
Die Verlore Stad
deur Uther Pendragon
“Nee, nie daar nie, DAAR!”
Die sigaret-geel vinger beduie vaagweg in die rigting van die boekrak regs agter my.
Verward soek ek rond en sien toe die gaping tussen Bingham se Lost City of the Incas en MacQuarrie se The Last Days of the Incas. Ek druk haastig die boek History of the Inca Realm in die gaping in.
“Dan moet jy die artikels vir my alfabeties in daardie lêers rangskik,” beduie hy na die rakke langs sy werkstafel aan die een kant van sy kantoor.
“Watter artikels professor?” vra ek vinnig.
Sy wenkbroue knoop tussen sy oë wat nou van irritasie nog verder bo sy brilletjie uitpeul. “Daardies! Jou ss …” wys hy met sy geel vinger na die hoop wat op die vloer langs sy lessenaar lê terwyl hy sy lippe toeknyp.
Ek kon sweer hy wou “stupid” of “stommerik” of “stront” of iets soos dit sê, maar ek dink die hele polemiek met die vorige studente-assistent wat hom by Menslike Hulpbronne vir “emosionele mishandeling” gaan aankla het, het so ‘n bietjie water op sy kole gegooi.
Hy neem sy leertassie in sy hand en beveel: “Sluit die deur agter jou toe wanneer jy klaar is en gee dit vir die sekretaresse voor jy gaan!”
By die deur draai hy om en sê: “Los my goed uit, gehoor?!” Hy loop drie treë die gang af en draai om.
“Wat sê jy is jou naam?”
“Kevin Botha, professor.”
“Ok, Kevin Botha, los my goed uit!” En daarmee draai hy om en stap verder.
Fokkit, dink ek by myself, wat ‘n karakter! Ek gaan maak die vensters oop om die suur stank van die sigaretrook te probeer verdun. Die suurknol steur homself duidelik nie aan die universiteitsreëls, landsreëls of enige reëls nie – hy doen net wat hy fokken wil! En natuurlik duld die universiteit hom – solank hy publikasies inbring sal die universiteit hom en sy nonsens verduur en as ‘n studente-assistent kla, sal hulle haar net na ‘n ander pos verskuif terwyl hulle hom liggies vermaan.
Na twee ure is ek deur meeste van die artikels – almal gaan oor legendariese antieke stede – die Verlore Stad Z in die Amasone, Ur in Irak, Eldorado in Kolombië, Timgad in Algerië. Ek mag miskien net ‘n Argeologie Honneursstudent wees, maar ek kan maklik die patroon hier sien – die mensdom het van al hierdie stede deur legendes te wete gekom, maar sommige soos Ur en Karakorum en Dvaraka was wel uiteindelik deur obsessiewe speurwerk en navorsing deur argeoloë ontdek.
Uiteindelik is ek klaar en die hool van ‘n kantoor lyk so bietjie netjieser, maar nie veel nie – daar is nou ‘n kol op die deurtrapte tapyt wat nou minder stowwerig as die res van die tapyt lyk. Fok, het hierdie ou nog nie van elektroniese artikels gehoor nie? Ek kyk na die rekenaar op die oorvol lessenaar, maar kan die sleutelbord skaars onder die boeke en papiere sien. Duidelik was die rekenaar aan hom gegee, maar ek glo nie hy weet eens waar om dit aan te skakel nie. Ek maak die vensters toe. Daar is nog ‘n paar minute voor die departement sluit en ek gebruik die tyd om rond te kyk na al die kak wat die ou versamel het – dis net stuff waar jy kyk – skedels, beeldjies, werktuie, potte, teëltjies en nog baie meer. Ek is seker dat hy nie permitte vir enigiets in sy kantoor het nie.
