
Ek onthou – Memoirs van ‘n Boerhoer (4)
deur Bikilus en sy naaimaatjie
(lees vorige episode HIER)
Geagte Mevrou,
Dis seker waar dat die kamplewe my hard gemaak het. Dit was ‘n geval van die sterkste oorleef. By tye het die vrouens mekaar letterlik vertrap om tog net ‘n bietjie kos in die hande te kry. Nee, ons was nie so edel soos wat baie graag sou wou hê nie, en ek en Gretig nie die enigstes wat by die Tommies geslaap het nie. Dis net nie so maklik om dit te erken nie.
Daar was darem voordele ook. My Engels het verbeter en vandag kan ek my goed in Engels help. Toe ek op die myne geswerf het was dit handig.
Ek het ook geleer hoe om ‘n man te speel. Pielslawe. Hulle spog met twee koppe, maar eintlik heers die saadskieter. Die vrou wat weet hoe om met nommer twee te smokkel, is in beheer. Daardie kennis het gemaak dat ek die plaas teen ‘n massiewe prys kon verkoop. Maar ek loop die storie vooruit
Intussen moes ek en Gretig sorg dat ons groepie oorleef.
Toe breek die volgende fase van my lewe aan. Een more, vroeg in Mei 1902 is die kamp in rep en roer. Die Tommies draf rond en skreeu bevele. Almal op die parade. “Roucal.”
Dan: “Go bath yourselfs and put on your best dresses.”
“Seker weer ‘n blerrie Rooinek met goud op sy baadjie,” mompel een van ons. “Kom doen kamstig inspeksie en vertel dat hulle beter na ons sal kyk, maar as hy sy rug draai bly als dieselfde.”
‘n Uur of wat later sien ons perderuiters aankom. ‘n Paar Rooinekke met allerlei tooisels op hulle rooibaadjies en enkele burgers. Ons herken vir Generaal De Wet. Weer word ons parade toe geroep.
Een van die Rooinekke met baie medaljes, goud, goud en goud, klim op ‘n wa.
“Listen Ladies. As you may be aware we have started negotiations for peace with the Burghers. But some of the generals want to keep fighting. General De Wet, here, and others believe it is time for peace. So do we. General de Wet and his compatriots came here today to see with their own eyes that we are taking good care of you …”
“Boooe. Jou gat man. Jy lieg Rooinek. Julle laat ons vrek van die honger.”
De Wet hou sy hand op. “Dankie Niggies, laat die man sy twak praat, hoe gouer, hoe vinniger kan ek self met julle praat.”
Die Rooinek het nog n ruk voortborduur oor hoe goed vrede sou wees, dat ons almal kan huistoe gaan, weer ons mans en seuns kan sien, ensovoorts. Die vroue het minagtend ons rue op hom gedraai en gewag vir De Wet om te praat. Een het onderlangs iets gemompel soos: “Tjorts king Jorts, tjorts king Jorts.”
De Wet: “My Tantes, niggies, seuns en dogters. Ek kan sien. Julle is brandmaer. Die Here hoor my ons wil nie oorgee nie, maar so kan dit nie verder gaan nie. Dis nou nie meer oorlog nie, dis nou volksmoord. Hou moed, oor enkele weke sal die oorlog verby wees.”
Ons stap verslae terug tente toe. Die oorlog verby, ons vryheid ons lewens gesteel. Knegte van die Engelse, en dit oor ons bietjie goud en diamante.
Vroeg Junie bereik die boodskap ons. Dis vrede. Ons kan huis toe gaan. Die oorlog is verby.
Wat beteken huis toe vir my? Wat is van die plaas oor? Is daar nog skaap, of ‘n verdwaalde bees? Mielies of koring. Of leë lande en ‘n afgebrande murasie.
Ek neem van my kamp-familie afskeid.
