Êrens in Magaliesburg…
deur Wille Will
Danie du Toit lê langs die swembad op sy sy, net gekleë in sy swembroek. Hy leun op een elmboog terwyl hy deur ‘n diepseeduiktydskrif blaai. Hy is lank en lenig met swart hare en bruin oë. Hy’t vir ‘n naweek weggebreek van sy fabriek waar hy diepsee toebehore vervaardig. Hy het op Lekker Rus, ‘n vakansie oord in die Magaliesberg besluit waar die rustigheid en nie te veel gaste nie, hom welgeval.
“Mammie! Mammie ! Kan ons aaiskreem koop?”
Die kinderstemmetjie skril in die stilte van die voormiddag.
Hy kyk op onder sy donkerbril en sien ‘n seun van seker so tien jaar oud stap saam met ‘n blonde vrou met ‘n dogtertjie aan haar een hand aan die oorkant van die swembad. Almal is gekleë in swemdrag en die dogtertjie het selfs ‘n vrolike opgeblaasde Barnie tube om haar middellyf. Die seun dra ‘n klein koelerboks. Hy sien hoe hulle onder ‘n sambreel gaan sit.
“Anton, vat vir sussie en sien of hulle roomys het by die winkeltjie. Hier’s twintig Rand. Koop vir julle albei.”
Sy’t opgestaan om die geld uit ‘n beursie te kry en soos die kinders wegstap (“Ek soek ‘n rooie !”) draai sy terug en kyk oor die swembad na sy kant toe. Verskans agter die donkerbril blaai hy in die tydskrif asof hy lees, maar sy oë kyk haar ondersoekend deur. Hy skat haar so in haar dertigs, maar sy het ‘n lyf wat menige tiener dogter sal beny. Sy’t ‘n wit eenstuk baaikostuum aan wat hoog gesny is by die dye. Haar lenige lang bene vloei daaruit, maar dis so hoog gesny dat haar koekie omtrent net bedek word en dit staan met ‘n sexy bult uit. Verder op, oor ‘n onsigbare magie, het sy bo-gemiddelde borste wat ferm vertoon in die kostuum. Sy vryf met neergeslane hoof agter haar kortgekapte blonde, amper-wit hare met een hand in haar nek asof sy daar ‘n styfheid het, en met die ander hand trek sy aan die baaikostuum by haar lieste asof sy dit meer wil laat bedek.
Baie aantreklik, dink Danie by homself en hy glimlag as hy ‘n roering in sy swembroek voel.
“Verskoon my! Meneer!”
Danie besef sy kyk direk na hom en roep hom blykbaar.
Hy maak asof hy opkyk, haal die bril af en staan op.
“Kan ek help?“ roep hy terug.
Sy haal haar sonbril ook af en hy sien haar fletsblou pragtige oë as sy antwoord: “Was jy al in die water v’more … ek wil weet of dit baie koud is, jammer as ek gepla het!”
Hy neem weer haar mooi lyf in en veral die bronstige bult tussen haar bene. Met sy horing wat nou volgroeid is in sy broek sê hy vinnig: “Ek sal gou vir jou uitvind!” en duik met ‘n sierlike boog in die water in.
Wanneer sy kop bo die watervlak verrys is dit reg by die plek waar sy staan. Hy skud sy kop vinnig heen en weer dat die water uit sy oë en gesig kom en kyk op na haar.
Sy lag uit haar maag uit dat haar oë eintlik skrefies trek en sy haar pragtige wit-tande lag vertoon. Hy kan egter nie verhoed dat sy blik weer dwaal na die verborge vrug tussen haar bene.
Asof sy weet, sak sy skielik op haar hurke en haar gesig is sentimeters van syne.
“… en die antwoord?”
“Dis absoluut heerlik, join my.”
“Ek sal, ek wag net dat my kinders terugkom. Wat’s jou naam?”
“Danie. En joune?”
“Fiona … gaan jy eers uitklim?”
Hy hys homself uit die water aan die swembadrand en dan staan hy langs haar en die water drup oral van hom af.
Hy is verblyd dat sy dieselfde lengte is as hy, wanneer sy na haar stoel toe stap en buk by haar drasak. Hy sien dat die kostuum ‘n dun toutjie trek tussen haar baie ferm boudjies. (Fok, sy’s sexy!) Hy neem die handdoek wat sy woordeloos na hom uitsteek met die een hand terwyl die kinders jillend om die hoek aangehardloop kom.
“Anton … Melanie … groet oom Danie en dan gaan speel julle daar by die kinderpoel. Ons moet nou-nou gaan eet.”
Sy wys na een van die seilstoele terwyl die kinders laggend weghardloop.
Hy stoot sy hand deur sy nat hare en gooi die nat handdoek oor die agterkant van die stoel voor hy gaan sit.