En dan sien ek dit – langs die mikroskoop op sy werkstafel is daar ‘n liggeel steen in ‘n boksie met watte. Ek kan sweer dis barnsteen – of amber soos wat meeste mense dit noem. En dit het soms insekte in sommige van stene en die insekte daarin is miljoene jare oud! Outomaties reik ek na die geel deursigtige steen en … ek voel met koue skok deur my ruggraat hoe dit onder my vingers verkrummel. O fok! Ek is nou so diep in die kak, dat ek vir die res van my loopbaan by die universiteit nie hieruit sal kan swem nie! Koue sweet slaan oor my uit en ek voel duiselig. ‘n Moderne stuk gepoleerde barnsteen van daardie grootte sal derduisende Rande werd wees en as dit ‘n antieke juweel is, wat dit waarskynlik is, sal dit onbetaalbaar duur wees. Toe ek my asem teruggekry het, stap ek stadig, maar vasberade na die deur toe en sluit dit agter my toe. My stem is hees toe ek sê: “Hier is professor Vinck se sleutel tannie, goeiedag”. Op pad koshuis toe weeg ek op wat die maklikste sal wees – selfmoord of dros. Uiteindelik besluit ek dat ek te bang is vir die een en te min geld het vir die ander. Die enigste raad is maar om die volgende dag met die sak patats vorendag te kom.
* * *
Ek klop versigtig aan die deur en vra: “Professor Vinck, kan ek maar inkom?”
Hy kyk op van sy lessenaar en sy padda-oë peul na my. Sy gesig lyk net bedonderd, maar nie anders as gewoonlik nie.
“Ja, wat wil jy hê? Dis nog nie Donderdag nie!”
“Ek het iets om te sê, Professor.” Ek voel hoe my keel toetrek en my hande sweterig raak.
“Ja, wat is dit? Ek is besig – moenie my tyd mors nie!”
“Die barnsteen … ek het … ek het daaraan gevat …” pers ek dit tussen my lippe uit.
“Nee! Regtig? En toe?” roep hy uit.
“Dit het gebreek …” hyg ek uit en begin skud. Dit voel asof ek wil huil of iets.
“Wahahahaha!” bars die ou drol uit! “Wahahahaha … hahahahaha … whahahahahahihihihihihi!” lag hy tot die trane begin loop.
Ek kyk geskok en verbaas na die ou man wat al hoe rooier en rooier in die gesig word terwyl die trane by sy wange afstroom. Ek is naderhand bekommerd dat hy ‘n hartaanval gaan kry soos hy aangaan.
“Ek het jou uitgevang!” hyg hy tussen die lagbuie deur. “Jy moes jou gesig gesien het!” En daar begin hy van voor af lag. “Ek het vir jou ‘n strik gestel en jy het soos ‘n muis daarin geval! ‘Los my goed uit, meneer Botha!’ Maar jy luister natuurlik toe nie! Whahahahaha!”
Hy haal diep asem om homself te kalmeer en kyk my dan vierkant in die oë en vra: “Wat sal jy sê as ek jou uitnooi om saam met my op ‘n ekspedisie te gaan?”
Hy kan die verwarring op my gesig sien. Eers dog ek dat ek voor ‘n vuurpeloton tereggestel gaan word en nou word die geleentheid van ‘n leeftyd vir my aangebied!
“Ek soek ‘n jong man wat meer entoesiasme as breins en oorlewingsin het om my op my ekspedisie te vergesel. Is jy daardie jong man?”
“Ja, professor!” antwoord ek dadelik. Van kleins af was dit my droom om opgrawings te doen en goeters te ontdek.
“Waarheen gaan ons professor?” vra ek en die ou begin weer lag.
“Ek kan sien dat ek die regte keuse gemaak het – eers “ja” en dan “waarheen?!” Ek is seker as ek ‘hel toe’ gesê het, sou jy ook ingestem het!”
Ek voel ‘n blos van skaamte teen my nek opsprei.
“Maak die deur toe!” beveel hy en steek ‘n sigaret op.
Uit ‘n blou wolk praat hy: “Het jy al van die verlore stad Themiskira gehoor?”
