Droom van jou (1)
deur Dromer
Ek het gisteraand gedroom dat ek my voordeur oopmaak en jy staan daar. Ons het gegroet en ek het jou in genooi. Ek het vir jou gesê dat ons sommer moet deurstap kombuis toe, want ek was besig daar. Ek het jou voor gewys en jy het voor my gestap. Kon duidelik die geluid van jou skoene op die blink teëlvloere hoor. Jy het skielik gestop en ek het in jou vas geloop. Dadelik met my hande op jou heupe te lande gekom soos wat ek instinktief probeer keer dat ek jou nie om loop nie. Jy het so ligte gilletjie gegee toe ek in jou vasloop. Jy het omgedraai en my reg in die oë gekyk. Ons het vir wat voel soos ‘n ewigheid in mekaar se oë gekyk. Ek het vooroor gebuk en jou gesoen. Jy het terug gesoen. Diep vurige soen. My hande het oor jou rug gestreel en stadig af beweeg na jou boude. Ek kon voel dat jy n fyn g-string onder jou somersrok aan gehad het. Ek kon voel hoe dit my ‘n ongemaklike, maar tog lekker gevoel in my broek gee. Beide ons asems het gejaag, jou hande het oor my bors gegly en onder my golfhemp beland. Jou naels wat oor my bors liggies krap maak my nog net meer lus vir jou.
Net die gedagte dat ons nou so na aanmekaar was het meteens so reg gevoel. My hande het nou jou heupe gevind. Met my duime het ek net bo jou heupbene gevryf. Ek het het ons soen gebreek en my oë oopgemaak. Jy het ook. Ons het na mekaar gestaar asof ons mekaar vir die eerste keer sien. Albei met ‘n stoute smile op die gesig. Ek was baie selfbewus oor die helse knop in my broek, en ek het geweet jy het dit teen jou gevoel. Ek was ewe skielik spyt ek het nie ‘n Jean vanoggend aangetrek nie. Dalk nie so gemaklik soos die pt-broek nie, maar sou darem my horing so effens kon verdoessel.
Ek het jou gevra of jy iets wou drink, jy het net jou kop liggies heen en weer geskud. Jy het jou hand liggies teen my broek se voorkant beweeg en gesê: “dit lyk of jy baie bly is om my te sien.”
Ek kon nie ‘n woord uitkry nie, die knop in my keel en die knop in my broek was nou ewe skielik ewe groot. Ek het jou nou met mening nader teen my getrek. Duidelik en hard het my voël nou teen jou maag gedruk. Dit het my nou nie gepla nie. Ek wou jou nou hê. Ek het beide my hande nou op jou boude gesit en jou so styf teen my getrek en effens opgetel. Ons lippe het weer ontmoet, passievol met ‘n dringhindheid soos nooit tevore. Ek het gevoel hoe jou nipples styf teen my borskas druk, die hitte van jou het so reg gevoel.
Toe ons weer asem skep, hyg altwee ons asems. Ek het vir jou ges dat ek jou nou wil hê, elke millimeter van jou. Ek het ‘n treë terug gegee en altwee jou hande gevat. Jou agterna getrek soos wat ek agteruit na die kamer in die gang af terug stap. Jou glimlag en vonkel in jou oë en bloswange het so mooi gelyk. Soos ons in die hoof slaapkamer ingekom het, het die sonlig strepies deur die venetianblinds op die wit beddegoed getrek. Ek het teen die bed gestop. Jy het nader gestap, my hande gelos en my voor die bors gedruk sodat ek agteroor val. Jy het my stip in die oë gekyk en gesê dat jy al lank vir die oomblik wag. Ek het tergend jou gevra nou wat jy gaan doen nou dat dit hier is. Jou antwoord: “Jy gaan nou uitvind.”
Sonder om tyd te mors het jy effens afgebuk, jou rok se pant gevat en met ‘n grasieuse beweging jou rok oor jou kop getrek. Wat ‘n mooi gesig. Jou borste oop en naak voor my. Die pragtigste swart broekie wat jy aanhet, effens deursigtig. Ek verbeel my dat ek die vorm van jou skaamlippe kan uitmaak. Skoon geskeer. Ek kon nou duidelik voel hoe die knop in my broek wou uit. Ek voel hoe klop my hart angstig en hard nie net in my bors nie, maar in my voël ook.