Sy buk ‘n meter van hom af en maak die koelerboks oop: “Drink jy ? Wat van ‘n glasie koue wyn?”
“Sal heerlik wees, dankie.”
Soos sy buk kan hy amper haar ronde borste ten volle sien, buiten haar tepels, en hy draai om en neem die handdoek en gooi dit oor sy skoot.
Fiona kom orent en gee sy glasie wyn aan met ‘n laggie
“En nou die handdoek oor die skoot?”
“As die son jou beetkry brand hy die ergste op ‘n man se lieste en julle vrouens se borste,” lieg hy maar die handdoek is eintlik bedekking vir die alewige horing wat hy kry by hierdie vrou!
“Is waar,” glimlag haar wit tande en blou poele terug na hom. “Tjeers!” Sy neem ‘n behaaglike teug.
“Ook so, baie dankie,” en hy neem ‘n groot sluk.
Hulle begin gesels en wissel feite dat sy ‘n weduwee is met twee kinders vanaf Kroonstad met haar eie Aromaterapie salon en vir ‘n week hier kom kuier het wat na die naweek ten einde loop. Hy vertel van sy alleenloperskap en sy fabriek in Pretoria en die wegbreeknaweek.
Dis nou tien-oor-twaalf en die son bak genadeloos. Hy sit sy lëe glas op die koelerboks neer en vra: “Is die son nie nou te warm vir die kinders nie?”
Haar kop draai na waar hulle baljaar en sy roep: “Kom julle twee, ons gaan eet gou iets, rus ‘n bietjie en dan kan ons weer terugkom.”
Haar kop draai terug na hom. ”Dankie, ons het so lekker gesels dat ek amper van hulle vergeet het, mag ek jou nooi om saam met ons ‘n paar kouevleis toebroodjies te kom eet of het jy ander planne?”
“Sal ‘n voorreg wees, Fiona, ek wil net my swembroek gaan uittrek. Wat is julle Chalet nommer?”
“Nege. Sien jou nou-nou.”
By die chalet het die kinders eerder net ‘n gebotterde broodjie verkies met ‘n glasie melk en sy kon sien aan die gape dat hul doodmoeg gespeel was. Toe hul klaar is was hulle binne sekondes op hul bedjies en vas aan die slaap. Sy’t die deur saggies op knip toegetrek en stort toe gestap.
Danie het met moeite die nat swembroek by sy slaapplek afgerol en met ‘n handdoek homself droog afgevryf. Hy’t ‘n wolstof kortbroek sommer netso oor sy onderlyf getrek sonder om eers te dink aan ‘n onderbroek en toe hy ‘n kortmou skipper oor sy bo-lyf wil trek het hy besluit om eers die chemikalieë van die swembad uit sy hare te was.
In die stort het Fiona met seep die oggend se sweet behoorlik afgespoel en toe by die spieëlkas haar kop gesit en droogvryf. Sy herdenk die routyd na John se motorongeluk en hoe sy intussen moes bontstaan vir die twee kinders ook, as ma en pa, en hulle verlies ook help verlig. Hulle het daaruit heel gekom en gegroei, maar haar sosiale lewe was in flarde. Uit die boedelgeld het sy die salon begin en haar alles daarin gewerp. Mans het selde in Aromaterapie belanggestel en haar enigste kommunikasie was maar met vroueklieënte en haar kinders. Toe gun sy haarself hierdie vakansietjie. En nou hierdie baie aangename Danie. Sy kyk op in die spieël en sien hoe sy bloedrooi bloos as die duidelike omlyning van sy voël in die swembroek, voor hy in die water geduik het, in haar gedagtes flits.
Alle siesa, waaraan dink sy nou?
Dan is daar ‘n kloppie aan die voordeur. Shit, hier sit sy nog poedelkaal met skurwe gedagtes en haar gas is al hier!
“Is dit jy, Danie? Kom in en maak jouself tuis, ek’s nou daar!”roep sy om haar deur in die sitkamer in.
Sy spuit “White Satin” van Yardley mildelik oor haar hele lyf.
“Dis ek , ja … no probs,”hoor sy hom terugroep.
Sy gryp ‘n maroen-geblomde mini van dun katoen uit haar kas en gooi dit oor haar lyf en trek ‘n tanga uit ‘n onderste laai wat sy vinnig oor haar boude optrek. Dit sal moet doen dink sy terwyl sy vinnig voor die spiëelkas haar kort hare regdruk en rooi lipgloss op haar lippe aanwend. Terwyl sy die gloss met haar lippe rol stap sy in sitkamer toe.
Hy spring op waar hy gaan sit het as sy binnekom, maar sy waai ‘n hand en lag met: ”Skink vir ons ‘n wyntjie uit die yskas dan maak ek vir ons broodjies. Die kinders lê “uitgepass” in hul kamer.”