“Nee professor. Is dit Grieks?”
“Slim seun,” antwoord Vinck. “Ja dit is vanuit die Griekse literatuur …”
“Plato, Homerus of Herodotus, professor?”
“Ja en Strabo,” antwoord Vinck met ‘n glimlag op sy gesig. “Daar is inderdaad ‘n stad met die naam Themiskira in Anatolië in Turkye en dit het tot dusver almal om die bos gelei, want dis nie die oorspronklike Temiskira van 2500 jaar gelede nie.”
“Waar was die oorspronkike Themiskira dan, Professor?”
Hy rol ‘n kaart van die Midde Ooste en omstreke oop en druk met sy geel vinger na ‘n klein meer noord van die Swart See en antwoord verbete: “Volgens Plato was die stad Themiskira op die uithoek van die wêreld en die Grieke sou nooit gedink het dat die “uithoek van die wêreld” in die middel van die Persiese Ryk was nie!” Met dit tik hy hard en ongeduldig sy geel vinger op Turkye.
“Maar waar gaan ons dan heen, professor?” vra ek nou eers nuuskierig.
Hy beduie na die bergreeks en woude oos van die Swart See en antwoord: “Na die Kaukasus Berge in Georgië, jonge man – pak maar wintersklere in al is dit teoreties gesproke somer daar wanneer ons daar aankom.”
* * *
Alles was wonderlik tot in Istanbul, maar van daar af het dinge stadigaan begin uitmekaarval. Die reis per bus en trein deur die noorde van Turkye tot in Tbilisi was seker ook maar oukei, maar Vinck en sy Turkse kollega Professor Erdogan wat ons tot daar vergesel het, het algaande meer en meer stry gekry. Ek kon tussen die gesprekke aflei dat befondsing en krediet vir die ontdekking twee kwessies was waaroor hulle heftige meningsverskille gehad het. Uiteindelik het ons per bus van Tbilisi na Zugdidi naby die grens van die Republiek van Abkhasië gereis waar ons ‘n Russiese argeoloog/etnoloog sou ontmoet. In Zugdidi verlaat Erdogan ons na die laaste onderonsie met Vinck.
Die Rus het ons joviaal en glimlaggend in die kafee in die dorp ontmoet, maar vinnig tot die punt gekom – hy soek geld. En die oorspronklike bedrag waarop hulle ooreengekom het was nou skielik nie meer genoeg nie. En dit moet dadelik betaal word. Dit was duidelik dat hierdie man geen akademikus was nie, maar eerder ‘n smokkelaar of rampokker en hoe meer Vinck stry en probeer onderhandel hoe aggressiewer word die Rus. Uitendelik is ons uitmekaar toe Vinck die Rus oortuig het dat hy vir die oordrag van fondse sal reël. Toe ons by die hotel se voordeur instap, gryp Vinck my skielik aan die bo-arm vas en sleep my agter hom aan, reguit deur die voorportaal en by die agterdeur uit.
“Ons is in die moeilikheid, jonge man,” hyg hy toe ons in die stegie agter die hotel staan: “Die Rus het ons sekerlik tot by die hotel gevolg en hou dit waarskynlik dop.”
“Wat gaan aan, professor?” vra ek verward.
“Ek glo nie dat daar vervoer na die Kaukasus Berge is soos wat ek gereël het nie – hierdie is net ‘n skelmstreek om ons te beroof en dalk nog ons op die koop toe ook dood te maak sodat ons nie die outoriteite kan verwittig van wat aangaan nie,” antwoord hy.
