ons wag vir jou!
Lusman.