Jasmin (2)
deur Nostradamus
Nadat ek my bes probeer het om nie die Ranger voor my in die verkeer raak te ry nie, besef ek dat ek in hierdie huidige ingesteltheid ‘n risiko op die pad is. Jy sien, daar is nie genoeg bloed om enigsins by my bolyf uit te kom in my huidige toestand nie. Want hier, op my foon, langs die naam Jasmin, wil ek amper soos Johann Stemmet uitroep: “Kyk hoe kyk sy vir my!”
By die naaste pub draai ek in en soek lafenis. Die kelner moes seker gesien het ek kyk na hom soos iemand wat die afgelope dertien dae die woestyn deurkruis het op soek na water. Ek beduie vir hom ek soek ‘n whiskey. Op ys. Sommer twee dubbels – enkels is iets wat op ‘n rugbyveld gebreek word. Na die tweede slukkie gefortifiseerde mielies in my keelgat af verwdyn, waag ek dit weer om na haar profiel op my foon te kyk. Wraggies. Al wat ‘n mens sien is haar cuppachino dye, die materiaal van haar rokkie wat die fotoraam bo volmaak, die mooiste klein martiniglas met so enkele vertikale strokie haartjies – amper soos ‘n strooitjie in ‘n cocktail. Ken jy ‘n martini glas? Dis daai Y wat gevorm word waar ‘n dame se dye haar venus heuwel ontmoet. Magtag! Hier sit ek met ‘n knop in my broek en fantaseer oor ‘n foto. ‘n Vrek sexy foto – mind you! Dit laat my dink: Wat verwag sy? Wat moet ek doen wanneer ek die foto sien? Hoe voel ‘n mens nadat jy so foto op iemand se foon gelos het? Skaam? Opgewonde? Spyt? Uitasem? Senuweeagtig? Jags?
Dis eers met die tweede dubbele-dubbel wat ek die moed bymekaarskraap om vir haar ‘n boodskap te stuur. Ek sal moet ‘n boodskap stuur, want op hierdie oomblik is ek so opgewonde en on the edge ek is bang my stem gaan bewe soos ‘n graad 6 seuntjie voor die hoofdogter in haar bikini. Vol bravade maak ek WhatsApp oop en tik in: “Hi Beautifull. Really enjoyed our meeting. Thanks for the surprize on my phone! Nostradamus.” Delete toe die beautifull en skryf eerder haar naam – mens weet nooit wie haar boodskappe lees nie – netnou is daar ‘n jaloerse boyfriend wat Nostradamus samoosa’s van my wil maak as ek so boodskap stuur.
Ek het skaars my foon neergesit toe die biep aandui dat ek ‘n boodskap het. “Hi daar. Gewonder hoe lank jy sal vat om na my tu te kom! ;-)”
Nou kyk, ek is nie ‘n taalpuris nie, maar as sy probeer om in Afrikaans met my te gesels dan skiet my korasie sommer met nog tien persent op! So begin ons heen en weer gesels en sy bely dat sy nog nooit so iets brash gedoen het nie, maar gedink het sy het niks om te verloor nie. So tussen die gesels deur vra ek haar waar sy is en sy bied aan dat sy by my kom aansluit hier by die pub. So gesê, so gemaak! Kort voor lank hou sy my (en elke ander heteroseksuele man en sekere ‘n hele paar homoseksuele mans en vrouens se) oë gevange gevange toe sy soos ‘n luiperdwyfie stadig en sensueel oorkant my by die tafel kom sit.
DJ Opperman, jou doring! Hierdie jasmyn hang soos ‘n natuurlike parfuum om haar. Sy bestel ‘n cocktail, sex-on-the-beach nogal, en suig verleidelik daaraan. Nou kyk, daar is min dinge so sexy soos ‘n dame wat sensueel aan ‘n strooitjie suig en Jasmin ken van! Aan die begin van die gesprek antwoord ek in mono-silabus antwoorde, maar soos wat die gesprek vorder en ek meer waaghalsig raak, vlot dit vinniger – veral toe sy vir my sê: “I won’t bite you. Yet!”
Gou bestel ons iets te ete en ek moet sê, dis regtig ‘n voorreg om so feniks te leer ken, en sy maak my baie gemaklik. Namate die gesprek meer persoonlik raak is daar nou en dan ‘n sagte aanraking van my arm, of my hand of so.
Op ‘n stadium bestel ons tequila (hoekom is dit altyd ‘n goeie idee op daai oomblik) en my bravade raak meer. Nou ek het nog altyd gewonder of ek dalk ‘n voyeuristiese streep in my het, want foto’s soos die wat sy op my foon gelos het – of selfs net die gedagte daaraan – maak my nog altyd vreeslik jags. Na die vyfde of sesde tequila vra ek haar wat haar oorreed het om so waaghalsig te wees, en of sy dit gereeld doen. Na ‘n skaam lag bely sy dat dit die eerste keer is, maar dat sy nog altyd gewens het sy het die moed om haarself so voor iemand bloot te stel.
Call me a gentleman, maar dadelik bied ek aan om namens die ganse mensdom aan die ontvangkant van so ‘n eksperiment te wees. Kort-kort wonder ek of sy nog steeds nie ‘n broekie aan het nie, want ek sien steeds haar borsies rondseil teen die materiaal. So teen half elf die aand besluit ek dat mens darem nou die ding na ‘n kant toe moet druk, want die aand raak langer en my pa het my geleer: As jy 10 uur die aand nog nie in die bed is nie, gaan huistoe! So leun ek oor en knibbel sag aan haar oor terwyl ek my hand langsamerhand teen haar arms op beweeg …
Skielik stop sy my hand net voordat ek die kant van haar linkerborsie bereik – die piek wat reeds aandui dat sy dit terdeë geniet!
AG VVVVVVRYSTAAT! Ek bedoel, ek het nog nie eens ‘n soentjie vanaad gekry nie – alhoewel die scenery en geselskap opgemaak het daarvoor! Sy vra of ek dalk die rekening kan kry terwyl sy gou haar neus gaan poeier en terwyl sy my in die oë kyk , skuif sy haar stoel só ver terug dat die leë tafel agter haar saam met sy stoele geskuif word en met die kom daai verskriklike mooi bene weer na voorskyn – alhoewel ek heeltyd bewus was van hulle teenwoordigheid onder die tafel. Met ‘n vonkel in haar oë en ‘n stout glimlag op haar lippies tel sy haar handsak op haar skoot en vra of ek haar dalk kan huistoe neem – sy het ‘n proposisie vir my. En toe, met die opstaanslag, trek sy ‘n Sharon Stone op haarself en maak haar dye wyd oop sodat die soompie teen haar bobene opskuif en ek duidelik – selfs in die kroeg se skemerlig – kan sien presies hoe die martiniglas van vroeër oopvou om die mooiste onderstebo varkoor te vorm – kompleet met sy steeltjie gevorm deur daai strokie ongeskeerde haartjies aan die punt van haar blomkelk …
3 COMMENTS
Baie dankie julle-julle vlei my!
Wow. Kan nie wag op n opvolg nie. Great storie.
sjoe….kannie wag v opvolg nie…