Danksy ‘n wilde taxirit, ‘n Engels/Turkse woordeboek en Google bevind ons onsself uiteindelik op ‘n bus na Mestia – een van die mees afgeleë dorpies diep in die berge van Georgië. Volgens Vinck is die dorpie geleë naby ‘n gebied waaroor die sentrale regering van Georgië bykans geen beheer het nie – die Racha-Lechkhumi en Kvemo Svaneti gebied. Hierdie ylbevolkte streek is naby aan die woud in Lentekhi waar die nuwe argeologiese fonds gemaak is. Danksy een van die weinige inwoners in Mestia wat ‘n bietjie Engels kan praat, kry ons iemand wat bereid is om vir ‘n honderd Amerikaanse dollars ons tot by ons volgende bestemming – die dorpie Bogreshi – te neem. Die rit is stadig en stamperig en erg ongemaklik omdat ons al drie voor langs mekaar ingedruk is. Niemand wou agter in die smettige bak, wat van bokmis stink, sit nie.
Terwyl ons al langs die grondpaadjie, wat tussen die dennewoude deurkronkel, ry gesels ek ernstig met Vinck.
“Watter tipe mense is dit wat hier bly professor – hulle lyk nie meer Turks vir my nie.”
“Nee hulle is van Antieke herkoms – hulle is die nasate van die Ottomaanse Turke en die Antieke Grieke voor hulle en dan ook Mongoolse Steppebewoners,” sê hy met ‘n vonkel in sy oog. Hier is nog gemeenskappe in die berge wat ‘n Griekse dialek praat wat sterk aan Antieke Grieks herinner. Hulle taal het waarskynlik amper niks oor die laaste 2000 jaar verander nie!”
“Maar hoekom dink u dat hierdie argeologiese fonds moontlik Themiskira kan wees, professor?” Ek het al lankal my bedenkinge begin kry of die oukêrel al sy varkies op hok het.
“Daar word vertel dat die mense van Themiskira oorspronklik van die Russiese steppe kom – wat in die Antieke Griekse literatuur as Scythië bekend staan. Hulle was ooswaarts van hul vesting langs die See van Azov gedryf – en wat is oos van die See van Azov? Die Kaukasus Berge natuurlik!”
“Maar hoekom het niemand dit voorheen gevind nie, professor?”
“Hierdie godverlate deel van die aardbol is ylbewoond en was op die periferie van soveel konflikte dat niemand lank genoeg daar kon regeer om aandag aan die fyner dingetjies van beskawing soos argeologie, musiek of kuns te gee nie. Dit is waarskynlik die rede hoekom hierdie gemeenskappies nog hulle oorspronklike tale en kultuur kon handhaaf en nie by die groter wêreldgemeenskappe ingeskakel het nie. Argeologiese opgrawings was maar sporadies oor die laaste eeu in hierdie gebied gedoen.”
Vinck beduie deur die venster: ”Hou ingedagte dat hierdie wêreld bergagtig en bewoud is en bitter koud in die winter is en ver van die beskawing is – niemand hou regtig daarvan om onder sulke omstandighede opgrawings …”
Al wat ek onthou was die slag en toe sak die donkerte oor my. Ek weet nie hoe lank ek uit was nie, maar toe ek wakker word kom ek agter dat ek en die professor op ‘n hoop oor die paneelbord lê en links van my is die bestuurder stil en koud met die stuurwiel diep in sy borskas opgedruk. Ek het op my voete gekom en die professor halfpad opgetrek. Die diep kreun het my laat verstaan dat hy nie dood is nie. Ek kon geen snye of breuke op een van ons twee sien nie. Die neus van die vragmotor was halfpad in ‘n slaggat in die pad ingestort. Ek het die voorruit uitgeskop en ons twee daar uitgekry. Met die uitklim merk ek dat dit nie ‘n slaggat is nie maar ‘n reghoekige gat wat oor die een deel van die pad gegrawe is en met ‘n vaal seil bedek was.
“Professor, ek dink ons is in die kak – ons moet hier wegkom,” sê ek en my dringende stemtoon laat die ou gehoor gee. “Hierdie kant toe professor – hier is ‘n paadjie deur die woud. Ek dink ons moet van die pad af wegkom!” roep ek agter my aan terwyl ek die weg deur die boomstamme in die donkerte probeer vind.