“Voel jy nie skuldig nie?” vra ek vir Gretig
“Nee, ek sal dit weer doen as ek moet. Ons het die hel oorleef. Watter familie kan dit se? Ek gaan met ‘n skoon gewete terug na ons plaas toe. Buitendien, wat my betref is ek nog n maagd. Dit was nie liefde nie. Ek kan met ‘n rein gewete in wit trou.”
Totsiens Gretig. Dankie vir die lesse. Dankie dat jy my lewe gered het. Dankie dat ek die hel oorleef het. Dankie, dankie.
Saam met ‘n Joodse swerwer-handelaar op sy wa tot naby die huis. Dis minder as ‘n dagreis. Die laaste myl of twee stap ek. Alleen deur die mishandelde aarde. Dis reeds bykans winter, die veld vaal.
Stadig kom die afgebrande murasie teen die laatmiddagson te voorskyn. Ek sal iewers skuiling moet maak vir die nag. Vannag tussen die gebrand mure moet slaap. Maar hier is al wat ek het. Hier sal ek moet oorleef, of vergaan as ek te swak is.
As ek nader kom sien ek beweging of die werf. Dis ‘n mens. Ek staan stil, onmiddelik gespanne, reg vir veg of vlug.
“Kleinooi, my kleinooi, is dit jy?” Ai Miena wiggel-stap in my rigting, die Tswana-gesig die ene vreugde, die oë vol traan. Sy omhels my, ons druk mekaar vas ons trane meng. Ek huil. Vir die eerste keer in jare huil ek regtig.
Skemeraand staan ek by die kerkhof. Hier lê Oupa en Ouma Berg, my boeties en sussies. Ek kyk op na die hemel. Het ek nog hulp?
Baie jare later sou die digter my emosies daai aand so vasvang:
Dis die blond dis die blou
Dis die veld, dis die lug
En ‘n voel draai bowe in eensame vlug
Dis Al
En met apologie
Dis ‘n kamphoer gekom
Uit die oorlog se hel
By ‘n graf in die gras,
met ‘n vallende traan
Dis AL
Miena en Outa Klaas het ‘n skuiling teen die ergste wind en weer onder die soetdorings teen die riveir aan mekaar geslaan. Hier skuil ons teen die herfskoue.
“Kleinooi, ek bring more die skaap en bees wat oor is huistoe.”
“Kon jy van die diere red, Outa?”
“Ja nooi, ek het mos ‘n klompie hier by onder die soetdorings ingejaag. Kon hulle darem aan die lewe en uit gesig hou. Dis net baas Piet van langsaan, hy hou soos ‘n slang dop wat hier aangaan.”
Klaas verwys na Piet hanskakie Verwijl, die buurman.
“Die oorlog is verby Klaas. Nou bliksem ons sy harspan in.”
Saam maak ons die huisie skoon, maak dit leefbaar en bou ‘n skuiling in die een hoek. Grasmatras en ‘n kombers wat ek uit die kamp saamgebring het. ‘n Week later trek ek in. Ons sal moet dakbalke kap, Grassny vir die dak, maak ek planne in my kop.
Piet sou my nog ‘n belangrike les oor myself leer. En nogmaals sou dit my later goed te pas kom.
Ek was nie baie lank in my hoekie nie, toe Piet dit goed dink om een aand, lank na donker, sy opwagting te maak. Maar hy het hom misreken. In die kamp het ons met een oog en een oor oop geslaap. Altyd gereed, reg vir veg of vlug. Piet se profiel duidelik in die oop gat waar eens ‘n staldeur was. Die volgende oomblik is hy bo-op my. Ek ruik sy stink tabak-asem, sien sy gehate gesig.
“Bliksem.”
Ek spring eenkant toe, mik na die deur. Maar hy is vinniger as ek, gryp my rok, ek hoor dit skeur. My hande grou wild na sy oë, instinktief ruk ek my knie na sy voël, maar mis die kol. Die haat vir al wat Tommie gespuis is gee my ekstra krag. Maer liggaam teen uitgevrete lummel. Dan is Klaas daar. Sy knopkierie traf Piet swaar teen sy blad. Dan weer ‘n dowwe plof. Piet sak op sy knieë af.