Jy buk oor my en vat my pt-broek en trek dit uit. Stadig oor my bene tot dit op die vloer val. Ek sit regop en trek dadelik my golf hemp uit en gooi dit sommer op die vloer. Jy druk my weer terug op my rug en klim bo-op my. Jy sak vooroor en begin my soen. Vurig soos ons tonge ontmoet. My voël klop teen jou binnebeen. Ek kan voel die warm klam gevoel van jou poesie op my. Ek vat jou vas en draai jou op jou rug, ek bo-op jou nou. My hande vind jou skouers en stadig beweeg ek hulle af oor jou borste. Deur die skemerlig kan ek sien hoe jou nipples styf staan, klein en donker. Ek sak af en soen eers die een en dan die ander. My tong liggies oor hulle. Ek sit weer regop en skuif af. My hande op jou swart g-string se rek. Ek trek hom stadig af, my gesig so naby dat jy die warm van my asem op jou voel. Ek ruik jou vroulikheid en gee jou ‘n ligte soen op die bo-kant van jou spleet. Ek klim af van jou af en trek jou g-string heel uit met jou bene bymekaar en nou reguit op in die uig. Jou voete feitlik teen my mond. My hande gly oor jou enkels en stadig af na jou kuite. Ek sak af en rus jou enkels op my skouers. Ek het nou net een doel voor oë. Dit is om jou met my mond die plesier van jou lewe te gee. My tong vind jou spleet weer. Ek proe jou en my tong glip tussen jou lippies in. Hy vind jou klit wat nou geswel is. Ek suig en lek aan jou. Jy voel my snor en baard jou liggies kielie.
Jou heupe begin ritmies beweeg en jou asemhalig raak al hoe vinniger. Jou bene maak onwillekeurig effens oop en toe. Jou boude trek styf elke keur as my tong van onder af oor jou klit glip. Jy smeek my om te stop, want jy gaan kom. Stadig hou ek op en beweeg op na jou. Ek gee jou n vurige soen. My piel se punt raak nou reg by jou opening, jy is reg vir my om jou te vat.
Ek druk myself in jou in. Jou natheid lok my gemaklik in. Dit voel hemels. Ek weet ek gaan nie lank kan hou nie. Die opwinding is net te veel. Die dringendheid is net te groot. Ek begin jou stadig en ritmies ry. Eers net met die voorste deel van my, elke keer net n klein bietjie dieper. Meteens stoot ek myself heel in jou in. Jy smag na jou asem. Jy ruk van genot. Ek begin nou al hoe harder stoot. Ons asems hyg van plesier. Beide ons liggame begin nou onwillekeurig ruk asof ons nie beheer meer het nie.
Ek voel hoe die plesier in my begin opstoot. Ek fluister in jou oor dat ek gaan kom. Jy trek my dieper in jou in met jou bene en sê jy ook. Beide van ons kom, jou naels oor my rug trek rooi strepe van genot. Ons oë ontmoet en die smiles kan nie van ons gesigte afkom nie. Ek klim van jou af. Jy rol om en gee my ‘n vurige soen. Jy staan op, tel jou g-string en rok op. Verdwyn in die badkamer in. Ek hoor die toilet spoel en jy maak jou veskyning in die deur. Die middagson glinster deur die blindings op jou gesig. Jy kom sit langs my en gee my n vurige soen en spring dan op.
Jy sê ewe skielik: “Ek moet gaan, dankie vir vanmiddag, sien jou more middag dan doen ons dieselfde. Ek kyk jou agterna sprakeloos, nog steeds uitasem soos wat jy in die gang verdwyn.
Ek hoor die hek oopgaan en met ‘n bekende klik weer toegaan en ewe skielik kan ek nie wag vir more nie.
(Lees volgende droom HIER)
5 COMMENTS
Sorry, sorry sorry – ek het ‘n fout gemaak. Dis nie Whale wat hierdie storie geskryf het nie, maar ‘n splinternuwe skrywer, Dromer. Don’t know what I was thinking. Gelukkig is julle kommentaar oor die storie steeds geldig. 🙂
Whale, hierdie storie was soos ‘n intieme kykie op ‘n baie privaat oomblik. Ek voel soos ‘n voyeur en het dit ontsettend geniet…veral die feit dat jy ook nie omgee dat ek met die aksie meegesleur is nie.
Dankie, ek saluut jou!
Eish ou Whale, nou wasem my rekenaar se skerm op. Jou storie is puik ou maaitjie. Hou soo aan en lyk my of daar nog is.
Asb Annelise – roer asb jou se boudjies met die redigering van die volgende storie. HEHEHEHEHE.
Ai daardie…sien jou more is darem ‘n opwindende vooruitsig! Heerlik
Vurig! Absoluut vurig, venynig eroties…
So ‘n gas sal ek ook elke dag in my huis verwelkom.
Dankie Whale, baie geniet!