Ek kom tot stilstand toe ek nie meer die ou man se gehyg agter my hoor nie. Rooi in die gesig en swetend kom hy tussen die bome van ‘n ent af nader. Net toe hy by my kom en ons verder wil stap hoor ek ‘n suis en iets aan my kuit ruk en my been gee onder my mee. Met skok sien ek ‘n pyl regdeur my kuit steek. Die adrenalien skiet deur my lyf en ek spartel om op te staan om weg te kom toe ‘n tweede pyl my deur die ander kuit tref. Bo my sien ek die professor verward in die donkerte van die woud rondkyk om te sien waar die pyle vandaan kom.
“Lê net stil, lê stil!” beveel hy my.
Ek gaan nêrens heen nie, want my bene wil nie werk nie, dink ek by myself en dit voel of ek wil opgooi terwyl die bloed teen my bene afstroom. Ek hoor stemme nader kom net voor ek my bewussyn verloor. Die res is soos ‘n donker droom met my lyf wat heen-en-weer swaai en ek hoor stemme wat in ‘n vreemde taal praat. Toe ek wakker word lê ek uitgestrek op my rug op die vloer van ‘n hut. Ek is kaal! Ek probeer beweeg, maar ek kom agter dat my hande bo my kop en my enkels vasgebind is. Ek draai my kop en ek sien die professor langs my ook kaal, en nes ek, vasgebind lê. Ek kan nie sien wat bo my kop aangaan nie, maar ons enkels is met toue aan ringe aan die muur vasgebind. Ek sien dat my onderbene verbind is.
“Wat gaan aan professor, waar is ons?” vra ek, maar die ou man is bewusteloos.
Mettertyd word dit donker en ek raak aan die slaap. Die gevoel van ‘n bakkie by my mond maak my wakker en ek drink dankbaar die koel water daarin wat die persoon vir my hou. Dan snak ek na my asem toe die koue nat lap op my lyf neerplas. Dan begin die seperige lap heen en weer oor my lyf te beweeg – iemand is besig om my te was! Ek lig my kop om te sien wie dit is, maar ek kan net ‘n swart gedaante in die donker sien. Nog so ‘n gedaante is langs my met die professor doenig wat in sy beswyming mymer. Die sensuele bewegings oor my lyf laat my glo dat dit ‘n vrou is wat my was. Sy mis nie ‘n plekkie nie, en so ongewoond as wat ek daaraan is om so intiem deur ‘n vrou behandel te word, so prikkelend is dit en kort voor lank tier my ereksie dik en penregop sonder dat ek iets daaraan kan doen.
“Dankie, thank you, sorrie …” prewel ek vrek van die skaamte, maar die volgende oomblik word my stem gesmoor deur ‘n lyf wat oor my gesig hurk. Die walm tref my – ek my gedagtes spring terug na Bettie en die joolplaas ‘n eeu gelede …
Dye hou my kop in plek en dan smeer slymnat warm vleislobbe oor my mond. Die stank is oorweldigend. Dit verwar my heeltemal … en dan skielik besef ek wat aangaan en dit voel of al my bloed na my kloppende piel pomp. Ek hoor vaagweg vrouestemme, maar dit word gedoof deur die dye weerskante van my kop en die volgende oomblik voel ek ‘n tweede persoon oor my dye hurk en dan die ongelooflike heerlike warm nat gevoel wat my piel omring. Dis ‘n vrou wat op my sit en wat stadig op-en-af met my piel in haar poes beweeg! Ek hyg na my asem teen die poeslippe wat nou al harder en dringerder oor my mond en stoppelken vryf. My gesig is nou al nat van haar slym. Die ander vrou wip al hoe vinniger op-en-af op my piel en die volgende oomblik skok my orgasme deur my lyf en ek spuit en spuit my sperms diep in haar in. Die vrouens hou egter elk aan om my te ry tot ek voel hoe die een en dan die ander se bewegings rukkerig word en verlangsaam. Hulle staan van my op en los my daar met my gesig en skoot nat van hulle sekresies. Die aangename hitte word eers koud en dan droog op my lyf.