Klaas grotesk orent met die knopkierie gereed vir die doodhou!
“Nee, Klaas, nee!”
Klaas gee ‘n treë terug, die knopkierie gereed bo sy kop. Ou Piet kreun.
Ek staan op. “Luister Bliksem, hiervoor gaan jy kak! Hanskakie! Veraaier! Vuilgoed! Hiervoor sal jy boet!” Die woorde stroom oor my lippe. Ek vat die knopkierie by Klaas, tel dit hoog bo my kop op. “Ek gaan jou harspan in mekaar bliksem”.
Klaas keer. Hy gryp my arms vas en vat die kierie by my. “Nee Kleimies, dit sal niks help nie?”
Ons bind Piet vas met rieme wat Klaas iewers vandaan gekry het. Kalmte keer terug. Ek oorweeg my opsies. Hier kan ek tog nie bly nie. Ek moet ‘n plan maak. Hier wegkom, maar daarvoor het ek geld nodig.
“Gaan slaap maar Klaas, die ou sal niks probeer nie”
“Kleinooi?” vra hy versigtig.
“Gaan slaap maar Klaas, ek is wakker gewoond, dan maak ek jou nanag wakker dat jy hom oppas. Ons kan nie altwee heelnag wakker bly nie.”
“Ek maak so kleinooi,” maar aan sy houding kan ek sien dat hy nie hou van wat ek vra nie.
“Wat het jy eintlik hier kom doen, ou Piet Slapkak?” tart ek. Sy oë volg my, maar stil is hy. Ek onthou hoe Gretig vertel het dat sy die Tommie beskyt het. Stadigaan besef ek dat ek die hef in die hand het. Piet is aan my genade uitgelewer. Ek skep ‘n beker vol water.
“Dors, Pietertjie? Moet ek vir jou water gee?” Daarmee drink ek die beker water uit. Wag ‘n minuut dat dit afsak, dan drink ek nog ene, en ‘n derde.
“Ek hoop jy’s baie dors Pietertjie, want vannag gaan ek jou leer suip.” Daarmee sluk ek nog n beker water af.
My blaas is vol, maar ek hou eers effens uit. Piet se oë bevrees, hy volg elke beweging wat ek maak.
Ek gaan staan wydsbeen oor hom. Lig my rok hoog bo my kop op.
“Kyk Pietman, is dit waarvoor jy gekom het? Kyk nou mooi Piet, dis hoe ‘n boerhoer se koek lyk. Maar in die koek sal jy jou verotte piel nooit druk nie. Hierdie koek is jou meerdere. Na vanaand sal jy nooit weer dieselfde wees nie.”
Dan pis ek vol in sy gesig. Hy probeer wegdraai, maar ons wat plaaspiepie ken, weet hoe om te maak. Ek trek my lippe groot oop en mik die pis reg in sy gesig.
“Drink Piet, drink, jy weet nie wanneer jy weer water gaan kry nie.” Sy pis ek my blaas in sy gesig, oor sy hare en deur sy klere leeg. Ek het dit daardie nag nog ‘n paar keer gedoen, totdat dit ook nie meer pret was nie.
Sou ek Piet beskyt? Ek besluit daarteen, dit pas nie nou in my planne nie. Nee, ek wil seker maak dat die ou hom nooit weer aan ‘n vrou opdwing nie. Pietertjie sou nooit weer met iemand neuk nie.
Daar is net genoeg maanlig dat ons mekaar mooi kan sien. Ek gaan sit wydsbeen voor hom, my rok hoog bo my boude opgelig.
“Jy moet mooi kyk Pietertjie, kyk na die boerhoer se koek. Kyk baie mooi, want wat jy vanaand gaan sien sal jy nooit weer sien nie.”
