
Dronkseks
deur Daan de Lange
Dit vat ‘n hele paar sekondes voordat dit deur Rassie Roux se benewelde verstand dring dat dit verskriklik brand as mens jou penis met Vim skrop.
Selfs as jy ‘n lappie gebruik en nie ‘n skropborsel soos toe hulle destyds hulle overalls met Vim in die army se storte gewas het nie.
“Sttttttt,” trek hy sy asem diep in terwyl ‘n ander ou die gemeenskaplike badkamer van die stokou woonstelblok in Germiston instap. Die arty croud beskou hierdie gebou as ‘n vonds en hulle almal droom daarvan om hier te bly, maar die werklikheid is dat meer as sestig present van die inwoners common lieplappers is wat nie genoeg verdien om hul neus op te trek vir ‘n flat waar jy die badkamer met drie ander bachelors of single girls moet deel nie.
Gewoonlik lelike single girls, want ‘n hot girl kry gou ‘n ryk boyfriend met ‘n townhouse en dan gaan bly die hottie daar saam met die ryk doos tussen sy Old Spice en flatscreen TV’s.
Nie dat Rassie hom oor ‘n flat sonder ‘n badkamer hoef te worry nie. Sy flat is heelwat beter as hierdie – twee slaapkamers, ‘n balkon, ‘n mooi open plan kombuisie, die works. Selfs ‘n badkamer.
Maar die spietkop-girl wat hy vanaand in Prague at Night opgetel en hier in haar bachelorflat kom streep het, het nie haar eie badkamer nie. En sy bewys dat Rassie se teorie oor lelike girls wat in hierdie tipe plek bly, water hou, want sy is vrek lelik.
Hy was al redelik flenters toe hy in Prague aangekom het. Hy het eers ‘n vinnige biertjie of twee by die rugbyklub gaan drink. En soos die geluk dit wil he, het die rugbyklub een groot voordeel en een groot nadeel: die drank is goedkoop, maar daar is nie girls nie.
Met die gevolg dat die heel beste van die stad se gewillige girls reeds op hulle rug gele en met hulle voete in die lug geskop het teen die tyd dat hy by die heel beste pick-up bar in Primrose ingestap het.
Daar was hierdie ene. Sy het maar aan die dikkerige kant gelyk, maar drank het mos maar die manier om lelike chicks mooier te maak. En twee dubbels later, is hy daar saam met haar weg.
Soos hulle gery en hy al hoe nugterder geword het, het sy al hoe leliker geword.
Hy het gaandeweg sober genoeg geword om die bultende ski-pants raak te sien, nes die aknee onder die dik onderlaag, die los vel agter haar arms en die rolletjie wat onder haar top uitsteek. Ja, top, want hierdie is heeltemal te veel vrou vir ‘n toppie.
By haar woonstel aangekom, het sy die fluorescent-lig in die sitkamer aangesit, wat al haar tekortkominge beklemtoon het.
Sonder dat sy dit besef het, want sy het haar beste poging tot ‘n verleidelike glimlag opgesit en onder haar vaalbruin kuif na hom geloer.
“Come lick my pussy…” het sy genooi.
“Hu-uh,” was al wat hy kon uitkry.
“I have whisky,” het sy weer probeer, met veel meer sukses, want binne minute het Rassie met ‘n halfglas van die skerp vloeistof in ‘n bierglas gesit. En daai Three Ships se bemanning het stelselmatig al haar swakhede opgepak en in die drie skippies se ruim weggebere, totdat sy deur die boom van die glas weer na ‘n heeltemal bruikbare proposisie gelyk het.
Met die gevolg dat Rassie wild tussen haar stewige deeg-dye gewieg het voordat hy besef het wat aangaan.
Nadat hy sy onderbroek onder ‘n maroen scatter cushion gekry en aangetrek het, het hy ‘n sigaret in die gang gaan rook, ‘n glas water gaan drink en stukkie vir stukkie sy soberheid begin herwin.
En toe hy badkamer toe gaan, het die spietkop-girl hom met soveel afgryse vervul, dat hy baie goed die pyn kon onthou van die penisillien-inspuiting in sy voolkop nadat hy ‘n smerige tert in die hotelbar naby die stasie opgetel het.
Hy het koorsagtig begin soek na iets om sy geslagsdele mee te was, maar net op ‘n blik Vim op die wasbak en ‘n vergete waslap in die stort afgekom.
“Dit gaan moet doen,” het hy geprewel en op sy tande gebyt terwyl hy tussen sy bene begin skrop het.
Die ander badkamerbesoeker het hom eers stomgeslaan aangestaar en toe omgedraai en uitgestap. Mens sien eienaardige goed as jy in hierdie flats bly, maar wat nou hier voor hom afspeel, is een te veel.
Rassie het net vir ‘n oomblik opgehou, en toe weer woes verder begin skrop voordat hy sy verslae geslagsdeel onder die koue kraan van die wasbak afgespoel het.
Sy plakkies was nog in die spietkop-girl se woonstel, maar not’ndem gaan hy nou terug om hulle te haal. Hy sal hulle maar moet prysgee. “Dis jammer,” dink hy, “want dis lekker plakkies daai.” Maar hy gaan nie weer nader daai chick se plek toe nie.
Onder vis hy sy karsleutel uit sy broeksak, sluit oop en sit eers vir twee of drie minute vooroor in die bestuurdersitplek voordat hy die enjin aansluit.
Fokkit, dink hy. Hy gaan moet hulp kry vir hierdie suipery. Dit is besig om hand uit te ruk.
Hy staan vir ‘n paar sekondes by ‘n rooi lig, maar ry dan oor. Hier is in elk geval hierdie tyd van die nag geen verkeer in hierdie deel van die stad nie.
“Dis fine om ‘n lelike chick te stamp as jy desperaat en dronk is,” dink hy. Hy het dit al dikwels voorheen gedoen. Maar dan sluk hy hard toe hy aan haar groot, pap hangborste dink.
“Maar was dit nou regtig nodig om daai goed te motorboat?”
1 COMMENT
Hahahaha!
Dit sal jou leer…
Maar man leer so mooooooeilik…