Later in die nag kry ons weer vroue-besoekers. Hierdie keer gaan sit daar een op my piel en die ander een op die professor. Ek was verbaas dat ek so gou na die vorige keer weer so styf kon word, maar ek was nog meer verbaas om te sien dat die oukêrel ook sy ruiter kon plesier. Voor hulle vertrek gooi hulle grof-geweefde komberse oor ons lywe. Die professor raak gou aan die slaap – weens uitputting of beserings weet ek nie.
Dis nog sterk skemer toe stemme my wakker maak. Tussen my ooglede sien ek drie figure die hut instap. Elkeen is in ‘n kombers teen die koue toegewikkel. Die een dra ‘n groot hamer met ‘n lang steel. Twee figure hurk langs Vinck en druk sy bene by sy knieë op die vloer neer. Die hamer flits vir ‘n oomblik in ‘n boog deur die lug en kom met ‘n sieklike klapgeluid op Vinck se een skeenbeen neer. Sy gil eggo deur die hut. Dieselfde lot tref die ander been ook. Daar kom net ‘n hyggeluid uit sy keel terwyl sy voete skeef op die vloer weerskante van sy bene neerflop.
Ek lê vreesbevange op die vloer, te bang om te roer of te skree. Dan wend die figure hul na my, weereens word die ritueel herhaal, maar hierdie keer sit die een die hamer neer en gryp my voet vas. Ek voel die eerste prik net bo my hakskeen en dan ‘n verblindende pyn toe die dolk my achilles tendon afsny. Dieselfde lot tref die tendon van die ander voet. Ek gil van die pyn en die krampe van my kuitspiere wat nou in bondels in my kuite kramp.
Mettertyd bedaar die golwe pyn wat deur my krampende onderbene spoel. Ek lig my kop op om die skade te aanskou. Tot my verbasing is daar min bloed te sien. Ek word oorval deur angs en ‘n drang om te ontsnap. Ek draai my kop na links en sien in die oggendgloor ‘n groot piazza langs die hut, maar daar is nie ‘n siel in sig nie. Die gedagtes maal deur my kop: Wat gaan aan? Wat wil hierdie mense met ons doen? Wie is hierdie mense?
Ek hoor Vinck langs my kerm.
“Professor, kan u my hoor?”
In ‘n delirium hyg Vinck: “Hulle hou van jou – hulle sal jou nog vir ‘n ruk lewendig hou!”
“Wie is hierdie mense, professor?”
“Die A-mazos … ek was toe altyd reg,” mompel hy en met ‘n vreemde glimlag op sy gesig verloor hy weer sy bewussyn.
Ek word wakker met die geluid van ‘n groot gedruis buite en ‘n helder vrouestem wat bevele uitroep.
Ek lig my kop op en kan in die piazza ‘n bataljon soldate sien. As dit nie vir die pyn was nie sou ek kon sweer dis ‘n droom. Dit lyk soos ‘n weermag van duisende jare gelede. Hulle staan met hul rue na my en ek kan sien hoe die son op hul lang swart hare en die bultende spiere op hul kaal bruingebrande bolywe en op die brons arm- en beenskerms blink. Hulle het net kort leerrompe en sandale aan en elkeen het ‘n swaard wat links van die gordel afhang en ‘n koker met pyle wat aan die regterkant afhang. Elkeen het ‘n boog in die regterhand.
‘n Bevel laat die hele bataljon soos een na regs draai en ek sien die rye op rye vrouekrygers nou in profiel. En so ver ek kan sien het elk van die honderde vrouens slegs ‘n linkerbors en ‘n skend waar die regterkantste een was.
Ons het Themiskira gevind.
* Detail uit Amazonomachia deur Peter Paul Rubens (1615)