Daarmee maak ek my koekie vir hom oop, vryf my vinger deur my slootjie, speel met my vinger by my ingang. Tussendeur hou ek sy onderlyf dop, ek sien hoe sy broek knopmaak, ek sien die lus in sy oe verskyn.
My vinger speel deur my koek, kry my pret-ertjie en speel saggies daarmee. Dan gaan staan ek wydsbeen oor hom.
“Kyk Pietertjie, die is ‘n pret pieletjie. Het jy al gesien? Het jy al ooit die moeite gedoen om jou vrou s’n te soek? Of klim jy op, steek hom in en drie stote verder spoeg jy jou stroompie pissaad in haar op?”
Die volgende oomblik skop ek hom op sy piel. Voordat hy nog mooi kan herstel trap ek met my volle gewig op sy peil en knaters.”
“Jy moet mooi oplet in die klas Pietertjie, alles mooi onthou. Elke keer as jou pieletjie wil styf word, sal jy onthou, sal die pyn terugkom. Elke keer Pietertjie, elke keer.”
Ek het die toneeltjie ‘n paar keer herhaal. Die pyn in sy pieletjie en knaters ingedril. En hopelik ook in sy ertjie breintjie in.
“Jy is nou nie net meer ‘n hanskakie en hensopper Pietertjie, na vanaand is jou pieletjie ook ‘n hensopper. Soos jy jou geweer laat sak het voor die Tommies sou sal jou pieletjie sak elke keer, hoor mooi, Pietertjie, elke keer as jy aan ‘n vrou dink.”
Ek moet erken, Mevrou, ek het die spel al hoe meer geniet. Hoe meer ek hom treiter, hoe beter het ek gevoel. Ek kon al die haat wat deur die jare in my opgehou het in hierdie een nag op Pietertjie, en alles wat hy verteenwoordig, uithaal.
Maar dit het my ook lus gemaak. Skielik was ek in beheer, het ek die verloop bepaal. En om met myself te speel, dit was nog altyd lekker, en soveel beter met ‘n toeskouer.
Ek het gemaklik op my rug voor hom gaan lê, bene wyd oop, poesie “on full display.”
My vingers het die bekende plekkies opgesoek, stadig, rustig en saggies na my eie heil gesoek. Ek ken die lekker, maar vanaand wil ek nog beter maak. Ek wil die opdrifsel voor my wys wat hy sy lewe deur gemis het, en nooit weer sal geniet nie.
So speel ek deur my lippe, dan onthou ek hoe Gretig soms haar vinger in my hol gedruk het. My ander hand trek my boude oop, my vingers speel oor my agterent, oor die naaitjie tussen boud en koek. My ander hand op my klit, ek kry ‘n vinger in my koek op, ‘n duim op my klit. Nou verloor ek myself, ek soek na daai ontwykende verlossing, en dan kom dit. Vlaag op vlaag op vlaag. Ek gee nie meer om of, en wat Piet sien nie, Nou is dit net ek, myself en ek.
Stadig kom ek tot die werklikheid terug, kry my bene weer krag, voel ek my vol blaas. As ek opstaan sien ek ou Pietertjie weer raak. Sy kop vooroor, maar sy bang oë volg elke beweging wat ek maak. Nog een maal gaan staan ek wydsbeen oor hom. Bepis hom van bo tot onder. Dan roep ek na Klaas. Ek het nou slaap nodig. More gaan ‘n lang dag wees.
Goeienag Mevrou, Ek sal volgende week vir u vertel hoe die res van die week verloop het, en hoe dit gekom het dat ek die liefde van my lewe leer ken het.
(Lees die volgende episode HIER)
2 COMMENTS
Sjoe wat ‘n storie – wonderlik julle 2. Ons wag in spanning op die vervolg.
Die saga gaan voort…hierdie is geskiedenis in fyner detail…of hoe ?