Sy sny die vars rogbrood vinnig in skywe en begin dit met Butro smeer terwyl hy die glasies al agter haar uitgehaal het uit die een kas en nou die yskas oop het om die wyn uit te haal.
“Ag, gee jy om, gee net die koue vleis aan op die boonste rakkie. Wil jy bietjie Roquefort kaas ook hê? In die rakkie van die deur.”
Hy neem die items en draai om om dit vir haar te gee. Haar parfuum dring by sy sinusverstoppings verby deur sy hele lyf … en die sagte, sensuele geur pas so by haar dat dit voel sy gaan deur hom.
Sy neem die kaas en vleis met twee hande by hom en vir ‘n lang oomblik is hul oë vasgenael in mekaar, amper soekend. Sy weet nie hoekom nie, maar toe sy dit uit sy hande neem gee sy ‘n besliste drukkie met elke hand op syne en draai vinnig om as sy ‘n blos voel opstoot oor haar nek.
Hy stap om die toonbank waarop sy werk en plaas die glasies langs mekaar neer vanaf die anderkant en maak die wyn oop. Hy merk dat hy bewe wanneer die goue vog die glasies begin vul.
“Is een van my gunsteling kase,” sê hy stil.
Sy is klaar met die broodjies en draai om yskas toe. Hy kyk na haar pragtige bene soos sy buk en wonder of sy ‘n broekie aan het.
Sy kom te voorskyn met ‘n botteltjie agurkies en ‘n botteltjie gepekelde uitjies.
“Skroef oop asseblief , ek sny net gou die kaas in blokkies.”
Die vleis lê klaar in gevoude skywe op ‘n groot bord.
Sy buk af agter die toonbank en kom ôrent met twee klein bordjies, servette en twee tafelmesse. Hy sien haar borste skommel met al die beweging en besef skielik die maroen blomme op die rok het twee parmantige stuifmeeldrade wat punte maak op die rok!
“Daarsy! Lyk dit orraait?” Sy vee met albei hande oor haar kort wit hare met ‘n verleë laggie.
“Jy moes vonkelwyn gekry het, dit lyk heerlik,” gee hy haar glasie wyn vir haar aan.
Hul oë verlaat mekaar s’n nie vir ‘n oomblik nie en as hy sy glas ledig met een teug volg sy oombliklik met dieselfde aksie.
Albei weet dis die oomblik van geen omdraai, geen spyt of verwyt net ‘n oomblik wat knellend in hul is en wat hulle onmiddelik moet uitleef. Hul glasies klank amper tegelykertyd op die toonbank en sy neem sy uitgestrekte hand in hare en stap om die toonbank in sy lyf in. Hul gulsige monde kleef in mekaar in en sy hande gaan oor haar skouers en rug met rukbewegings totdat hy altwee haar boude vasklem en haar liggaam in sy eie probeer indruk.
Sy voel sy harde penis teen haar maag vasdruk en haar hande gaan deur sy hare, om sy nek en sy soen hom orals oor sy gesig. Dis asof al die opgekropte emosies, frustrasies, verlange en lus nou uit hierdie oomblik moet kom. Haar hande ruk aan sy hemp om dit oor sy kop te trek terwyl hy die rokkie aan die soom beet het en reeds optrek oor haar skouers.
Wanneer die kledingstukke val op die vloer kyk hul weer ‘n oomblik vir mekaar en dan buk sy en trek die tanga af oor haar onderlyf. Haar gesig is sentimeters van sy dik, be-aarde, onbesnede voël wat wiegend voor haar in die lug priem. Sy wil sy stang in haar hande neem, maar dan lig hy haar aan haar elmboë op teen sy lyf.
“Ek wil nie meer terughou nie, ek wil in jou ingaan. Ons kan mekaar daarna weer verken,” sê hy skôr in haar oor. Hy tel haar in een swiep op in sy arms en stap in die slaapkamer in en plaas haar op die bed op haar rug. Hy lig albei haar bene op dat haar kniëe teen haar skouers rus en dan stoot hy sy voël in haar poesie in so diep hy kan.
Sy gee ‘n gil en dan sny haar vingernaels van agter in sy skouers in.
“Ry my, Danie … asseblief ry my so hard jy kan!”
Hul verwoede ritme begin …
2 COMMENTS
Dames en here, u aandag asb! Dis nou net ons meester skrywer – Willw Will – wat ons nou weer so op amper fyndraai hoog en droog los. Weereens meesterlik ou Will en die volk wag in spanning – of het die kinders wakker geword??????
Fokkit ou Will jy kan darem ‘n ding beskryf….ek begin sommer al tasse pak. Spoedige opvolg sal waardeer word.